Peter ter Horst ken Suid-Afrika goed. As joernalis was hy vir agt jaar lank in Suid-Afrika gestasioneer om ons oorgang na demokrasie te dokumenteer. Hy is twee jaar gelede gevra om op die direksie van Zuid-Afrikahuis in Amsterdam te dien en is baie onlangs versoek om vanaf 1 Januarie 2027 die voorsitter van Zuid-Afrikahuis te word.
Allers, self ’n joernalis, peper Ter Horst deeglik met vrae oor die toekoms van Zuid-Afrikahuis, die bande tussen Suid-Afrika en Nederland, en die moontlikheid dat Zuid-Afrikahuis ’n rol sou kon speel om nouer bande tussen die lande moontlik te maak.
Ter Horst maak van dié gesprek gebruik om die belang van Afrikaans uit te lig in die moontlike smee van bande tussen ons lande.
Klik hier vir die video op YouTube.
- Lokprent: Izak de Vries
Lees ook:
SASNEV-borrel: Dit bruis en borrel in Afrikaans en Nederlands by Toyota Stellenbosch Woordfees 2026


Kommentaar
Baie interessant, Johan!