![]() Foto: NALN (met toestemming geplaas)
|
|
Sêgoed van Kas van den Bergh Bou hy sy karakters op lewende mense? “Nee, ek het nog nooit iemand in lewende lywe geken wat interessant genoeg is om ’n karakter in ’n verhaal te wees nie. Die insidensie van karakters word met elke geslag minder. Dit is ’n proses van aftakeling van individualiteit.” (Beeld, 13 Oktober 1978) “Ek probeer met my skrywery om vir die verveelde gemeenskap die boodskap te bring dat jy miskien elke dag ’n wonderlike ervaring kan hê of ’n nuwe lewe kan begin.” (Beeld, 13 Oktober 1978) “I am the perfect average man. I drink but I don’t drink too much. I make love but not too often. I am Afrikaans but not too Afrikaans. People can identify with me.” (The Friend, 11 Augustus 1981) “I like doing things in an exciting way which obviously leads to trouble sometimes.” (The Friend, 11 Augustus 1981) Kas het sterk gevoelens oor sekere sake gehad: • Mense met titels en range: “Ek hou nie van hulle nie. Ek het eenvoudig al geleer om hul deftigheid met grootdoenerigheid en skynheiligheid te assosieer.” • Politici: “Vir hulle het ek ’n ondeurgrondelike minagting.” • Die kerk: “Teenoor die kerk het ek ’n besondere gesondheid: ons pla mekaar nie. My persoonlike ervaring is dat mense nie moeg is vir godsdiens nie, maar moeg vir godsdienstiges. Daarom bly ek uit die kerk uit en verwag ek nie ’n predikant moet my ooit kom besoek nie. Só kom ons goed klaar.” • Georganiseerde kultuur: “Dit vermy ek. Wat die kultuurmense motiveer, is meestal hul persoonlike ambisie. Baie min het iets oor vir die kultuur as kultuur.” (Beeld, 13 Oktober 1978) “Die moeilikste van skryf is nie vir my om die tema te kry nie, maar om op my blaker te gaan sit en die tyd te kry. Dit is vir my ’n geldelike opoffering, want professioneel kan ek meer verdien, maar ek vind soveel vreugde in skryf.” (Beeld, 13 Oktober 1978) “Ek skryf nie vir die massas nie. As ek skryf, verwag ek van die leser ’n hoër opvoeding of ’n hoër belesenheid. Net intelligente mense sal van my hou. My ouens praat beskaaf en doen beskaafde dinge wat jy in die hoër middestand doen. ’n Toevalligheid gebeur nie met my nie, tensy ek dit uitdruklik uitspel.” (Beeld, 13 Oktober 1978) “My karakters is gewoonlik antihelde. Gewone mense wat weens omstandighede buite hulleself in ’n besondere situasie beland, opgetel word deur die noodlot en ingesleep word in ’n reeks gebeurtenisse.” (Beeld, 13 Oktober 1978) “Die liefde verander nie regtig nie en mans ook nie. Dis net tye wat verander.” “Vir dié wat die ekstase van die lewe een keer ervaar het, hou die dood en die oordeel van sy medemens geen vrees in nie. Probleem is, so baie mense word oud en gaan dood sonder dat hulle ooit gelewe het.” (Keur, 24 Januarie 1997) “My probleem is dat ek een van daai ouens is wat eenvoudig geen waardigheid het nie. Ek loop kaalvoet in die stad, ek dra rooi hemde en ek lag kliphard as iets vir my snaaks is. My verantwoordelikheid is slegs aan die sterre en die wind.” (Keur, 24 Januarie 1997) “Ek wy my talente aan die geloof dat ek uniek is. Ek glo absoluut dat daar nie ’n ou is wat so interessant leef soos ek nie, weet nie van een wat so vinnig en so maklik skryf nie, niemand met so ’n lekker platform om van my vooroordele en menings ontslae te raak nie.” (Aan Koos van der Merwe, Byvoegsel tot Die Burger) Het hy karakters wat gereeld ’n verskyning in sy verhale maak? “Net een. Willem Dreyer. ’n Intelligente, menslike, breeddenkende verdraagsame Kas van den Bergh in die rol van ’n speurder.” (Aan Koos van der Merwe) Hoekom skryf hy? “Jy kan net sowel vra hoekom sing ’n ou in die bad. Seker omdat hy latente talent het. Of, hoekom gee ’n koei melk? Om ’n funksie te verrig en spanning te verlig.” (Aan Koos van der Merwe) Die Eerste Wet van Kas van den Bergh: “Jy moet altyd vir ’n meisie goed wees. As sy te oud is, het sy ’n mooi dogter. As sy te jonk is, het sy ’n mooi ma. As sy lelik is, het sy ’n mooi vriendin.” (Uit: Saterdagaand tuis, 24 Februarie 1967) Dinge wat hom in 1967 byna laat besluit het om die stof van Suid-Afrika van sy voete af te skud: “Ek is net ’n takhaar in klere en hierdie gat in my wang, my grys hare en die vuur in my kop, het my laat besluit om weg te breek. As ek 100 jaar gelede gelewe het, sou ek nie net die Groot Trek meegemaak het nie, maar ek sou nog Dorsland toe ook getrek het. Ja, ek is veertig, maar dit verhoed my nie om ’n tweede jeug te beleef nie.” (Vaderland, 26 Oktober 1967) |
Gebore en getoë
Kristiaan Lourens (Kas) van den Bergh is op 15 Augustus 1925 in Pilanesberg in die distrik Rustenburg in Noordwes gebore. Hy het ’n broer en ’n suster gehad.
Kas se oupa en ouma is albei in die konsentrasiekamp op Krugersdorp oorlede.
Kas se vader, JA van den Bergh, was ’n CNO-onderwyser en later ’n bouer, en nog later ’n boer in die PIlanesberg. Die gesin het hulle later in Pretoria gevestig. Hy is in 1973 oorlede.
Sy ma het gesing, volgens Kas se oudste dogter, terwyl sy haarself op die viool en klavier begelei het. Sy was ’n intelligente en ambisieuse vrou en het baie gelees: hoofsaaklik geskiedenis, filosofie en konkordansies.
Kas het in die Bosveld grootgeword en het ook daar skoolgegaan. Hy het aan die Hoër Volkskool op Potchefstroom gematrikuleer.
“Kleintyd was droogte die grootste straf wat ek wis,” het Kas later aan Koos van der Merwe vertel, “en elke gebed was om reën. Op skool was ek ’n probleemkind en op skool kon ek nooit opstelle skryf nie.” (Byvoegsel tot Die Burger; datum ontbreek)
Verdere studie en werk
In 1948 het Kas ’n BA LLB-graad aan die Universiteit van Pretoria behaal en homself daarna as prokureur in Randfontein gevestig. Op universiteit is hy geskors en het hy en sy maats drade geknip, “enige drade, sommer net om drade te knip, bomme vir die Stormjaers gedra, hoewel ek nie met hul strewe saamgestem het nie”.
Kas was die eerste persoon wat ’n verhandeling oor Bantoereg geskryf het. Kort daarna het die Universiteit van Pretoria dit oorweeg om ’n lektoraat in hierdie vak in te stel. Die betrekking is so half en half aan Kas belowe. Met die oog daarop is hy terug universiteit toe om sy doktorsgraad in die regte te voltooi. Sy verhandeling was nie meer ver van klaar af nie, toe hy sy eerste kortverhaal voltooi het. Dit het so maklik gegaan dat hy besluit het om meer te skryf. Maar daarvoor het hy tyd nodig gehad. Hierdie tyd het hy gewen deur sy studies te laat vaar.
Kas is in sy leeftyd beskryf as snobisties, selfstandig, welaf, wêrelds, slordig, egosentries, konserwatief en rebels. Tog het hy sy kinders in die kerk laat doop, nooit lelik voor vroue gepraat nie en sou ’n kranke oor die straat help indien nodig. Sy naam het ook gereeld in die pers verskyn vanweë die een of ander omstrede saak. In 1963 het hy geld van ’n rolprentmaatskappy geëis vir beweerde kontrakbreuk in verband met ’n draaiboek. (Byvoegsel totDie Burger; datum ontbreek)
In 1964 was Kas weer in die nuus toe ’n man vyf skote in sy gesig afgevuur het pas nadat hy sy motor in die motorhuis getrek het. Die man is later geïdentifiseer as SR Excell. Kas sou na bewering by ’n sekere meisie aangelê het.
