Onderhoude
Interviews about topical issues
South Africa's water crisis
2024-03-26Anthony Turton, an expert in water resource management, outlines the extent of the water crisis in South Africa.
White rabbit, red rabbit: Onbekende teks ontgin en betrek op ongewone manier
2024-03-25"Stel jou dit voor: ’n Akteur arriveer by ’n fotografie-ateljee wat in ’n opskietteater omskep is. Hier wag 78 mense op houtbankies vir hom. Hy gaan ’n toneelstuk opvoer waarvan hy nie die teks ken nie, oor ’n onderwerp wat hy nog moet ontdek, en daar mag dalk gehoordeelname wees."
’n Kursus vir Suid-Afrikaanse illustreerders by die Breytenbach Galery: ’n onderhoud met Mia Oosthuizen
2024-03-18"Die illustreerder se visuele teks gee lewe aan woorde wat die jong kind nog nie alles verstaan nie, aan gebeure en emosies waarmee hulle nog kennis maak."
Suid-Afrika in 2024: Hoe groot is die krisis?
2024-03-13"Hoe koalisiepolitiek gaan uitspeel, kan vorentoe uit eie reg ’n belangrike en selfs deurslaggewende faktor wees op die pad van fundamentele hervorming. Indien die proses verkeerd loop, hou dit ’n groot bedreiging in vir Suid-Afrika as ’n konstitusionele demokrasie, asook die 1996- grondwetlike bedeling." In sy LitNet Akademies-artikel sit André Duvenhage (2024) ’n motivering en strategie vir die fundamentele hervorming van die Suid-Afrikaanse staat uiteen. In aanloop tot die 2024-verkiesing gesels hy en Menán van Heerden oor die staatskrisis.
From violence to violins: ’n onderhoud met Maria Botha van Muzukidz
2024-03-13"My gedagte was nie om kinders in townships te red nie. Hulle het as mense dit nie nodig om gered te word nie. Hulle beskik reeds oor al die potensiaal waaroor mense in beter omstandighede beskik. Baie mense in townships woon wel in omstandighede van geweld of stadige geweld … slow violence. My visie was my viool."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Jané de Wet
2024-03-12"Die passie, progressiewe denke en diversiteit het my uit die staanspoor opgeval. Daar was passievolle gesprekke rondom taalaanleerstrategieë en vertaalkunde; kwantum- en metateorieë is onder die loep geneem; ons het dieper gedelf in die temas van kwesbaarheid en broosheid; en het kuns as produk waargeneem."
"’n Manifes is maar altyd ’n wenslysie."
2024-03-06Gert van der Westhuizen, politieke redakteur van Netwerk24, en Raymond Willemse, ’n politieke verslaggewer by Netwerk24, ontleed en vergelyk partye soos die EFF, die ANC en die DA se verkiesingsmanifeste.
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Elodi Troskie
2024-03-06"Táál diskrimineer nie; ménse diskrimineer. Afrikaans is vir almal wat daarin praat en lees en luister en leef. Hier is nie plek vir mean girls nie!"
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Danie Stander
2024-03-04"Ek self is nie besitlik oor Afrikaans soos ek dit leer ken het nie. Omdat ’n sekere gestalte van Afrikaans my moedertaal is, het dit ongetwyfeld my psige, my uitkyk op myself en die res van die wêreld gevorm en my gevoelslewe getoonset. Waarom sal ek daardie gegewe wil ontneem van iemand vir wie Afrikaans ’n ander gestalte aanneem?"
Vleisproduksie en volhoubaarheid: Is veganisme die antwoord?
2024-02-28Die haglike toestande van die beeste aan boord die vragskip Al Kuwait in die Kaapstadse hawe het die lig op diereregte en vleisproduksie gewerp. Freek Robinson gesels met ’n vegan-aktivis, Leozette Roode (Humane Society International: Africa) en ’n dieetkundige, Retha Harmse.
Afrikaans in Namibië, Afrikaans in Suid-Afrika
2024-02-28’n LitNet Akademies-artikel deur Nicolette Harmse Steyn (2024) verken en vergelyk houdings en persepsies rakende Afrikaans in die Khomasstreek van Namibië. Menán van Heerden gesels met Wannie Carstens oor Afrikaans in Namibië en Suid-Afrika.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Video-opname van gesprek met Kleinboer oor Erf en elders
2024-02-28Hierdie is ’n video-opname van Johann Rossouw se gesprek met Kleinboer oor Erf en elders, Kleinboer se onlangse bundel.
Wysigings aan die kopieregwetgewing: Gys Visser werp lig op die probleme met die "fair use"-leerstuk
2024-02-28"Of jy handboeke of rekenaarsagteware skryf, almal wat enige vorm van skeppende werk doen, is ewe kwesbaar onder hierdie wetsontwerp. En 'fair use' impakteer ook outeursreg oor die hele spektrum – sekere bedrywe gaan dit wel vroeër as ander voel, maar dit gaan uiteindelik almal raak."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Asembese Mkumatela
2024-02-26"Meertaligheid is baie belangrik in ’n land soos Suid-Afrika om met mense van verskillende kulture en wat verskillende tale praat te kan kommunikeer. Wanneer ’n mens ’n taal aanleer, leer jy ook meer oor die kultuur en dit kan help om belangrike verhoudings met verskillende mense te bou, en dit hou ook baie ekonomiese waarde in om meertalig te wees."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Andréa Müller
2024-02-26"My spesifieke onderwerp is geïnspireer deur die dinamika wat ek tussen sogenaamde bruin Afrikaanse digters en die literêre establishment oplet. Die opbloei in uitstekende debute én opvolgbundels deur hierdie digters is opwindend, en beslis ’n aanduiding van ’n literêre sisteem wat evolueer."
Uitdagings vir die hoër onderwys
2024-02-21Freek Robinson gesels met Francis Petersen oor plaaslike en globale uitdagings vir die hoër onderwys. Petersen is rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en voorsitter van Universiteite Suid-Afrika se raad van direkteure.
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Carla Lindt
2024-02-20"Afrikaans behoort aan almal wat dit praat – elke liewe spreker, maak nie saak eerste of tweede of derde taal nie; maak nie saak watter ras; maak nie saak watter dialek, watter sosiolek ... Van die ghaadtjie op die Kaapse taxi en die vrugtesmous langs die pad tot die professor op universiteit."
Taal en tydsgees: ’n onderhoud oor al Pharos se woordeboeke
2024-02-20"Almal is ons lesers! Enigiemand wat nuuskierig en leergierig is oor taal, kan delf in die enorme woordeskatkis wat Pharos se produkte bied, hetsy ten opsigte van Afrikaans of ten opsigte van die ander tien geskrewe landstale."
USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Joanna Gouws
2024-02-19"Dit is geen geheim dat Afrikaans in die taalpolitiese sin van die woord onder ’n soort beleg verkeer nie, maar wanneer ons – soos wat Neville Alexander en Richard Ruiz leer – taal begin sien as ’n hulpbron in stede van ’n probleem wat opgelos moet word of ’n reg wat aan ons toegeken moet word – dan betree ons ‘n veel meer konstruktiewe posisie as Afrikaanse taalgebruikers."
Erfdeel: Koos du Plessis – versamelde werke: ’n onderhoud met Irma du Plessis
2024-02-19"Liedjies in die FAK-Sangbundel was altyd liedjies wat so algemeen gesing is dat ’n mens nie meer geweet het deur wie of waar hulle geskryf is nie. So is dit ook met my pa se musiek – die liedjies het dig verweef geraak met die wêreld waarin dit gesing word en is nou allemansbesit."