LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

LitNet Akademies: Volledige joernaaluitgawes

LitNet LitNet Akademies 2025-12-31

LitNet Akademies se derde uitgawe van 2025 is nou as PDF beskikbaar. LitNet Akademies publiseer geakkrediteerde navorsing in Afrikaans, en kan gratis gelees word.

Calvyn, die sublieme en moderne estetiese ervaring

Deon Liebenberg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-12-15

"Die algemene opvatting dat Johannes Calvyn negatief ingestel was teenoor gewyde kuns en estetiese ervaring word hier bevraagteken. Sy eie skrywes oor gewyde kuns en die teologiese doel van estetiese ervaring, asook die kommentaar van kenners in hierdie opsigte word gebruik om dié kwessie te ondersoek."

Die moontlike nut van ChatGPT en DeepSeek om Afrikaanse taboetaal te onderrig, faktore wat die gebruik van swetsbotte kan dryf en implikasies vir die onderwys

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-12-12

"Die primêre doel van hierdie navorsing was om die implikasies vir die onderwys te verstaan indien twee gewilde kletsbotte, naamlik ChatGPT-4o en DeepSeek, kan verduidelik waarom ’n taboewoord onvanpas is."

Vonnisbespreking: Deliktuele aanspreeklikheid weens suiwer ekonomiese verlies as gevolg van bedrog deur e-pos-kuberkraking

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2025-12-11

"Om aanspreeklikheid weens suiwer ekonomiese verlies te vestig, is die vanselfsprekende kwalifikasie dat die dader se optrede aan die algemene deliksvereistes (naamlik die handeling, onregmatigheid, skuld, kousaliteit en skade) moet beantwoord."

Die liggaamsonvergenoegdheid van die gelowige vrou: ’n holistiese pastorale perspektief

Eleanor Addinall LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-12-09

"Die bevindinge toon dat liggaamsonvergenoegdheid ontstaan uit die wisselwerking tussen eksterne druk en interne kognitiewe faktore. Die deurslaggewende faktor is egter ’n geestelike leemte, ’n versuim om jou identiteit op God se liefde te grondves – wat lei tot destruktiewe gedrag en ernstige gevolge soos eetversteurings."

Die beperkings van ’n gebalanseerde benadering tot geletterdheid – ’n normatiewe perspektief

Zelda Barends LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-12-09

"Die navorsing wys daarop dat ’n gebalanseerde benadering tot lees- en geletterdheidsonderrig in die KABV-kurrikulum toegepas word. Hierdie benadering beklemtoon die feit dat lees deur leesstrategieë soos groepbegeleide lees, gedeelde lees, lees in pare en selfstandige (individuele) lees onderrig word."

Sterwensbewustheid en lewensgenot in die boek Prediker en in gedigte van Breyten Breytenbach

Sakkie Spangenberg LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-12-01

"Die skrywer van hierdie artikel vergelyk en bespreek enkele gedigte van die Prediker met gedigte van Breytenbach waarin sterwensbewustheid en lewensgenot motiewe is, en wys op interessante ooreenkomste en verskille."

Beginner-onderwysers se ervarings van induksie in neoliberale skoolomgewings: ’n gevallestudie

Theo Adams, Jerome Joorst LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-12-01

"Die doel van hierdie studie is ’n kritiese besinning oor die geleefde ervarings van beginner-onderwysers in vier Wes-Kaapse skole ten einde vas te stel wat nasionale beleidsvoorskrifte vereis oor die inlywing van beginner-onderwysers; hoe hulle dit ervaar; en hoe dit hul professionele ontwikkeling beïnvloed."

Wanneer poësie meer as woorde word: ’n edusemiotiese onderrigbenadering

Kruger Uys, Linette van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-11-27

"Die studie belig voorts die waarde van poësie as ’n veelvlakkige literêre vorm wat by uitstek geskik is vir ’n edusemiotiese benadering. Daar word gedemonstreer hoe die integrasie van tegnologie en verskeie mediasoorte, soos klankopnames, visuele beelde en digitale interaktiwiteit, die leerervaring kan verdiep."

Die impak van kunsmatige intelligensie, generatiewe kunsmatige intelligensie en robotika op gesondheidsorg: Sal dokters oorbodig word?

Malcolm de Roubaix LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2025-11-24

"Ek ondersoek die transformerende impak van kunsmatige intelligensie (KI) en robotika op die gesondheidsorgsektor, en bespreek spesifiek die potensiaal van KI om mediese praktyk, die lewering van gesondheidsorg en geneesmiddelontwikkeling radikaal te omvorm."

