Is Afrikaners slagoffers?

  • 4

Daar is onlangs weer modder gegooi nadat ’n groep Afrikaners ’n ope brief geskryf het waarin hulle Donald Trump se narratief, naamlik dat wit Afrikaners slagoffers is in Suid-Afrika, verwerp het.

Freek Robinson gee aan Barend la Grange, sameroeper van Dialoog vir Aksie, en Jaco Kleynhans van Solidariteit die geleentheid om elkeen hul standpunt te stel oor hierdie aangeleentheid.

YouTube-skakel na onderstaande onderhoud: https://www.youtube.com/watch?v=TXGdBvsvurY

Lees ook:

Afrikaners gryp mekaar aan die keel

  • 4

Kommentaar

  • Kry iemand uit die groep van nagenoeg 40 wat die kundigheid en woordvaardigheid het om doeltreffend met mnr Kleynhans te debatteer.

    Voorts: In die subtekste gaan dit oor vrae soos "Wie is Afrikaners?" "Wie verteenwoordig Afrikaners?" Indien so, 's 'n wedstryd tussen 'n organisasie met 600,000 [miskien 700,000] betalende lede en 'n briefgroep met nagenoeg 40 lede nie ietwat ongelyk nie?

    Laastens: Nie een van julle praat vir my nie. Trump ook nie.

  • Connie Kerkmuis

    As mens mooi luister na al die standpunte, dan is dit duidelik dat dit hier nie regtig gaan oor volksmoord of Trump of selfs Afrikaners, wie en wat hulle is nie. Die kern van die saak is die onversoenbaarheid van politieke oortuiginge tussen liberale en konserwatiewe Afrikaners. Dit is so eenvoudig soos dit en daar is geen manier dat die twee groepies ooit met mekaar sal kan versoen nie. Daar is sommige Afrikaners wat hulle taal en kultuur en identiteit wil handhaaf, dit is die konserwatiewes. Dan is daar Afrikaners wat aanhangers is van die ANC se nasieboufilosofie. Trouens, in hulle bedankingsbrief aan La Grange en sy groep, verwys die ANC hulle na hulle as 'Afrikaans speaking South Africans'. Dit is veelseggend, want die La Grange groep is deur die bank mense wat hulle Suid-Afrikanisme bo hulle Afrikaneridentiteit stel. Ek reken jy kan maar net 'n eenvoudige opname gaan maak van wie herdenk Geloftedag en wie nie. Die nasiebou-Afrikaners, wat hulleself met ANC-ideologie belyn, sal nie iets soos Geloftedag herdenk nie. Baie, waarskynlik die meeste van hulle, sal die geskiedenis van die Afrikaners as vuil en onaansienlik beskou. Iets waaraan hulle nie met 'n tang sal wil raak nie, en waaroor hulle skaamkry en eerder ontslae van wil raak, en eerder 'n nuwe identiteit wil bou saam met die ANC. Terwyl die behoudendes wat hulle taal en geskiedenis as edel en 'n kosbare erfenis beskou, sal wel Geloftedag herdenk, en sien in BELA en ander aksies van die regering 'n bedreiging ten opsigte van hulle manier van leef.

    Die twee groepe is onversoenbaar en enige gesprek sal niks bereik nie, en hoogstens goeie vermaak verskaf. In die verlede het Kallie Kriel en Max du Preez ook al vir groot sports op die draadloos gesorre. Ek laat 'n skakel vir wie weer lekker wil gaan luister na hoe die twee groepe amper 'n dekade terug gestry het.

    https://www.youtube.com/watch?v=CAa6JrzWvuU

  • Van die ondertekenaars is persone wat gereeld in die media kritiek lewer op die Afrikaners, die sg. regses en so meer. Nou lewer hulle 'n verklaring en identifiseer hulle as Afrikaners ... vreemde wêreld.

  • Natuurlik is Afrikaners slagoffers.
    Die plaaslike "cloak-and-dagger squad" het dan 'n hand in die "ope" brief.
    Of is dit fakenews?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top