Onderhoude
Interviews about topical issues
Die toekoms is nie meer dieselfde nie
2025-05-28Freek Robinson gesels met die Pieter Geldenhuys, ’n elektroniese ingenieur, oor kunsmatige intelligensie. Die gesprek handel oor robotte wat die huis skoonmaak, outonome wapenstelsels wat ’n moord kan pleeg, taalmodelle wat jou sal help as jy jou eggenoot kwaad gemaak het, en ook oor verhoogde produktiwiteit.
Poësiewerkswinkel met Bibi Slippers by die Breytenbach Galery: ’n onderhoud
2025-05-27"Ek dink eerlikwaar ons is almal bedraad om digters te wees, dat poësie so deel van ons elkeen is soos die ritme van ons hartklop en ons asemhaling, en die neiging na taal. Poësie is ouer as geletterdheid en verskyn gewoonlik, in byna elke kultuur, voor prosa. So, menslikheid is die enigste voorvereiste vir digterskap."
KwaNojoli: The origins and Our voices are left with our bodies: The early black history of KwaNojoli – an interview with Mphuthumi Ntabeni
2025-05-22"Though our focus is on black history – because it has been neglected and deliberately suppressed – we tell the entire history, including the over-represented colonial and Afrikaner history. From the booklet, you learn not only about Governor Somerset and Bruintjieshoogte, but also about what was there before the European arrival. You learn who Nojoli was, and how all these histories interlock and are joined at the hip, despite our pretensions."
Suid-Afrika aan die politici: Ons soek werk!
2025-05-21Volgens die peiling is kiesers glad nie so verdeeld volgens ras as wat sommige groepe ons wil laat glo nie, en die meeste wil hê die regering moet ’n ekonomie steun wat werkskepping sal stimuleer.
Die 49 wit Afrikaanssprekendes in die VSA: "vlugtelinge" of vlugtelinge?
2025-05-15Waarom word bruin Afrikaanssprekendes by Trump se uitvoerende bevel uitgesluit? Hoe definieer die Verenigde Nasies vlugteling? Hoe gaan die vergadering tussen president Ramaphosa en president Trump moontlik verloop? In hierdie onderhoud met politieke ontleder Theo Venter kom ook onderwerpe soos Nampo, grondonteiening, misdaad op plase, werksgeleenthede in Suid-Afrika en assimilasie in die VSA onder die loep.
Die stories van Afrikaans op kykNET: ’n onderhoud met die kunstenaar Jotam Schoeman
2025-05-08"Elke tekening is met die hand geskep."
Die stories van Afrikaans op kykNET: ’n onderhoud met Danie Marais
2025-05-08"Ek dink nie enigiemand is verplig om baie oor Afrikaans na te dink as jy die program kyk nie, maar ek hoop dat dit kykers lus sal maak om dit te doen. Dit sal wonderlik wees as die reeks kan help om die persepsies van Afrikaans en die gesindheid teenoor die taal positief te verander."
Raskwotas en rasteikens?
2025-05-07Die DA het die ANC hof toe geneem oor die Wysigingswet op Onbillike Indiensneming en Arbeid. Freek Robinson het met Willie Aucamp, nasionale woordvoerder van die DA, oor hierdie kwessie gesels.
Die Reünie in die Kelder: Valiant Swart en die Akkedis Band: ’n onderhoud met Rudi Dennis
2025-05-07"Ons het saam getoer in 1998. Vier ouens, twee bands. Valiant was op dromme vir Akkedis en ek op acoustic. Dan switch ek en Valiant en word dit die Valiant Swart Band!" Hierdie Saterdag, 10 Mei, herenig Akkedis met Valiant Swart by die Lourensford Kelder in Somerset-Wes. Rudi Dennis, trom- en kitaarspeler, vertel meer oor dié geleentheid.
Hasbara en die Trump-era: ’n LitNet Akademies Weerdink-onderhoud met Marthie Momberg
2025-05-07"Trump gooi hout op die vuur. Sy kru uitsprake en sy openlike minagting vir internasionale reg het gevolge. Onder sy bewind versnel die dinamika en die gruwelhede word op die spits gedryf. Daar is egter ook – vanuit Trump en sionistiese ondersteuners se perspektief – onbedoelde gevolge."
