Onderhoude
Interviews about topical issues
Wyngaard Weekliks: Die regte mense met die regte vaardigheid sal munisipaliteite regruk
2026-07-08Munisipaliteite se geldbestuur en dienslewering kan reggestel word indien mense met die nodige kundigheid én toegewydheid aangestel word, sê Harlan Cloete, ’n politieke kommentator. Hy praat met Heindrich Wyngaard oor die ouditeur-generaal se jongste bevindings oor plaaslike regering.
Johan Allers die storieverteller
2026-07-02"Hy wil nie mense in kampe verdeel nie, daarom praat hy met almal. Van Julius Malema se bondgenote tot mense in Solidariteit en AfriForum."
Wysiging op wysiging van die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg?
2026-07-01"Die gevolge van die hof se besluit is dat onsekerheid oor die grondwetlikheid van ’n menigte bepalings van die wetsontwerp sal voortduur na hul aanname en inwerkingtreding, en skeppers en eienaars van kopieregwerke sal hul keer op keer tot die howe moet wend om die regte in hul werk te beskerm."
Kliniese regsopleiding, akademiese regsopleiding – en toegang tot die reg
2026-06-30"Gespesialiseerde regsklinieke, byvoorbeeld in omgewingsreg en vlugtelingreg, asook in beleidsklinieke, behels soms intensiewe navorsing wat ook voordelig is vir die klinikus, wat inderdaad ook ’n akademikus is, ten opsigte van hul akademiese publikasievereistes." Riette du Plessis praat oor haar artikel wat onlangs in LitNet Akademies (Regte) verskyn het.
Wyngaard Weekliks: Bafana-prestasie sorg vir ’n welkome ubuntu-oomblik
2026-06-26Heindrich Wyngaard praat met Gert van der Westhuizen, ’n voormalige sportjoernalis, oor Bafana Bafana se oorwinning teen Suid-Korea in die 2026 Fifa Sokkerwêreldbekertoernooi. Dit het die Suid-Afrikaanse span teen alle verwagtinge in tot die uitspeelrondtes laat deurdring.
Wyngaard Weekliks: Nuwe besems mág skoon vee, sê dié ontleder oor GHL se RNE-skuiwe
2026-06-24Die politieke kommentator André Duvenhage van die Noordwes-universiteit glo dit is binne die reg van Geordin Hill-Lewis as nuwe DA-leier om veranderinge aan sy party se openbare verteenwoordiging aan te bring. Hill-Lewis, wat ook GHL genoem word, het onder meer besluit om sy voorganger, John Steenhuisen, van sy kabinetspos te ontneem.
Wyngaard Weekliks: Die Grondwet kan ons nie beskerm teen slegte politici nie
2026-06-15Een van die land se voorste Grondwetkenners, Pierre de Vos, praat met Heindrich Wyngaard oor wat Suid-Afrika se Grondwet besonders maak, en ook oor die dinge wat De Vos as tekortkominge beskou.
iPendoring Awards 2026: an interview
2026-06-05"The solution starts with a strong idea. If an idea is built on a simple human truth that people recognise and understand, language becomes far less of a barrier. A strong concept creates an emotional connection first, and language simply carries it."
Jou dienskontrak en aftreeouderdom: ’n onderhoud
2026-06-04Weens baie faktore, veral finansiële oorwegings, tree baie mense later af as in die verlede. Vir sommige mense is "aftrede" nie eens meer deel van hul woordeskat nie. Maar hoe gemaak as jou werk se dienskontrak bepaal dat jy slegs tot op ’n sekere ouderdom mag werk voordat jy verplig word om af te tree? Jacques Nieuwoudt en Judith Geldenhuys praat oor hul onlangs verskene LitNet Akademies (Regte)-vonnisbespreking: die billikheid van ouderdomsgebaseerde diensbeëindiging.
Wyngaard Weekliks: "Ek het baie by Helen Zille geleer," sê Geordin Hill-Lewis. Om Suid-Afrika sterker te maak is sy groot missie.
2026-06-03Die nuutverkose leier van die DA, Geordin Hill-Lewis, praat met Heindrich oor hoe sy ouers se egskeiding hom as mens gevorm het, hoe baie hy by Helen Zille geleer het, sy verhouding met pres Cyril Ramaphosa, en waarom hy alles in die stryd gaan werp om van Suid-Afrika ’n sterker land te help maak.
