LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Bekamping van wildmisdaad: ’n ontleding van die Suid-Afrikaanse omgewingsregraamwerk

Inge Snyman LitNet Akademies (Regte) 2025-01-07

"Vanweë Suid-Afrika se oorvloedige biodiversiteit is verskeie wildspesies ’n teiken vir wildmisdaad. Daarom word die belangrikheid van wildmisdaadbekamping toenemend benadruk."

Bekamping van wildmisdaad: ’n regsteoretiese ontleding van die handelinge, verwante misdade en rolspelers

Inge Snyman LitNet Akademies (Regte) 2025-01-07

"Alhoewel die bekamping van wildmisdaad ’n internasionale prioriteit is, bestaan daar tans geen universele definisie van wildmisdaad, ’n toonaangewende internasionale verdrag of ’n aanbevole bekampingstrategie waarvolgens lande die beste praktyk vir die bekamping van wildmisdaad kan vasstel nie."

"Kaaps issie hie om te kô afbriekie": Rolspelers in Afrikaansonderrig se siening oor die insluiting van Kaapse Afrikaanse idiome vir die herstandaardisering van Afrikaans

Earl Basson LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-01-03

"Gegewe die leemtes in huidige Afrikaans-taalhandboeke ten opsigte van die herstandaardisering van Afrikaans, is daar in hierdie artikel ondersoek ingestel na die bydrae wat die insluiting van Kaapse Afrikaanse idiomatiese uitdrukkings in ’n lesreeks tot die herstandaardisering van Afrikaans kan lewer."

Op weg na helder standaarde en kriteria vir die assessering van die bevoegdheid van onderwysstudente as assessors

Hennart van Schalkwyk, Geesje van den Berg LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-01-03

"Hierdie studie bevestig dat daar ’n behoefte aan werklik bevoegde onderwysers in ’n groeiende onderwysstelsel bestaan, en ’n dringende prioriteit is ten spyte van die nalatenskap van ’n gefragmenteerde, ongelyke en gebroke verlede, omdat die uitdagings van die onderwystoekoms veel groter as die nalatenskappe van die verlede is."

Die vertaling van diverse Coloured vrouestemme in die Afrikaanse poësie: ’n feministiese benadering

Hennely Nel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-12-11

"Die argument is dat hierdie digters elk in ’n individuele stem postkoloniale feministiese kwessies in die Suid-Afrikaanse konteks uitwys, wat ’n belangrike stap in die proses van die dekolonisering van die Afrikaanse literatuur is."

Die middelhoë voorvokaal /e/ van Bruinafrikaans

Daan Wissing LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-12-09

"Hierdie artikel vorm deel van ’n groter projek waarin die akoestiese eienskappe van die vokaalstelsel van Bruinafrikaans (BA) ondersoek en beskryf word. Hoewel so ’n beskrywing waardevol op sigself is, is dit ook noodsaaklik met die oog op ’n poging om te probeer bepaal in hoeverre mens van BA as een van die belangrikste variëteite van Afrikaans kan praat."

Die engel- en monstermites in Reënboogrant tieners

Alana Lourens LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-12-03

"Jeugboekskrywers moet met groter bewustheid van die sosiale mites oor vroulikheid skryf. Hulle moet liewer daarop fokus om genuanseerde vroulike karakters, buite die grense van byvoorbeeld die monster/engel-mites en ander binêre pare, te skep."

Die bevordering van emosionele welstand van die LSOB-onderwyser: ’n deelnemende-aksienavorsing-benadering

Hester Hall, Carolina Botha LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-11-20

"Twaalf deelnemers uit drie LSOB-skole het in die eerste siklus van deelnemende aksienavorsing die fotostemtegniek ('photovoice') gebruik om hul sienings en ervarings van emosionele welstand te deel."

Orania na 60 jaar: rigtingwysers vir Orania III uit ’n literatuuroorsig van Orania II en ander bronne

Jannie Rossouw LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2024-11-20

"Orania II het nou sy vestigingsjare as ’n Afrikaner-enklave ontgroei en staan op die vooraand van ’n nuwe groei- en ontwikkelingsfase. Die rigting en wyse waarop die dorp voortaan gaan groei, is afhanklik van keuses wat nou gemaak moet word."

Postkoloniale melancholie in Ronelda S Kamfer se Hammie (2016)

J.V. Blignaut LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-11-12

"Die artikel rapporteer dus hoe melancholie die digterspreker se subjektiwiteit ten opsigte van haar ras en gender vorm, te midde van die onderdrukking wat sy steeds ervaar as ’n bruin vrou in ’n postkoloniale Suid-Afrika."