NB-Uitgewers se nuwe uitgewershoof: ’n gesprek met Annie Olivier
2025-05-02"Van die beste uitgewers wat ek ken, sit ure en ure lank om skrywers te help om storielyne te verbeter, karakters uit te bou, die logiese vloei te verbeter, of kommentare te laat om skrywers te lei om self verder te werk. Dikwels sukkel die skrywer om die nodige veranderinge aan te bring en dan spring jy self in en doen die nodige werk. Dit is ons sogenaamde USP (unique sales point of unieke verkoopspunt) en een van die dinge wat sorg vir die grootste verskil tussen selfpublikasie en om by ’n uitgewershuis uit te gee."
Daar is hoop as ons saamwerk
2025-05-01Dit gaan beroerd in die onderwys, maar Paul Sauer, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, sê daar is hoop, veral wanneer ouers bereid is om met skole en onderwysers saam te werk. Freek Robinson vra hom ook: Wat sou jy verander as jy kon?
A sense of direction
2025-05-01"I asked if I could interview him about directing before he returned home, and he readily agreed. I opened a bottle of Beaujolais Nouveau and turned on the tape recorder. I was 32 and Athol was 49."
The ephemeral nature of things: ’n onderhoud oor ’n kunsuitstalling, die natuur en die kortstondigheid van die lewe
2025-04-25"Ek dink nie dat ek probeer om die kyker se verhouding met die aarde te verander nie, soseer as wat ek probeer om aandag te vestig op die feit dat die gevoelens van verlies en rou wat hulle moontlik ervaar, te wyte kan wees aan klimaatdroefheid. Vir my is dit belangrik om ’n gemeenskap van sorg te bou – vir mekaar en vir die wêreld. Om te weet dat ’n mens nie alleen in jou rou is nie, is belangrik."
Wêreldboek-en-kopieregdag 2025: Gys Visser vertel waarom kopiereg saakmaak
2025-04-24"Enige persoon wat inkomste verdien uit die vrugte van hul kreatiwiteit, soos ’n skrywer, benodig wetgewing wat dit vir hulle moontlik en volhoubaar maak. Kopieregwetgewing moet dus aanhou om kreatiwiteit te beskerm en skeppende mense aanspoor om aan te hou skep en vernuwe (want die samelewing in die geheel vind baat daarby)."
Carlo Daniels in eenmanstuk van Kafka, Die uitweg, by die Suidoosterfees te sien
2025-04-24"Die stuk is baie opwindend. Dit verdien sy plek op die verhoog; dit gryp die verbeelding aan, maar dit handel ook oor temas van armoede, klas en baie ander aspekte van die lewe binne in ’n sisteem."
Staak!
2025-04-24’n Algemene staking dreig by die Suid-Afrikaanse spoorweë en in ons hawens. Dit kan die land, wat reeds ekonomies swaarkry, R8 miljard per dag aan verliese kos. Robinson vra: Waarom wil julle staak en watter alternatiewe wil die unie voorstel?
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Gesprek met Jo Prins en Francois Bekker oor Johann en Jo se geestelike reise
2025-04-17Zen? Boeddhisties? Christelik? In hierdie videogesprek praat Francois Bekker met Johann Rossouw en Jo Prins oor hul onderskeie en uiteenlopende geestelike reise.
Die grafiese roman en edusemiotiek in taalverwerwing: ’n onderhoud met Cornelia van der Berg
2025-04-17"In plaas daarvan dat onderwysers net feite of waardes aan leerders oordra, help edusemiotiek leerders om krities te dink oor wat hulle sien, hoor en lees, en om die dieper betekenisse daaragter te verstaan. Dit maak leerders bewus van die rol wat kulturele en sosiale invloede speel in dit wat as 'reg' of 'verkeerd' beskou word. Edusemiotiek leer jou nie net wat om te dink nie, maar hoe om oor betekenis te dink."
RNE-kollig: ANC, DA en VF Plus
2025-04-16Die jongste peiling van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR) het plaasgevind te midde van die begrotingstwis binne die RNE. In dié peiling is die ANC vir die eerste keer as die populêrste party onttroon. Freek Robinson gesels met VF Plus-leier Corné Mulder oor die huidige en breër politieke landskap.
