LitNet Akademies
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
"Gee raat": ’n Netwerkwetenskaplike verkenning van die doeltreffendheid van boererate met spesifieke verwysing na die behandeling van epilepsie en slapeloosheid
2024-10-25"Die studie toon dat sommige van die bestanddele wat voorgestel word vir die behandeling van epilepsie en slapeloosheid in boererate wel voorheen as doeltreffend bewys is. Dit dui daarop dat sommige boererate wel wetenskaplik ondersteun kan word in die behandeling van hierdie gesondheidsprobleme."
Die onontbeerlike samehang tussen geluk (lewensgeluk), ongeluk (hartseer en pyn), en toeval (die onvoorsiene)
2024-10-16"As dit bloot oor ons geluk gaan, met die klem op goeie ervarings, positiewe emosies, plesier en genot, word ander mense en die natuur bloot objekte om te gebruik en te verbruik, en, in die geval van die natuur, selfs te vernietig."
Beroepsvoorligting in Suid-Afrikaanse hoërskole: verleentheid of geleentheid?
2024-10-07"In Suid-Afrika bied die ongelykheid in toegang tot beroepsvoorligtingsdienste tussen skole met goeie hulpbronne en dié met beperkte hulpbronne ’n beduidende uitdaging."
Die afrikanisering van voorgraadse kursusse in Mens-rekenaar-interaksie (MRI) en Besigheidsontleding (BO): ’n Kwantitatiewe studie oor studente se ervaring
2024-10-07"Daar word wyd erken dat die wetenskap tradisioneel deur Westerse paradigmas gemonopoliseer is. Verskeie velde in die sosiale wetenskappe besef dat navorsing nodig is om ’n bewustheid van die behoefte aan dekolonisasie in hierdie velde te kweek."
Onderwysers se oortuigings, onderwysers se selfdoeltreffendheid, onderriggehalte en onderrigklarigheid: die verband met Suid-Afrikaanse leerders se wiskundeprestasie
2024-10-02"Beleidmakers en belanghebbendes behoort dit te oorweeg om geteikende opleidingsessies vir onderwysers aan te bied. Hierdie programme kan fokus op effektiewe voorbereidingstegnieke, soos die optimalisering van kurrikulumbronne en die integrasie van tegnologie om lesbeplanning te vaartbelyn."
Die aanlynwoordeboekgebruiksvaardighede en -probleme van redigeerstudente ten opsigte van ’n prototipe- akademiese redigeerwoordeboek
2024-10-02"Hierdie voorvereistes en standaarde maak dit dus duidelik dat daar van redigeerders verwag word om goeie aanlynwoordeboekgebruiksvaardighede te hê, asook kennis oor verskillende soorte woordeboeke, insluitend die struktuur, funksies en gebruik daarvan tydens die redigeerproses."
Die Afrika-vrede-en-sekuriteit-argitektuur (AVSA): ’n strategiese ontleding deur middel van die model van doelwitte-aksies-middele (DAM)
2024-09-26"Die groot beperking is dat aksies ondoeltreffend is in die voorkoming van konflik en die skepping van blywende vrede en sekuriteit. Dit word gesien in die min sukses van bemiddeling, voorkomende diplomasie, versoening en ondersoek."
Abrahamitiese eskatologie en die bekragtiging van godsdienstige identiteite
2024-09-19"Hierdie narratiewe, ingebed in die kanonieke geskrifte wat as heilig beskou word deur die Judaïsme, Christendom en Islam, bied nie net ’n visie van die toekoms nie, maar funksioneer ook as ’n kragtige instrument om godsdienstige gemeenskappe te mobiliseer, veral tydens tye van krisis."
“Haar grense is besig om te verskuif”: Die kontrak as nuwe romantiese fiksie en erotiese fiksie in Afrikaans
2024-08-26"Dit is egter merkbaar dat Die kontrak op ’n romantiese-erotiese-spektrum nader aan die romantiese neig en die erotiese afskeep. Dit is duidelik dat Afrikaanse romantiesefiksie- en erotiesefiksiegenres se grense besig is om te verskuif."