Kas is in 1950 getroud met Cornelis (Nellie) Schlimmer, ’n nooi uit sy studentedae. Hulle het drie dogters gehad. Hy het in 1969 op die plaas Brakfontein in die distrik Swartruggens gaan woon, terwyl Nellie in hulle huis in Randfontein agtergebly het. Hulle is in 1970 geskei.
In November 1970 het Kas aansoek gedoen dat sy naam as prokureur van die rol geskrap moet word, aangesien hy wou aansoek doen om as advokaat tot die balie toegelaat te word. Kas het egter die wind effe van voor gekry in hierdie aansoek, aangesien die Pretoriase en Johannesburgse balierade, asook die Wetsgenootskap, in ’n gesamentlike verklaring aangedui het dat hulle beswaar gaan maak teen sy aanstelling as advokaat. Dit het alles gespruit uit klagtes teen Kas dat hy sekere gelde nie aan sy kliënte betaal het nie.
In 1971 is Kas weer getroud, dié keer met Karen Pretorius (24 of 25 jaar oud, volgens verskillende bronne). Hulle het mekaar ontmoet toe Karen ’n onderhoud met Kas op sy plaas moes gaan voer. Die redakteur van die koerant waar Karin gewerk het, het dit raadsaam geag om nog ’n meisie saam met haar te stuur en hulle te waarsku dat hulle moes lig loop vir Kas. Hulle is na hul troue vir byna vier maande na die Midde-Ooste en Europa. (Volksblad, 12 Januarie 1971)
Hierdie huwelik het egter nie baie lank geduur nie en in Januarie 1975 is Kas en Karen geskei. Hy het die huwelik beskryf as “soos sink en soutsuur. Alleen kon dit nog gaan, maar sáám ... Ons het te veel van mekaar verskil. Sy was konserwatief en ek liberaal, sy Waterkloof en ek Pilanesberg. Sy het gehou van formaliteite en ek is informeel.”
In Mei 1975 is Kas na die destydse Lourenço Marques (vandag Maputo) in Mosambiek om meubels vir sy nuwe huis te koop. Hy het ’n foto van ’n Duitse meisie buite die hoofkantoor van Frelimo geneem en is onmiddellik gearresteer en aan die veiligheidspolisie oorgelewer. Hy is summier in die tronk gegooi, omdat hulle gemeen het hy is ’n Switserse CIA-agent. Nadat hulle die manuskrip van Vrou uit die vreemde in sy hotelkamer gekry het en dit vertaal is, het hulle hom laat gaan.
’n Week later het Kas gehoor van ’n Lodewyk XVI-kabinet wat in Lourenço Marques te koop is en hy is weer soontoe. ’n Vriend het hom egter vertel dat die veiligheidspolisie lasbriewe vir drie Suid-Afrikaners het en dat Kas se naam op een was. Kas het Mosambiek so gou as moontlik verlaat en gesê dat hy nie weer gou ’n reis daarheen sou onderneem nie.
In 1982 is Kas, op 56-jarige ouderdom, met sy derde vrou, Sonja van Hoepen, ’n 28-jarige meisie, getroud. Hulle romanse het in 1980 begin toe hulle mekaar by sy jongste dogter se troue ontmoet het. Die ouderdomsverskil het hulle nie gepla nie, en albei het gesê as hulle net vyf jaar saam gelukkig kon wees, sou dit die moeite werd wees. Kas het Sonja aan Magda Oosthuizen beskryf as die verstandigste vrou wat hy geken het. “Sy is nooit vervelig nie. En dit is vir my baie belangrik. Kommunikasie, wat een van die belangrikhede vir enige suksesvolle verhouding is, is beslis tussen ons.” (Vaderland, 21 April 1984)
Op daardie stadium (April 1982) het Kas in Bryanston gebly, maar het soveel as moontlik tyd op sy plaas Brakfontein by Swartruggens deurgebring. Sy werk as regsverteenwoordiger vir Botswana en Lesotho het egter genoodsaak dat hy dikwels ook in die stad moes wees. Hy het beplan om na sy huwelik met Sonja af te tree en voltyds op die plaas te gaan woon, sodat hy al sy tyd aan sy skryfwerk kon spandeer.
Kas het sy eerste verhaal, ’n liefdesverhaal getiteld “Ek het swart oë”, geskryf so drie jaar nadat hy van Tukkies weg is. Dit was om ’n maat geselskap te hou wat op versoek van ’n redakteur ’n kortverhaal probeer skryf het. Kas s’n is gepubliseer, maar die maat s’n nie.
Kas se eerste kortverhaal het in 1950 in Die Huisgenoot verskyn. Daarna het hy bekend geraak as skrywer van talle kortverhale en vervolgverhale wat oor vier dekades in Die Huisgenoot, Rooi Rose en Keur verskyn het.
Kas se eerste boek na die vroeë kortverhale was Vlieë teen die ruite,wat in 1953 by Nasionale Boekhandel gepubliseer is. In hierdie roman het Kas ’n baie saamgestelde lewensbeeld geteken, volgens Rob Antonissen in Standpunte (Maart 1954). Die lewe van ’n boergesin wat tot ’n bywonergesin verval het, staan sentraal in die verhaal. Die kinders se paaie loop uitmekaar en binne hierdie lewenskringe wat beskryf word, verskyn daar vlugtige beskrywings van talle ander lewens en mense. Volgens Antonissen het Van den Bergh dit reggekry om “uit dit alles ’n mate van ordelike eenheid te vorm en om die vlugtigheid en die flitsberigte te laat lewe. Die veelvuldige verskuiwings in tyd en ruimte, die kortpad-verhaal van divergente en tog hier en daar konvergerende dinge binne ’n groter verband, veral die veel sê met min woorde, laat my nogal aan J van Melle dink,” het Antonissen verder geskryf.
Maar vir Antonissen het Kas te veel rondgespring tussen die menigte personasies deur en homself nie die tyd gegun om te skóú nie. Hy verdien egter om erkenning as ernstige romanskrywer te kry.
Anna van Zyl meen dat wanneer ’n mens lus is om sommer vir die pret ook te lees, die verhale in Die beste van Kas van den Bergh. Omnibus van sewe verhale (1963) die aangewese stof is. “Sy verhale volg altyd min of meer dieselfde patroon: die man van die daad wat so onskuldig in ’n penarie beland, ’n paar nooiens van wie een skuldig is (maar wie?) en een op wie hy verlief raak, en so ’n paar ander tawwe ouens en nog ’n knap speurder daarby. En omdat sy verhale iets van alles bevat, kan almal wat ontspanning soek, hulle geniet.
“En Kas weet ook so iets van alles: of dit skurkery, regsake, liefde of sielkunde is, hy weet hoe om die stories agtermekaar te sit dat alles eg klink.
“Soms is hy bietjie sinies en vertel hy die waarheid sommer so kaalkop om mense uit hul selfgenoegsaamheid te skok. En al gaan alles ook hoe romanties en fantasties, Kas bly nugter en sy stellings laat jou soms nogal nadink; maar al stem jy nie met hom saam nie, amuseer hy jou tog. Soms raak hy ernstig ook, en soms humoristies. En soos Kas voortrammel, so lees ons. Want jy sit nie graag ’n verhaal neer as jy eers begin lees het nie, jy wonder steeds wat hy in die mou voer.” (Volksblad, 5 Desember 1963)
In 1972 is Die Vontsteen-verhoor: ’n opspraakwekkende moordsaak in oënskou by Tafelberg uitgegee. Daarin het Kas die verhaal vertel van die moordsaak wat die hele land destyds in beroering gehad het. Dit is ’n professionele verslag en gedetailleerde ontleding van die sensasionele moord van Soois Swanepoel en van die storie van sy aantreklike vrou Sonjia, die warmbloedige Italiaanse vrou wat mans na haar toe aangetrek het, en van haar minnaar Frans Vontsteen.
