LitNet Akademies (Opvoedkunde)

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat geakkrediteerde artikels uit die vakgebied Opvoedkunde. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Opvoedkunde) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Opvoedkunde-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

  Opvoedkunde-redakteur
Alta Vos 
E-pos: alta@litnet.co.za

Teoretiese begronding vir die ontwerp van ’n uitspraaktoepassingsmodel gemik op vreemdetaalsprekers van Afrikaans (deel 2 van ’n drieluik)

Jaydey Sass, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-08-11

"Hierdie artikel is die tweede van drie wat verslag lewer oor ’n navorsingstudie wat deur die eerste skrywer vir ’n doktorale studie onderneem is. Die eerste artikel verskaf die navorsingsontwerp vir die studie. Dié artikel behels die uiteensetting van die teoretiese begronding van ’n gespelifieerde uitspraaktoepassingsmodel vir Engelssprekende studente wat Afrikaans as ’n vreemde taal aanleer. In die laaste artikel plaas ons die fokus op die model waarop ’n gespelifieerde uitspraaktoepassing ontwerp kan word."

Agter die skerms: Navorsingsmetodologie vir die ontwerp van ’n uitspraaktoepassingsmodel gemik op vreemdetaalsprekers van Afrikaans (deel 1 van ’n drieluik)

Jaydey Sass, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-08-11

"Hierdie artikel is die eerste van ’n drieluik wat verslag lewer oor ’n navorsingstudie wat deur die eerste skrywer vir ’n doktorale studie onderneem is. Dit sit die navorsingsmetodologie vir die studie uiteen. Die tweede artikel verskaf die teoretiese begronding van ’n gespelifieerde uitspraaktoepassingsmodel vir Engelssprekende studente wat Afrikaans as ’n vreemde taal aanleer. In die derde artikel plaas ons die fokus op die model waarop ’n gespelifieerde uitspraaktoepassing ontwerp kan word."

Die toepassing van ’n multigeletterdheidsbenadering in ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-klaskamer

Alta Engelbrecht, Anike Conradie LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-03-23

"Die doel van hierdie studie is om die hoekom, wat en hoe van multigeletterdheid te ontgin om die aanleer van ’n addisionele taal te vergemaklik."

Dekolonialisering van die gees: ’n opvoedingsfilosofiese perspektief

Hannes van der Walt LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-03-16

"Hierdie ondersoek toon dat die voortgaande kolonialisering van die gees / kolonialiteit van die voorheen gekoloniseerdes en van die voormalige koloniseerders ’n ingewikkelde vraagstuk is, en dat dit nie maklik teengewerk kan word nie."

Suid-Afrikaanse universiteite in die internasionale wedloop op universiteitsranglere, deel 2: Die Suid-Afrikaanse geval

Charl Wolhuter LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-03-15

"Een van die redes wat aangevoer word vir die afskaling en uitrangeer van Afrikaans as medium van onderrig aan Suid-Afrikaanse universiteite is dat dit nie ’n internasionale taal is nie en dat Engels die internasionale lingua franca van die akademie is ..."

Suid-Afrikaanse universiteite in die internasionale wedloop op universiteitsranglere, deel 1: Die opkoms en beoordeling van die verskynsel van internasionale universiteitsranglere

Charl Wolhuter LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-03-15

"Wanneer universiteite se pogings om op internasionale ranglere te presteer ondersoek en beoordeel word, moet ook nasionale kontekstuele eise en werklikhede in ag geneem word."

Die ontwikkeling van globale vaardighede in ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-handboek vir graad 12-leerders

Cornelia van der Berg, Alta Engelbrecht LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-02-15

"In hierdie artikel poog ons om eerstens vas te stel wat die KABV ten opsigte van die ontwikkeling van globale vaardighede vereis en hoe dit vervolgens in die vraestelle en ’n goedgekeurde KABV-handboek van Afrikaans EAT neerslag vind."

"Ons gaan weer nuut begin": Kraak en Snak (2018) deur Rouxnette Meiring as ekodistopiese jeugverhale

Henriëtte Loubser LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-02-13

"In Kraak en Snak word ’n wêreld verbeel wat vreesaanjaender is as ooit voorheen. Verlies aan persoonlike vryheid word uitgebeeld, asook ’n stryd om oorlewing in ongekend vreemde omstandighede."

Doeltreffendheid van gesamentlike ervaringsleertake tydens opleiding van dosente in afstandhoëronderwys

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-12-14

"Die doel van die ondersoek was om die doeltreffendheid van die gesamentlike ervaringsleertake tydens die opleiding van dosente in ’n afstandhoëronderwyskonteks te ondersoek om te verstaan hoe ek my eie praktyk kan verbeter."

