LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

Trust vir Afrikaanse Onderwys

E-pos: akademies@litnet.co.za

 


LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
  • LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is nie konfessioneel of kerklik verbonde nie. Skrywers kan dus nie veronderstel dat hul oortuigings deur die lesers van die joernaal gedeel word nie.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Godsdienswetenskappe-redakteur
Pieter G.R. de Villiers (DTh, ThDrs)
E-pos: pgdevilliers@gmail.com
Bioskets

 

Spore van dinamiese intertekstualiteit in Psalm 89

Pieter M. Venter LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-08-23

"Al drie stansas van Psalm 89 hoort bymekaar en is sedertdien as selfstandige eenheid gesien en deel gemaak van die koningspsalms in Psalms 73–89. Dit staan ook bekend as die versameling van Asaf- en Koragpsalms ..."

Oor skuld en vryheid

Hercules Boshoff LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-08-05

"Binne die kontemporêre konteks vind die verwringing van vryheid neerslag in ’n veredeling van adolessensie, wat verwys na ’n toestand wat verantwoordelikheid binne die verband van instellings systap en instellings as sodanig verdag maak."

Identiteitspolitiek: Sukses, paradoks en onvoorsiene gevolge

Bernard Lategan LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-06-29

"Naas die interne en die eksterne verbreding van die self moet die rol van identiteit sélf verruim word. In plaas daarvan om ’n beperkende, passiewe, verdedigende en beskermende funksie te vervul, het identiteit ’n aktiewe, skeppende, konstruktiewe, vernuwende bydrae om te lewer."

Sentralisering en verbode seks

Esias E. Meyer LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-04-22

"Die verse wat homoseksuele seks verbied is nou verweef met die beweerde sentraliseringsprojek. Verder moet ook onderstreep word dat die oproep tot heiligheid en die verbod om by ’n man te lê soos by ’n vrou uit dieselfde historiese konteks kom en wat ook al hierdie verskillende tekste in hulle historiese konteks wou bereik, kan nie van mekaar geskei word nie."

Die begrip accommodatio by Christoph Wittich (1625−1687) en sy Cartesiaans-rasionalistiese omgang met die Bybelse teks

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-04-13

"Om homself binne die raamwerk van die Protestantse Skolastiek te posisioneer en sy posisie te verdedig, het hy, as retoriese strategie, ’n sterk beroep gedoen op die begrip accommodatio, wat vir eeue reeds in die Augustiniaanse tradisie aanvaar en eksegeties uitgebou is."

’n Krities-narratiewe begripsverheldering van biologiese aspekte van die transgenderverskynsel

Ockie Vermeulen LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-03-08

"Net soos mense geen aandeel het in die bepaling van die kleur van hul oë nie, net so het hulle ook nie seggenskap oor die seksuele differensiasie van hul genitalieë en brein nie; dit is ’n biologiese proses. Bygesê, dit is ’n wonderbaarlike biologiese proses."

Willie Jonker en die Rustenburg-skuldbelydenis – ’n skuif na links?

Gert Duursema LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-02-25

"Die kernvraag waarop hierdie artikel ’n antwoord wil bied, is: Het Jonker teologies na links geskuif? Die histories-teologiese trajek waarin sy teologie ontwikkel het, is nageloop. Die bevinding is dat hy nie geskuif het nie, maar dat sy skuldbelydenis by Rustenburg die konsekwensie en toepassing van sy teologie is."

Die Wysheid van Salomo as ’n intertekstuele teks

Pieter M. Venter LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-02-19

"Die feit dat die boek in Grieks geskryf is, deurspek is van die Griekse ideologie van Plato en die Stoïsyne en ook die Joodse denke van die eerste eeue voor en na Christus, maak dit uiters onwaarskynlik dat Salomo dit geskryf het."

Die ontstaan en ontwikkeling van wetenskaplike studies van religie: ’n Genealogiese verkenning

Sandra Troskie LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-12-11

"Vir wetenskaplikes wat gemeen het dat daar ’n spesifieke area in die brein sal wees wat ervarings van die bonatuurlike teweegbring, was die temporale lobbe aanvanklik die aangewese plek om te soek. Dié keuse is gemaak op grond van die sogenaamde Geschwind-sindroom – die welbekende religieuse visioene wat deur ’n minderheid lyers tydens temporalelob-epilepsie […] beleef word."

Eskatologie en vita Christiana – ’n Bybels-spirituele lesing van Lukas 21:20–24

Hermie van Zyl LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-11-30

"Krisistye bring altyd herevaluering en herskikking van prioriteite. Lukas 21:24 interpreteer die katastrofe van 70 n.C. as die einde van ’n era, van die besondere posisie van Israel. Maar dis ook die begin van ’n nuwe era: die tyd van die nasies."