Vir Kas was dit soos ’n Griekse tragedie met al die essensiële bestanddele: gebroke huwelike, die ou liefdesdriehoek, toeval, ’n moord, vreemde teorieë en uiteindelik vyftien jaar tronkstraf vir Sonjia en die doodstraf vir Vontsteen. Dit was ’n fassinerende en sensasionele verhoor en een wat weereens ’n vraagteken geplaas het agter die waarde en morele kwessie van die doodsvonnis. Kas het dit alles meegedeel met die meesterlike aanslag van ’n ondersoekende joernalis en ’n ervare prokureur en het heelparty interessante waarnemings gemaak. Hy het hier ’n aktuele, goed nagevorste en simpatieke verslag van die moord en verhoor gegee, het Henrie Geyser in The Argus van 6 Desember 1972 geskryf.
Een van die dinge in Die Vontsteen-verhoor wat sterk na vore kom en waarna Kas gereeld verwys, is die feit dat Vontsteen ’n psigopaat was wat dus geregtig was op moontlike versagting. ’n Sielkundige verslag is egter nooit aangevra of ingedien nie.
Kas het nie die boek ter wille van die sensasie geskryf nie. “Daarvan het dié saak meer as genoeg gehad. Dit was ’n blote belangstelling in die sielkundige aspekte wat die ding begin het. Dit het my van die begin af getref dat niemand gedurende die verhoor daaraan gedink het om Frans Vontsteen sielkundig te laat ondersoek nie.”
Behalwe Kas se liefdesverhale en speurverhale was hy ook die skrywer van die rubriek “Saterdagaand tuis” wat in die 1960’s in Die Huisgenoot verskyn het. Hierdie rubrieke is in 1981 gebundel en onder dieselfde titel uitgegee.
Van den Bergh het die kuns geken om die aandag in hierdie rubrieke in ’n rigting te stuur voor daar te lank en indringend oor ’n saak bespiegel word, maar ’n bepaalde wrang element dwing die leser weer om die skrywer nie te ligtelik op te neem nie. Soms het hy mense kwaad gemaak en hulle ander kere heimlik laat glimlag. Maar meestal het wat hy geskryf het, hulle tot nadenke gestem.
Die stukke is geskryf in die taal van die gewone man, maar spreek ook tot die geleerde, die burokraat en die renegaat. In die geselskap van Kas van den Bergh gaan ’n Saterdagaand alte gou verby, volgens Adèle Walters in Transvaler (9 November 1981).
Joan Hambidge was egter nie dieselfde mening toegedaan as Walters nie. Ná die lees van Saterdagaand tuis het Hambidge ’n “gevoel van verskriklike verleentheid” ervaar. Sy het haar resensie afgesluit met: “Miskien moes Kas van den Bergh liewers op Saterdagaande nie tuis gebly het nie” (Hoofstad, 5 Oktober 1981).
Ook Gerrit de Jongh (Die Burger, 14 Januarie 1982) het gemeen dat die stukke nie die toets van die tyd deurstaan het nie, want die mense oor wie Kas in die 1960’s geskryf het, het nie meer in die 1980’s bestaan nie, en die situasies waaroor hy geskryf het, was ook verouderd. So ook die mense vir wie dit geskryf is: “Die klein stukkies menslike politiek is vergete, en slaag net daarin om ’n mens daaraan te herinner dat dit wat eens lewensbelangrik groot was, nou bitter nietig is. En dié boek ook. Jy kan Van den Bergh darem dit ter ere na gee: Min mense ná hom het op dieselfde vlak van skryf gepresteer.”
Kas het later ook ’n gereelde rubriek vir die tydskrif Bona onder die skuilnaam Kas Sibeko geskryf, en ewe goed daarin geslaag om met die swart lesers te identifiseer. “They think I am a black man,” het Kas aan Koos Coetzee van The Friend gesê. ’n Reeks van 27 misdaadverhale deur Kas is op Sotho TV gebeeldsend.
In ’n onderhoud in 1981 met Koos Coetzee het Kas vertel dat hy ’n plek oorsee wil vind waar hy vir ses maande van die jaar kon gaan bly “and do some serious writing. I want to ‘descend’ to the level of André Brink. A good novel on love across the colour-bar must still be written. The aim of the story will not be to attack apartheid, but to show how much apartheid is part of our way of life.
“I will not condone apartheid, but I will portray its terrible implications. Apartheid is a Victorian tradition which the English have outgrown, but which the Afrikaner has retained.”
Kas het gemeen die grootste probleem in die Afrikaanse letterkunde van daardie tyd was dat letterkunde selde gepaardgaan met ’n goeie storie. “En dit is wat Graham Greene reggekry het.”
In 1994 het Kas en Sonja ’n plasie sowat 40 kilometer buite Badplaas gekoop en dit Doornhoek gedoop. Daar het Kas weer in alle erns begin skryf. Bedags het stories uit sy pen gevloei en wanneer ’n manuskrip klaar was, moes Sonja dit tik.
Kas en Sonja was deurwinterde reisigers en versamelaars. Hulle het Europa, Griekeland en verskeie Afrika-lande platgery en ornamente en ander dinge vir hulle huis saamgebring. Hy en Sonja het een dogter gehad.
Kas het aan Hennie van Deventer (Beeld, 13 Oktober 1978) vertel dat een van sy mooiste kortverhaaltemas dié van ’n Paasverhaal was wat nooit gepubliseer is: “Omdat die mense gedink het dit is heiligskennis. Dit is die verhaal van twee mense wat mekaar die dag van die kruisiging in Jerusalem ontmoet, en in die laaste paragraaf blyk dit dit was Christus en die kranksinnige van Gadara wat deur Hom genees is.”
Hy het verder aan Van Deventer verduidelik: “Ek was lief daarvoor om kortverhale met ’n Bybelse tema te skryf en het veral daarvan gehou om ’n wonderwerk te beskryf uit die oogpunt van die persoon teenoor wie die wonderwerk gedoen is, byvoorbeeld die woede van die lam bedelaar toe hy besef hy kan nie meer bedel nie, maar dat hy nou moet gaan werk.”
Kas het ook in die 1980’s en 1990’s Die Overvaal-reeks geskryf. Dit is jeugverhale met ’n seunskool as agtergrond waarin Willem van Heerden die hoofrol speel. In hierdie drie boeke – Nuwe seun op Overvaal (1983), Die spesialiste van Overvaal (1990) en Skaduwee oor Overvaal (1996) – word die idealisering van en identifisering met die skoolhelde goed uitgebeeld en die spanningslyn goed gehandhaaf.
In ’n bespreking van Kas se boek Liedjie van verlange (Transvaler, 7 Oktober 1968) is ’n baie goeie oorsig gegee van Kas se skryfwerk oor die algemeen. Liedjie van verlange is uitgegee in Voortrekkerpers se Boek Mosaïek-reeks, ’n reeks wat bestaan het uit boeke wat vertaal is uit Engels, Nederlands, Duits, Frans of Italiaans, almal boeke wat wêreldklas was. En Kas is ook daar bygebring. Die resensent het gemeen dat Liedjie van verlange nie buite die toon van hierdie reeks val nie, want dit is “besonder intelligente en prikkelende leesstof en ’n voorbeeld van ’n Afrikaanse skrywer op sy beste – miskien nie heeltemal wat verhaalstruktuur betref nie, maar wel stilisties”.
Dit is basies die suksesverhaal van ’n Afrikaanse sangeressie, maar hiermee is verweef ’n diamantstorie, skurkery en speurders. “’n Mens lees ’n boek van Kas van den Bergh soos hierdie nie in die eerste plek bloot om die feitelike gebeure nie, of om weer ’n keer te sien hoe speurder Willem Dreyer ’n tergende geheim oplos nie. Natuurlik wel ook om dié rede, want geen ander skrywer van speurverhale in ons taal boei soos Kas nie, en jy het ook plesier daaraan om ou bekendes in sy verhale weer te ontmoet. Maar dis veral hoe die verhaal verwoord word wat jou boei, want dis so skynbaar ‘loshande’ geskryf , so virtuoos, so deurspek van goedige ironiese en satiriese kommentaar op alles en almal, so gevat en vol geestigheid dat jy alleen om dié rede die roman kostelik vind.