Running Records (RR) as ’n leesassesseringstrategie om leesonderrig in Suid-Afrikaanse grondslagfaseklaskamers te ondersteun

Lynette van Tonder, Joyce West, Melanie Moen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-12-09

"Die RR-leesassesseringstrategie het die potensiaal om leerders se leesgedrag te identifiseer sodat onderwysers die uitkoms van RR-aantekeninge kan gebruik om hul leesonderrig te lei. Die strategie is geldig, betroubaar en bestendig in die identifisering van leesgedrag en leesfoute."

Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale

Elize Vos, Ronel van Oort LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-11-23

"Die doelstelling van hierdie artikel is om uitvoerbare en praktiese aanbevelings aan Afrikaans Huistaal-onderwysers te verskaf wat hulle kan bemagtig om jeugverhale selfgerig voor te berei."

Wiskunde-ondersteuning vir isiXhosasprekende leerders in die grondslagfase

Tanja Kotzé-Coetzer, Candice Livingston, Elna Barnard LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-11-22

"Hierdie artikel spreek die onderrig- en leerstrategieë aan wat gebruik word om isiXhosasprekende leerders se begrip van wiskunde in Engelse graad 1-klaskamers te verbeter."

Die strewe na ’n sin van verbintenis: ervaringe van ’n Generasie 1.5-student in hoër onderwys

Emma Groenewald LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-10-18

"Die gedeelde waardes van ’n vriendekring kan die spanning wat op ’n multikulturele kampus ervaar word, verlig. Terwyl taal- en rasverskille op die agtergrond skuif, dra die gemeenskaplikheid wat gedeelde waardes meebring by tot ’n sin van verbintenis."

Onderwys in die skaduwee van die Antroposeen. Kritiese posthumanistiese eksperimentering

Dirk Postma LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-08-02

"Kritiese posthumanisme wys op die noodsaak daarvan om radikaal anders te bestaan ter wille van die ekologiese houdbaarheid van Gaia. Waar die Antroposeen menslike mag en oorheersing vier, bring Gaia ons (mense) terug Moeder Aarde toe deur ’n teregwysing van hoe ons afhanklik is van al die andere."

Gendertemas in Topsy Smith se Trompie-boeke

Corene de Wet LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-07-07

"Wit Afrikaanssprekende mans word in die Trompie-boeke as intelligente, hardwerkende gemeenskaps- en internasionale leiers uitgebeeld. Vanuit ’n paternalistiese, meerderwaardige perspektief word klem op die vrou se rol as moeder, versorger en randfiguur in ’n patriargale huisgesin gelê."

LitNet Akademies (Opvoedkunde): Stylriglyne

LitNet LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-07-01

Medewerkers word vriendelik versoek om asseblief die volgende voorskrifte stiptelik te volg by voorleggings aan LitNet Akademies (Opvoedkunde).

Telegram, Signal of WhatsApp? Keuse van ’n geskikte toep om mobiele leeromgewings vir Suid-Afrikaanse hoëronderwyskontekste te skep

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-06-23

"[Dit is] sinvol om Telegram bo Signal aan te beveel weens die verskil in bruikbare kernfunksies. Alhoewel Signal die veiligste toep is, is dit nie sinvol om die veiligste toep vir opvoedkundige doeleindes aan te beveel nie, omdat studente ander toeps – wat groot hoeveelhede persoonlike inligting insamel – op ’n daaglikse basis op hulle slimfone gebruik."

Om verby skoolgeweld te kyk – die rol van geïntegreerde helende onderwys in die verandering van skoolkultuur as ’n antwoord op skoolgeweld

Danie Kloppers, Dirk Postma LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-06-21

"Die bespreking het aangedui dat geweld, mag en dissipline van mekaar onderskei moet word; dat skoolgeweld aan verskeie faktore te wyte is; en dat bestaande skoolkulture neig na ’n outoritêre en dissiplinegerigte benadering."

Die moontlikhede en beperkinge van interkulturele onderwys in en vir Suid-Afrika

Charl Wolhuter, Hannes van der Walt LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-04-25

"Die konteks van die Suid-Afrikaanse samelewing bevat sterk moontlikhede en selfs die noodsaaklikheid om interkulturele onderwys in te voer, veral omdat multikulturele onderwys en die oproep om dekolonisering van die onderwys ontoereikend is om die uitdagings wat uit die diverse aard van die samelewing vloei, die hoof te bied."

Die oorbrugging van pedagogiese en tegnologiese pedagogiese kennisleemtes van Afrikaans Huistaalonderwysers

Ria Taylor, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-04-08

"Die ondersoek bepaal hoe die onderwysers self hul eie kennisbasisse ten opsigte van leertegnologie-integrasie ontwikkel en verbreed ten einde leemtes aan te vul. Die rol van die onderwyser as lewenslange leerder kom gevolglik in dié ondersoek ter sprake."

Top