Freek Robinson

Freek Robinson is ’n Suid-Afrikaanse joernalis, radio-omroeper en TV-aanbieder.  

Is Afrikaners slagoffers?

Freek Robinson, Barend la Grange, Jaco Kleynhans LitNetKanaal op YouTube 2025-10-30

Daar is onlangs weer modder gegooi nadat ’n groep Afrikaners ’n ope brief geskryf het waarin hulle Donald Trump se narratief, naamlik dat wit Afrikaners slagoffers is in Suid-Afrika, verwerp het. Freek Robinson gee aan Barend la Grange, sameroeper van Dialoog vir Aksie, en Jaco Kleynhans van Solidariteit die geleentheid om elkeen hul standpunt te stel oor hierdie aangeleentheid.

Is Ozempic die wonderkuur?

Freek Robinson, Helmuth Reuter LitNetKanaal op YouTube 2025-10-22

Die media gons oor Ozempic, maar werk dit regtig? Waarom is Hollywood so verlief op die middel? Wat is die nadele, indien eniges? Dit is die vrae wat Freek Robinson aan die mediese spesialis Helmuth Reuter stel.

Sal Unite for Change kan saamwerk?

Freek Robinson, Theo Venter Onderhoude 2025-10-16

Unite for Change is ’n nuwe politieke party nadat Good, Rise Mzansi en Build One South Africa (Bosa) besluit het om saam te werk. Tans het die drie partye gesamentlik ongeveer 1% van die kieserstem. Freek Robinson vra vir Theo Venter of die nuwe groep se leiers sal kan saamwerk en dalk selfs hulle steun sal kan laat styg.

Kan jy nou makliker afgelê word?

Freek Robinson, Pieter Human Onderhoude 2025-10-08

Op 4 September 2025 het ’n nuwe kode in werking getree wat met ontslag en afleggings verband hou. Freek Robinson het met Pieter Human, ’n kenner op die gebied van afleggings, gesels. Wat het verander en sal ’n werkgewer voortaan makliker van werknemers ontslae kan raak?

Die kunste en staatsbefondsing

Freek Robinson, Cornelia Faasen Onderhoude 2025-10-02

Is daar genoeg staatsgeld vir die kunste? Indien wel, word dit reg gekanaliseer? Wat is die probleem met die infrastruktuur en beloftes vanuit regeringsgeledere? Waar pas vlagskipfeeste soos die Nasionale Kunstefees, Open Book Festival, Suidoosterfees en die Kaapstadse Internasionale Jazzfees in hierdie prentjie? Cornelia Faasen, uitvoerende hoof van die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi), skets die breër prentjie vir Freek Robinson.

Gaan Helen Zille Johannesburg kan red?

Freek Robinson, Hermann Pretorius LitNetKanaal op YouTube 2025-09-25

Die DA het Helen Zille benoem as hulle burgemeesterskandidaat vir 2026 in Johannesburg. Sal sy die stad kan red? Dit vra Freek Robinson aan Hermann Pretorius by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge.

Ja vir KI in die skeppende bedryf!

Freek Robinson, Deon Opperman Onderhoude 2025-09-17

Hy gebruik KI, en ons moet ons kinders nou al leer hoe om KI korrek te gebruik. Só sê Deon Opperman aan Freek Robinson. Om KI te ignoreer is soos om perd te ry as jy ’n motor kan besit.

Die stand van Afrikaans

Freek Robinson, Annelise de Vries Onderhoude 2025-09-10

Verskeie inheemse Suid-Afrikaanse tale is reeds volwaardige akademiese tale, maar wat van Afrikaans? Naas Engels was Afrikaans vir lank die enigste ander akademiese taal, maar talle dink dat ons agteruitboer. Annelise de Vries gesels met Freek Robinson.

Ons polisie kom met baie eisj!

Freek Robinson, Gert van der Westhuizen Onderhoude 2025-09-03

Die beweerde onbeholpenheid en korrupsie van talle senior amptenare in die Suid-Afrikaanse Polisiediens hou skynbaar net nie op nie. Selfs Cyril Ramaphosa het onlangs sy onvergenoegdheid uitgespreek. Ramaphosa se voorgestelde kommissie van ondersoek na beweerde korrupsie in die polisie kom ook nie aan die gang nie.

Podsending: Meningspeilings en die stembus

Freek Robinson, Piet Croucamp Onderhoude 2025-08-28

In ʼn onlangse DA-peiling het ANC-steun op nasionale vlak tot onder 30% geval. Freek Robinson gesels met politieke ontleder Piet Croucamp oor onder meer die akkuraatheid van sulke meningspeilings, die stand van die ANC en Suid-Afrika se benarde situasie.

Alaska en die Withuis-vergadering

Freek Robinson, Christiaan Basson Onderhoude 2025-08-20

Zelenski, Trump en Poetin is weer in die nuus. Freek Robinson gesels met Christiaan Basson, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Oekraïne, oor hoe diplomatieke betrekkinge tans daar uitsien.

Nasionale Dialoog: Ons moet gesels, maar nie so nie

Freek Robinson, Willie Aucamp Onderhoude 2025-08-14

Willie Aucamp van die DA sê sy party is ten gunste van gesprekvoering, veral die soorte gesprekke waar gewone mense ook seggenskap kry. Ten spyte hiervan verwerp die DA die President se Nasionale Dialoog. Freek Robinson vra: Waarom? En: Is daar ’n ander opsie?

Breinvliesontsteking? Meningitis? Dit is wat jy moet weet.

Freek Robinson, Jantjie Taljaard Onderhoude 2025-08-06

Die tragiese dood van ’n koshuiskind op Stellenbosch het die dorp op hol. Wie is volgende? Freek Robinson praat met Jantjie Taljaard, ’n infeksiesiektespesialis. Robinson vra: Wat is die simptome van breinvliesontsteking? Wat moet ek doen as ek simptome sou toon? Wie is moontlik vatbaar daarvoor? Hoe word die siekte versprei? Hoe kan ons dit voorkom?

Reguit met Robinson: Eerder wye voetsoolvlakdialoë

Freek Robinson, Braam Hanekom Onderhoude 2025-08-01

Die Nasionale Dialoog van honderde miljoene rande, met ’n politieke agenda. Ellendige armoede en werkloosheid op veral die platteland. Riool wat deur huise loop. Misdaad. Moedeloosheid oor Suid-Afrika se jeug. Braam Hanekom benadruk vir Freek Robinson die belang van onafhanklike, veelvuldige dialoë op voetsoolvlak, regoor Suid-Afrika, tussen gewone Suid-Afrikaners.

Verwarring oor die Nasionale Dialoog

Freek Robinson, Theuns Eloff Onderhoude 2025-07-22

Is die Nasionale Dialoog teen R700 miljoen ’n goeie ding? Dit vra Freek Robinson aan Theuns Eloff. Eloff antwoord dat die idee goed is, maar die toepassing nie. Hy verduidelik die aanloop tot die Nasionale Dialoog, wie deelneem en wie nie, en hy bekyk die alternatiewe vir dit wat deur die President aangekondig is.

Top