LitNet Akademies
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan [email protected]
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Moedertaalonderrig: moedersmelk vir rekeningkundestudente?
2021-01-18Jan Dreyer, Juan Ontong en Armand Bruwer in LitNet Akademies: "Die vraag kan gevra word waarom Zoeloe en Xhosa op die straat maklik praat- en verstaanbaar is, maar nie geskik is vir die klaskamer nie. Die eenvoudige antwoord is dat daar nie woorde bestaan, spesifiek in rekeningkunde, vir meeste van die vakterme nie."
Afrikaansstudente se persepsies en gebruik van WhatsApp as platform vir (taal-)leer: ’n nuwe norm(aal)?
2021-01-14"Studente se interaksie met die lesinhoud, medestudente en tutors is tot ’n groot mate deur toeganklikheid beïnvloed. Hulle het die verpakking van die lesinhoud in die vorm van ’n Word-dokument en stemnota positief ontvang. ’n Gebrek aan toegang tot Wi-Fi en data het egter ’n negatiewe invloed op hulle leerervaring gehad."
LitNet Akademies: Volledige joernaaluitgawes
2020-12-22LitNet Akademies se derde uitgawe van 2020 is nou in PDF-formaat beskikbaar. LitNet Akademies publiseer geakkrediteerde navorsing in Afrikaans, en is gratis beskikbaar.
Die buiteskerm en dit wat die verstand te bowe gaan: Die getuienis van László Nemes se Son of Saul (2015)
2020-12-11"Frankl se voorstel dat ons moet aanvaar dat ons nie die sin van die lewe op menslike en rasionele wyses kan verstaan nie, maar eerder ’n verantwoordelikheid moet opneem wat strek na iets buite onsself, word in die laaste tonele van Son of Saul voorgestel."
Die ontstaan en ontwikkeling van wetenskaplike studies van religie: ’n Genealogiese verkenning
2020-12-11"Vir wetenskaplikes wat gemeen het dat daar ’n spesifieke area in die brein sal wees wat ervarings van die bonatuurlike teweegbring, was die temporale lobbe aanvanklik die aangewese plek om te soek. Dié keuse is gemaak op grond van die sogenaamde Geschwind-sindroom – die welbekende religieuse visioene wat deur ’n minderheid lyers tydens temporalelob-epilepsie […] beleef word."
Die uitbeelding van koning Shaka (ca. 1781–1828) in die Suid-Afrikaanse literatuur
2020-12-07"In die literatuur word Shaka met onder andere Agamemnon, Attila, Julius Caesar, Tiberius, Beowulf, Napoleon en Hitler vergelyk. Opvallend genoeg is hierdie figure uit die Westerse tradisie en geskiedenis ’n poging om Shaka as enigmatiese figuur te probeer verstaan/verklaar en met ander bekende figure uit die verlede te vergelyk."
Musiek en dans as teks in drie romans van Karel Schoeman: Na die geliefde land, ’n Ander land en Verliesfontein
2020-12-04"Om Schoeman se romanoeuvre vanuit die oogpunt van musiek en dans te lees, dwing bewondering by die leser af. Die drie uittreksels wat uit verskillende musiek-dans-en-teks-invalshoeke bestudeer is, toon sy unieke vaardigheid."
Onderwysstudente se motivering om Afrikaans as tweedetaal in ’n minderheidskonteks te leer: ’n gevallestudie
2020-12-03"Opsommend kan daar gesê word dat die meeste deelnemers se houding teenoor Afrikaans positief is en dat hulle Afrikaans sien as ’n taal wat hulle in staat sal stel om met baie mense te kan kommunikeer, hulle in hul onderwysloopbaan sal help en vir hulle van waarde sal wees buite die klaskamer, veral as hulle buite KZN gaan werk."
Onderwysers se sagte vaardighede: ’n transendentale fenomenologiese ondersoek
2020-12-02"Onderwysers werk hard om hul vak te ken, relevante lesse voor te berei en die lesse met selfvertroue aan te bied. Sonder sagte vaardighede is hierdie werk egter nie so lonend as wat dit sou kon wees indien hulle ook bevoegdheid in sagte vaardighede sou hê nie."
Eskatologie en vita Christiana – ’n Bybels-spirituele lesing van Lukas 21:20–24
2020-11-30"Krisistye bring altyd herevaluering en herskikking van prioriteite. Lukas 21:24 interpreteer die katastrofe van 70 n.C. as die einde van ’n era, van die besondere posisie van Israel. Maar dis ook die begin van ’n nuwe era: die tyd van die nasies."