’n Psigoanalitiese lees van die moeder-dogter-verhouding in radbraak deur Jolyn Phillips
2024-08-23"In die artikel word veral ondersoek ingestel na watter insigte ’n psigoanalitiese lees bied in ’n kritiese ontleding van die moeder-dogter-verhouding. Enkele insigte van postkoloniale kritici word ook betrek omdat kwessies soos identiteit en die subalterne ondervang word, wat beide belangrike kwessies in radbraak is."
Twee Kaapstadse Jan Smuts-beelde en die wanbalans in die Kompanjiestuin se monumentelandskap – ’n holistiese voorstel vir behoud, verskuiwing en vervanging
2024-08-19"Die Kompanjiestuin in Kaapstad en die tuin se onmiddellike omgewing huisves verskeie prominente standbeelde en ander monumente, waarvan slegs een sedert 1994 opgerig is. [...] Wat veral opval, is die dubbele verering van genl. Jan Smuts by wyse van twee standbeelde, skaars 500 m uit mekaar."
Regeringsvorming kragtens die Grondwet sonder ’n volstrekte partypolitieke wenner
2024-08-15"Ofskoon die Suid-Afrikaanse Grondwet deeglik voorsiening maak vir ’n veelpartydemokrasie, het sterk politieke kragte meegebring dat die land vir die afgelope 30 jaar ’n tipiese eenparty-oorheerste stelsel onder aanvoering van die regerende African National Congress (ANC) was."
Evaluering van die aanlyn vreemdetaalkursusse Gesellig Afrikaans 1 en 2 aan die hand van die voorgestelde aanlynonderrigmodel vir die aanleer van Afrikaans as vreemde taal
2024-08-13"Die ondersoek lewer ’n bydrae tot die bywerking en verbetering van tans die enigste geakkrediteerde aanlyn kortleerkursus vir Afrikaans as vreemde taal binne die Suid-Afrikaanse hoëronderwyskonteks."
God, lyding en stemme van protes
2024-08-07"Hoe kan die lewegewende God toelaat dat gelowiges ’n bestaan van 'dry bones' en desperaatheid voer? Hierdie vraag vorm deel van ’n veel meer omvattende probleem."
Geweld in Suid-Afrikaanse opvoedkundige kontekste: ’n feministiese pedagogiek
2024-08-06"Ons moet die ervarings en perspektiewe van gemarginaliseerde groepe en die waarde van diverse vorme van kennis erken, die verborge kurrikulum krities verken en niegewelddadigheid in ons onderwysstelsels bevorder."
’n Ondersoek na faktore wat kaartjie-aankope vir gemeenskapsgebaseerde kinderteater beïnvloed: ’n kwalitatiewe benadering
2024-08-01"Die produksie en bemarking van regstreekse teater vir kindergehore is kompleks, aangesien daar meer as een besluitnemer ten opsigte van bywoning betrokke is, naamlik die ouer en die kind."
Die gebruik van Instagram in ’n taakgebaseerde gemengdeleerbenadering vir Afrikaanstaalverwerwingstudente
2024-07-30"Die artikel bied nuwe idees oor hoe ’n sosialemediaplatform, naamlik Instagram, in die Afrikaanstaalverwerwingsklaskamer gebruik kan word om die aanleer van nuwe woordeskat te bevorder."
Voorgestelde proses vir die hersiening en bywerking van vakwoordeboeke
2024-07-23"Afrikaanse vaktaal loop die gevaar om as wetenskapstaal te verdwyn indien vakkundiges, akademici, taalpraktisyns en selfs leke nie ’n daadwerklike poging aanwend om Afrikaanse terme te skep, te dokumenteer, te versprei en te benut nie."
Gebrekkige implementering van sekuriteitsregulasies: ’n werksplekrisiko vir VOO-tegnologie-onderwysers
2024-07-22"Werkspleksekuriteit onder dié onderwysers word negatief beïnvloed omdat spesifieke sleutelrolspelers nie hulle professionele verantwoordelikhede nakom nie."
Apokaliptiek en veerkragtigheid
2024-07-18"Die bedoeling in al hierdie gedeeltes is dat die gelowiges dieper moet kyk as die oppervlakkige gebeure van ontwrigting. Hulle moet God met die toekoms vertrou."