Wyngaard Weekliks: Regstelling is nodig, maar moet dit op grond van ras wees?
2026-05-29Glen Snyman van People Against Race Classification, wat veg vir die kriminalisering van die term "Coloured", sê aan Heindrich waarom hy glo regstelling het steeds ’n plek in die normalisering van die Suid-Afrikaanse samelewing. Hy stem egter nie saam dat ras noodwendig die maatstaf daarvoor moet wees nie.
Nuwe krimidrama, Die oord, ontgin sonskyn-noir
2026-05-12"’n Vakansiedorp aan die kus. Families wat al vir geslagte by dieselfde karavaanpark uitspan. Kinders wat op die strand speel. Braaivleis onder die bome. Alles is idillies – tot daar ’n lyk op die strand uitspoel."
Wyngaard Weekliks: Die konstitusionele hof en die Phala Phala-kwessie
2026-05-11Die konstitusionele hof se besluit op 8 Mei 2026 om die Phala Phala-kwessie na die Nasionale Vergadering terug te verwys, word deur die politieke kommentator Dirk Kotzé van Unisa en die VF Plus se leier, Corné Mulder, ontleed.
Wyngaard Weekliks: Wanneer die media in die beskuldigdebank staan
2026-05-06Die bewerings van bedrog waarby ’n prominente Sondagkoerant-redakteur betrek word, is die vertrekpunt van hierdie Wyngaard Weekliks-gesprek. Ook die skietery by die Withuiskorrespondentevereniging se galadinee verlede naweek kom ter sprake. Gespreksleier Heindrich Wyngaard se gaste is die mediakenner Johannes Froneman en Nathan Geffen van die GroundUp-nuusplatform.
Dalene Matthee-boekefees 2026: ’n onderhoud met Darryl David
2026-05-04"Ons is egter stilweg vol vertroue oor die Dalene Matthee Boekefees, want dit bied die suiwerste vorm van literêre toerisme in Suid-Afrika. Benewens Olive Schreiner, watter ander skrywer het ’n monument wat aan haar opgedra is?"
Wyngaard Weekliks: Malema, Phala Phala en Masemola: Is alle hoë koppe gelyk voor die reg?
2026-04-23Die vonnisoplegging van die EFF-leier, Julius Malema, ná sy skuldigbevinding aan onder meer die onwettige besit van ’n vuurwapen en die afvuur van ’n vuurwapen in die openbaar is onder die onderwerpe wat deur Heindrich Wyngaard en sy drie gaste onder die loep geneem word. Hulle is die joernalis Pauli van Wyk, die prokureur Willie Spies en die afgetrede senior polisielid Jeremy Vearey.
100 jaar sedert Johan Degenaar se geboorte: ’n Onderhoud uit 1989
2026-04-23"Dit is vanjaar 100 jaar sedert Degenaar se geboorte, en ek het besluit om weer na die onderhoud te luister. ... Sy antwoorde was ..., soos sy lesings, geduldig, weldeurdag en nederig."
Suidoosterfees 2026: Onderhoud oor die Jakes Gerwel-gespreksreeks
2026-04-22Theo Kemp, uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel Stigting, praat met Naomi Meyer oor die Jakes Gerwel-gespreksreeks by vanjaar se Suidoosterfees.
Ek, ouer ’n toneelstuk waarmee baie ma’s sal identifiseer: ’n onderhoud met Jeani Heyns
2026-04-21"Die Durbanville-mamma-subkultuur. Ai, ai. Daar is soveel stemme wat vir mammas skree wat hulle moet en nie moet doen nie. Is jou naels netjies genoeg? Hoe groot was jou laaste fondsinsamelingsgeleentheid?"
Wyngaard Weekliks: Sal Roelf die pyp kan rook?
2026-04-16President Cyril Ramaphosa het Roelf Meyer as ambassadeur na die VSA aangewys. Talle Suid-Afrikaners is verheug daaroor, ander nie. Heindrich Wyngaard gesels met die politieke kommentators Roland Henwood en Jaco Kleynhans.
