Elise Muller (1919–1985)
2022-10-18"Hoe ek skryf? Ek word getref deur ’n situasie, ek gaan sit en skryf, en partykeer loop die verhaal na vele herskryf soos ek bedoel of voorsien het, en ander kere neem dit heeltemal ’n nuwe beloop. Dan is ek net so verras soos die toekomstige leser."
Engela van Rooyen (1939–)
2022-10-11"Inspirasie? Ek kry nie inspirasie nie. Ek werk. Inspirasie kom onopvallend deur werk. Inspirasie is nie ’n wonderwerk nie, eerder ’n werkwonder."
Pieter Fourie (1940–2021)
2022-10-06"Jy weet, in [die Karoo] reën dit nooit, maar as die mense daar begin praat, dan reën dit op jou ore. Die mooiste, mooiste Afrikaans."
Marzanne Leroux-Van der Boon (1940–2022)
2022-09-26"Om oor die reis tussen mens en mens te skryf, ken geen einde nie. In elke menslike verhouding is soveel intrige dat jy by die ontginning daarvan meermale sprakeloos staan. Dit sluit vanselfsprekend die liefde in."
Ellen Botha (1941–)
2022-09-19"As jy wil snaaks wees, kan dit nie net ’n 'grappie op rym' wees nie. Jy moet in jou rymelary speel met die taal. En daar moet altyd iewers ’n stekie, ’n stoutigheid, ’n stuitigheid of ’n skurwigheid wees. So nie beteken dit vir my niks."
George Weideman (1947–2008)
2022-09-02"Om te skryf is amper soos tuinmaak: jy woel met woorde wat groei en bome wat gesnoei moet word. Dis ook ’n manier om die kompleksiteit van die lewe en die Skepping te probeer verstaan."
Thomas Deacon (1942–2022)
2022-08-23"Ek wou die taal neerskryf vir die nageslag, want dis vinnig besig om uit te sterf. Vir die jonger mense het dit mos ’n skande geraak om die streektaal te praat. En dis jammer."
PJ Bosman (1933–)
2022-08-10"As gevolg van talle skoolvakansies op familieplase en my huwelik met ’n plaasmeisie, skryf ek die graagste oor boere en plattelandse mense en hulle dinge."
De Waal Venter (1942–2022)
2022-07-27"Die samelewing mag verander, maar ons drang om te skep is onvernietigbaar eie aan ons."
CGS de Villiers (1894–1978)
2022-07-18"Vir diegene wat werklik lewe, is die ouer geslagte mos nie dood nie. ’n Mens moet weet wie jy is, waar jy vandaan kom. Gegewens oor ons voorgeslagte behoort versamel te word."
Uys Krige (1910–1987)
2022-07-12“Daar is niks in die hemel of op die aarde of onder die see wat nie in Afrikaans uitgedruk kan word nie. Dit is op die veld gebore en is so eie aan ons land as die lang geel gras eie aan die grootste deel van Suid-Afrika.” Lees oor Uys Krige se lewe en werk.
Bartho Smit (1924–1987)
2022-07-12"Ander tale is vir my net woorde. Afrikaans is vir my my ervaring, my verlede, my hede, my toekoms." Lees oor die lewe en werk van Bartho Smit.
PJ Haasbroek (1943–)
2022-07-05"Vir my moet ’n verhaal sigbaar en hoorbaar wees. As ek iets op ’n sekere manier gesien het, wil ek hê die leser moet dit net so sien. Maar ek wil ook hê die leser moet dit kan hoor. Daarom skryf ek hardop."
Johann Johl (1951–1996)
2022-06-28"Die Afrikaanse poësie is wyd geskakeerd. Mense sê poësie is te moeilik of esoteries, maar dis twak – daar is iets vir almal om te lees."
Marlise Joubert (1945–)
2022-05-17“Om digter te wees, is om self denker te wees; om self filosoof te wees. Om digter te wees, is ook om mens te wees wat gedurig eksistensieel-eties gemoeid is met die wyses van wees en van uitdrukking gee aan sy eie wese.”

