LitNet Akademies (Opvoedkunde)

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat geakkrediteerde artikels uit die vakgebied Opvoedkunde. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Opvoedkunde) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Opvoedkunde-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

  Opvoedkunde-redakteur
Alta Vos 
E-pos: alta@litnet.co.za

Vakverwante hulpbronne oor Afrikaans Huistaal ter ondersteuning van ’n akademiese vakwoordeskat van onderwysstudente: ’n vergelykende korpusondersoek

Jana Nel, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-09-25

"Terminologie speel ’n bepalende rol in taalontwikkeling. Daarby loop die Afrikaanse vaktaal die gevaar om as wetenskaptaal te verdwyn indien vakkundiges, taalpraktisyns, vertalers en lekegebruikers nie ’n daadwerklike poging aanwend om Afrikaanse terme te skep, te benut en te versprei nie."

Die assessering van akademiese opstelle: ’n vergelykende studie tussen ChatGPT-4o as KI-gebaseerde assesseringshulpmiddel en tradisionele dosentgebaseerde assessering

DJ Cloete, Chris-Mari Le Hanie LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-08-19

"Ons het bevind dat hoewel ChatGPT-4o vinnige en objektiewe terugvoer gebied het, dit nie volledig aan die beginsels van gehalteassesseringspraktyke voldoen het nie."

’n Onderrigraamwerk vir selfgerigte lees van letterkunde in Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Henrita van Wyk, Elize Vos, Carmen du Plessis LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-08-14

“Afrikaans EAT-leerders se swak leesbegrip word toegeskryf aan ’n gebrekkige woordeskat, onkunde rakende leesstrategieë, gebrekkige belangstelling, vreemdetaalonderrig en swak taalvaardighede.”

Pedagogiese faktore wat kurrikulumdifferensiasie in die Grondslagfase beïnvloed

Corlene Jacobs, Mariëtte Koen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-08-12

"Kurrikulumdifferensiasie het ten doel om leerders met ’n verskeidenheid van uiteenlopende lede van hul portuurgroep en ten opsigte van verskillende take te laat saamwerk ‒ nie alleen om alle leerders se vermoëns te ontgin nie, maar ook om ondersteuning te bied aan daardie leerders met uiteenlopende opvoedkundige behoeftes."

Die stemme van kundige en ervare beoefenaars van assessering by die herformulering van standaarde van assessorbevoegdheid in onderwyseropleiding

Hennart van Schalkwyk, Geesje van den Berg LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-07-21

"Terwyl literatuurstudies en dokumentontleding navorsing aangaande standaarde kan inlig en ’n oorsig kan gee van hoe standaarde tans in literatuur beskryf word, moet die stemme van ervare en kundige beoefenaars van die assessering van onderwysstudente ook ingesluit word om die herformulering van standaarde te lei."

Die doeltreffendheid van die gebruik van vertaalde gesprekstorieboeke vir die ontwikkeling van wiskundewoordeskat en wiskundevaardigheid in klasgroepe

Hanrie Bezuidenhout, Parvin Nemati LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-07-18

"Die deelnemende kinders is ewekansig in ’n intervensiegroep (n = 35) en ’n vergelykende groep (n = 26) verdeel waarna onderwysers drie gesprekstorieboeke oor ’n tydperk van vier weke minstens vier maal vir die intervensiegroep leerders gelees het om wiskundegesprekke in die klas te ontlok. "

Die gebruik van taakgebaseerde aktiwiteite in Afrikaans Huistaal graad 4: ’n vergelykende ontleding

Antoinette van der Hoven, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-07-14

"Hierdie vergelykende ontleding van die twee handboekreekse toon dat daar ’n werklike behoefte aan ’n konseptuele raamwerk bestaan wat taalkunde-onderrig, volgens die taakgebaseerde benadering, kan rig."

Die ontwikkeling van ’n akademieseveerkragtigheidskaal (AVS): nommerpas vir die Suid-Afrikaanse konteks

Marien Alet Graham, Karen Roux, Jenette du Plooy LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-07-03

"Hierdie artikel rapporteer oor die kwantitatiewe aspek van ’n groter gemengdemetodestudie, met die fokus op die antwoorde van studente met Afrikaans as huistaal. Die doel van die breër gemengdemetodestudie was om ’n betroubare en geldige akademieseveerkragtigheidskaal (AVS) vir die Suid-Afrikaanse konteks te ontwikkel."

Praktiese riglyne vir kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: ’n beoordeling deur belanghebbendes

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe, Juan Bornman LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-06-20

"Spraak-taalterapeute moet kliënte uit verskillende taal- en kultuuragtergronde kan bedien. Nietemin toon navorsing dat die besonderse diverse taal- en kultuurkonteks van Suid-Afrika bepaalde uitdagings vir hierdie terapeute inhou."

