ATKV|LitNet-Skrywersalbum
LitNet se omvattende Afrikaanse biografiese ensiklopedie, in samewerking met die ATKV en NALN
Lien Botha (1961–)
2025-06-17"Ek pendel nog heelhuids tussen die visuele en geskrewe wêreld, en ek hoop en vertrou dat hierdie metodiek verwering sal verlangsaam." Lees meer oor die lewe en werk van Lien Botha in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Toast Coetzer (1977–)
2025-06-04"In die voortslepende proses tot die verbetering van waarmee jy ook al besig is, is niks wat enigiemand anders te sê het belangrik nie. Wees besluiteloos op die regte tyd ... Bier en vryheid. Niks meer nie. Beer and freedom. Little more." Lees meer oor die lewe en werk van Toast Coetzer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Tom Dreyer (1972–)
2025-05-30"Met ’n goeie gedig, of ten minste die wete dat ’n reël of twee wat jy geskryf het die suiwerste essensie van iets vasvang, kom daar ’n gevoel oor jou, ’n soort rush, ’n euforie, ’n onvoorspelbare vryheid, ’n vreemde alchemie, iets misterieus soos ’n UFO wat pas op die grasperk geland het. Daarom sê ek reguit ek verstaan nie die skryf van poësie nie; ek het steeds nie ’n clue waar gedigte vandaan kom nie." Lees meer oor die lewe en werk van Tom Dreyer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Lodewyk G du Plessis (skuilnaam van Andries Buys) (1938–)
2025-05-22"Skryf is nie ’n stokperdjie nie, veral oor onderwerpe soos vervreemding, verlies, godsdiens en seks. Dis bitter harde werk. Maar die skryfproses was vir my opwindend. Ek is lief vir woorde." Lees meer oor die lewe en werk van Lodewyk G du Plessis (skuilnaam van Andries Buys) in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Hendrik Januarie (1941–)
2025-05-15"Skryf neer, want mens gaan vergeet. Papier bring als terug. Jy sien dit." Lees meer oor Hendrik Januarie se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Elza Rademeyer (1944–2024)
2025-05-09"Skryf is pure plesier. Om baie vriende en vriendinne te hê ook. My ander stokperdjie is tuinmaak. Terwyl ek spit en plant, dink en memoriseer ek dit wat ek op papier wil sit." Lees meer oor Elza Rademeyer se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Nicole Jaekel Strauss (1972–)
2025-04-30"Telkens wanneer ek ’n sin voltooi, is ek ’n ander skrywer, ’n ander mens. Dis die voetspore van die vos in die sneeu, soos die digter geskryf het. Ek kyk terug en sien my merke, maar ek laat daardie teks, daardie woorde agter – die landskap is nie meer dieselfde nie." Lees meer oor die lewe en werk van Nicole Jaekel Strauss in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Trienke Laurie (1946–2023)
2025-04-23"’n Digter moet al die warm emosies deurgaan, maar om daaroor te skryf verg koele besinning en meestal afstand en tyd." Lees meer oor Trienke Laurie se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Johann de Lange (1959–2025)
2025-04-07"Die skrywerswêreld is eintlik ’n onnatuurlike een, waar niks taboe is nie. En dan vergeet jy die buitewêreld werk anders." Lees meer oor Johann de Lange se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Erika Murray-Theron (1941–)
2025-04-03"Boeke kan vir ons op verskillende maniere vensters op ’n skrefie ewige lig oopmaak." Lees meer oor die lewe en werk van Erika Murray-Theron in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Evelyn Marais (1902–1995)
2025-03-28"As ’n mens nie droom nie, hoe gaan jy dit verwesenlik?" Lees meer oor Evelyn Marais se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Johann Lodewyk Marais (1956–)
2025-03-20"Niemand kan sommer net gaan sit en skryf nie. Jy moet mos weet hoe ’n gedig aanmekaar steek en hoe die verskeie soorte gedigte lyk. Daarom ag ek myself en my tydgenote anders as die Sestigers. Hedendaagse digters het tegniek weer ontdek." Lees meer oor Johann Lodewyk Marais se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Klaas Steytler (1922–1998)
2025-03-05"As jy die dag nie weet wat om te skryf nie, ontleed jy die situasie. Jy doen daaglikse vingeroefeninge, dis baie belangrik. Maar die drif moet daar wees, die beweging in die derms." Lees meer oor Klaas Steytler se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Dominique Botha (1971–)
2025-02-19"Afrikaans kom uit die klowe, en na die klowe sal sy terugkeer. Gooi ’n klip. Plant ’n hoeksteen. Dis jou keuse. Ontspan egter. Sy is nie ’n spook nie. Sy is veldasem. Aangeblaas deur groot geeste. Onder die Skylte vannie Jirre." Lees meer oor die lewe en werk van Dominique Botha in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Joha van Dyk (1997–2025)
2025-02-12"Ek wou ’n jong skrywer wees; ek wou vroeg begin juis omdat ek nog so baie stories het om te vertel ... " Joha van Dyk is op 2 Februarie 2025 oorlede. Lees meer oor haar lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Annelie Botes (1957–2024)
2025-01-23"Ek glo nie aan daardie storie van vreeslike inspirasie nie. Skryf is eenvoudig harde werk. Elmboog-ghries, dis waaroor dit gaan – soveel te meer omdat skryf op selfdissipline berus." Lees meer oor die lewe en werk van Annelie Botes in dié ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Breyten Breytenbach (1939–2024)
2025-01-14"Om te skryf, is om te kommunikeer, om saam te eet, om geméénskap te hê, ’n nagmaal, ons almal se bloed, ons almal se vleis."
Peter Snyders (1939–)
2024-12-03"Vir my, eens wetenskaplike tegnikus van nering, is die hele lewe ’n laboratorium. Elke mens is ’n buisie of ’n chemiese stof wat saamgegooi is. Ek kyk maar net wat borrel uit." Lees meer oor Peter Snyders se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
PJ Philander (1921–2006)
2024-11-26"Afrikaans hoort nie in testamente en brandkaste en op grafstene waar dit in die wind verweer nie. Afrikaans hoort in die son." Lees meer oor PJ Philander se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
WA Hickey (1909–1989)
2024-11-18"Ek is op my beste wanneer ek sonder kinkels en lang draaie reguit op die man af skryf. Met tierlantyntjies het ek nog altyd gesukkel." Lees meer oor WA Hickey se lewe en werk in die AKTV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.