Erika Terblanche

Gebore en getoë op Heidelberg in die Suid-Kaap. Matrikuleer in 1968 daar en gaan swot BA met Geskiedenis en Frans as hoofvakke en ‘n Hoër Diploma in Biblioteekkunde aan US. Gaan werk by die Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens as Afrikaanse boekkeurder totdat haar oudste dogter gebore word. Maak vir elf jaar kinders groot en verhuis in 1982 na Bloemfontein. Begin in 1987 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum werk en bring bykans twintig wonderlike jare daar deur, waar sy met die Afrikaanse skrywers, uitgewers en ander belangstellendes in ons taal kontak gehad het. In 2007, na herstrukturering van die departement, bedank sy. Na ’n jaar by die Departement Afrikaans van UV tree sy en haar man, Harold, ’n stadsbeplanner, af en verhuis in 2009 na Durbanville. Sy is sedert Augustus 2007 verantwoordelik vir die Afrikaanse Skrywersalbum op LitNet en werk deeltyds by die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl. Sy en Harold het twee dogters en ’n seun, en die mooiste kleindogter in Suid-Afrika, indien nie in die hele wêreld nie. Opgedateer/Updated: 2010-06-22 Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan [email protected] Bio-info dated? Send an e-mail to [email protected]

Pirow Bekker (1935–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-06-07

“Skryf is ’n voortdurende onvrede met die tevredenheid. Daarom is dit half jammer ’n skrywer is net een maal in hierdie wêreld. Ek sê altyd ’n mens moet drie lewens hê: om te lewe, om te lees, om te skryf.” Lees oor Pirow Bekker se lewe en werk.

Rykie van Reenen (1923–2003)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-05-25

Oor die joernalistiek het Rykie van Reenen gesê: "Dit verstom my elke dag dat ’n mens vir soveel lekkerkry betaal word!" Lees meer oor haar lewe en werk.

CF Beyers-Boshoff (1926–1989)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-05-16

"As jy skryf, moet dit wees soos ’n stuk rou lewer wat jy op wit satyn gooi. Vir subtiliteit is daar in kommersiële skryfwerk min plek." Lees oor CF Beyers-Boshoff se lewe en werk.

Ena Jansen (1951–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-05-11

"Om in Amsterdam so betrokke by Afrikaans en Suid-Afrika te kon wees, was ’n tuiskoms, dit het wat werk betref my bestaan in Nederland nóg sinvoller gemaak as wat dit al was nadat ek agter my hart aangetrek het soontoe." Lees oor Ena Jansen se lewe en werk.

Karel Schoeman (1939–2017)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-05-04

"Afrikaanssprekendes het dieper leer lees; hulle het agtergekom dat daar ook iets tussen lettergrepe gebeur." Lees oor Karel Schoeman se lewe en werk.

DJ Opperman (1914–1985)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-04-27

“Die hoogste vreugde van die aarde word gewek deur die drie-eenheid: eet, drink en gesprek.” Lees oor die lewe en werk van DJ Opperman.

IL de Villiers (1936–2009)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-04-20

“Die lewe bestaan mos uit bestemmings, uit drome en werklikhede, uit verbeel en ervaar. En ek dink selfs die ewigheid is ’n reis vol lig tussen die sterre.” Lees meer oor IL de Villiers se lewe en werk.

NP Van Wyk Louw (1906–1970)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-04-10

"Alleen dit: die kind swyg miskien, die skrywer kan nie swyg nie, juis omdat hy skrywer is. Hy kan saam lag, saam huil, hy kan kritiseer, selfs striem; saam juig en saam treur." Lees meer oor NP van Wyk Louw se lewe en werk.

Dricky Beukes (1918–1999)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-04-06

“Ek skryf ontspanningsleesstof, want ek voel ontspanne as ek skryf. Ek dink nooit aan ’n spesifieke teikengroep of ’n ‘iemand’ nie, maar skryf doodgewoon vir ménse.” Lees meer oor Dricky Beukes se lewe en werk.

Louise Behrens (1903–1994)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-03-23

“’n Kennis van en ’n voorliefde vir die wêreld se groot letterkunde en kuns en musiek is al erfenis wat ons ons kinders sal kan nalaat." Lees oor Louise Behrens se lewe en werk.

WEG Louw (1913–1980)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-03-16

“Groot manne, of hulle digters, hervormers of staatsmanne is, verander die geestelike landskappe waarin hulle gestaan het.” Lees oor WEG Louw se lewe en werk.

Chris Karsten (1947–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-03-02

"Die waarheid was nog altyd vreemder as fiksie. Die plig van skrywers is om deurentyd grense te probeer oorsteek om die fiksieruimte vir lesers te vergroot." Lees oor die lewe en werk van Chris Karsten.

Zulfah Otto-Sallies (1961–2016)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-01-23

"Wat ek voel en waarin ek glo, moet uitkom, maak nie saak of dit in ’n verhaal, gedig of teaterteks is nie." Lees oor Zulfah Otto-Sallies se lewe en werk.

John Miles (1938–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-01-18

"As ek nie kan skryf nie, sal dit boedel oorgee wees, met seniliteit of so iets tot gevolg." John Miles se ATKV | LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

Deon Meyer (1958–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-01-12

"Ek glo aan die LLS-benadering: Lees, Leef en Skryf. Daar is geen beter oefening vir skryf as lees nie." Deon Meyer se ATKV|LitNet-skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

Top