LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan [email protected].
- LitNet Akademies sal voortaan R9 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2016 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
- LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is nie konfessioneel of kerklik verbonde nie. Skrywers kan dus nie veronderstel dat hul oortuigings deur die lesers van die joernaal gedeel word nie.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Godsdienswetenskappe-redakteur Pieter G.R. de Villiers (DTh, ThDrs) E-pos: [email protected] Bioskets |
Die ontstaan en ontwikkeling van wetenskaplike studies van religie: ’n Genealogiese verkenning
2020-12-11"Vir wetenskaplikes wat gemeen het dat daar ’n spesifieke area in die brein sal wees wat ervarings van die bonatuurlike teweegbring, was die temporale lobbe aanvanklik die aangewese plek om te soek. Dié keuse is gemaak op grond van die sogenaamde Geschwind-sindroom – die welbekende religieuse visioene wat deur ’n minderheid lyers tydens temporalelob-epilepsie […] beleef word."
Eskatologie en vita Christiana – ’n Bybels-spirituele lesing van Lukas 21:20–24
2020-11-30"Krisistye bring altyd herevaluering en herskikking van prioriteite. Lukas 21:24 interpreteer die katastrofe van 70 n.C. as die einde van ’n era, van die besondere posisie van Israel. Maar dis ook die begin van ’n nuwe era: die tyd van die nasies."
Chrusostomos se verstaan en evaluasie van beroepe en vaardighede
2020-11-23"Wanneer ’n mens al Chrusostomos se uitsprake noukeurig bestudeer, kom jy agter die rede vir sy oortuiging dat ’n gelowige altyd sy bronne met ander moet deel, is dat ons en al ons bronne aan God behoort en dat ons almal medediensknegte van mekaar is ..."
Gevoelens, welstand en religie: ’n Toepassing van António Damásio se opvatting oor die rol van gevoelens in welstand op die ontstaan van religie
2020-11-09"Gegee die wordingsgeskiedenis van die mens was die evolusionêre verrekening van subjektiewe bewussyn dus dat gevoelens voortaan nie net meer deur die welstand van die inwendige omgewing ontlok word nie, maar nou ook deur die welstand van die gemoed, die innerlike omgewing van ons gevoelens."
In retrospek: Nagedink oor die Ou Testament (1979–2019)
2020-11-09"Indien die vertaalde Bybels nie geïnspireer was nie is die konsekwensie doodgewoon dat die kerk vir eeue sonder ’n geïnspireerde Bybel was. Soms is ’n teks ook so korrup dat enige poging tot ’n vertaling eintlik ’n verleentheidsvertaling is omdat die Hebreeuse teks baie moeilik sin maak."
’n Pastorale benadering van hoop en deernis: ’n Afrikaïese perspektief op die uitdaging van die COVID-19-pandemie
2020-10-20"Die realiteit van COVID-19 en die impak daarvan herdefinieer ook die rol van die kerk as geloofsgemeenskap en soos reeds aangedui, daag dit die wyse uit waarop pastorale sorg gaan realiseer. In hierdie uitdagende tye is ubuntu van kardinale belang vir COVID-19-geaffekteerde familielede."
"Wij die gerefformeerde Leedematen" in die nege Vetrivierartikels van 1837
2020-10-16"Die Vetrivierreëlings was ’n verdere trappie in die republikeinse tradisie van die Boere van die 19de eeu. Twee koersbepalers kom in die artikels voor, naamlik ’n Christelike of gereformeerde lewensoriëntasie en ’n volksdemokratiese inslag: ’n volksdemokrasie wat hom verbind aan reg en geregtigheid vir almal."
Dum spiro – spero (terwyl ek asemhaal, hoop ek). Op reis met Elsa Joubert oor die "naakte waarheid" van die "menslike siel"
2020-09-09"Tussen 'siel', 'onsterflikheid', 'ewigheid' en 'onverganklikheid' is daar geen rasionele of empiriese verband nie. In die Christelike geloof is dit gekoppel aan die opstandingsperspektief. Dit is eintlik merkwaardig dat Elsa Joubert alreeds in haar reisverhaal hierdie koppeling aangevoel het …"
Die konteks van die ontstaan en opvoedkundige rol van Caravaggio se Die onthoofding van Sint Johannes die Doper in die 17de eeu
2020-09-03"Die Ridders se Oratorium of klaskamer het gedien om nuwelinge op te lei in die aard, geestelike omgewing en omstandighede van ’n wrede, bloeddorstige dood. Die twee skilderye weerspieël die wrede, bloeddorstige realiteite van ’n geveg met die Turke."
