Or view on YouTube: https://www.youtube.com/watch?v=Eimck6R_ofI
(The introduction is in Afrikaans, the interview is in English.)
Ismail Joosub is the manager of Constitutional Advancement at the FW de Klerk Foundation. He tells Freek Robinson that BBBEE has created 100 extremely rich individuals in South Africa, but has done little to nothing for the poor. What, then, are the alternatives? Robinson asks. Listen to Joosub’s practical suggestions.


Kommentaar
Die ouens daar by Capitec-bank beweer die werkloosheid is eintlik veel laer as wat die ekonome dink. Ek dink die Capitec-manne het 'n punt beet. Die informele ekonomie is reusagtig en hoeveel daarvan word gemeet en gedokumenteer? Capitec het toegang tot 'n substansieële hoeveelheid relevante data.
Employment equity het darem ook deugde en het 'n interessante pad gestap so oor die jare. So tydjie gelede was daar 'n verontwaardige koortjie wat opgegaan het toe die Department van Sport, Kuns en Kultuur poste geadverteer het wat dit laat blyk dat voorkeur aan witmense gegee gaan word. Mense slaap deur die lewe. Sulke gevalle is niks nuut nie. En dis 100 % wettig want as die demografie wys dat daar te min witmense in die organisasie is, of te min mans, dan word dit so gerapporteer en dit word aangespreek. Deur Employment Equity word werksplekke gedwing om verskillende soorte mense aan te stel. Ook gestremdes.
SEB, of te wel, BBBEE, die is wel een groot gemors. En mense wat daarby baat, sal baklei vir die behoud daarvan, soos die president, selfs al doen dit geweldige skade aan die land, en vergroot dit die gaping tussen ryk en arm. Gelukkig is daar altyd apartheid en kolonialisme om te verwyt vir die ewigdurende groeiende gaping tussen ryk en arm.
Die volgende wat kom, is dat werkgewers skynbaar namens mense gaan besluit wat hulle ras is. So word daar in die media berig. So die regering gaan seker weer vir Khoi en San mense vertel hulle is nie "African" nie. En verwag maar weer litigasie in daai verband.
Employment equity is 'n beter sisteem as BBBEE, maar het ook flaws. Kandidate wat bevoordeel word, kom gewoonlik uit goeie skole en universiteite en het goeie geleenthede gehad. Die werklike arm mens trek min voordeel. Maar ten minste sorg Employment equity vir diverse werksplekke.
FW de Klerk het tot en met sy dood ontken dat apartheid ooit verkeerd was. Volgens De Klerk was apartheid bloot maar verkeerd toegepas en het dinge ongelukkig bietjie skeefgeloop, maar dat die bedoeling agter apartheid edel was. De Klerk en sy kabinet was leuenaars en moet so onthou word. Wigte en teenwigte de Klerk. Meeste politici is eintlik maar leuenaars. Hoe hou mens immers verkiesing sonder valse beloftes (leuens)?
Die privaatsektor het die BEE-model ontwerp. En die privaatsektor gebruik PRESIES DIESELFDE MODEL in hulle besighede. In plaas van swartmense, word die kontrakte en geleenthede egter gereserveer vir familie en vriende. So hoekom sou BEE dan enigsins anders uitdraai? Slegs diegene met die regte konneksies baat. Dit is hoe enige sisteem van patronaatskap werk.
Daar is reeds sprake dat die privaatsektor ook vir Motsepe as die volgende president wil sien, teenoor die populiste wat vir Mashatile of Mantashe wil hê. Nie een van die here sal BEE se einde aankondig nie. Ook nie MK of die EFF nie. Sou hulle dalk wen.