“Die hoofkarakter, Engela, is self die verteller van die verhaal, en dié nooientjie het meer as ’n besondere sopraanstem en ’n mooi gesiggie en vietse lyfie – sy het ook intelligensie, verfyning en werkywer. Sy is nou wel ’n aspoestertjie wat aanvanklik drakerig-sentimentele liedjies sing voordat sy ontdek word, maar sy het geestelike toerusting om die nuutgevonde rykdom en roem te kan hanteer.
“Deur haar gevatheid en sprankeling kan die skrywer kommentaar lewer, op goedige maar ook kwajongagtige wyse so ’n bietjie draak steek met talle aspekte van ons Afrikaanse lewenswerklikheid, of dit nou kunstenaars en pasrykes in die filmbedryf, en of dit onderdorpers of die Akademie en sy taalreëls is. Maar dis nooit kwaadwillig, nêrens haatlik nie. Dis een van ons eie mense wat basies liefdevol met onsself spot, spot met ’n patroniserende junior minister, met oorywerige hartoorplanters, met die ydelheid van die mansmense, die berekendheid van aanstaande skoonmoeders, die naywer van vroumense of ’n opportunistiese pastoor. So ’n skryfstyl bring nogal ’n welkome afwisseling in die nogal plegstatige of opskepperige onuitstaanbaarheid van so baie Afrikaanse ligte leesstof.”
Kort besprekings van enkele ander van Kas van den Bergh se boeke:
- Die verraaier (1965): “Die verhaal van ’n jong advokaat wat van baie hoog opdrag kry om die Kommunistiese Party in Suid-Afrika te infiltreer en hul planne vir ’n grootskaalse opstand in die land agter te kom. Soos ’n mens van Van den Bergh gewoond geraak het, is die wendinge en die toon so effens sinies. Nie dat die storie oral ewe geloofwaardig is nie: die intrige rondom Van Rensburg is vir my onaanvaarbaar, asook die al te maklike manier waarop die held tot die KP toegelaat word. Maar die skrywer het dié voordeel dat die leser so gretig van bladsy tot bladsy voortlees, dat hy byna vergeet om vrae te vra, veral hier, waar die spanning tot die end goed volgehou word.” – B de Koker (Die Burger, 17 Desember 1965)
- Die wreker (1966): “Hierdie boek is ’n avontuur-speurverhaal wat met groot geesdrif aanbeveel word. Dit is werklik een van daardie boeke wat moeilik neergesit word voordat die laaste woord nie gelees is nie. Willem Lombard word vrygespreek van moord en keer na Doringkraal terug om sy lewe daar voort te sit. Maar skaars is hy terug of hy hoor dat dit geen sameloop van omstandighede is wat hom byna galg toe gestuur het nie. Sekere mense het dit doelbewus bewerkstellig. […] Die verhaal is vol spanning en verrassings en kry meer kleur deur die verskyning van twee aantreklike vroue in Willem se lewe tussen wie hy moet kies.” – WV (Volksblad, 20 Januarie 1966)
- Jy speel met die dood (1967): “As ’n mens ’n nuwe boek van Kas van den Bergh ter hand neem, weet jy gewoonlik wat om te verwag: ’n goeie spanningsverhaal wat vlot en met hier en daar ’n siniese ondertoon vertel word, en ’n verhaal wat deur sy onverwagte wendinge en slim intriges gewoonlik end-uit boei. […] Werner Dreyer is kwalik ’n gewone man – daarvoor sit hy finansieel te goed daarin – maar soos vir die meeste van ons, is die wêreld van geweld en koelbloedige moord ook vir hom vreemd. Die verhaal is nie van soveel belang nie. Dit is die oeroue tema van ’n man wat teen sy wil in ’n situasie ingesleep word waarin hy teen wil en dank die held moet speel […]. Maar Kas van den Bergh doen dit goed: die ou tema is slim verwerk en byna onherkenbaar verbloem, die hoof- en selfs ’n paar van die newekarakters skerp en duidelik geteken, die verhaal deurentyd onderhoudend vertel.” – MA (Die Burger, 3 November 1967
- Die goue tong (1968): “In Die goue tong is misdaad weer die kern van die verhaal (soos in die meeste van Van den Bergh se verhale), maar nou word dit met heelwat pretensie opgedis, soos deur die gebruik van tegnieke wat die Sestigers gewild gemaak het (byvoorbeeld die aanbieding van ’n bepaalde situasie in die vorm van ’n toneelteks). Dan wend hy hom ook nou, soos Leroux en ander, na die klassieke […]. Selfs die poësie word ingespan – deur verwysings na die werk van Opperman en Eugène N Marais – om ’n ‘dieper betekenis’ te kry. Maar ’n mens ontkom moeilik aan die indruk dat dit hier aanplaksel is, die navolging van ’n mode, want binne die verband van die betrokke verhaal pas dié dinge nie. En dit is jammer, want daar steek heelwat moontlikhede in dié ontnugterende verhaal van ’n misdadiger met ’n gladde tong wat deur ’n gewetenlose sekteprediker en rehabilitasiebeampte op parool uit die tronk gekry word om saans in hul Groot Tent die liggelowige skare op te sweep en te ‘bekeer’ terwyl hulle lekker van die kollektes leef.” – B de Koker (Die Burger, 23 Februarie 1968)
- Skemering van die liefde (1979): “Dokter Elmarie Scheepers is in die beskuldigdebank weens moord op haar minnaar, Daan Visser. […] Kas van den Bergh is ’n kenner van die wet en hierdie verhaal van ’n hofsaak is boeiend en lewensgetrou. Kas is ’n vernuftige skrywer wat al bewys het dat hy ’n spannings- of ontspanningsverhaal kan skryf. In hierdie storie is al die elemente vir ’n genotvolle verhaal. Karakters wat werklike mense is, situasies wat jou na asem laat snak, en ’n verteltrant wat jou op die randjie van die stoel laat sit en lees, oë vasgenael, nie in staat om die boek neer te sit nie.” (Vaderland, 9 Januarie 1979)
- ’n Galg vir Lisinda (1980): “’n Meesterlike verhaal van intrige, spanning, humor, erns en menslikheid geskryf deur ’n meesterverteller. ’n Galg vir Lisinda is ’n byna onwerklike verhaal van een van die vreesaanjaendste ondervindings wat nog in Afrikaans beskryf is. Dis die verhaal van Lisinda wat getroud is met ’n amper-psigiater en sy beland op die terrein van ’n inrigting vir sielsiekes. Hier spesialiseer haar man om ’n psigiater te word, maar sy kom spoedig agter dat hy self ’n geval vir die psigiatrie is. […] Al die tergende vrae wat die leser vra met die lees van die verhaal word op meesterlike wyse deur Van den Bergh beantwoord. ’n Boek propvol spanning en menslikheid en aan te beveel by enige een wat hou van die ongewone … en diegene met senuwees van staal! Boeiend tot die einde!” – NL (Tempo, 15 Augustus 1980)
- Die dinge langs die pad (1981): “Kas van den Bergh kan tog ’n storie lekker opdis. Sy speur/liefdesverhale vorm ’n stewige eenheid waarin die een die ander voed en die spanning so aan die lewe hou. Die ander dinge langs die pad is [trouens] reeds ’n dubbelsinnige titel – enersyds is dit die uitdrukking vir toevallighede wat ‘by the way’ gebeur, maar andersyds is dit hier ook werklike dinge wat langs die pad gebeur. Dit wil sê die donker straat in Sandton: moord, op moord op moord. Wat ’n mens geniet naas die skrywer se vermoë om die spanningsdraad styf te hou, is sy nugter, half satiriese manier van vertel. Dit red die storie van melodrama en sentimentaliteit. En natuurlik, Kas het ’n oog vir ’n mooi vrou, en dié soort stories moet net eenvoudig ’n mooi vrou inhê, anders kom hy kort aan motiewe vir misdaad en liefde. Met sy kennis van die wet en die gereg kan die storie met oortuigingskrag vertel word. ’n Illusie van werklikheid word geskep, hoewel ietwat lughartig so tussen bloed en grusaamheid deur, en verder word jy bewus van die skrywer se mensekennis, want hy kan raak karakteriseer. Sy karakters word aanvaarbaar, al besef jy ook dat hy dit darem bietjie dik aanmaak.” – Anna van Zyl (Volksblad, 8 Desember 1981)
