"Ons wil saamwerk om die land ’n beter plek te maak." ‒ Theuns Eloff.
Freek Robinson gesels met Theuns Eloff (fasiliteerder van die inisiatief), Christo van der Rheede (FW de Klerk-stigting) en Barend la Grange (Dialoog vir Aksie).
Lees en kyk ook:
Ons is nie almal so nie – ’n reaksie op die sogenaamde "Afrikaner Verklaring"
Die Derde Afrikaner – ’n reaksie op die "Afrikaner Verklaring"
Oor Mbeki, die 12 "Afrikaner-apostels" en die stille taalmeerderheid
Kan gemeenskappe, organisasies, munisipaliteite en die regering hande vat?


Kommentaar
Nee wat, dis weer 'eiesake' in 'n nuwe gewaad. Die Grondwet is genoeg.
Stel jou voor die Amish in die VSA reik 'n soortgelyke verklaring uit om spesiale behandeling te ontvang van die federale owerhede.
Ek dink hierdie verklaring het sy oorsprong in vrees. Vrees dat die Afrikaner mettertyd gaan verdwyn.
Liewer as om unieke regte te wil beding, moet diesulkes tjoepstil bly, meer oordeelkungheid aan die dag lê en aktief betrokke te raak ons algemene samelewing.
Hierdie verklaring klink vir my soos Afrikaner-eksepsionlisme.
Plato skryf in sy "Republiek" oor hoe ons almal in grotte gebore is. Die "deklerasie"-tekenaars is so ver agter in hul grot, dis nou eers 1988 daar.
Dis 'n hoed in die hand bakhandstanery. Bedelary. Nee wat, kom ons doen ons eie ding.
Ek kan ongelukkig ook nie 'n verklaring ernstig opneem wat met onsigbare enitieite bo die wolke bemoeid is nie. 'n Soort Boere-Belhar-Belydenis lyk dit my. Die doleerders en die APK's is seker ook nog daar ingemeng, al sit elkeen slegs in sy eie sinode aan vir nagmaal. Maar, soos Heindrich, wil ook ek sê, kaas dit en geniet dit boys. Whatever fouts yours bouts. Tjorts.
Ek kan ongelukkig ook nie 'n verklaring ernstig opneem wat met onsigbare enitieite bo die wolke bemoeid is nie. 'n Soort Boere Belhar Belydenis lyk dit my. Die doleerders en die APK's is seker ook nog daar ingemeng, al sit elkeen slegs in sy eie sinode aan vir nagmaal. Maar, soos Heindrich, wil ook ek se, kaas dit en geniet dit boys. Whatever flouts yours bouts. Tjorts.