LitNet Akademies
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan [email protected]
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Persoonsnaamgewing onder die Xhosasprekendes van Suid-Afrika
2020-03-18"Soos wat die naamdraers grootword, word hulle bewus van die positiewe eienskappe wat hulle name verteenwoordig, en streef daarna om dit uit te leef."
’n Reddingsboei-omgewing vir suksesvolle leer by matriekleerlinge in toestande van veelvuldige ontneming
2020-03-09"Hoewel sommige kinders wat in ’n omgewing van ontneming grootword, goed op skool presteer danksy gesonde gesinsnetwerke, ly baie kinders onder gebrekkige ouerskap en ongunstige gemeenskapstoestande."
Verhoudingswelstand van adolessente in ’n Suid-Afrikaanse hoërisiko gemeenskap
2020-03-05"Alhoewel adolessente wel ’n goeie idee het van gesonde verhoudings, is positiewe interaksies hoofsaaklik in terme van die afwesigheid van krenkende gedrag of mishandeling, soos geweld, beskryf."
Die invloed van plek en ruimte op die identiteitskonstruksie van vrouemigrante binne die Suid-Afrikaanse konteks na aanleiding van Zebra crossing (2013) deur Meg Vandermerwe
2020-02-24"Studies oor migranteproblematiek ignoreer die unieke probleme wat vrouemigrante in gasheerlande ervaar, en hul posisie verdien veel meer aandag as wat tans die geval is."
Gemeenskapsvertaalpraktyk: Gewone taal vir die hervertaling van ’n bankteks
2020-02-19“Indien kliënte nie die dokumente wat hulle ontvang, verstaan nie, is hulle nie in ’n posisie om ingeligte besluite te kan neem of aktief in die samelewing te kan deelneem nie.”
’n Kritiese blik op 21ste-eeuse onderrig en leer deur ’n onderwyser- en leerderbril
2020-02-18“Onderwysers moet leerders by samewerkende leeroefeninge betrek en tegnologie gebruik om nuwe, voorheen ondenkbare take te skep en om samewerkende, konstruktivistiese en outentieke leerervarings te ondersteun.”
Vonnisbespreking: Artikels 2(3) en 2A van die Wet op Testamente 7 van 1953 deel weer die kollig
2020-02-14“Die beweerde testament het alle vorige testamente soos deur die oorledene gemaak, herroep en die geheel van die oorledene se boedel aan haar dogter (die appellant) bemaak.”
Die realisering van leksikale kohesie: ’n Korpuslinguistiese ondersoek van Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders se skryfwerk
2020-02-11“Daarby kan die gebruik van die taalvorme leksikale kohesie op stilisties gevarieerde wyses realiseer en kan dit dienooreenkomstig vir die onderrig van skryfvaardighede in die Afrikaansklaskamer gebruik word.”
Gehalteberiggewing in die buitekantoor van ’n Suid-Afrikaanse dagblad
2020-02-05“Die doelwit was om praktiese riglyne te identifiseer en te formuleer wat joernaliste in buitekantore kan help om hul kantore doeltreffend te bestuur sonder om gehalte in te boet.”
Gebedspraktyke en geloofsoortuigings van kerklos millenniër-Christene: ’n Ritueel-liturgiese verkenning
2020-01-29“Gereformeerdheid word sodoende dus weer ’n moontlikheid vir millenniërs – nie deurdat hulle die klassieke erediens bywoon nie, maar wel deurdat hulle in ’n vorm van ’n gemeenskap van gelowiges tree.”
Die estetika van ’n skreeu-lelike, “weerlose God”. Skilderkuns as medium in prosesse van teologies-paradigmatiese transformasie – ver-beeld-ende stank (skúbalon) vir skandalige on-dank (skandalon)
2020-01-27“Die implikasie en argument is dat skilderkuns ’n medium is om God se wese nie te probeer definieer nie, maar slegs esteties te ‘infinieer’ – die sosyn van God in terme van solidariteitsmedelye.”
Taalonderwysers se perspektiewe aangaande vervlegte leer as onderrig-en-leerbenadering vir die 21ste-eeuse leerder
2020-01-09“Binne die kontekstuele raamwerk van die 21ste-eeuse klaskamer moet daar in ag geneem word dat tegnologie deel vorm van die hedendaagse leerder se verwysingsraamwerk.”
Wat maak ’n wynfees suksesvol? Die Robertsonvallei-storie
2020-01-07“Wynfeeste is ’n unieke toerismemark wat verder ontgin kan word tot voordeel van die hele vallei, deur die uniekheid van feeste te erken en hierdie faktore verder te ontgin.”
Die sublieme in die ekologie: ’n Ekofeministiese teologiese interpretasie van ’n Oos-Kaapse kunstenaar se ekologiese visie, spiritualiteit en identiteit
2019-12-16“Hierdie ondersoek van ekofeminisme lei tot die oogmerk en strategie daarvan, naamlik ’n radikale transformasie van hoe ons as mense onsself en ons verhoudings met andere en met die aarde beskou.”
Elisabeth Eybers se “soetste kettery”: Die woord en die Woord in haar poësie
2019-12-13“Sonder ontkenning van die algemeen-menslike dimensie van Elisabeth Eybers se religieuse poësie, gaan ek uit van haar vroulike identiteit.”
’n Mistieke lesing van Psalm 42/3
2019-12-12“Om op God te wag is om alles te laat los, geen ander steunpunt te hê as die daad van oorgawe aan die Een op Wie gewag word nie.”
Is die paradys in die hemel of op die aarde, en hoekom? Die aard en funksie van die paradys volgens die interpretasie van Johannes Chrusostomus
2019-12-10“Wat is die aard en funksie van die paradys volgens Chrusostomus?”
“’n Pouse tussen oorsprong en bestemming”: Heterochronisiteit en laterale transnasionalisme in Marlene van Niekerk se Gesant van die mispels en In die stille agterkamer
2019-12-10“Van Niekerk se tekste vernuwe telkens die verwagtinge van wat as goeie Afrikaanse letterkunde beskou word.”
Onderhoudseise en sekwestrasie ingevolge die Insolvensiewet 24 van 1936
2019-12-09“Dit is onaanvaarbaar dat skuldeisers wat eise vir agterstallige onderhoud teen ’n insolvente boedel het waar die vrye oorskot onvoldoende is om die sekwestrasiekoste te dek, kontribusiepligtig gehou kan word.”
Die ekoteks in die klaskamer
2019-12-09“Dit is belangrik dat opvoeders die potensiële rol van omgewingsgerigte verhale sal erken, kinders se liefde vir stories sal ontgin en die belangrike rol wat die ekoteks kan speel sal besef.”