
Ideologiese dryfkragte: Amerika en Suid-Afrika
2025-03-26Christo van der Rheede (FW de Klerk-stigting) en Francois Wilken (Vrystaat Landbou) gesels met Freek Robinson oor ideologiese dryfkragte in Suid-Afrikaanse en Amerikaanse geledere en die impak daarvan op die huidige diplomatieke spanning tussen Suid-Afrika en die VSA. Grondvlakkwessies wat Suid-Afrikaanse burgers en boere raak, asook Trump se globale geopolitiese magspel, word ook onder die loep geneem.

Ons soldate in die DRK
2025-03-19Suid-Afrikaanse soldate sit steeds onder haglike toestande in hulle basisse – sonder gereelde kos, sonder sanitasie en sonder gereelde kontak met Suid-Afrika. Wat nou? Wat is die regsposisie in so ’n geval? Sou hierdie soldate ’n regsgeding teen die regering kon bring?

Die AfriSol-afvaardiging na Washington: Politieke spel of etniese verteenwoordiging?
2025-03-12Is "die Afrikaners" die slagoffers van onder meer kulturele bedreiging in Suid-Afrika? Word verdeeldheid tussen Suid-Afrikaanse burgers op grondvlak gesaai? Word AfriForum deur die ANC "gekanselleer"? Waar pas Kaapse Forum in die prentjie? Freek Robinson gesels met Kallie Kriel (AfriForum) en Barend la Grange (Dialoog vir Aksie).

Europa + Zelenski, Trump en Poetin
2025-03-05Dit is tans ’n baie gevaarlike tyd in die internasionale politiek, aldus politieke ontleder Anthoni van Nieuwkerk. Hy bepleit ’n terugkeer na sogenaamde outydse diplomasie.

Europa en Amerika
2025-02-26’n Historiese wending in die verhouding tussen Amerika en Europa is besig om plaas te vind. Politieke ontleder Heinrich Matthee vertel vir Freek Robinson meer.

Rasseverhoudinge in Suid-Afrika: verdoemend of versoenend?
2025-02-19Hoe ervaar gewone Suid-Afrikaanse burgers rasseverhoudinge en rassisme in Suid-Afrika? Hermann Pretorius, hoof van strategiese kommunikasie by die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR), gesels met Freek Robinson oor die bevindinge van een van hul jongste meningspeilings. Hoe geloofwaardig is so ’n peiling? Pretorius lewer ook kommentaar oor Trump se presidensiële bevel en die gevolglike fokus op rasseverhoudinge in Suid-Afrika.

Trump se uitvoerende bevel en die Onteieningswet: Wat nou?
2025-02-10Fokus op landbou in Suid-Afrika, nie politiek, ideologie en etnisiteit nie, benadruk Johann Kotzé (hoof- uitvoerende beampte van Agri SA). Daar moet eerder lig gewerp word op die rol van Agoa, ’n inklusiewe landbousektor en die volhoubare produsering van voedsel.

Trump, grondonteiening, MIV/VIGS en tariewe
2025-02-05Wat gaan gebeur indien Amerika hulp aan Suid-Afrika permanent staak en Suid-Afrika AGOA-voordele verloor? Ekonoom Jannie Rossouw skets die groter prentjie vir Freek Robinson.

SA se soldate in die DRK
2025-01-29Suid-Afrika se soldate in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) is in die moeilikheid. Freek Robinson gesels met Abel Esterhuyse (Fakulteit Krygskunde, Universiteit Stellenbosch) oor hul benarde situasie.

Trump en Suid-Afrika
2025-01-22Donald Trump is die afgelope Maandag as die 47ste Amerikaanse president beëdig. Wat beteken die Trump-presidensie vir Suid-Afrika? Freek Robinson praat met Jakkie Cilliers (Instituut vir Sekerheidstudies).

Is matriek regtig die towerstaffie?
2025-01-15Die matriekuitslae is bekendgemaak en uit regeringskringe is daar groot opwinding oor die hoë slaagsyfer. Vertel dit egter die hele storie? Alana Bailey dink nie so nie. Freek Robinson het met haar gesels.

Reguit met Robinson – Mosambiek: onrus in ons buurland
2025-01-08Wie is die belangrike rolspelers? Hoe raak die geweld Suid-Afrika, Mosambiekers en Suid-Afrikaners in Mosambiek? Freek Robinson vind meer uit by Joe van der Walt van die risikobestuursmaatskappy Focus Group.

Ek en jy en die Midde-Ooste
2024-12-19Wat is aan die gang in Sirië? Hoe hou dit verband met die vernietiging van Gaza? Het die konflik in die Midde-Ooste werklik enige impak op gewone Suid-Afrikaners? Waarom meng ons regering in?

Bela: Belegging of beleg?
2024-12-11Freek Robinson gesels met Jaco Deacon, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), oor die voortslepende moddergooiery rakende die Bela-wet.

Watervoorsiening in Suid-Afrika
2024-12-05Watervoorsiening is onder druk weens wanfunksionele en korrupte munisipaliteite, diefstal, besoedeling, waterskaarste, en so meer: Stuur die land op ’n ramp af?