- Die kampioen (1982): “Die verhaal handel oor ene Werner Dreyer, ’n kleurlose rekenmeester van Johannesburg, wat hom onverklaarbaar in die hospitaal bevind. Onverklaarbaar omdat hy aan geheueverlies ly. Maar is hy werklik Werner Dreyer? Daar is ander mense wat hom ander name gee. Die een sê hy is ’n opwindende bokser; nog ander beweer dat hy ’n geslepe dief is. Feit is dat hy na twee motorongelukke in die hospitaal beland en dat hy dag en nag deur die polisie bewaak word. Uit hierdie gegewe bou Kas van den Bergh ’n verhaal op wat al die beproefde opwindinge van ’n goeie liefdes- en spanningsverhaal bevat. ’n Mens kan nie ontken nie dat Van den Bergh ’n uithaler- en slim storieverteller is wat sy lesers enduit boei met sy sprankelende verteltrant.” – Roy Niemann (Afrikaanse Diens: Skrywers & Boeke, 11 Junie 1982)
- Nuwe seun op Overvaal (1983): “Hierdie jeugverhaal handel oor Willem van Heerden, die seun van ’n fisikus wat in Brittanje ’n groot deurbraak in brandstofnavorsing maak, maar dan saam met sy vrou uit die weg geruim word omdat sy ontdekking die olielande sou benadeel. Net die besonder skrander Willem ken sy pa se formule omdat hy gereeld in die laboratorium gehelp het. Hy kom op Overvaal skoolgaan en dan begin die poppe dans … Sy lewe is telkens in gevaar. Dit is ’n boek wat met oorgawe deur hoërskoolleerlinge gelees sal word. Die idealisering van en identifisering met skoolhelde word goed uitgebeeld en die spanningslyn feitlik deurgaans gehandhaaf. Baie drukfoute hinder egter.” – SGV (Volksblad, 17 September 1983)
Op 5 Januarie 1997 is Kas op 71-jarige ouderdom op sy plaas Berghfontein by Badplaas aan ’n hartaanval oorlede. Hy is oorleef deur sy vrou, Sonja, en vier dogters. Sonja het vertel dat hy die ses maande voor sy dood baie doenig met sy skryfwerk was en dat hy meestal speurverhale geskryf het. Geld wat krom is was sy laaste boek voor hy oorlede is. Hy het ongeveer ses maande voor sy dood ’n prostaatoperasie ondergaan, maar was daarna nog betrokke by die aanplant van pekanneutbome op die plaas en het daarvan gehou om op sy stoep te sit en “boer”.
Huldeblyke
- Adrie Pilans: “Kas van den Bergh se spannings- en liefdesverhale was ’n hele leeftyd lank ’n huisgenoot in byna elke Afrikanerhuis en dit sal nog baie jare ná sy afsterwe die geval wees, want Kas se verhale is tydloos. […]Daar is ’n driftige vaart en vlotheid in sy verhale en aan die tye van die werkwoord het hy nie doelbewus gedink nie. Die sinne het spontaan uit hom voortgevloei, vinnig neergepen met ’n goue vulpen op sy skoot. Hy het ’n hekel aan balpuntpenne gehad en het nooit leer tik nie. Die taalversorging van sy verhale moes met insig gedoen word. Maak jy dit hiperkorrek, was die gees daarvan aangetas en die vlotheid daarvan verlore. Hy was lief vir mense. Daar was altyd ’n toeloop na sy plaas. En hy was ’n fyn waarnemer wat met insig kon skryf oor mense – hul hebsug en afguns en die klein gemeenheidjies wat hul teenoor mekaar kan pleeg. En hul verering van ’n mooi vrou. Oor sy sukses as skrywer was hy ongeërg. Daar was min van sy eie werke op sy boekrak en hy het geen benul gehad van hoeveel verhale hy al geskryf het nie. Tydskrifte, uitgewers, lesers en ons wat sy vriende was, gaan hom mis. Maar niemand sal kan sê: sy plek ken hom nie meer nie.” (Taalgenoot, April 1997)
- Die Boerant: “Kas van den Bergh was by uitstek ’n volkskrywer wat sy mense, ons Boere, intiem geken het. Hy kon met diepe insig die gewone Boer beskryf met sy talente, sy nukke, sy streke en sy voorkeure.” (Die Boerant, Maart 1997)
- Ollie Viljoen: Boere-musiek-man en TV-man: “Regsman, skrywer, sakeman, boer ... Alles wat sy hand gevind het om te doen, het hy met passievolle oorgawe gedoen. Eenkeer het hy ’n hele kerkie gekoop net om ’n venster in die hande te kry. Sy intellek was geweldig en daarom het min dinge hom koud gelaat. Sy belangstelling was so wyd soos die Heer se genade en so was sy kennis. Hy was hartstogtelik lief vir musiek en die digkuns. Hy was lief vir goeie kos en drank. ‘Moenie so baie water by die dop gooi nie. Die ouens sukkel maande lank om die water uit die brandewyn te kry en dan kom neuk julle dit terug,’ het hy gesê. Maar die filosoof het die laaste sê: ‘[N]ou is hy hier in my en om my en ek sien hom elke dag en hy ry op my rug soos tokkelossie en hy lag vir my. Die ouderdom. Ek wens ek kan die son laat stilstaan of vaskleef aan die daeraad. Ek wens ek het langer dae.’ Toe maar, ou Kas. Jy het al jou dae geleef en jou siel het hande geklap tot die einde. Koebaai.” (Keur, 24 Januarie 1997)
- Sonja, sy vrou met wie hy veertien jaar getroud was: “Hy was ’n wonderlike eggenoot wat baie onselfsugtig was. Met sy gemaklike persoonlikheid het hy my goed aangevul. Ek is eintlik die doener, terwyl hy die denker was.” (Beeld, 6 Januarie 1997)
- Rena van den Bergh, sy dogter: “Ek is diep bedroef oor my pa se dood. Hy was ’n wonderlike pa en was altyd daar as ’n mens hom nodig gehad het, iemand wat ’n mens altyd ondersteun het. Ek gaan hom verskriklik mis.” (Beeld, 6 Januarie 1997)
Op Kas se versoek voor hy oorlede is, het Ollie Viljoen en Nic Swanepoel, oudomroeper, sy roudiens behartig. Ollie het by die diens sekere stukke uit die Bybel gelees wat hy geweet het Kas van sou hou. Pieter de Bruyn, voormalige direkteur-generaal van die destydse SAUK, het die gebed gedoen. Die roudiens is deur sowat 200 mense bygewoon, onder wie PG du Plessis, Pirow Bekker, Elma Potgieter, Schalk Jacobsz en Pyp de Villiers.
Ses maande voor sy dood het Kas ’n gedig vir een van sy boesemvriende, Pierre Volschenk van Stellenbosch, geskryf waarin hy na die dood verwys:
Roep van die Grootrivier
Ek verlang vanaand na Onseepkans
Na Grootrivier en die wilde gans
waar die kokerboom soos ’n priester staan
hande omhoog teen die sekelmaanNeem my terug na Oranjestroom
waar ’n mens ’n uur of ’n week kan droom
en die arend hoog oor die waters wyd
stilte deel met eensaamheiden as my laaste oomblik slaan
onthou dan waar kom ek vandaan
bring my terug, laat rus my hier
waar die visvalk roep oor Grootrivier.
’n Hele aantal boeke is na sy dood uitgegee, onder andere Die duister weë (1997), Geld wat krom is (1997), Die berader (1998) (al drie by Van der Walt). By Hartbees Uitgewers het Uit ’n donker kas: speur- en spanningsverhale (2004), Kandidaat vir die galg (2006), Mooi was die najaar (2006) en Skemering van die gode (2007) verskyn.
Van Kas se boeke het baie herdrukke beleef en Man uit die vreemde, Elke mossie wat val en Pad na eensaamheidis onderskeidelik in 2014, 2015 en 2017 deur Protea Boekhuis heruitgegee.
