Uys Krige (1910–1987)
2022-07-12“Daar is niks in die hemel of op die aarde of onder die see wat nie in Afrikaans uitgedruk kan word nie. Dit is op die veld gebore en is so eie aan ons land as die lang geel gras eie aan die grootste deel van Suid-Afrika.” Lees oor Uys Krige se lewe en werk.
Bartho Smit (1924–1987)
2022-07-12"Ander tale is vir my net woorde. Afrikaans is vir my my ervaring, my verlede, my hede, my toekoms." Lees oor die lewe en werk van Bartho Smit.
PJ Haasbroek (1943–)
2022-07-05"Vir my moet ’n verhaal sigbaar en hoorbaar wees. As ek iets op ’n sekere manier gesien het, wil ek hê die leser moet dit net so sien. Maar ek wil ook hê die leser moet dit kan hoor. Daarom skryf ek hardop."
Johann Johl (1951–1996)
2022-06-28"Die Afrikaanse poësie is wyd geskakeerd. Mense sê poësie is te moeilik of esoteries, maar dis twak – daar is iets vir almal om te lees."
Marlise Joubert (1945–)
2022-05-17“Om digter te wees, is om self denker te wees; om self filosoof te wees. Om digter te wees, is ook om mens te wees wat gedurig eksistensieel-eties gemoeid is met die wyses van wees en van uitdrukking gee aan sy eie wese.”
Louis Esterhuizen (1955–)
2022-05-10"Poësie is nie gedrukte woorde op papier met ’n enkele of eksakte betekenis nie. Dit is die resonansie wat ontstaan tussen die woordsuggesties op papier en die ervaringswêreld van die leser." Lees oor Louis Esterhuizen se lewe en werk.
Elize Botha (1930–2007)
2022-04-29"Om Afrikaans te wees, maak dit vir my maklik om te leef vanuit ’n diverse wêreld. Dit laat my eenheid en verskeidenheid makliker verstaan."
Petra Müller (1935–2021)
2022-03-29"Om ’n gedig te skryf, is nie eens werk nie; jy moet net bereid wees om dit te doen." Lees oor Petra Müller se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Louis Eksteen (1930–2001)
2022-03-23"Ons hier in Suid-Afrika skryf deesdae veels te veel en daar word oneindig baie gepubliseer. Ons bloei ons leeg!" Lees oor Louis Eksteen se lewe en werk.
CF Beyers-Boshoff (1926–1989)
2022-03-15"As jy skryf, moet dit wees soos ’n stuk rou lewer wat jy op wit satyn gooi. Vir subtiliteit is daar in kommersiële skryfwerk min plek." Lees oor CF Beyers-Boshoff se lewe en werk.
Deborah Steinmair (1962–)
2022-03-11"Vir my is dit vlieg sonder vlerke. Sodra jy óf begin twyfel óf begin grootkop kry, sink jy soos ’n klip. Skryf is baie opwindend en baie vreesaanjaend. Beheer is ’n illusie."
Marlene van Niekerk (1954–)
2022-02-09"Die hoogste geluk is om te skryf." Marlene van Niekerk se ATKV|LitNet-Skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.
Hennie Aucamp (1934–2014)
2022-01-14"’n Mens moet leer om ’n afstand tot dinge én mense te behou. So bly dinge en mense vir jou nuut; só bly jy ook vir bekendes nuut." Hennie Aucamp se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
Riana Mouton (geboortejaar onbekend)
2021-11-30"Ek sien skryf as selfontdekking. Ek het ’n kant van myself ontdek wat ek van hou."
Marié Heese (1942–)
2021-11-23"As jy die skrywersgeen het, is daar nie uitkomkans nie. Jy skryf jou lewe lank. Al publiseer jy nie noodwendig nie."

