Erika Terblanche

Gebore en getoë op Heidelberg in die Suid-Kaap. Matrikuleer in 1968 daar en gaan swot BA met geskiedenis en Frans as hoofvakke en ’n Hoër Diploma in Biblioteekkunde aan US. Gaan werk by die Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens as Afrikaanse boekkeurder totdat haar oudste dogter gebore word. Maak vir 11 jaar kinders groot en verhuis in 1982 na Bloemfontein. Begin in 1987 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) werk en bring bykans 20 wonderlike jare daar deur, waar sy met Afrikaanse skrywers, uitgewers en ander belangstellendes in ons taal kontak gehad het. In 2007, na herstrukturering van haar departement, bedank sy. In 2007 nader LitNet haar om aan ’n Afrikaanse Skrywersalbum te begin werk – en dit is waarmee sy haar nog steeds besig hou. Sy en haar man verhuis in 2009 na Durbanville. In 2019 trek hulle George toe, en nou kan hulle vir die kinders en kleinkinders oorsee gaan kuier, asook vir dié wat besluit het om op Suid-Afrikaanse bodem te bly.

 

Helene de Kock (1943–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-04-03

"Skryf is ’n Godgegewe talent wat jy moet slyp en waarvoor jy eendag verantwoording sal moet doen." Lees oor Helene de Kock se lewe en werk in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

Peet Venter (1940–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-02-07

“Die misdaadroman leen hom by uitstek tot vinnige, volgehoue aksie en spanning. ’n Mens moet jou storie ken om dit reg te kry. Jy moet jou leser binne die eerste sin of twee vasvang, en nie weer laat los tot die einde nie.” Peet Venter se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.

François Bloemhof (1962–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-01-24

"As skrywer is ek hier om stories te vertel, om mense ’n paar uur uit hul voorspelbare lewe te ontvoer. As mens is ek hopelik hier om ander mense elke nou en dan ’n bietjie beter te laat voel." François Bloemhof se profiel in LitNet se ATKV-Skrywersalbum in nou bygewerk.

Dana Snyman (1963–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-01-10

“Stories is soos brood vir die hart. ’n Mens het stories nodig soos jy water nodig het – as jy ’n betekenisvolle lewe wil lei. Stories is groter as mense.” Dana Snyman se skrywersprofiel in LitNet se ATKV-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

Irma Joubert (1947–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-12-20

“Ek skryf oor gewone mense wat in moeilike tye liefde vind.” Lees oor Irma Joubert se lewe en werk in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

Miemie-Louw Theron (1898–1992)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-11-29

Lees oor die lewe en werk van Miemie-Louw Theron in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

Theunis Engelbrecht (1965–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-11-22

"Die hoofvereiste is dat die skrywer ten alle tye getrou en eerlik aan homself moet bly." Lees oor die lewe en werk van Theunis Engelbrecht in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

Johann de Lange (1959–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-11-15

"Skryf het my ’n wonderlike, verrykende lewe besorg, vol mense wat ek andersins nooit sou leer ken het nie. My beskeie talent het vir my deure oopgemaak na vriendskappe met werklik groot skrywers en digters in ons taal, en met visuele kunstenaars ook, en dít verruil ek vir niks nie." Lees oor Johann de Lange se lewe en werk.

Reza de Wet (1952–2012)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-10-10

"Ek het ’n groot liefde vir my taal. Dit het ’n ryk tekstuur en baie kleurryke en verbeeldingryke idiome. Om in Engels te skryf, is nie so ’n intieme ondervinding nie." Lees oor Reza de Wet se lewe en werk in haar ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Helena Gunter (1954–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-09-20

"Geskiedenis is belangrik. Dit bied die konteks waaruit jy kom en waarvandaan jy moet voortbeweeg." Helena Gunter se ATKV-Skrywersalbum is nou bygewerk.

Lerina Erasmus (1946–2018)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-09-13

“Jy moet mense so laat glo in jou storie dat hulle deel word daarvan.” Lerina Erasmus is op 20 Augustus 2018 oorlede.  Lees oor haar lewe en werk in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

Koos Human (1931–2018)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-08-28

"Wat saak maak, is dat uitgewers, en redakteurs van koerante en tydskrifte, met hul produksie die leserspubliek moet aantrek. En resensente behoort meer lesergerig te skryf, en nie vir mekaar nie." Lees oor Koos Human se lewe en werk in sy ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Gilbert Gibson (1963–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-07-26

“In die volmaakte gedig kom die leser se verwagting en die digter se intensie soos ’n spits van ’n berg bymekaar. Maar dit gebeur natuurlik nooit nie. Daar is altyd ’n gaping.” Lees oor Gilbert Gibson se lewe en werk.

Cas van Rensburg (1942–2018)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-07-12

"Natuurlik is daar mylpale, maar ’n lewe word nie gemeet aan datums of posisies nie, maar aan die groei van die gees of psige van die mens wat op aarde net een kans gegun word om sy eie waarheid te verken." Lees oor Cas van Rensburg se lewe en skryfwerk in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

Cecile Cilliers (1933–2018)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-06-26

“Om te praat is my gawe, woorde my werk en mense my liefde.” Cecile Cilliers is op 16 Junie oorlede. Lees meer oor haar lewe en werk in haar ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Top