Mikro (1903–1968)
2026-08-14"Ek glo dat ’n mens net werklike mense kan skep in ’n kunswerk as jy jou karakters werklik liefhet. Dit is dan ook ’n gewone verskynsel om my karakters innerlik so sterk en wesenlik te sien en te hoor praat dat hulle werklik bestaan."
Kas van den Bergh (1925–1997)
2026-08-03"Ek probeer met my skrywery om vir die verveelde gemeenskap die boodskap te bring dat jy miskien elke dag ’n wonderlike ervaring kan hê of ’n nuwe lewe kan begin."
Bettina Wyngaard (1971–2026)
2026-07-30"My grootste wens is dat ons as mensdom sal ophou om enigiemand wat anders as ons is, te haat en te dwing om in ons eng boksies te pas. Daar is plek vir ons almal, en ons grootste bate is juis ons diversiteit."
Sidney Gilroy (1980–)
2026-07-20"Boeke is die tydmasjiene wat ons komvandaan bewaar en ook die rigtingwysers om wat dalk mag kom, te navigeer. Boeke is vir my die stiksel wat samelewings heg."
Jan Spies (1936–1996)
2026-07-09"Ek het besef: As ek iets te sê had, sal dit moet kom uit die wêreld waar ek grootgeword het. Daar waar ek my wortels in die grond het, daar moet ek die watertjie opsuig. Ek het nie ander grond nie en ek het ook nie ander water nie."
Derick van der Walt (1958–2022)
2026-06-04"Wanneer daar ’n storie in my kop is, bereik dit ’n stadium waar die dam breek en waar ek letterlik fisiek ongemaklik begin voel en nie van die skryfproses kan afskakel nie. Vir die skrywery gebruik ek g’n plan of skema nie. Ek duik net in."
Anchien Troskie (1968–)
2026-05-12"Vandat ek Dis ek, Anna geskryf het, voel ek waarlik skoon, die pyn dowwer ... As slagoffer van molestering en/of verkragting, voel dit soms asof dit al is wat jou definieer. Wat natuurlik glad nie waar is nie."
Henriette Grové (1922–2009)
2026-05-05"My belangstelling in menslike verhoudinge en die wyse waarop mense praat, het tot my belangstelling vir dramas aanleiding gegee. Die daaglikse gesinslewe is so vol dramatiese gegewens dat ek al my stof daaruit kan put."
Pieter Pieterse (1936–2002)
2026-04-29"Ek versamel nie antieke nie, was nog nooit oorsee of op universiteit nie en my huis is sommer ’n grasdakplekkie in die bos. Maar ek is lief vir die buitelewe en die eensaamheid van ’n skrywer se beroep ... en ek is lief vir my honde. Die liefste van alles het ek my medemens met al hul nimmereindigende snaaksighede waaroor ek kan skryf."
Danie Marais (1971–)
2026-04-22"My ervaring was nog altyd as jy eerlik en weerloos oor die klein goed rondom jou skryf, skryf jy dikwels op ’n manier ook oor die groter kwessies. Dit laat ander mense wat hulleself in soortgelyke situasies bevind, minder eensaam voel."
Berta Smit (1926–1997)
2026-04-13"Iemand het op ’n keer gesê ’n skrywer kies nie ’n tema nie – die tema kies hóm. Dit neem soms jare om vas te stel wat daardie innerlike drang om te skryf laat ontstaan, maar wanneer dit eers ’n naam gekry het, móét dit uit."
Jan Rabie (1920–2001)
2026-04-09"[M]ens hoef nooit terug te gaan nie; niks wat goed geleef is, gaan ooit weer verlore nie. Die rivier van my jeug haal nog asem in die kronkels van my drome; die getye van daardie liefde stu nog steeds deur my skryfwerk, onverloorbaar myne."
Chris Lombard (1929–2012)
2026-03-18Chris Lombard in Vanuit ’n ou dorpshuis (1996): "Die lewe het dimensies waarvan ’n mens nooit kan weet terwyl jy versigtig in die vlakwater bly plas nie. Dis die induik wat tel. En die oomblik."
Patrick Petersen (1951–1997)
2026-03-13Patrick Petersen het in 1996 gesê: "Maar in ’n tyd soos hierdie waar Afrikaans gemarginaliseer word, het ons elke skrywer in Afrikaans nodig sodat ons mekaar aan die skoenrieme kan optrek om Afrikaanse skryfwerk te laat gedy."

