LitNet Akademies
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan [email protected]tnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Vonnisbespreking: Artikels 2(3) en 2A van die Wet op Testamente 7 van 1953 deel weer die kollig
2020-02-14“Die beweerde testament het alle vorige testamente soos deur die oorledene gemaak, herroep en die geheel van die oorledene se boedel aan haar dogter (die appellant) bemaak.”
Die realisering van leksikale kohesie: ’n Korpuslinguistiese ondersoek van Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders se skryfwerk
2020-02-11“Daarby kan die gebruik van die taalvorme leksikale kohesie op stilisties gevarieerde wyses realiseer en kan dit dienooreenkomstig vir die onderrig van skryfvaardighede in die Afrikaansklaskamer gebruik word.”
Gehalteberiggewing in die buitekantoor van ’n Suid-Afrikaanse dagblad
2020-02-05“Die doelwit was om praktiese riglyne te identifiseer en te formuleer wat joernaliste in buitekantore kan help om hul kantore doeltreffend te bestuur sonder om gehalte in te boet.”
Gebedspraktyke en geloofsoortuigings van kerklos millenniër-Christene: ’n Ritueel-liturgiese verkenning
2020-01-29“Gereformeerdheid word sodoende dus weer ’n moontlikheid vir millenniërs – nie deurdat hulle die klassieke erediens bywoon nie, maar wel deurdat hulle in ’n vorm van ’n gemeenskap van gelowiges tree.”
Die estetika van ’n skreeu-lelike, “weerlose God”. Skilderkuns as medium in prosesse van teologies-paradigmatiese transformasie – ver-beeld-ende stank (skúbalon) vir skandalige on-dank (skandalon)
2020-01-27“Die implikasie en argument is dat skilderkuns ’n medium is om God se wese nie te probeer definieer nie, maar slegs esteties te ‘infinieer’ – die sosyn van God in terme van solidariteitsmedelye.”
Taalonderwysers se perspektiewe aangaande vervlegte leer as onderrig-en-leerbenadering vir die 21ste-eeuse leerder
2020-01-09“Binne die kontekstuele raamwerk van die 21ste-eeuse klaskamer moet daar in ag geneem word dat tegnologie deel vorm van die hedendaagse leerder se verwysingsraamwerk.”
Wat maak ’n wynfees suksesvol? Die Robertsonvallei-storie
2020-01-07“Wynfeeste is ’n unieke toerismemark wat verder ontgin kan word tot voordeel van die hele vallei, deur die uniekheid van feeste te erken en hierdie faktore verder te ontgin.”
Die sublieme in die ekologie: ’n Ekofeministiese teologiese interpretasie van ’n Oos-Kaapse kunstenaar se ekologiese visie, spiritualiteit en identiteit
2019-12-16“Hierdie ondersoek van ekofeminisme lei tot die oogmerk en strategie daarvan, naamlik ’n radikale transformasie van hoe ons as mense onsself en ons verhoudings met andere en met die aarde beskou.”
Elisabeth Eybers se “soetste kettery”: Die woord en die Woord in haar poësie
2019-12-13“Sonder ontkenning van die algemeen-menslike dimensie van Elisabeth Eybers se religieuse poësie, gaan ek uit van haar vroulike identiteit.”
’n Mistieke lesing van Psalm 42/3
2019-12-12“Om op God te wag is om alles te laat los, geen ander steunpunt te hê as die daad van oorgawe aan die Een op Wie gewag word nie.”
Is die paradys in die hemel of op die aarde, en hoekom? Die aard en funksie van die paradys volgens die interpretasie van Johannes Chrusostomus
2019-12-10“Wat is die aard en funksie van die paradys volgens Chrusostomus?”
“’n Pouse tussen oorsprong en bestemming”: Heterochronisiteit en laterale transnasionalisme in Marlene van Niekerk se Gesant van die mispels en In die stille agterkamer
2019-12-10“Van Niekerk se tekste vernuwe telkens die verwagtinge van wat as goeie Afrikaanse letterkunde beskou word.”
Onderhoudseise en sekwestrasie ingevolge die Insolvensiewet 24 van 1936
2019-12-09“Dit is onaanvaarbaar dat skuldeisers wat eise vir agterstallige onderhoud teen ’n insolvente boedel het waar die vrye oorskot onvoldoende is om die sekwestrasiekoste te dek, kontribusiepligtig gehou kan word.”
Die ekoteks in die klaskamer
2019-12-09“Dit is belangrik dat opvoeders die potensiële rol van omgewingsgerigte verhale sal erken, kinders se liefde vir stories sal ontgin en die belangrike rol wat die ekoteks kan speel sal besef.”
Help, ek is ’n skoolhoof in ’n afgeleë gemeenskap! Uitdagings tot die skoolhoof se leierskap- en bestuurstyl
2019-12-06“Aangesien die skole geïsoleerd is, is ondersteuning, vertroue en respek van kardinale belang sodat die skool ten volle kan funksioneer en leerders gemotiveerd kan wees om ’n toekomsvisie te hê.”
Vonnisbespreking: Risikoskepping en die middellike aanspreeklikheid van werkgewers: ’n belangrike ontwikkeling
2019-12-06“Sodanige verhoogde risiko van benadeling is in die besonder aanwesig waar werknemers in ’n posisie van vertroue of gesag, wat die moontlikheid van misbruik skep, geplaas is.”
Liggaamlike en morele onreinheid in Levitikus: ’n geïntegreerde reinigingsisteem
2019-12-04“Die artikel lewer ’n bydrae tot die debat oor twee soorte onreinheid in Levitikus.”
Voorkomende geskilbeslegting by voogdyskap-, sorg- en kontakaangeleenthede in Suid-Afrika
2019-12-02“Daar word bevind dat voorkomende reg moet pas by sowel die regstelsel in die geheel as by die unieke omstandighede van die betrokke gesin.”
Die Klub van Rome (“Club of Rome”) se soeke na planetariese welsyn beskou deur die oë van ’n Gereformeerde teoloog
2019-11-29“Hierdie artikel ondersoek die raakvlakke tussen teologie en wetenskap in die lig van die dreigende ekologiese krisis.”
Filmverwerking as interpretasie: Die verwerkingsproses van roman na film met verwysing na Marlene van Niekerk se Triomf en Michael Raeburn se Triomf
2019-11-27“Tot watter mate interpreteer Michael Raeburn se filmverwerking van Marlene van Niekerk se Triomf die romanverhaal ten einde ’n oorspronklike verhaal daar te stel?”