LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
Telefoon: 021 886 5169 |
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
- LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is nie konfessioneel of kerklik verbonde nie. Skrywers kan dus nie veronderstel dat hul oortuigings deur die lesers van die joernaal gedeel word nie.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
Godsdienswetenskappe-redakteur Pieter G.R. de Villiers (DTh, ThDrs) E-pos: pgdevilliers@gmail.com Bioskets |
Die politieke eskatologie van Groen van Prinsterer en die impak daarvan op Christelike Konserwatisme in die VSA
2019-10-30“Groen van Prinsterer was ’n baanbreker in terme van die ontwikkeling van ’n optimistiese Christelike politieke eskatologie in die 19de eeu.”
Louter handeling vir alle Christene: dans, plavei en Van Gogh se Die sterrenag
2019-10-30“Die sterrenag is ’n manifestasie, ’n polsende prentjie, van God se Gees wat fladder oor die donker aarde onmiddellik voordat Hy sou sê: ‘Laat daar lig wees.’”
Die transformerende effek van ’n mistieke lees van die Skrif
2019-10-30“Deel van die ongekende belangstelling in spiritualiteit in onlangse dekades [...] sluit ’n opwelling in navorsing oor spiritualiteit en die Bybel in.”
Holistiese Christelike Afrika-spiritualiteit tydens siekte en krisis: ’n Pastoraal-hermeneutiese perspektief
2019-10-09“Die veronderstelling is dat holistiese Christelike spiritualiteit ’n sterk basis van hoop aan Afrika-mense tydens siekte en krisis bied.”
Rassisme, nasionalisme en die Gereformeerde tradisie: ’n narratiewe benadering
2019-07-14"Die hoop is dat daar binne die Gereformeerde tradisie toenemend herbesinning sal plaasvind ten opsigte van die narratiewe bekragtiging van gangbare standpunte aangaande rassisme en nasionalisme."
Regsgevolge volgens die Gaum-saak vir nienakoming van kerkordelike prosedures ten opsigte van besluite deur die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk
2019-06-27"In hierdie artikel word die uitspraak van die Gaum-saak wat handel oor lidmate wat die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) hof toe geneem het as gevolg van besluite wat gedurende die 2016 Buitengewone Algemene Sinode-sitting geneem is oor selfdegeslagverhoudings, en veral die regsgevolge in verband met die nienakoming van prosedurereëlings, bespreek."
Die uitbeelding van Jesus in die Evangelie van Judas
2019-06-20"Daar word eers na die mitologiese identiteit van Jesus as die gestuurde van Barbelo gekyk. Dan word die konstruksie van Jesus as ’n laggende leraar-profeet ondersoek, met die klem op die literêre tegniek van ironie en tragedie, wat beide Jesus en Judas se identiteit inkleur. Laastens bied die studie ’n blik op die figuur van Jesus as ’n teenstander van die proto-Ortodokse kerk."
Om sin te maak. Pleidooi vir ’n gesprek tussen organisasiekunde en hermeneutiek
2019-06-05"Kort gestel: Ricoeur bied insigte wat nie slegs die maak van sin, die vorming van identiteit en van besluitneming in organisasies beter kan verklaar nie, maar ook insigte bring in hoe organisasies deur hierdie proses verander en vernuwe kan word."
Die rol van ’n Afrika-bewussyn in universiteite in ’n nie-Westerse konteks
2019-05-17"Dit kan ’n ruimte wees waar al die plaaslike nuanses van die lewe se rykheid na vore kom en saam met die insigte van elders in die wêreld ’n bydrae lewer tot die ontwikkeling van ’n waardige en volhoubare lewe vir almal."
Stilgebed en skone skeppendheid: Om uit die stilte te skep
2018-11-16"Dostojewski, Pärt en Schoeman is, aan enige maatstaf gemeet, artistieke reuse. Min kunstenaars bereik dieselfde hoogtes, selfs al lei hulle ’n biddende lewe, maar selfs mindere biddende kunstenaars kan ook skeppende uitdrukking uit stilte beleef."