Chrusostomos se verstaan en evaluasie van beroepe en vaardighede

Hennie Stander LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-11-23

"Wanneer ’n mens al Chrusostomos se uitsprake noukeurig bestudeer, kom jy agter die rede vir sy oortuiging dat ’n gelowige altyd sy bronne met ander moet deel, is dat ons en al ons bronne aan God behoort en dat ons almal medediensknegte van mekaar is ..."

Gevoelens, welstand en religie: ’n Toepassing van António Damásio se opvatting oor die rol van gevoelens in welstand op die ontstaan van religie

Sandra Troskie LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-11-09

"Gegee die wordingsgeskiedenis van die mens was die evolusionêre verrekening van subjektiewe bewussyn dus dat gevoelens voortaan nie net meer deur die welstand van die inwendige omgewing ontlok word nie, maar nou ook deur die welstand van die gemoed, die innerlike omgewing van ons gevoelens."

In retrospek: Nagedink oor die Ou Testament (1979–2019)

Fanie Snyman LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-11-09

"Indien die vertaalde Bybels nie geïnspireer was nie is die konsekwensie doodgewoon dat die kerk vir eeue sonder ’n geïnspireerde Bybel was. Soms is ’n teks ook so korrup dat enige poging tot ’n vertaling eintlik ’n verleentheidsvertaling is omdat die Hebreeuse teks baie moeilik sin maak."

’n Pastorale benadering van hoop en deernis: ’n Afrikaïese perspektief op die uitdaging van die COVID-19-pandemie

Martin Khoaseb, Christo Thesnaar LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-10-20

"Die realiteit van COVID-19 en die impak daarvan herdefinieer ook die rol van die kerk as geloofsgemeenskap en soos reeds aangedui, daag dit die wyse uit waarop pastorale sorg gaan realiseer. In hierdie uitdagende tye is ubuntu van kardinale belang vir COVID-19-geaffekteerde familielede."

"Wij die gerefformeerde Leedematen" in die nege Vetrivierartikels van 1837 

Piet Strauss LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-10-16

"Die Vetrivierreëlings was ’n verdere trappie in die republikeinse tradisie van die Boere van die 19de eeu. Twee koersbepalers kom in die artikels voor, naamlik ’n Christelike of gereformeerde lewensoriëntasie en ’n volksdemokratiese inslag: ’n volksdemokrasie wat hom verbind aan reg en geregtigheid vir almal."

Dum spiro – spero (terwyl ek asemhaal, hoop ek). Op reis met Elsa Joubert oor die "naakte waarheid" van die "menslike siel"

Daniël Louw LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-09-09

"Tussen 'siel', 'onsterflikheid', 'ewigheid' en 'onverganklikheid' is daar geen rasionele of empiriese verband nie. In die Christelike geloof is dit gekoppel aan die opstandingsperspektief. Dit is eintlik merkwaardig dat Elsa Joubert alreeds in haar reisverhaal hierdie koppeling aangevoel het …"

Die konteks van die ontstaan en opvoedkundige rol van Caravaggio se Die onthoofding van Sint Johannes die Doper in die 17de eeu

Jannie Pretorius LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-09-03

"Die Ridders se Oratorium of klaskamer het gedien om nuwelinge op te lei in die aard, geestelike omgewing en omstandighede van ’n wrede, bloeddorstige dood. Die twee skilderye weerspieël die wrede, bloeddorstige realiteite van ’n geveg met die Turke."

Benedikt Dreyer (1480–1555): Kunstenaar in konteks van die Kerkhervorming

Wim Dreyer LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-07-21

"Formeel weerspieël Dreyer se kunswerke die denke en teologie van sy tyd, maar terselfdertyd ook ’n diep, persoonlike spiritualiteit."

Wat hou dit in dat die Bybel ’n kanon is? 

Pieter M. Venter LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-07-13

"Sake uit die onlangse verlede is vraagstukke oor apartheid, of vrouelidmate hoede moet dra tydens die erediens, die toelating van vrouens tot die ampte in die kerk, en die vrae rondom homoseksualiteit en die sogenaamde LGBTQI+-vraagstuk. Die Bybel is die basisdokument in die Christelike kerk en antwoorde op hierdie vraagstukke word uit beginsel daarin gesoek."

Charles Parham, William Seymour en Suid-Afrikaanse pentekostalistiese rassisme 

Marius Nel LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-06-17

"Ondanks die byna drie dekades waarin inwoners aan ’n gelyke demokrasie blootgestel is, het patrone van rassisme skynbaar eerder versterk as verswak."

Top