Benedikt Dreyer (1480–1555): Kunstenaar in konteks van die Kerkhervorming
2020-07-21"Formeel weerspieël Dreyer se kunswerke die denke en teologie van sy tyd, maar terselfdertyd ook ’n diep, persoonlike spiritualiteit."
Wat hou dit in dat die Bybel ’n kanon is?
2020-07-13"Sake uit die onlangse verlede is vraagstukke oor apartheid, of vrouelidmate hoede moet dra tydens die erediens, die toelating van vrouens tot die ampte in die kerk, en die vrae rondom homoseksualiteit en die sogenaamde LGBTQI+-vraagstuk. Die Bybel is die basisdokument in die Christelike kerk en antwoorde op hierdie vraagstukke word uit beginsel daarin gesoek."
Charles Parham, William Seymour en Suid-Afrikaanse pentekostalistiese rassisme
2020-06-17"Ondanks die byna drie dekades waarin inwoners aan ’n gelyke demokrasie blootgestel is, het patrone van rassisme skynbaar eerder versterk as verswak."
Die narratiewe bekragtiging van die positiewe ontvangs van Seneca se voorsienigheidsleer tydens die Protestantse Kerkhervorming
2020-06-15"Die vraag wat Seneca in hierdie werk beantwoord, gaan dus nie bloot oor waarom bose of slegte dinge as sulks bestaan nie, maar spesifiek waarom dit oor goeie mense se lewenspad kom, ’n vraag wat hy beantwoord deur die idee van bonatuurlike voorsienigheid of bestiering teen die idee van toeval te verdedig."
’n Ondersoek na Christelike digkuns in Afrikaans na aanleiding van die bloemlesing Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte (2017)
2020-06-11"Wanneer kan ’n gedig as godsdienstig beskou word? Moet daar spesiale kriteria vir godsdienstige gedigte wees?"
Om die Bybel met eenvoud te lees: Fransiskus van Assisi (c. 1181–1226) se geestelike lees van die Bybel
2020-05-12"Fransiskus was meer besorg oor die proses van Bybellees – dit moes ’n proses wees wat die mens opwaarts nader aan God bring, maar wat die mens ook afwaarts neem na diegene wat minderbevoorreg en verstote is."
Postkoloniale leierskap? Die uitdagings vir ’n nuwe geslag teoloë
2020-04-29"Leierskap in Christelike geloofsgemeenskappe is derhalwe inherent ’n geestelike aangeleentheid, en daarom moet mens nie die vermoë wat sulke leiers het om ander se gedrag en optrede te beïnvloed, ligtelik opneem nie."
Is siekte ’n straf van God? Teologiese perspektiewe uit die Bybel en die Apokriewe
2020-04-23"Daar word ten slotte ook gevra wat die moontlike impak van hierdie perspektiewe uit die Bybel op ons vandag is, veral in die lig van die COVID-19-pandemie."
Gebedspraktyke en geloofsoortuigings van kerklos millenniër-Christene: ’n Ritueel-liturgiese verkenning
2020-01-29“Gereformeerdheid word sodoende dus weer ’n moontlikheid vir millenniërs – nie deurdat hulle die klassieke erediens bywoon nie, maar wel deurdat hulle in ’n vorm van ’n gemeenskap van gelowiges tree.”
Die estetika van ’n skreeu-lelike, “weerlose God”. Skilderkuns as medium in prosesse van teologies-paradigmatiese transformasie – ver-beeld-ende stank (skúbalon) vir skandalige on-dank (skandalon)
2020-01-27“Die implikasie en argument is dat skilderkuns ’n medium is om God se wese nie te probeer definieer nie, maar slegs esteties te ‘infinieer’ – die sosyn van God in terme van solidariteitsmedelye.”
Die sublieme in die ekologie: ’n Ekofeministiese teologiese interpretasie van ’n Oos-Kaapse kunstenaar se ekologiese visie, spiritualiteit en identiteit
2019-12-16“Hierdie ondersoek van ekofeminisme lei tot die oogmerk en strategie daarvan, naamlik ’n radikale transformasie van hoe ons as mense onsself en ons verhoudings met andere en met die aarde beskou.”