Met die heruitreiking van Kas se Man uit die vreemde in 2014 vat Retha Burger (Sarie, 26 Oktober 2015) die storie so saam: “Frans Smit is die geheimsinnige man uit die vreemde wat te voet by ’n bosveldplaas aankom om te kom werk soek. Dis kort na die Tweede Wêreldoorlog en oom Andries is sieklik en is dankbaar vir die hulp. Hy dink niks daarvan dat die nuweling met net die klere aan sy lyf by die plaas aankom nie. Dan is daar ook die boer se beeldskone, parmantige jong dogter, haar jaloerse kêrel en die geheimsinnige klippe wat Frans in die berg optel, daar waar dit lyk asof iemand geprospekteer het. En hoekom klim Frans elke nag by sy kamervenster uit en waarheen gaan hy met die bondel in sy arms?
“Die verhaal loop vlot en daar is genoeg aksie en intrige om die leser geïnteresseerd te hou, al oortuig die karakters nie heeltemal nie.”
Op Netwerk24 is Riaan Grobler weer die resensent en hy sê die volgende: “Dit is ’n landelike verhaal waarvan die karakters en gebeure vergestalting gee aan ’n vervloë tyd, toe vreemdelinge mekaar nog as ‘meneer’ en ‘u’ aangespreek het, ‘magtie’ en ‘verdomp’ sterk kragwoorde was en ‘swernoot’ n belediging. Trouens, die argaïese taalgebruik is ’n interessante waarneming ten opsigte van die taalevolusie. Boonop flikker die gebeure in ’n mens se verbeelding soos ’n swart-en-wit rolprent van weleer.
“Maar benewens dié nostalgiese elemente is Man uit die vreemde, steeds ’n boeiende lekkerleesstorie uit die pen van ’n man wat oor dekades heen tientalle boeke en kortverhale laat verskyn het.”
Oor Pad na eensaamheid het Riaan Grobler ook op Netwerk24 (10 Julie 2017) geskryf: “Die twee hoofkarakters, Willem en Hans, is twee uiteenlopende persoonlikhede met uiteenlopende lewensbeskouings. Willem is die een wat nie in werk glo nie en hy swerf rond van vrou tot vrou met ’n siniese uitkyk en geen betekenisvolle verhoudings met ander mense nie.
“Hans is ’n innige boer met ’n pligsgetroue ingesteldheid. Sannie, sy vrou, het hom gelos vir ’n ander man en hom geldelik kaal uitgetrek. Maar hy bly positief en glo hy gaan vir Sannie terugwen.
“Hulle twee se paaie kruis en Willem kom bly by Hans op die plaas. […] Willem daag Hans se denke aggressief uit, oor sy werksetiek, sy geloof en sy verwronge gebondenheid aan Sannie. Hans kan aan geen logiese redenasies dink om Willem te troef nie en val telkens terug op Bybelversies.”
Willem besluit om terug te gaan Johannesburg toe, maar op die dag waarop hy sou vertrek, breek Hans sy been en Willem word so half-en-half gemanipuleer om op die plaas te bly en Hans te help. So word die rolle omgekeer. Hoe meer betrokke Willem by die boerdery raak, hoe meer geniet hy dit. Hy raak ook verlief op die buurman se dogter, Dina. As onderwyseres en nagraadse student in die letterkunde is sy op intellektuele vlak Willem se gelyke – een wat hom kan uitdaag en sinvol met hom redeneer.
Aan die ander kant is daar Hans wat al hoe meer in homself gekeer raak en nog boonop langs ’n man in die hospitaal beland wat hom sterk beïnvloed: “Dié metamorfoses lei uiteindelik tot ’n botsing wat ’n verwoestende uitwerking op die karakters se lewens het.”
Grobler sluit sy bespreking van Pad na eensaamheid só af: “Dit is ’n komplekse werk wat afspeel teen die eenvoud van die Suid-Afrikaanse platteland in die vroeë 1960’s […].Dit het die intense wanhopigheid van ’n Coen-broers-fliek, die fatalisme van ’n Camus-novelle en bevat eksistensiële uitdagings waarmee mense vandag steeds worstel. Dit is ’n uitstekende stukkie skryfwerk.”
Tydens ’n speurromanseminaar wat Unisa op 11 November 2011 in Pretoria aangebied het, het Das Steyn en Kas se dogter Rena oor “Die onbekende Kas van den Bergh” gepraat.
Op 18 Augustus 2012 het NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) ’n huldigingsprogram vir Kas van den Bergh saam met Dames Perspektief in NALN aangebied. Twee van Kas se dogters, Rena en Kitta, het die geleentheid bygewoon waartydens Kas se literêre nalatenskap by NALN bekendgestel is. Das Steyn het ’n lesing oor Kas gelewer en Leana Lategan ’n praatjie oor Kas se vrouekarakters. Rena het ’n huldeblyk aan haar pa gelewer.
Nadat Kas van den Bergh se letterkundige nalatenskap ’n tuiste by die Afrikaanse Letterkundige Museum in Bloemfontein gevind het, het Das Steyn, emeritus professor en voormalige hoof van die UV se Departement Stads- en Streekbeplanning, in die dokumente begin delf. Steyn het ook al baie lank ’n lewendige belangstelling in Van den Bergh en sy werk gehad. Só het hy afgekom op ’n handgeskrewe manuskrip van Kas oor die Anglo-Boereoorlog. Hy het dit geredigeer en persklaar gemaak en dit is gepubliseer. Daar was egter nog taal- en drukfoute wat vir Steyn gepla het. Nadat hy dit weer deurgegaan en die foute reggemaak het, is dit weer deur Prisca Uitgewers uitgegee, 18 jaar ná Kas se dood, onder die titel Vryheid vaarwel.
Gert van der Westhuizen het Vryheid vaarwel vir Die Burger (15 Augustus 2015) bespreek: “Hierdie verhaal is nie die gewone emosionele oorlogsroman met helde aan die een kant en skurke aan die ander kant wat mekaar bloeddorstig vir volk en vaderland afmaai nie.
“Dit vertel die verhaal van Hannes van Zyl, ’n Kapenaar met ’n regsgraad van Oxford, wat onwillig by die oorlog betrek word net omdat hy die guns van ’n meisie wil wen. Hy is by die Slag van Stormberg en bevind hom in ’n stadium selfs in Jan Smuts se kommando wat die destydse Kaapkolonie binnegeval het. Hy red onder meer ook die lewe van ’n Engelse offisier, ’n universiteitsvriend, op wie sy meisie, Willemien, later verlief raak.
“Deur die oë van die ontnugterde Van Zyl en van sy ander karakters, laat Van den Bergh ’n mens opnuut wonder oor wat vryheid nou werklik behels. […] Vrae soos was die oorlog nodig en is daar regtig helde in ’n oorlog en ander word gevra – vrae wat nie altyd genoeg in Afrikaans gevra word nie, veral nie oor die Anglo-Boereoorlog nie. Dit sal enige leser heelwat gee om aan te herkou en dít op sigself maak dit die moeite werd om Vryheid vaarwel te lees.”
In 2022 publiseer Prisca Uitgewers Grysland, en weer is Das Steyn die redakteur van die publikasie. Dit was ook een van die manuskripte wat in Van den Bergh se nalatenskap gevind is. Dit is na raming in 1972/1973 geskryf, het Leana Lategan, voorheen vakkundige by NALN, aan Netwerk24 vertel.
Grysland vertel die storie van ’n plaasgesin wat na Johannesburg verhuis, het Lategan verder vertel: “Demas, die oudste seun, se verhaallyn speel in Newcastle af.
“Wat hierdie roman merkwaardig maak, is die sekure beeld wat dit skep van Suid-Afrika in die 1960’s en ’70’s, toe ’n middelklashuis bekostigbaar was, motors óók, en brandstof 9c per liter gekos het.
“Op sy unieke manier skryf Van den Bergh hier oor menseverhoudings, arbeids- en ekonomiese situasies en raak hy ook op sy lakoniese manier heelwat filosofiese waarhede kwyt. Dit is ’n tipiese stadsroman en lees vlot en lekker.”