Bruikbaarheid van ChatGPT-4V(ision) om lugfoto’s te ontleed, dryfvere wat opneem kan bevorder en implikasies vir Geografie-klaskamers

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-11-07

"Die bevindinge toon dat ChatGPT-4V bruikbaar is om lugfoto’s te ontleed. ChatGPT-4V se geografiese kennis is redelik goed, die lugfoto’s is redelik suksesvol ontleed en hy kon lugfoto’s gebruik om ’n gevallestudie en ’n toets (beide met memoranda) te skep."

Vonnisbespreking: ’n Dekselse deksellose mangat kom ’n plaaslike owerheid duur te staan

Johan Scott LitNet Akademies (Regte) 2024-10-30

"Die agteruitgang van die infrastruktuur in selfs die grootste metropolitaanse gebiede hou beduidende gevaar in vir iemand wat voetslaan, byvoorbeeld om bloot oor ’n sypaadjie te loop, oor plaveistene by ’n winkel te stap om inkopies te gaan doen, of selfs te gaan draf."

"Gee raat": ’n Netwerkwetenskaplike verkenning van die doeltreffendheid van boererate met spesifieke verwysing na die behandeling van epilepsie en slapeloosheid

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2024-10-25

"Die studie toon dat sommige van die bestanddele wat voorgestel word vir die behandeling van epilepsie en slapeloosheid in boererate wel voorheen as doeltreffend bewys is. Dit dui daarop dat sommige boererate wel wetenskaplik ondersteun kan word in die behandeling van hierdie gesondheidsprobleme."

Die onontbeerlike samehang tussen geluk (lewensgeluk), ongeluk (hartseer en pyn), en toeval (die onvoorsiene)

Anné Hendrik Verhoef LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-10-16

"As dit bloot oor ons geluk gaan, met die klem op goeie ervarings, positiewe emosies, plesier en genot, word ander mense en die natuur bloot objekte om te gebruik en te verbruik, en, in die geval van die natuur, selfs te vernietig."

Beroepsvoorligting in Suid-Afrikaanse hoërskole: verleentheid of geleentheid?

Izanette van Schalkwyk, Anthony V. Naidoo, Michelle Visser, Stephan Rabie, Francois van den Berg LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-10-07

"In Suid-Afrika bied die ongelykheid in toegang tot beroepsvoorligtingsdienste tussen skole met goeie hulpbronne en dié met beperkte hulpbronne ’n beduidende uitdaging."

Die afrikanisering van voorgraadse kursusse in Mens-rekenaar-interaksie (MRI) en Besigheidsontleding (BO): ’n Kwantitatiewe studie oor studente se ervaring

Jan Kroeze, Corné van Staden, Sunet Eybers LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-10-07

"Daar word wyd erken dat die wetenskap tradisioneel deur Westerse paradigmas gemonopoliseer is. Verskeie velde in die sosiale wetenskappe besef dat navorsing nodig is om ’n bewustheid van die behoefte aan dekolonisasie in hierdie velde te kweek."

Onderwysers se oortuigings, onderwysers se selfdoeltreffendheid, onderriggehalte en onderrigklarigheid: die verband met Suid-Afrikaanse leerders se wiskundeprestasie

Marien Alet Graham LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-10-02

"Beleidmakers en belanghebbendes behoort dit te oorweeg om geteikende opleidingsessies vir onderwysers aan te bied. Hierdie programme kan fokus op effektiewe voorbereidingstegnieke, soos die optimalisering van kurrikulumbronne en die integrasie van tegnologie om lesbeplanning te vaartbelyn."

Die aanlynwoordeboekgebruiksvaardighede en -probleme van redigeerstudente ten opsigte van ’n prototipe- akademiese redigeerwoordeboek

Maret Blom de Wet LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-10-02

"Hierdie voorvereistes en standaarde maak dit dus duidelik dat daar van redigeerders verwag word om goeie aanlynwoordeboekgebruiksvaardighede te hê, asook kennis oor verskillende soorte woordeboeke, insluitend die struktuur, funksies en gebruik daarvan tydens die redigeerproses."

Die Afrika-vrede-en-sekuriteit-argitektuur (AVSA): ’n strategiese ontleding deur middel van die model van doelwitte-aksies-middele (DAM)

Fanie Herman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-09-26

"Die groot beperking is dat aksies ondoeltreffend is in die voorkoming van konflik en die skepping van blywende vrede en sekuriteit. Dit word gesien in die min sukses van bemiddeling, voorkomende diplomasie, versoening en ondersoek."

Abrahamitiese eskatologie en die bekragtiging van godsdienstige identiteite

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2024-09-19

"Hierdie narratiewe, ingebed in die kanonieke geskrifte wat as heilig beskou word deur die Judaïsme, Christendom en Islam, bied nie net ’n visie van die toekoms nie, maar funksioneer ook as ’n kragtige instrument om godsdienstige gemeenskappe te mobiliseer, veral tydens tye van krisis."

Top