Barend la Grange

Barend la Grange is betrokke by die Privilege Foundation.

Die AfriSol-afvaardiging na Washington: Politieke spel of etniese verteenwoordiging?

Freek Robinson, Kallie Kriel, Barend la Grange Onderhoude 2025-03-12

Is "die Afrikaners" die slagoffers van onder meer kulturele bedreiging in Suid-Afrika? Word verdeeldheid tussen Suid-Afrikaanse burgers op grondvlak gesaai? Word AfriForum deur die ANC "gekanselleer"? Waar pas Kaapse Forum in die prentjie? Freek Robinson gesels met Kallie Kriel (AfriForum) en Barend la Grange (Dialoog vir Aksie).

Die Afrikaner Verklaring: Saambou of laertrek?

Freek Robinson, Theuns Eloff, Christo van der Rheede, Barend la Grange Onderhoude 2024-04-24

"Ons wil saamwerk om die land ’n beter plek te maak." ‒ Theuns Eloff. Freek Robinson gesels met Theuns Eloff (fasiliteerder van die inisiatief), Christo van der Rheede (FW de Klerk-stigting) en Barend la Grange (Dialoog vir Aksie).   

Is daar hoop vir die land? Hoe lyk die toekoms? | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Barend la Grange, Freek Robinson Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-23

Ja, daar is hoop, sê Barend la Grange en Freek Robinson, maar dan moet gewone mense iets begin doen. In die Bybel staan dat God die voëls van die hemel sal versorg, maar dit beteken nie dat die voëls elke oggend met oop bekkies op die draad sit en wag vir wurms om in hul monde te val nie.

Die burgerlike samelewing in beweging

Barend la Grange, Freek Robinson Feeste 2022-10-27

“Ons kan nie meer vir die staat wag nie, ons moet self inspring.” Dit was die boodskap van Barend la Grange en Freek Robinson by die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 23 tot 25 September in Cradock plaasgevind het.

Kan gemeenskappe, organisasies, munisipaliteite en die regering hande vat?

Freek Robinson, Barend la Grange, Chris Opperman Onderhoude 2022-10-21

Hoe kan Suid-Afrika se maatskaplike probleme aangespreek word? Freek Robinson gesels met Chris Opperman, die stigter van die Afrikaner-Afrika-Inisiatief (AAI), en Barend la Grange (Privilege Foundation).

Elders gesien: Dit moet ’n vroeë waarskuwing vir alle politici wees...

Barend la Grange Elders gesien 2021-05-18

"Daar word op baie plekke nie meer gewag vir politici om die leiding te neem nie. Die inisiatiewe word deur die gemeenskappe van die dorpe geneem en die politici word noodgedwonge in ’n posisie geplaas om te volg en 'gedwing' om saam te werk."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met John Mathuhle, Barend la Grange en Giel Bekker

Freek Robinson, John Mathuhle, Giel Bekker, Barend la Grange Onderhoude 2021-02-23

Die afgelope naweek het die gemeenskap van Senekal en Matwabeng in die Oos-Vrystaat hande gevat, in teenstelling met verlede Oktober se rasseverdeling en -geweld. Freek Robinson gesels met pastoor John Mathuhle, South Africa Day se bedryfshoof Barend la Grange, en Giel Bekker, voorsitter van die Senekal-Matwabeng Gemeenskapsforum, oor versoening- en samewerkingsmoontlikhede op Senekal.

Elders gesien: Jackson Mthembu sal beslis ’n leemte in Suid-Afrika laat

Barend la Grange Elders gesien 2021-01-22

"Ek onthou dit was ’n Saterdagoggend toe ek Jackson geskakel en die saak verduidelik en gemotiveer het ... Binne 10 minute het hy my teruggeskakel en gesê:  ‘You see the president on Monday at 10:00.’"

Hoe om van Suid-Afrika ’n beter land te maak

Jean Oosthuizen, Barend la Grange Onderhoude 2017-12-19

Die eerste Suid-Afrika-dag is vanjaar op 25 November gehou. Jean Oosthuizen wou by SA-dag se bedryfshoof, Barend le Grange, weet wat  hierdie inisiatief behels en of gewone Suid-Afrikaners regtig ’n verskil kan maak om van Suid-Afrika ’n wenland te maak.

Top