LitNet Akademies
Telefoon: 021 886 5169 |
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Benedikt Dreyer (1480–1555): Kunstenaar in konteks van die Kerkhervorming
2020-07-21"Formeel weerspieël Dreyer se kunswerke die denke en teologie van sy tyd, maar terselfdertyd ook ’n diep, persoonlike spiritualiteit."
Die eliminering van die siel in die filosofiese mistiek en negatiewe teologie van die begyn Marguerite Porete (1250–1310)
2020-07-20"Wanneer die diskursiewe aweregsheid van haar teks met genuanseerde lesings in beskerming geneem word, tree Marguerite na vore as een van die mees provokatiewe denkers uit die Westerse ideëgeskiedenis."
Entrepreneurskapspotensiaal: ’n Ontleding van die Suid-Afrikaanse Verbruikerstudiekurrikulum en -onderwyspraktyke
2020-07-16"Die hoë jeugwerkloosheidkoers in Suid-Afrika is kommerwekkend. Dié probleem kan aangeroer word deur leerders reeds op skoolvlak met entrepreneurskapskennis en -vaardighede toe te rus wat hulle kan aanwend om selfgerigte werkskepping te bevorder."
Ouers se motivering om gestruktureerde spel bo ongestruktureerde spel te verkies tydens die voorskoolse ontwikkelingstadium
2020-07-14"Hoewel erkenning gegee moet word aan die waardevolle bydrae van gestruktureerde spel tot voorskoolse kinders se ontwikkeling, is dit die balans tussen ongestruktureerde en gestruktureerde spel wat die grootste impak op voorskoolse kinders se ontwikkeling kan hê."
Wat hou dit in dat die Bybel ’n kanon is?
2020-07-13"Sake uit die onlangse verlede is vraagstukke oor apartheid, of vrouelidmate hoede moet dra tydens die erediens, die toelating van vrouens tot die ampte in die kerk, en die vrae rondom homoseksualiteit en die sogenaamde LGBTQI+-vraagstuk. Die Bybel is die basisdokument in die Christelike kerk en antwoorde op hierdie vraagstukke word uit beginsel daarin gesoek."
Waarnemings van langdurige struktuur in tydreekse van finansiële markte
2020-07-13"Die bestaan van akkurate struktuur in markpryse wat oor vele dekades strek en wat moontlik die ontluiking in komplekse selfaanpasbare stelsels verteenwoordig, skep nuwe vrae wat wyd strek oor die werking van die brein en die aard van menslike besluitneming."
Taal-in-onderwys-beplanning in die Noord-Kaap en Vrystaat. ’n Beoordeling van twee taalverwerwingsprogramme in skole
2020-07-09"Een van die belangrikste uitdagings is die feit dat Nama nog nie as TAT geïnstitusionaliseer is nie en dat die implementering van die IIAL nie heeltemal vlot verloop nie. Die studie van die implementering van Sotho as TAT in Philippolis wys dit uit."
Kunstenaar en skepping: Sheila Cussons en die problematiek van die kunstenaar
2020-07-06"Die poësie van Cussons gee meermale uiting aan haar intense begeerte om die wonder van die skepping, die Goddelike, die mistieke ervaring vas te vang."
Die herkoms van ’n aantal Afrikaanse uitdrukkings wat verband hou met die see
2020-07-02"Die doel van hierdie artikel is om aan te toon watter rol 17de-eeuse Nederlandse seemanstaal (en daarmee saam handelstaal) gespeel het in die totstandkoming van die Afrikaanse leksikon, meer spesifiek betreffende vaste uitdrukkings wat met die seetema verband hou."
"Eish – this lockdown!" Navorsing oor tieners se belewenisse tydens die grendelstaat
2020-06-25"Angs, spanning en depressie is algemene gevolge van ’n ramp, met navorsing wat aandui dat kinders meer as volwassenes daardeur geraak word."
Die koop en verkoop van kinders in Suid-Afrika – behoorlik gestraf, of ’n ware winskoop?
2020-06-24"Veral kinders word as ’n maklik verhandelbare, sukkelvrye kommoditeit beskou. Hul kwesbaarheid, in die besonder wanneer handelaars hulle van hul gesinne en ander hulpbronne skei, maak hulle makliker om te manipuleer en te beheer."
Aantekening: Die deliktuele klas- of groepaksie in Suid-Afrika
2020-06-22"Die oogmerk of doel van hierdie bydrae is om perspektief te gee op die sogenaamde klasaksie (wat in ons reg nog grootliks in sy kinderskoene is) om aan te dui wat die funksie en vereistes daarvoor spesifiek op die gebied van die deliktereg is, en om terselfdertyd die enigste en daarom belangrikste beslissing op hierdie gebied onder die loep te neem."
Vertaling en taalverwerwing – ’n literatuuroorsig oor die vertaling van intertalige onderskrifte
2020-06-19"Daar is ’n plek vir vertaling binne die taalverwerwingsklaskamer, maar dit is nie die enigste benadering, metodologie of hulpmiddel wat gebruik moet word nie."
Veerkragtigheid in die enkelma-transrasgesin
2020-06-18"Die transras-aanneemma kom voor spesifieke uitdagings te staan wat sy moet oorkom, byvoorbeeld die status van transrasaanneming, rassensitiwiteit en die welstand van haar kind."
Charles Parham, William Seymour en Suid-Afrikaanse pentekostalistiese rassisme
2020-06-17"Ondanks die byna drie dekades waarin inwoners aan ’n gelyke demokrasie blootgestel is, het patrone van rassisme skynbaar eerder versterk as verswak."
Die narratiewe bekragtiging van die positiewe ontvangs van Seneca se voorsienigheidsleer tydens die Protestantse Kerkhervorming
2020-06-15"Die vraag wat Seneca in hierdie werk beantwoord, gaan dus nie bloot oor waarom bose of slegte dinge as sulks bestaan nie, maar spesifiek waarom dit oor goeie mense se lewenspad kom, ’n vraag wat hy beantwoord deur die idee van bonatuurlike voorsienigheid of bestiering teen die idee van toeval te verdedig."
AARTO: Beregtiging van verkeersmisdrywe of ontsegging van toegang tot die reg?
2020-06-15"’n Wet wat toegang tot die howe belet of belemmer, of wat die uitwerking het dat dit die uitvoerende gesag die mag gee om besluite oor regte te neem wat deur die regsprekende gesag geneem behoort te word, is ongrondwetlik."
’n Ondersoek na Christelike digkuns in Afrikaans na aanleiding van die bloemlesing Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte (2017)
2020-06-11"Wanneer kan ’n gedig as godsdienstig beskou word? Moet daar spesiale kriteria vir godsdienstige gedigte wees?"
Lesingpodsendings in Afrikaans om inklusiwiteit te bevorder
2020-06-10"Studente neem dus waarskynlik ’n strategiese besluit om aan te pas en Engels as voorkeurtaal vir hul studies te kies. Uit die studente wat die vraelys voltooi het, het 75% gesê dat hulle voorkeurtaal in die loop van die kursus na Engels verander het."
’n Kritiese beskouing van Winfried Lüdemann se teoretisering oor ’n musikale versoeningsdialoog
2020-05-25"Gevolglik konsentreer hy daarop om ’n metodologie (of selfs ’n bloudruk) te ontwikkel wat die handhawing en eerbiediging van ’n diverse kultuurlandskap kan aanmoedig en ondersteun, sodat – ten minste waar musiek ter sprake is – Suid-Afrika se kulture in harmoniese en vredeliewende naasbestaan kan leef."