Die buigsaamheid van demokratiese verkiesings in Afrika: Manipulasie in belang van faksiebeskerming of mensgerigte veiligheid?
2020-11-23"Hiermee word voorsien dat neigings tot oligargiese diktatuur in Afrika sal voortduur en die openbare ruimte waarskynlik toenemend deur ’n politieke heersersklas oorheers gaan word. Hierdie nuwe politieke klas sal waarskynlik materiële rykdom vir hulself nastreef terwyl die veelvlakkige ongelykhede wat in Afrikasamelewings bestaan, nie suksesvol aangepak gaan word nie."
Chrusostomos se verstaan en evaluasie van beroepe en vaardighede
2020-11-23"Wanneer ’n mens al Chrusostomos se uitsprake noukeurig bestudeer, kom jy agter die rede vir sy oortuiging dat ’n gelowige altyd sy bronne met ander moet deel, is dat ons en al ons bronne aan God behoort en dat ons almal medediensknegte van mekaar is ..."
Is die skrikbeeld van kernterreur geregverdig?
2020-11-18"Is die skrikbeeld van kernterreur en, bykomend, die uitbeelding van kernterreur as ’n eksistensiële krisis deur die media, politici en sommige kenners, geregverdig?"
Deelnemende besluitneming in die vestiging en bevordering van ’n volhoubare onderrig- en leerklimaat: die rol van die skoolbestuurspan in Suid-Afrikaanse laerskole
2020-11-17"Uit die data-ontleding blyk dat, alhoewel ontwikkeling op mikrovlak die potensiaal het tot groter doeltreffendheid in die uitbreiding van die skoolbestuurspan se besluitnemingsvermoë, die meeste uitdagings juis op mikrovlak beleef word. Die hoofrede vir die uitdaging is dat die onderwysers hulself nie beskikbaar stel vir ondersteuning op skoolvlak nie."
Om warrelwinde te maai: Asem as kernmetafoor in die ontwikkeling van ’n persoonlike simboliek in die oeuvre van Willem Boshoff
2020-11-16"Die begrippe wind en asem, soos die verskeidenheid ontledings in hierdie artikel wys, is onderliggend in Boshoff se ondersoeke in terme van die verhouding tussen woord en beeld, tussen die geskrewe woord teenoor die gesproke woord, tussen boeke en bome – temas wat in Boshoff se oeuvre heers."
Vonnisbespreking: BTW-toedeling van dienste gelewer aan nie-inwoners
2020-11-09"Die doel van die BTW-wet is nie dat ’n nie-inwoner, wat nie die finale verbruiker van goed in Suid-Afrika is, ’n BTW-koste moet oploop nie. Daarbenewens vereis die struktuur van die BTW-wet nie dat ’n BTW-koste moet ontstaan waar produkte weggegee word om goed, wat ingevolge ’n belasbare lewering verkoop gaan word, te bemark nie."
Gevoelens, welstand en religie: ’n Toepassing van António Damásio se opvatting oor die rol van gevoelens in welstand op die ontstaan van religie
2020-11-09"Gegee die wordingsgeskiedenis van die mens was die evolusionêre verrekening van subjektiewe bewussyn dus dat gevoelens voortaan nie net meer deur die welstand van die inwendige omgewing ontlok word nie, maar nou ook deur die welstand van die gemoed, die innerlike omgewing van ons gevoelens."
In retrospek: Nagedink oor die Ou Testament (1979–2019)
2020-11-09"Indien die vertaalde Bybels nie geïnspireer was nie is die konsekwensie doodgewoon dat die kerk vir eeue sonder ’n geïnspireerde Bybel was. Soms is ’n teks ook so korrup dat enige poging tot ’n vertaling eintlik ’n verleentheidsvertaling is omdat die Hebreeuse teks baie moeilik sin maak."
Die rol van vennootskappe in die versterking van storievertelling as ’n onderrigstrategie in ’n gemeenskap
2020-11-06"Daar is gevind dat storievertelling dien as ’n deelnemende strategie wat eienaarskap aanmoedig deur dialoog en produktiewe deelname onder die individue van ’n gemeenskap. Daarom kan storievertelling beskou word as ’n medium waardeur mense kennis in ’n sosiale konteks skep en onderhandel."
Taalverwerwing vir studente met gehoorverlies: ’n gevallestudie
2020-11-05"Wanneer daar studente met gehoorverlies in ’n klas is, is duidelike spraak sowel as kontekstuele leidrade van uiterste belang vir verstandhouding onder die studente. Dit is veral belangrik indien die studente met gehoorverlies nie van ’n tolk gebruik maak nie en eerder spraaklees."