Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

Is jy veilig aanlyn? ’n LitNet Akademies (Regte)-onderhoud

Naomi Meyer, Gretchen Jansen Onderhoude 2026-10-02

"Praktiese stappe soos sterk, unieke wagwoorde en tweefaktor-verifikasie bly ook belangrik. Maar hoewel hierdie stappe ons persoonlike risiko kan verminder, kan individuele optrede nie alleen ’n veilige digitale omgewing skep nie. Organisasies en reguleerders het ook ’n belangrike rol om te speel."

Momentum Aardklop 2026: #op’it ... soos’it hoort!

Christiaan J de Swardt, Alexa Strachan Aardklop 2026-09-29

"Besoek sommer nou al ons webwerf en hou ons spesiale aanbiedinge en promosieveldtogte dop. Maar koop sommer ’n weekkaartjie vir die feesterrein. Dit is nou wragtig sakpas."

Wyngaard Weekliks: Wat woel by FW se stigting? word gevra ná Van der Rheede se bedanking

Heindrich Wyngaard, Gert van der Westhuizen, Coetzee Bester Onderhoude 2026-09-25

Die FW de Klerk-stigting se aankondiging dat hulle hulle distansieer van uitsprake deur hul uitvoerende hoof, Christo van der Rheede, het die vraag laat ontstaan: Wat gaan daar aan? Heindrich Wyngaard probeer antwoorde kry by ’n raadslid, Coetzee Bester, en die politieke joernalis Gert van der Westhuizen.

Die ANC en die Verkiesingshof: Niks salf meer te smeer aan ANC nie, sê dié ontleders

Heindrich Wyngaard, Roland Henwood, Oscar van Heerden Onderhoude 2026-09-18

Munisipale verkiesing 2026: Die ANC hou voet by stuk dat dit die Verkiesingskommissie se aanlyn stelsel was wat die party gepootjie het met die registrasie van kandidate. Die politieke ontleders Roland Henwood en Oscar van Heerden sê aan Heindrich Wyngaard dit is nóg ’n teken van ANC-agteruitgang.

Dit is die patriargie in ons samelewing wat reeksmoordenaars baar

Heindrich Wyngaard, Bafana Khumalo Opinion 2026-09-17

Die land is geskok oor die liggame van tot op hede nege vroue wat in Ekurhuleni ontdek is nadat hulle vermoedelik die slagoffers van ’n reeksverkragter en -moordenaar was. Heindrich Wyngaard praat hieroor met die organisasie Sonke Gender Justice se Bafana Khumalo.

Wyngaard weekliks: Waarom sukkel die DA om die PA se taktiek teen te werk?

Heindrich Wyngaard, Johann Maarman Onderhoude 2026-09-08

Die vraag oor waarom die DA skynbaar sukkel met ’n strategie wat as teenvoeter vir die PA se opmars kan dien, is die onderwerp van ’n onlangse veelbesproke rubriek deur Johann Maarman. Hy praat hieroor met Heindrich.

’n Vryrietkonsert op Erfenisdag 2026: ’n onderhoud met Leon Oosthuizen

Naomi Meyer, Leon Albert Oosthuizen Musiek 2026-09-08

"Een verhoog. Een reënboognasie. Een Erfenisdag. Dit gaan ’n wonderlike ervaring wees."

Jannes Erasmus het met Annemarie van der Walt oor die Kaapsehoop Boekenaweek gesels.

Jannes Erasmus, Annemarie van der Walt Boeke en skrywers 2026-08-31

"Die mense wat die Boekenaweek bywoon, is merendeels eende uit dieselfde dam en ek het volle vertroue in hulle om te 'boek' en te kuier."

Wil jy rêrig dié kandidaat as burgemeester hê?

Heindrich Wyngaard, Tessa Dooms, Christo van der Rheede Onderhoude 2026-08-14

Die politieke ontleders Tessa Dooms en Christo van der Rheede bespreek die aanwysing en rol van burgemeesterskandidate met Heindrich in hierdie aflewering van Wyngaard Weekliks.

Wyngaard Weekliks: Noudat bek-en-klouseer beter gehanteer word, wag varkpes en ander krisisse om die draai.

Heindrich Wyngaard, Johann Kirsten LitNetKanaal op YouTube 2026-08-11

Terwyl die fokus in landboukringe nog stewig op die bek-en-klouseer-krisis in Suid-Afrika is, maan die landbou-ekonoom Johann Kirsten dat die volgende krisisse – waaronder varkpes – reeds met ons is. Hy praat met Heindrich Wyngaard na aanleiding van sy onlangse meningsartikel oor bek-en-klouseer en verwante sake.

