LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
- LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is nie konfessioneel of kerklik verbonde nie. Skrywers kan dus nie veronderstel dat hul oortuigings deur die lesers van die joernaal gedeel word nie.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Godsdienswetenskappe-redakteur Pieter G.R. de Villiers (DTh, ThDrs) E-pos: pgdevilliers@gmail.com Bioskets |
’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling en die Afrikaanse Standaard Vertaling van die Nuwe Testament
2016-09-05"Ofskoon ’n verstaan van die Gees en die vlees as twee heilshistoriese en eskatologiese bestaanswyses staan teenoor die interpretasie om die Gees en vlees te sien as ’n voortdurende stryd tussen die “sondige aard/natuur” van die mens wat ’n stryd voer met die inwonende Gees, hoef die eskatologiese verstaan nie ook te lei tot triomfalisme nie."
“Die hel se leërmagte”: ’n Interpretivistiese perspektief op teodisee en die hel
2016-08-02"Wanneer ’n mens egter oorweeg dat ons tans in ’n hel is – ’n plek waar euwel bestaan wat sinloos is en ’n plek waar God nie ingryp nie – word dit eenvoudiger om die euwel te interpreteer."
Van Calvinisme tot Romantiek: Die invloed van die Bybel op die skrywerskap van Hennie Aucamp
2016-07-22"Nie die Woord nie, maar die woord het vir Hennie Aucamp die lewe leefbaar gemaak."
Kan gister beter word? In gesprek met Jörn Rüsen oor die verwerking van ’n troebel verlede
2016-07-07"Hoe sou aan so ’n verlede ’n toekoms geskenk kon word? Die eintlike taak van historiese herinnering het skaars begin."
’n “Oorspronklike” Aramese Nuwe Testament? ’n Kritiese evaluasie van die Pesjitta-voorrangsteorie, Die Pad van Waarheid tot die Lewe-vertaling (Afrikaanse Lamsa-Bybel), en die kulturele aanloklikheid van oriëntalisme
2016-07-01"Die oogmerk van hierdie artikel is om die aansprake van die vertaling van die Bybel genaamd die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL), oftewel die Afrikaanse Lamsa-Bybel, krities te beoordeel, spesifiek met aandag aan die brontekste en die kwessie van 'oorspronklikheid' en om te kyk hoe dit binne ’n bepaalde ideologie van Bybelvertaling funksioneer."
Nabydood-ervarings: ’n kritiese ontleding van buiteliggaamlike waarnemings tydens hartstilstand
2016-05-24"Die aanspraak dat betroubare waarnemings onafhanklik van enige breinfunksies die aannames van moderne neuronavorsers bevraagteken en tegelyk die tradisionele siening van ’n 'siel' bevestig, berus op beweerde 'feite' en 'bewyse' wat op hierdie stadium nie die toets van kritiek kan deurstaan nie."
Die einde van transendensie in Kontinentale godsdiensfilosofie?
2016-05-06Hierdie artikel ontleed of die begrip transendensie steeds ’n toekoms kan hê, spesifiek in Kontinentale godsdiensfilosofie, aan die hand van drie moontlike toekomsscenario’s, naamlik die Messiaanse, bevryding- en plastisiteitscenario.
Uitverkiesing en evangeliese spiritualiteit
2016-03-29"Ten spyte van sporadiese protes was die neiging in die Kerk oor die algemeen om die evangeliese spiritualiteit uit te leef en terselfdertyd die uitverkiesingsleer as ortodoks Gereformeerd formeel te onderskryf sonder om die konsekwensies daarvan te aanvaar. Dat hier ’n teenstrydigheid bestaan het, is gewoon aanvaar sonder om dit te probeer oplos."
Groeperings in nominale relatiewe konstruksies in die Griekse Nuwe Testament
2016-03-17"Die anaforiese verbande tussen sodanige opgestapelde relatiewe bysinne en hul antesedent(e) stem ooreen met dié in verskeie moderne tale, asook die volgorde van beperkende en bystellende relatiewe bysinne, in gevalle waar hulle saam opstapel."
