Jaco Jacobs (1980–)
2024-09-04"As skrywer probeer ek nie te ver vooruit kyk nie – ek doen bloot my bes om boeke te skryf wat jong lesers hopelik sal oortuig dat dit die moeite werd is om in Afrikaans te lees." Lees oor Jaco Jacobs se lewe en werk.
Abraham H de Vries (1937–2024)
2024-08-28"Die Afrikaanse letterkunde is die lewenskragtigste affêre wat ek ken. Daar verskyn soveel boeke, soveel goeies, ek raak net hier en daar grond."
Jeanette Ferreira (1954–)
2024-08-20"Prosa is loop, poësie is dans – ’n taal moet kan loop en dans." Lees meer oor Jeanette Ferreira in hierdie ATKV-skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche en nou volledig bygewerk.
Ingrid Jonker (1933–1965)
2024-07-24"Die kunstenaar moet probeer om ’n groter publiek te bereik, moet in aanraking met die gemeenskap bly en haar werk moet nie 'te intellektueel' wees nie."
Mariël le Roux (1947–2023)
2024-07-17"Ek het nog nie veel tyd gehad om fiksie te skryf nie, maar ek loop al my hele lewe lank met ’n pen in die hand rond. Ek het stories in die sand geskryf met ’n stokkie en later met ’n potlood toe ek rêrig kon skryf."
JFW Grosskopf (1885–1945)
2024-07-08“Hoe ouer ek word, hoe groter word my eerbied vir taal en vir woorde. Woorde is vir ons soos goud vir die goudsmid of diamant vir die slyper.” Lees meer oor JFW Grosskopf se lewe en werk in dié ATKV-skrywersalbum, nou volledig bygewerk.
EB Grosskopf (1888–1949)
2024-07-02Ernst Grosskopf het bekendheid as skrywer verwerf met sy kortverhale, maar veral met sy klassieke jeugverhaal Patrys-hulle, wat op sy eie jeugherinneringe gegrond was.
Helena Gunter (1954–)
2024-06-12"Geskiedenis is belangrik. Dit bied die konteks waaruit jy kom en waarvandaan jy moet voortbeweeg." Helena Gunter se profiel in die ATKV-Skrywersalbum is nou bygewerk.
SV Petersen (1914–1987)
2024-06-03"Ander mense sê ek is ’n digter, maar vir my gaan dit om die stryd – die stryd om die waardigheid van mense." Lees oor SV Petersen se lewe en werk.
Bettina Wyngaard (1971–)
2024-05-02“Sosiale kommentaar is vir my ’n prioriteit in die literatuur. Dis soos om ’n spieël voor die mense te hou; dit daag die leser uit om sy idees en/of gedrag te verander.”
CJ Langenhoven (1873–1932)
2024-04-23“Skrywers wat meer as bloot meganiese werk lewer, neem die klein dingetjies waar, waarvoor geen grammatikale of stylreëls geformuleer kan word nie.”
Helene de Kock (1943–)
2024-04-03"Alhoewel die liefde ’n belangrike onderwerp in my verhale is, staan dit nooit apart van ander verhoudings nie. Die liefde self is verweef in die web van die lewe, glo ek."
Zirk van den Berg (1960–)
2024-03-22"Ek skryf omdat dit vir my lekker is. Omdat ek relatief goed is daarmee. Omdat ek beter voel as ek besig is om iets te skep. Om my lewe meer sinvol te laat voel. Omdat dit my kans gee om te speel en baas te speel. Omdat dit my help om vrede te maak met die dinge wat my pla. En omdat dit my help om weer daardie gevoel te kry wat ek as kind gehad het toe ons in die veld gaan piekniek hou het."
Irma Venter (gebore: 1970’s)
2024-03-08"My droom is om eendag die mees elegante Afrikaanse moordstorie te skryf, een waar geen naat wys nie."
Willem Anker (1979–)
2024-03-05"Aangesien lesers deesdae skaarser is as hoendertande, ysbere of katoolse pandas, lê die toekoms van Afrikaanse of watookalse letterkunde miskien in die opvoeding van ’n volgende generasie lesers."

