ATKV|LitNet-Skrywersalbum

LitNet se omvattende Afrikaanse biografiese ensiklopedie, in samewerking met die ATKV en NALN

Klik hier vir ’n alfabetiese lys van die biografiese artikels oor Afrikaanse skrywers wat beskikbaar is.

Henriette Grové (1922–2009)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2026-05-05

"My belangstelling in menslike verhoudinge en die wyse waarop mense praat, het tot my belangstelling vir dramas aanleiding gegee. Die daaglikse gesinslewe is so vol dramatiese gegewens dat ek al my stof daaruit kan put."

Pieter Pieterse (1936–2002)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2026-04-29

"Ek versamel nie antieke nie, was nog nooit oorsee of op universiteit nie en my huis is sommer ’n grasdakplekkie in die bos. Maar ek is lief vir die buitelewe en die eensaamheid van ’n skrywer se beroep ... en ek is lief vir my honde. Die liefste van alles het ek my medemens met al hul nimmereindigende snaaksighede waaroor ek kan skryf."

Danie Marais (1971–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2026-04-22

"My ervaring was nog altyd as jy eerlik en weerloos oor die klein goed rondom jou skryf, skryf jy dikwels op ’n manier ook oor die groter kwessies. Dit laat ander mense wat hulleself in soortgelyke situasies bevind, minder eensaam voel."

Berta Smit (1926–1997)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2026-04-13

"Iemand het op ’n keer gesê ’n skrywer kies nie ’n tema nie – die tema kies hóm. Dit neem soms jare om vas te stel wat daardie innerlike drang om te skryf laat ontstaan, maar wanneer dit eers ’n naam gekry het, móét dit uit."

Jan Rabie (1920–2001)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2026-04-09

"[M]ens hoef nooit terug te gaan nie; niks wat goed geleef is, gaan ooit weer verlore nie. Die rivier van my jeug haal nog asem in die kronkels van my drome; die getye van daardie liefde stu nog steeds deur my skryfwerk, onverloorbaar myne."

Chris Lombard (1929–2012)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2026-03-18

Chris Lombard in Vanuit ’n ou dorpshuis (1996): "Die lewe het dimensies waarvan ’n mens nooit kan weet terwyl jy versigtig in die vlakwater bly plas nie. Dis die induik wat tel. En die oomblik."

Patrick Petersen (1951–1997)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2026-03-13

Patrick Petersen het in 1996 gesê: "Maar in ’n tyd soos hierdie waar Afrikaans gemarginaliseer word, het ons elke skrywer in Afrikaans nodig sodat ons mekaar aan die skoenrieme kan optrek om Afrikaanse skryfwerk te laat gedy."

WJ du P Erlank (Eitemal) (1901–1984)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2026-02-24

"Onthou dit, Jaffie, die groot dinge begin nooit by die slimmerige en die hoë mense nie; hulle word te vasgevat deur hul slimmigheid ... maar ’n klompie van die eenvoudige vaallyf-eseltjies wat baie swaargekry het, omdat hul base arm was, het die woorde opgevang in hul oorpype, en hul harte het dit geglo." (uit Jaffie: ’n eselromannetjie)

MER (1875–1975)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2026-02-12

"Dis die skepping wat die vreugde gee; die gevoel dat jy iets tot stand bring wat nog nie daar was nie; iets goeds, iets blywends, iets wat vir die mensdom nodig is; en dit was nog nie daar nie, en jy het dit gebring." Lees oor MER se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Diana Ferrus (1953–2026)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2026-02-04

Diana Ferrus se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk. Sy het gesê: "My doel op aarde is om deur middel van die skeppingsproses vrede te bevorder; vir myself en die mense met wie ek te doen kry. Wat saak maak, is respek vir ander mense. Wat nié saak maak nie, is uit watter agtergrond hulle kom."

Tryna du Toit (1910–2005)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2026-01-30

"Die genot, die vreugde en die opwinding wat my skryfwerk my deur die jare verskaf het, glo ek, het sy begin in die betowerende ure wat ons om die kaggelvuur na my vader se vertellings geluister het." Lees oor Tryna du Toit se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Martjie Bosman (1954–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2026-01-20

"Ek dig oor enigiets wat my aangryp en dig om woorde te kry vir ervarings wat ek nie heeltemal begryp nie." Lees oor Martjie Bosman se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Susan Coetzer (25 Augustus 1957–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2026-01-13

"Ek sal ook graag onthou wou word as iemand wat met my skryfwerk lesers op ’n dieper reis geneem het. Om deur ’n lens vol lig te kyk en in dankbaarheid te leef." Lees oor Susan Coetzer se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Koos Prinsloo (1957–1994)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-12-03

"Skrywery is baie intiem. Ek sal dinge op papier doen wat ek nie in die geselskap van ander kan doen nie." Lees oor Koos Prinsloo se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Hettie Smit (1908–1973)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-11-26

"Stokperdjies is die medisyne vir ’n gebroke hart. Dit is ook die versekering teen die ouderdom." Lees oor Hettie Smit se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Theunis Engelbrecht (1965–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-11-21

"Die hoofvereiste is dat die skrywer ten alle tye getrou en eerlik aan homself moet bly." Lees oor die lewe en werk van Theunis Engelbrecht in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Deon Meyer (1958–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-11-13

"Leef doelbewus, versamel ervarings en emosies en stories en mense en karakters. Gaan sit dan en skryf. Moenie vir mense vertel jy wil, of sal, of gaan nog eendag skryf nie. Doen dit." Lees meer oor Deon Meyer se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

HA Fagan (1889–1963)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-11-05

"Ek voel dankbaar dat ek lank genoeg gelewe het om die Afrikaner in sy stryd om erkenning en gelykberegtiging van homself, sy taal, sy kultuur, en sy tradisies te sien seëvier. Nou bly my nog die een bede oor: mag hy hom in die oorwinning net so groot en edel toon as in die stryd." Lees meer oor die lewe en werk van HA Fagan in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Christiaan Bakkes (1965–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-10-23

"Skryf het vir my ’n wegholperd geword. Ek het nooit kon dink dat dit so ver sou gaan nie. Daai perd het nog nie ophou galop nie en die rit is wonderlik." Lees meer oor die lewe en werk van Christiaan Bakkes in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

GA Watermeyer (1917–1972)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-10-16

"Ek het nog altyd meer gemeenskap met die veld, die rante, die bome en die berge gehad as met mense." Lees meer oor die lewe en werk van GA Watermeyer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche

Top