Musiek en dans in Rumi (1207–73) se werk en lewe

Elizabeth van der Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-11-21

"Die doel van hierdie artikel is dan om te fokus op musiek en dans soos Rumi dit beleef het, die funksie daarvan in die Soefi-ritueel – die samā’-byeenkoms, asook uitgesoekte gedigte met toeligtende aantekeninge wat aantoon hoe Rumi musiek en dans benut ten einde geestelike vervoering uit te druk."

Is daar ’n verband tussen die begrip en stel van w-vrae en die sosioëkonomiese status van moedertaalsprekers van Afrikaans in die Grondslagfase?

Frenette Southwood, Joanine Hester Nel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-11-18

"In hierdie artikel lewer ons verslag oor ’n studie oor moedertaalsprekers van Afrikaans in die Grondslagfase se verwerwing van die begrip en stel van w-vrae (d.i. vraagkonstruksies wat byvoorbeeld wie of waarom as vraagwoord bevat)."

Kritieke suksesfaktore van duikondernemings: ’n vergelykende studie

Lindie (Engelina) du Plessis LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2025-11-10

"Skubaduiktoerisme kan bewaringsveldtogte positief beïnvloed, inkomste genereer en plaaslike gemeenskappe ondersteun; daarom is dit belangrik om te verstaan hoe hierdie entrepreneurs funksioneer, netwerke vorm en finansieel lewensvatbaar bly."

Die gebruik van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) om taalonderrig in Engels te verbeter: ’n gevallestudie

Rushaad White, Hanlie Dippenaar, André Steenkamp LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-11-10

"Ons evalueer die impak van IKT op onderwyserpedagogiek en taalonderrig binne voorgeskrewe raamwerke, insluitend die TPEIK-raamwerk en VVVH-model. Die ondersoek is tersaaklik, aangesien dit die belyning tussen tegnologie, pedagogiek en kurrikulumvereistes in ’n postpandemiese konteks ondersoek."

Mensveragtend, afstootlik en omstrede: ’n verkenning van Afrikaanse swartmetaal

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-11-07

"Die ontwikkeling van swartmetaal vanaf die ontstaan van swaarmetaal in die laat 1960’s tot die volwassewording van swartmetaal in die 1990’s en daarna word nagegaan, met spesifieke verwysing na die pioniers en sleutelfigure in die genre."

Treurige wysies: Eugène N. Marais se "Winternag" as vers en lied (1908–2024)

Izak Grové LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-11-04

"Die voorneme om die samewerking tussen vers en lied, as liedgenres, histories te kan begryp, gaan gepaard met bondige definisies van voorvereistes en werkwyses, wat ook ’n mate van musiekteoretiese kenmerke soos metrum en ritme insluit."

’n Wêreldoorsig van kliniese regsopleiding: Sentraal-, Oos- en Wes-Europa

Riette du Plessis LitNet Akademies (Regte) 2025-10-28

"Die invloed van die Bologna Process en die European Network for Clinical Legal Education (ENCLE) speel beduidende rolle in die ontwikkeling van kliniese regsopleiding in Europa. [...] Alhoewel sommige van die jurisdiksies onder bespreking nie die onderskeidende kenmerke van kliniese regsopleiding volg nie, is die waarneembare innovasies in Europa bemoedigend."

’n Wêreldoorsig van kliniese regsopleiding: Sentraal-Asië, die Midde-Ooste, Oos- en Suidoos-Asië, asook Suid-Asië

Riette du Plessis LitNet Akademies (Regte) 2025-10-28

"Kliniese regsopleiding is buigsaam ten opsigte van studente se leeruitkomste en dienslewering. Alhoewel lewende-kliënt-regsklinieke in baie lande die fokus is, word dit ook aangevul deur intern- en eksternskappe, skynhowe, simulasies en Street Law-programme, wat veral prominent regoor Asië is. Ander vorme van openbare regsopleiding kom ook voor."

’n Verkennende studie van kodewisselingspatrone in die uitings van voorskoolse, Afrikaans-Nederlandse kinders

Monique Rabé, Nina Brink LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-10-23

"Aangesien Afrikaans en Nederlands nouverwante tale is, is kongruente leksikalisering dikwels teenwoordig, wat tot ’n samevloeiing van grammatikale strukture tussen die tale lei."

As die bene net wou praat – temas uit die Homo naledi-grafdiskoers

Danie Kloppers LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-10-21

"Die diskoers wentel om die vraag of Homo naledi, ’n hominien met ’n klein brein, sy afgestorwenes doelbewus begrawe het – gedrag wat as uitsluitlik menslik beskou word."

Top