In 2025 het Das Steyn ook Die digter van Doringkraal (Prisca Uitgewers) by NALN bekendgestel. Dit is ook ’n manuskrip wat in sy dokumentversameling by NALN gevind is. Dit is ’n nuut gepubliseerde satire oor die “moderne” digkuns van die Sestigers en dateer uit die laat 1950’s.
Publikasies
|
Publikasie |
Vlieë teen die ruite |
|
Publikasiedatum |
1953 |
|
ISBN |
(hb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Verdoem nie die getuie |
|
Publikasiedatum |
1954 |
|
ISBN |
(hb) |
|
Uitgewer |
Johannesburg: Dagbreek-Boekhandel |
|
Literêre vorm en kortlysbenoemings |
Roman |
|
Pryse toegeken |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Doring tussen die rose |
|
Publikasiedatum |
1958 |
|
ISBN |
(hb) |
|
Uitgewer |
Johannesburg: Mimosa |
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Onheil op Waterval |
|
Publikasiedatum |
1961 |
|
ISBN |
(hb) |
|
Uitgewer |
Pretoria: Van der Walt |
|
Literêre vorm |
Spanningsverhaal |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Die donker dae |
|
Publikasiedatum |
1962 |
|
ISBN |
(hb) |
|
Uitgewer |
Pretoria: Van der Walt |
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Elke mossie wat val |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
|
|
Uitgewer |
|
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Die beste van Kas van den Bergh: ’n omnibus van 7 verhale |
|
Publikasiedatum |
1963 |
|
ISBN |
(hb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Kortverhale |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Pad na eensaamheid |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
|
|
Uitgewer |
|
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Die verraaier |
|
Publikasiedatum |
1965 |
|
ISBN |
(hb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Die wreker |
|
Publikasiedatum |
1965 |
|
ISBN |
(hb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Speurverhaal |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Man uit die vreemde |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
|
|
Uitgewer |
|
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Twee keer moord |
|
Publikasiedatum |
1967 |
|
ISBN |
(hb) |
|
Uitgewer |
Johannesburg: Voortrekkerpers |
|
Literêre vorm |
Speurverhaal |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Die goue tong |
|
Publikasiedatum |
1967 |
|
ISBN |
(hb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Jy speel met die dood |
|
Publikasiedatum |
1967 |
|
ISBN |
(hb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Spanningsverhaal |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Liedjie van verlange |
|
Publikasiedatum |
1968 |
|
ISBN |
(hb) |
|
Uitgewer |
|
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Twee stories vir middernag |
|
Publikasiedatum |
1969 |
|
ISBN |
(hb) |
|
Uitgewer |
Johannesburg: Voortrekkerpers |
|
Literêre vorm |
Spanningsverhaal |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Dwaalspoor van die liefde |
|
Publikasiedatum |
1972 |
|
ISBN |
0799300128 (hb) |
|
Uitgewer |
Pretoria: Treffer-Boekklub |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhaal |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Die Vontsteen-verhoor: ’n opspraakwekkende moordsaak in oënskou |
|
Publikasiedatum |
1972 |
|
ISBN |
(hb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Tafelberg |
|
Literêre vorm |
Regsake |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Elize |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
|
|
Uitgewer |
|
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
’n Oomblik van ewigheid |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
|
|
Uitgewer |
|
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Skemering van liefde |
|
Publikasiedatum |
1978 |
|
ISBN |
0798108649 (hb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Human & Rousseau |
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Sing jou lied van liefde |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
|
|
Uitgewer |
|
|
Literêre vorm |
Liefdesverhaal |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Held sonder keuse |
|
Publikasiedatum |
1979 |
|
ISBN |
(hb) |
|
Uitgewer |
Bloemfontein: In die Kol-Boekklub |
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
’n Galg vir Lisinda |
|
Publikasiedatum |
1980 |
|
ISBN |
0620045159 (hb) |
|
Uitgewer |
Pretoria: Uitgewery Oranje |
|
Literêre vorm |
Spanningsverhaal |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Die geval Lisinda |
|
Publikasiedatum |
1980 |
|
ISBN |
0798109408 (hb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Human & Rousseau |
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Liefde wat krom is |
|
Publikasiedatum |
1980 |
|
ISBN |
0798600677 (hb) |
|
Uitgewer |
Randburg: Ons Eie Boekklub |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhaal |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Môre se drome |
|
Publikasiedatum |
1980 |
|
ISBN |
0629001170 (hb) |
|
Uitgewer |
Randburg: Pronk-Boekklub |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhaal |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
My mooi meisie |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
|
|
Uitgewer |
|
|
Literêre vorm |
Liefdesverhaal |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Vlug vir jou lewe |
|
Publikasiedatum |
1980 |
|
ISBN |
0868140325 (hb) |
|
Uitgewer |
Pretoria: Daan Retief |
|
Literêre vorm |
Spanningsverhaal |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Die dinge langs die pad |
|
Publikasiedatum |
1981 |
|
ISBN |
0798111917 (hb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Human & Rousseau |
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Die jare tussenin |
|
Publikasiedatum |
1981 |
|
ISBN |
0629001316 (hb) |
|
Uitgewer |
Randburg: Pronk-Boekklub |
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Jy soek die dood |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
|
|
Uitgewer |
|
|
Literêre vorm |
Spanningsverhaal |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Die kampioen |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
|
|
Uitgewer |
|
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
’n Middag in die najaar |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
|
|
Uitgewer |
|
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Saterdagaand tuis |
|
Publikasiedatum |
1981 |
|
ISBN |
0620045167 (hb) |
|
Uitgewer |
Pretoria: Uitgewery Oranje |
|
Literêre vorm |
Rubrieke |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Soos wind deur die populiere |
|
Publikasiedatum |
1982 |
|
ISBN |
0908360010 (hb) |
|
Uitgewer |
Randburg: Ons Eie Boekklub |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhaal |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Diamante spel troewe |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
0868120626 (sb) |
|
Uitgewer |
Pretoria: Makro |
|
Literêre vorm |
Spanningsverhaal |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Nuwe seun op Overvaal |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
|
|
Uitgewer |
Johannesburg: Perskor |
|
Literêre vorm |
Jeugfiksie |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Omnibus |
|
Publikasiedatum |
1983 |
|
ISBN |
062401842X (hb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Tafelberg |
|
Literêre vorm |
Prosa |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Die spesialiste van Overvaal |
|
Publikasiedatum |
1990 |
|
ISBN |
0628033982 (sb) |
|
Uitgewer |
Johannesburg: Perskor |
|
Literêre vorm |
Jeugfiksie |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Verydelde jare |
|
Publikasiedatum |
1991 (grootdruk) |
|
ISBN |
0868121037 (sb) |
|
Uitgewer |
Pretoria: Makro |
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Die dag tussenin |
|
Publikasiedatum |
1992 (grootdruk) |
|
ISBN |
0868123358 (sb) |
|
Uitgewer |
Pretoria: Makro |
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Die belydenis van dr Elmarie |
