LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Heinrich Bullinger se kommentaar op die Brief aan Filemon

D. Francois Tolmie LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2026-08-03

"Bullinger se kommentaar, anders as dié van Luther en Calvyn, [is] ook nog in geen ander taal vertaal nie en slegs in Latyn beskikbaar. Hierdie bydrae probeer die leemte in die navorsing oor hierdie kommentaar vul."

Moontlike nut van ChatGPT-4o tydens juweliersontwerp, faktore wat die gebruik daarvan kan dryf en riglyne vir verantwoordelike gebruik in hoëronderwysateljees

Eric Holmes, Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2026-07-30

"Ons kon ChatGPT-4o deur opvolgporre lei om innoverende KI-ontwerpe te skep wat ook met gemak gedra kan word. ChatGPT-4o kan tydens die inspirasie- en ideeslypprosesse ingespan word om tyd doeltreffend te benut."

Buitelandsebeleidsbeginsels van Donald Trump: Deel 1

Riaan Eksteen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-07-30

"Aan die hand van kwalitatiewe navorsing word die omvang en impak van Trump se onortodokse benadering tot en toepassing van buitelandse beleid ontleed. Hierdie ondersoek steun op ’n literatuuroorsig van belangwekkende verwikkelinge in die VSA se buitelandse betrekkinge gedurende albei Trump se ampstermyne."

Fanonisme as ’n vyand van vrede: ’n ervare antwoord vanuit die teenrevolusionêre tradisie

J.A. Schlebusch, Paul Maritz LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2026-07-27

"Deur Fanon se denke binne sy intellektuele genealogie te plaas, met name sy afhanklikheid van die Hegeliaanse dialektiek en Marxistiese geskiedenisteorie, word getoon hoe ras vir Fanon die primêre dryfveer van historiese konflik word."

’n Ondersoek na Afrikaanse familiefeesbesoekers en hul bywoningsmotiveerders by Aardklop Nasionale Kunstefees

Walter Wessels LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2026-07-27

"Deur ’n kwantitatiewe metode te gebruik, toon hierdie navorsing spesifieke bywoningsmotiveerders van die marksegment. Die bevindinge dui daarop dat familiefeesbesoekers die meeste beïnvloed word deur beide teater- en terreinaanbiedinge. Hierdie aktiwiteite versterk gesinsbande, verbreed kulturele horisonne en bied ook waarde vir geld."

’n Ondersoek na die verklaring vir die komplekse verhouding tussen verbruikers se kwalifikasievlak en ervaring van gewonetaaldokumente

Annie Burger LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-07-22

"In hierdie ondersoek word daar klem gelê op die behavioristiese aanname (binne die psigolinguistiek) dat hoe hoër iemand se kwalifikasievlak is hoe beter sal hulle prosesseringsmeganismes wees."

Bedenklike verwikkelinge oor die rol van deskundige getuienis in verhore met betrekking tot skadevergoedingseise in drie onlangse beslissings van die Gautengse Hooggeregshof

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne, Magdaleen Swanepoel LitNet Akademies (Regte) 2026-07-16

"Die outeurs plaas hierdie bespreking binne die breër raamwerk van die Suid-Afrikaanse skadevergoedingsreg en onderskei tussen algemene skade (soos pyn en lyding, emosionele skok en verlies van lewensgenietinge) en spesiale skade (berekenbare uitgawes soos mediese koste en verlies van verdienvermoë)."

’n Ondersoek na die rol van affektiewe en kulturele faktore in die aanleer van Afrikaans Eerste Addisionele Taal by graad 10-leerders

Cameron Jo Benjamin, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2026-07-13

"Deelnemers voel dat kultuuronderrig as motivering kan dien om Afrikaans as eerste addisionele taal aan te leer. Die resultate toon ook dat deelnemers affektiewe faktore soos angs, motivering, selfvertroue, gesindheid en verveeldheid as belangrik tydens die aanleer van ’n addisionele taal ag."

Ekokritiek: nuwe moontlikhede vir teksontleding op hoërskoolvlak

Schalk J Lubbe, Susan Meyer, Elize Vos LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2026-07-08

"Ten spyte van die vele voordele wat letterkunde vir leerders inhou en die dringendheid om Afrikaans EAT as vak uit te bou in ons multitalige land, is daar nie ’n goedgekose benadering tot letterkunde om die EAT-onderwyser in die onderrig- en leerproses te ondersteun nie."

’n Wêreldoorsig van kliniese regsopleiding: Latyns-Amerika en Noord-Amerika

Riette du Plessis LitNet Akademies (Regte) 2026-06-30

"Hierdie bespreking sal, soos in die voorgaande studies, aantoon dat kliniese regsopleiding in Latyns-Amerika steeds marginaal is in universiteitskurrikula in die meeste jurisdiksies."