Laat die klokke lui …! Is die lui van klokke ’n geraasoorlas of bloot die billike uiting van geloofsoortuigings?
2018-10-23"’n Reg geld slegs met inagneming van ander se regte en belange. Ten aansien van die lui van klokke moet inwoners wat deur die betrokke praktyk geraak word, se reg om hulle eiendom vry van ’n geraasoorlas te geniet, ook in ag geneem word."
Bejaardheid en asketisme in die vroeë Christendom: ’n Vergelyking tussen die sienswyses van Johannes Chrusostomos en Filoksenos van Mabboeg
2018-10-17"Die praktyk van asketisme is ook die praktyk van selfverloëning, om die self af te sterf en dood te wees vir sonde en drange. ’n Lyk is ook koud en droog, en bejaardheid word ook gesien as teken van die nadering van die aardse dood."
Gadamer, Von Rad en Kritzinger: om tot verstaan te kom
2018-10-15"Verstaan van die self in verhouding tot die ander is ’n wederkerige proses wat totale oorgawe vereis. Om terug te kyk na die verlede, die hede te evalueer en uit te reik na die toekoms, speel alles ’n rol in die voortdurende proses van tot-verstaan-kom."
Tendense in die uitleggeskiedenis van die koninklike amptenaar in Johannes 4:43–54
2018-09-19"In hierdie studie val die klem op ’n ander interessante saak, naamlik die verskillende maniere waarop die koninklike amptenaar in Johannes 4 met die verloop van die eeue verstaan is. Die doel met hierdie oorsig is om daarmee ons eie verstaan van die amptenaar te verryk."
Ordening en heling in die wordende heelal: die Bybelse interteks van Ina Rousseau se poësie
2018-08-21"Die deurlopende tema in Die verlate tuin is die onvervulde mens se vergeefse verlange na vervulling van sy diepste behoeftes, ’n ongeskonde aarde en ’n vertrouensverhouding met God. Deur aan Bybelse vroue poëtiese gestalte te verleen, gee Rousseau uitdrukking aan spesifiek vroulike onvervuldheid."
Wie het die ontwerp van die Voortrekkermonument geïnspireer: Farao of Abram?
2018-05-17"Wat ’n Egiptiese praalgraf en tempel onderskei het, het navolging in die simboliek van die Voortrekkermonument gevind. Moerdyk noem dit gepas ’n heiligdom."
Pastorie of nie? Die invloed van gemeentebehuising op die aftredevooruitsigte van die NGK-predikant
2018-04-19"Alhoewel die roeping na die bediening nie noodwendig finansieel ingestel is nie, is finansiële insig, bewusmaking en moontlike opleiding dringend nodig om te verseker dat predikante genoeg manna vir die sewende dag het."
Self, religie en homeostase: ’n Neuroteoretiese verkenning van die vroeë Boeddhisme
2018-04-11"Die versteuring van emosionele homeostase waarvoor die Boeddha geglo het hy ’n oplossing gevind het, was nie alleen deur ingrypende omgewingsveranderinge teweeg gebring nie, maar ook deur ’n religieuse self- en werklikheidsbeskouing aan die grond van die sosiokulturele stelsels van Noord-Indië in hierdie tyd."
Andrew Murray en die debat oor wondergeloof
2018-03-07"Murray het die wêreld geïnterpreteer vanuit die interpretasieraamwerk van die Réveil waarin die natuurlike wêreld sin kry vanuit sy verhouding met die bonatuurlike God wat deur wonders sy liefde binne die natuurlike orde aan ons openbaar ..."
Regsgeskille en die kerk: lesse te leer uit die saak van Johannes Fortuin en die Church of Christ Mission
2017-11-30"Hoewel daar algemeen aanvaar word dat die staat en selfs die howe nie ’n geloofsinstelling kan dwing om ’n sekere standpunt in te neem in die uitoefening van sy geloof nie, beteken dit nie dat geloofsinstellings gevrywaar word van prosedurele reëls of selfs die bepalings van die Grondwet en ander wetgewing nie."