|
Publikasiedatum |
1994 |
|
ISBN |
1868151611 (sb) |
|
Uitgewer |
Pretoria: Aktuapers |
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Jou uur het geslaan |
|
Publikasiedatum |
1995 |
|
ISBN |
0799321362 (sb) |
|
Uitgewer |
Pretoria: Van der Walt |
|
Literêre vorm |
Spanningsverhaal |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Skaduwee oor Overvaal |
|
Publikasiedatum |
1996 |
|
ISBN |
0799322369 (sb) |
|
Uitgewer |
Pretoria: Van der Walt |
|
Literêre vorm |
Jeugverhaal |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Die dood lag saam |
|
Publikasiedatum |
1996 |
|
ISBN |
0799323217 (hb) |
|
Uitgewer |
Pretoria: Van der Walt |
|
Literêre vorm |
Spanningsverhaal |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Die duister weë |
|
Publikasiedatum |
1997 |
|
ISBN |
0799324396 (hb) |
|
Uitgewer |
Pretoria: Van der Walt |
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Geld wat krom is |
|
Publikasiedatum |
1997 |
|
ISBN |
0799324329 (sb) |
|
Uitgewer |
Pretoria: Van der Walt |
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Die berader |
|
Publikasiedatum |
1998 (grootdruk) |
|
ISBN |
0799324795 (hb) |
|
Uitgewer |
Pretoria: Van der Walt |
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Uit ’n donker kas: speur- en spanningsverhale |
|
Publikasiedatum |
2004 |
|
ISBN |
0620320001 (sb) |
|
Uitgewer |
Swellendam: Hartbees Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Kortverhale |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Kandidaat vir die galg |
|
Publikasiedatum |
2006 |
|
ISBN |
1920036385 (sb) |
|
Uitgewer |
Swellendam: Hartbees Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Spanningsverhaal |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Mooi was die najaar |
|
Publikasiedatum |
2006 |
|
ISBN |
192003630X (sb) |
|
Uitgewer |
Swellendam: Hartbees Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Skemering van die gode |
|
Publikasiedatum |
2007 |
|
ISBN |
1920036482 (sb) |
|
Uitgewer |
Swellendam: Hartbees Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Roman |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Vryheid vaarwel |
|
Publikasiedatum |
2016 |
|
ISBN |
9780868868264 (sb) |
|
Uitgewer |
Orania: Prisca Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Geskiedenisfiksie |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Grysland |
|
Publikasiedatum |
2020 |
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Orania: Prisca Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Geskiedenis |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
Die digter van Doringkraal |
|
Publikasiedatum |
2025 |
|
ISBN |
9781037043161 (sb) |
|
Uitgewer |
Orania: Prisca Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Satiriese werk oor die digkuns |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Artikels deur en oor Kas van den Bergh:
- Anti-Kas: Nee, tog nie al weer Vontsteen! [brief]. Rapport, 5 November 1972
- Balie gee redes vir verset teen Kas. Volksblad, 8 Februarie 1973
- Bekende skrywer skei. Volksblad, 5 Maart 1970
- Bellingan, Maretta:
-
- Ouderdomsverskil nie belangrik vir Sonja en skrywer Kas. Oggendblad, 19 April 1982
- Vir Kas kon Sonja nie nee sê nie. Transvaler, 15 April 1982
-
- Blanke skiet Kas van den Bergh trompop in die gesig. Vaderland, 26 November 1964
- Blignaut, Toontjies: Gesaghebbende stem [brief]. Transvaler, 15 Oktober 1982
- Coetzee, Jan: Woensdae begin of eindig jare se verdriet. Rapport, 28 Maart 1982
- Coetzee, Koos: He’s not too Afrikaans. The Friend, 11 Augustus 1981
- Delport, Deon: Kas pluk weer eens ’n jong blaar. Rapport, 11 April 1982
- Du Plessis, PC: Mees gedagvaarde skrywer in die land. Huisgenoot, 10 Januarie 1958
- Ek het geen grief, sê Kas. Vaderland, 26 Maart 1966
- Excell aan speurder: Kas vd Bergh het by meisie aangelê. Transvaler, 23 April 1965
- Excell: Kas het aangeraai: Vlug na Kongo. 1965 [bron en datum nie vermeld]
- Gomes, Lucia: Die jare skei, maar die liefde bly ... Huisgenoot, 29 Julie 1982
- Huis vir ’n mooi jong vrou. Rapport, 29 Oktober 1972
- Jong Karin los “té Bosveldse ou Kas”. Oggendblad, 30 Januarie 1975
- Kas hou op kameel wittebrood. Rapport, 28 Maart 1971
- Kas loop hom weer teen Frelimo vas. Volksblad, 27 Mei 1975
- Kas se derde. Rapport, 18 April 1982
- Kas se mooie Karin los hom. Rapport [geen datum]
- Kas span trekker in om sy dogter te trou. Hoofstad, 6 Maart 1982
- Kas van den Bergh. Wikipedia
- Kas van den Bergh. Vaderland, 28 Desember 1960
- Kas vd Bergh dagvaar filmmakers: Bekende skrywer en sakeman eis R30,400. Dagbreek, 17 Maart 1963
- Kas van den Bergh: Ek is net ’n takhaar in klere. Vaderland, 26 Oktober 1967
- Kas van den Bergh geskiet: Polisie soek Springbok. Transvaler, 5 Desember 1964
- Kas vd Bergh “weet” wie hom geskiet het. Transvaler, 27 November 1964
- Kas vra weer ja-woord. Transvaler, 12 April 1982
- Kas wil advokaat word. Hoofstad, 24 Maart 1970
- Kas wil as prokureur geskrap word. Vaderland, 24 November 1970
- Kas-hulle is al lank uitmekaar. Beeld, 8 Maart 1970
- LM prison was “pretty grim”. The Star, 27 Mei 1975
- Malan, Lenore: Teenstand vir Kas as ’n advokaat. Oggendblad, 8 Februarie 1973
- Oosthuizen, Magda: Kas se derde is “verstandigste”. Vaderland, 21 April 1982
- Op las. Transvaler, 20 November 1971
- Pickover, Stephanie: Author heads for third marriage. Sunday Times, 18 April 1982
- Pillans, Adrie: Kas kom in uit die koue. Rooi Rose, 26 Januarie 1994
- Preller, Mauritz: Kas onderskat die gemiddelde leser [brief]. Transvaler, 30 April 1982
- Pretorius, Karin: Kas van den Bergh was self talentvolle digter [brief]. Netwerk24, 23 Desember 2021
- Skrywer gaan nou skei. Transvaler, 8 Maart 1970
- Skrywer gaan trou: Karin is bang Kas dra pruik. Rapport, 24 Januarie 1971
- Skrywer nie welkom as advokaat. Die Burger, 9 Februarie 1973
- Skrywer se pa skiet homself. Transvaler, 15 Oktober 1973
- Skrywer skei vir 2de keer. Die Burger, 30 Januarie 1975
- Skrywer Kas wil skei: mooi blondine aan sy sy. Transvaler, 30 Januarie 1975
- Steyn, Das:
-
- Hoe ver was skrywer Kas van den Bergh sy tyd vooruit?. YouTube, 17 September 2025
- Kas van den Bergh – storieverteller en patriot 15 Augustus 1925 – 5 Januarie 1997: voordrag by Dames Perspektief en NALN te Bloemfontein, 18 Augustus 2012
- Die onbekende Kas van den Bergh: voordrag by seminaar “Leidrade: speur-, spanning- en misdaadverhale in Afrikaans”, Unisa, 11 November 2011
-
- Sy wou oor Kas skryf, nou trou hulle. Volksblad, 12 Januarie 1971
- Van den Bergh, Kas: So skryf ek ’n verhaal. Brandwag, 29 September 1952
- Van den Bergh, Rena: Maar net ’n pa? Toespraak gelewer by Dames Perspektief en NALN te Bloemfontein, 18 Augustus 2012
- Van der Merwe, Koos: Kas van den Bergh. Byvoegsel tot Die Burger [datum ontbreek]
- Van Deventer, Hennie: Rebel met ’n grief teen “heilige koeie”. Beeld, 13 Oktober 1978
Artikels oor Kas van den Bergh se afsterwe
- Begaafde boereskrywer sterf. Die Boerant, Maart 1997
- Harmse, JJ: Kas skryf vir vriend gedig oor dood. Die Burger, 7 Januarie 1997
- Ou vriende groet skrywer met ongewone roudiens. Die Burger, 11 Januarie 1997
- Pillans, Adrie: ’n Geliefde stem is stil. Taalgenoot, April 1997
- Skrywer het gedig oor dood geskryf. Volksblad, 7 Januarie 1997
- Skrywer het lewe voluit geleef. Volksblad, 6 Januarie 1997
- Skrywer se wens oor begrafnis uitgevoer. Volksblad, 11 Januarie 1997
- Skrywer sterf aan hartaanval. Die Burger, 6 Januarie 1997
- Van Wyk, Marguerite: Kas van den Bergh (71) sterf. Beeld, 6 Januarie 1997
- Viljoen, Ollie: Daar was maar net een Kas van den Bergh. Keur, 24 Januarie 1997
Kas van den Bergh se LitNet ATKV-skrywersalbum is oorspronklik op 2012-09-27 gepubliseer en is nou volledig bygewerk.
Bron:
- Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel (Wyno Simes en Annelien Diedericks) vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.