Die skep-jou-toekoms-werkswinkel as ’n aanlyn datagenereringstrategie in ’n aksienavorsingsbenadering

Suné Erasmus, Carolina Botha, Elma Marais LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-05-09

"Navorsers word toenemend gemotiveer om te eksperimenteer en innoverend te wees in hul strategieë en navorsingspraktyke. Deur verskillende digitale platforms te gebruik, word die potensiaal ondersoek om meer aktiewe betrokkenheid met deelnemers in uiteenlopende geografiese gebiede te fasiliteer."

Kunsmatige intelligensie kan leergeleenthede verryk

Willa Louw LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-03-04

"KI het gekom om te bly en veral ChatGPT het internasionale kennis makliker toeganklik gemaak. Plaaslike kennis en eie ervarings word egter al hoe belangriker."

Ek skyn (heilig): Die invloed van godsdiens as sosiokulturele verwagting by die vorming van die juffrou-identiteit

Mické van der Westhuizen, Yolandi Woest LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-02-27

"Die navorsers se fokus in hierdie artikel is op die invloed van godsdiens as ’n sosiokulturele verwagting by die samestelling van die identiteit van ’n Afrikanervrou."

’n Konseptuele lens op die gebruik van die grafiese roman in die Eerste Addisionele Taal-klas

Cornelia van der Berg LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-02-20

"Hierdie multimodale medium kombineer teks en beeld, wat nie net literêre vaardighede bevorder nie, maar leerders ook toerus om komplekse sosiale en kulturele uitdagings met insig en empatie aan te pak."

’n Kritiese ondersoek na Nearpod se rol in die bevordering van aktiewe leer binne ’n kontakmodel in die hoëronderwyskonteks

Chris-Mari Le Hanie, Jhani Pottas (Venter) LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-02-14

"Die bevindinge van die studie dui daarop dat Nearpod ’n waardevolle hulpbron kan wees om aktiewe leer binne ’n kontakmodel in die hoëronderwyskonteks te bevorder."

’n Ondersoek na faktore wat wiskundeprestasie in toppresterende sekondêre skole deurlopend bevorder

Hendri Theron LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-02-10

"Die bevindings dui daarop dat die gehalte van die wiskunde-onderwysers, die leeromgewing waarin die leerders onderrig ontvang, en die leierskorps as die vernaamste faktore beskou kan word vir dié skole se sukses in wiskunde-onderrig [...] Verder is die bevindings nie beperk tot wiskunde nie, maar kan dit ook op ander vakke van toepassing wees."

Die bevordering van kritiesetaalbewustheidsonderrig in die Afrikaansklaskamer

Nadine Fouché-Karsten, Elize Vos LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-02-10

"Kritiese taalbewustheid bied die voordeel vir leerders om selfbesinning, agentskap en sosiale geregtigheid in die klaskamer te ontwikkel. Dit is boonop gekoppel aan die ontwikkeling van leerders se kritiese denkvaardighede, wat hulle in staat stel om taalhandelinge en uitings in werklike kontekste, soos vergestalt in tekste, te ontleed, interpreteer en evalueer."

Strategieë om lewensvaardighede te ontwikkel terwyl Geografie-leerders ChatGPT-4o gebruik om kontoerkaarte te vertolk

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-02-04

"KI-hulpmiddels, met hul foute en beperkings, is hier om te bly. Aangesien hierdie hulpmiddels reeds in die werkplek gebruik word, moet leerders die nodige vaardighede aanleer om dit verantwoordelik te gebruik."

"Kaaps issie hie om te kô afbriekie": Rolspelers in Afrikaansonderrig se siening oor die insluiting van Kaapse Afrikaanse idiome vir die herstandaardisering van Afrikaans

Earl Basson LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-01-03

"Gegewe die leemtes in huidige Afrikaans-taalhandboeke ten opsigte van die herstandaardisering van Afrikaans, is daar in hierdie artikel ondersoek ingestel na die bydrae wat die insluiting van Kaapse Afrikaanse idiomatiese uitdrukkings in ’n lesreeks tot die herstandaardisering van Afrikaans kan lewer."

Op weg na helder standaarde en kriteria vir die assessering van die bevoegdheid van onderwysstudente as assessors

Hennart van Schalkwyk, Geesje van den Berg LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-01-03

"Hierdie studie bevestig dat daar ’n behoefte aan werklik bevoegde onderwysers in ’n groeiende onderwysstelsel bestaan, en ’n dringende prioriteit is ten spyte van die nalatenskap van ’n gefragmenteerde, ongelyke en gebroke verlede, omdat die uitdagings van die onderwystoekoms veel groter as die nalatenskappe van die verlede is."

Die bevordering van emosionele welstand van die LSOB-onderwyser: ’n deelnemende-aksienavorsing-benadering

Hester Hall, Carolina Botha LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-11-20

"Twaalf deelnemers uit drie LSOB-skole het in die eerste siklus van deelnemende aksienavorsing die fotostemtegniek ('photovoice') gebruik om hul sienings en ervarings van emosionele welstand te deel."

Top