Die nugtere mistiek van Andrew Murray
2015-12-28"Hierdie revisionêre herbesinning oor Murray se mistiek onderstreep dat die mistiek, soos Murray geskryf het, ’n wesenlike, selfs natuurlike, kenmerk van godsdienstige ervaring is en daarom ’n noodsaaklike plek in die godsdienstige diskoers het."
Die Belharbelydenis, die Bybel en Jesus van Nasaret
2015-12-23"Hoekom het die bevrydingsteoloë eers in die 20ste eeu ontdek dat die Drie-eenheid aan die kant van armes en onderdruktes staan? [...] Kry ons nie hier met twee weersprekende godsbeskouings te doen nie: (i) die God van die staat en die magtiges, en (ii) die God van die onderdruktes en armes?"
Protreptiek en paranese: perspektiewe op die wending in boek 10 van Augustinus se Confessiones
2015-12-14"Die openingsparagrawe van boek 10 van die Confessiones word ontleed om aan te toon hoe dit ’n kontras vorm met die voorafgaande nege boeke, waar protreptiese kommunikatiewe doelstellings sterk op die voorgrond is."
’n Kritiese vergelyking tussen Basilius van Sesarea, Johannes Chrysostomus en Ambrosiaster se sienswyses aangaande die behandeling van slawe
2015-12-09"Al drie die skrywers op wie hierdie artikel fokus, het slawerny aanbeveel solank as wat slawe regverdig behandel is en lyfstraf slegs met gematigde geweld toegepas is."
Die soeke na God in “Groot ode” van N.P. Van Wyk Louw
2015-11-20"Ons weet nie ons weet nie
hoe ver die liefde lê nie
die wat sê die weet nie
die wat weet die sê nie."
Christus ongedaan – 'n evaluering van die betekenisverlies van die term gesalfde
2015-11-11Waar kom die naam Christus vandaan? In hierdie artikel herwin Pieter van Staden die aanvanklike kragtige inhoud van die woord.
Liefde vir die vreemdeling in Levitikus 19: uiteenlopende sienings oor vreemdelinge in die Heiligheidswetgewing
2015-10-01"Die voorkoms van vreemdelinge in ’n samelewing met die vrees en haat wat dikwels daarmee gepaardgaan is nie ’n moderne verskynsel nie. Ou Nabye Oosterse tekste soos die Ou Testament het ook met hierdie probleem geworstel."
Tyd in ons tyd: Oor teologie en toekomsgeoriënteerde herinnering
2015-09-09"In hierdie artikel word daar na die moontlike kontoere en belofte van ’n teologie van toekomsgeoriënteerde herinnering gevra, as deel van die soeke na ’n verantwoordelike en konstruktiewe omgang met die verlede."
Gebrokenheid en geweld: enkele voorbeelde van hedendaagse Suid-Afrikaanse kuns
2015-09-03Die artikel ondersoek op maniere waarop voorstellings van ’n radikale menslike gebrokenheid verhoudings tussen kuns en godsdiens kan verdiep en verryk. Daar word gefokus op die werk van sommige Suid-Afrikaanse kunstenaars wat beduidend beïnvloed is deur die huidige gewelddadige klimaat in Suid-Afrika.
’n Verskuiwing na ’n oper en meer “pragmatiese” lees van Romeine 13:1–7?
2015-08-26"Romeine 13:1–7 bly ’n omstrede teks wat voortgaan om ’n groot verskeidenheid (dikwels botsende) interpretasies op te lewer. Die gedeelte roep vrae op oor mag, die verhouding tussen kerk en staat, onderwerping aan wat as ’n onregverdige regering ervaar word, burgerlike ongehoorsaamheid en nog meer."
Eerbied vir die lewe: Albert Schweitzer se etiek as lewensfilosofie
2015-06-03"Hoe gebeur dit dat hoe harder ons werk vir vordering en sukses, hoe meer blyk ondergang en vernietiging en sinloosheid na vore te tree?"