Levinas en die postkolonie: van abstrakte alteriteit tot konkrete geregtigheid

Benda Hofmeyr LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-06-30

"Hierdie probleme sluit in dat Levinas se opvatting van ’n abstrakte alteriteit geen rekenskap gee van verskille nie; sy onmiskenbare Eurosentriese vooroordeel en rassistiese vooringenomenheid; en uiteindelik die skynbare onversoenbaarheid van etiek en politiek in sy denke."

Van taalaanleer na tolkaanleer (deel 2): Die skep van kognitiewe en metakognitiewe tolkaanleerstrategieë vir prosesgerigte tolkopleiding

Kanja van der Merwe, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2026-06-29

"Vir die doeleindes van dié artikel word die nuutgeskepte kognitiewe en metakognitiewe tolkaanleerstrategieë as onderskeidelik direkte en indirekte strategiesoort onder die loep geneem."

Poësie as emosionele brug: ’n ontleding van gedigte vir graad 8 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Lydia Barnett, Emma Groenewald LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2026-06-25

"Die artikel bied praktiese riglyne vir onderwysers en dosente om hierdie gedigte doeltreffend in die klaskamer te gebruik om leerders se emosionele intelligensie en taalvaardighede gelyktydig te ontwikkel."

’n Wêreldoorsig van kliniese regsopleiding: die Verenigde Koninkryk en Ierland

Riette du Plessis LitNet Akademies (Regte) 2026-06-18

"Meer as 75% van die universiteite in die VK wat regsgrade aanbied, het tans kliniese regsopleidingsprogramme, waarvan heelparty deel van die kurrikulum is, met ongeveer 60% wat akademiese krediete toeken. Die hooffokus van die meerderheid van hedendaagse universiteitsregsklinieke is op studente-onderrig."

Hiperboliese omskakeling. ’n Gedagte-eksperiment – met afleiding en evaluasie van ’n beskrywende hiperboliese verdeling – wat die bestaan van ’n sistematiese heuristiese denkfout tydens menslike skattings van niedirek meetbare eienskappe aantoon

Abie Bouwer, Eben Maré LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2026-06-18

Hierdie artikel ondersoek die heuristiese prosesse wat gebruik word wanneer normaal verdeelde meetbare eienskappe van niedirek meetbare verskynsels geskat word.

Die Hompie Kedompie-dilemma van kurrikulum: ’n verkennende studie van onderwysstudente se kurrikulumbegrip

Chris-Mari Le Hanie LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2026-06-11

"Ten spyte van hierdie teoretiese kompleksiteit word die begrip kurrikulum in onderwyspraktyk en onderwyseropleiding dikwels vernou tot ’n statiese beleidsdokument of ’n stel voorgeskrewe leerinhoude. Teen hierdie agtergrond ondersoek hierdie artikel hoe onderwysstudente die begrip kurrikulum konseptualiseer en hoe hul begrip deur ’n doelgerigte pedagogiese ingreep beïnvloed kan word." 

Operasie Savannah: Die "ligte mistykie" wat die apartheidstaat ekonomies geknou het

Kobus du Pisani LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-06-08

"Operasie Savannah het verreikende militêre, diplomatieke, politieke en ekonomiese gevolge vir die Republiek van Suid-Afrika (RSA) ingehou. Die internasionale gemeenskap het die apartheidstaat se skending van die volkeregtelike beginsel van nie-inmenging in ’n ander staat se huishoudelike aangeleenthede veroordeel."

Vonnisbespreking: Die billikheid van ouderdomsgebaseerde diensbeëindiging

Jacques Nieuwoudt, Judith Geldenhuys LitNet Akademies (Regte) 2026-05-28

"Die regs- en beleidsimplikasies van werkgewerdiskresie om aanstellings te maak na aftrede word [...] ondersoek ten einde die bewysregtelike en etiese kompleksiteit van arbeidsgeskille wat handel oor die beëindiging van die diensverhouding nadat werknemers aftreeouderdom bereik het, uit te wys."

Innoverende kurrikulumontwerp vir volhoubare ontwikkeling: Heelbrein®-gebaseerde Kodering en robotika-kurrikulum

Soené Botha-Zietsman LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2026-05-20

"Die studie dra by tot die navorsingsveld oor tegnologie-onderwys deur aan te toon dat ’n holistiese HBDI®-benadering nie slegs bydra om tegniese vaardighede te ontwikkel nie, maar leerders ook kan toerus om as kritiese, kreatiewe en verantwoordelike deelnemers in ’n tegnologies-gedrewe samelewing op te tree."

Epistemiese verwagtinge en werklikhede by aandeelprysopbrengste

Abie Bouwer, Eben Maré LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2026-05-07

"Twee kern­vrae word gestel: Eerstens, indien aandeelpryse suiwer op beskikbare inligting gebaseer is, hoe behoort die statistiese eienskappe van opbrengsverdelings te lyk? Tweedens, indien empiriese aandeelprysopbrengste hiervan afwyk, wat impliseer dit oor die onderliggende dinamika?"

Top