Wyngaard Weekliks: Die regte mense met die regte vaardigheid sal munisipaliteite regruk

Heindrich Wyngaard, Harlan Cloete Onderhoude 2026-07-08

Munisipaliteite se geldbestuur en dienslewering kan reggestel word indien mense met die nodige kundigheid én toegewydheid aangestel word, sê Harlan Cloete, ’n politieke kommentator. Hy praat met Heindrich Wyngaard oor die ouditeur-generaal se jongste bevindings oor plaaslike regering.

Johan Allers die storieverteller

Stefaans Coetzee, Johan Allers Onderhoude 2026-07-02

"Hy wil nie mense in kampe verdeel nie, daarom praat hy met almal. Van Julius Malema se bondgenote tot mense in Solidariteit en AfriForum."

Wysiging op wysiging van die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg?

Naomi Meyer, André Myburgh Kopiereg-wetsontwerp 2026-07-01

"Die gevolge van die hof se besluit is dat onsekerheid oor die grondwetlikheid van ’n menigte bepalings van die wetsontwerp sal voortduur na hul aanname en inwerkingtreding, en skeppers en eienaars van kopieregwerke sal hul keer op keer tot die howe moet wend om die regte in hul werk te beskerm."

Kliniese regsopleiding, akademiese regsopleiding – en toegang tot die reg

Naomi Meyer, Riette du Plessis Onderhoude 2026-06-30

"Gespesialiseerde regsklinieke, byvoorbeeld in omgewingsreg en vlugtelingreg, asook in beleidsklinieke, behels soms intensiewe navorsing wat ook voordelig is vir die klinikus, wat inderdaad ook ’n akademikus is, ten opsigte van hul akademiese publikasievereistes." Riette du Plessis praat oor haar artikel wat onlangs in LitNet Akademies (Regte) verskyn het.

Wyngaard Weekliks: Bafana-prestasie sorg vir ’n welkome ubuntu-oomblik

Heindrich Wyngaard, Gert van der Westhuizen Onderhoude 2026-06-26

Heindrich Wyngaard praat met Gert van der Westhuizen, ’n voormalige sportjoernalis, oor Bafana Bafana se oorwinning teen Suid-Korea in die 2026 Fifa Sokkerwêreldbekertoernooi. Dit het die Suid-Afrikaanse span teen alle verwagtinge in tot die uitspeelrondtes laat deurdring.  

Wyngaard Weekliks: Nuwe besems mág skoon vee, sê dié ontleder oor GHL se RNE-skuiwe

Heindrich Wyngaard, André Duvenhage Onderhoude 2026-06-24

Die politieke kommentator André Duvenhage van die Noordwes-universiteit glo dit is binne die reg van Geordin Hill-Lewis as nuwe DA-leier om veranderinge aan sy party se openbare verteenwoordiging aan te bring. Hill-Lewis, wat ook GHL genoem word, het onder meer besluit om sy voorganger, John Steenhuisen, van sy kabinetspos te ontneem.

Wyngaard Weekliks: Die Grondwet kan ons nie beskerm teen slegte politici nie

Heindrich Wyngaard, Pierre de Vos Onderhoude 2026-06-15

Een van die land se voorste Grondwetkenners, Pierre de Vos, praat met Heindrich Wyngaard oor wat Suid-Afrika se Grondwet besonders maak, en ook oor die dinge wat De Vos as tekortkominge beskou.

iPendoring Awards 2026: an interview

Naomi Meyer, Eben Keun Interviews 2026-06-05

"The solution starts with a strong idea. If an idea is built on a simple human truth that people recognise and understand, language becomes far less of a barrier. A strong concept creates an emotional connection first, and language simply carries it."

Jou dienskontrak en aftreeouderdom: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Judith Geldenhuys, Jacques Nieuwoudt Onderhoude 2026-06-04

Weens baie faktore, veral finansiële oorwegings, tree baie mense later af as in die verlede. Vir sommige mense is "aftrede" nie eens meer deel van hul woordeskat nie. Maar hoe gemaak as jou werk se dienskontrak bepaal dat jy slegs tot op ’n sekere ouderdom mag werk voordat jy verplig word om af te tree? Jacques Nieuwoudt en Judith Geldenhuys praat oor hul onlangs verskene LitNet Akademies (Regte)-vonnisbespreking: die billikheid van ouderdomsgebaseerde diensbeëindiging.

Wyngaard Weekliks: "Ek het baie by Helen Zille geleer," sê Geordin Hill-Lewis. Om Suid-Afrika sterker te maak is sy groot missie.

Heindrich Wyngaard, Geordin Hill-Lewis Onderhoude 2026-06-03

Die nuutverkose leier van die DA, Geordin Hill-Lewis, praat met Heindrich oor hoe sy ouers se egskeiding hom as mens gevorm het, hoe baie hy by Helen Zille geleer het, sy verhouding met pres Cyril Ramaphosa, en waarom hy alles in die stryd gaan werp om van Suid-Afrika ’n sterker land te help maak.

Top