Jeanne Goosen (1938–2020)
2020-10-28“Om te skryf is soos om te droom terwyl jy wakker is. Dis soos om te toor.”
MM Walters (1929–2020)
2020-10-21"Soos met die satire is die politiek altyd tydgebonde. Maar wat nié is nie, is die mens en sy angste en sy vrese." MM Walters se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
Johan Myburg (1957–)
2020-10-07“Vir poësie is digters nodig. Vir poësie is lesers nodig. Lesers wat poësie lewend wil hou.”
Marlize Hobbs (1972–)
2020-09-16"Ek glo nie mens moet mors met woorde nie; as iets gesê is, het jy bestaansreg daaraan gegee en dit kan maak of breek."
Loftus Marais (1982–)
2020-09-10"Ek voel goed oor kontemporêre Afrikaanse poësie. Daar is soveel opwindende goed wat gebeur. Dit voel asof ek deel is van iets groots." Loftus Marais se ATKV LitNet-Skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.
Marita van der Vyver (1958–)
2020-08-20"As ek dan ’n verantwoordelikheid het teenoor Afrikaans, is dit om te bly skryf daarin."
Adriaan Snyman (1938–)
2020-07-27"Adriaan Snyman skroom nie om omstrede onderwerpe as temas vir sy romans te gebruik nie." Adriaan Snyman se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.
Nathan Trantraal (1983–)
2020-07-20"My Afrikaans lyk soesie mense wat it praat. Die geskiedenis van Coloured mense is heeltemaal locked up innie Afrikaans wat hulle praat. Is Engels, Dutch, Malay, Indonesian Arabic, Khoe. Dis ’n version van Afrikaans wat unedited is, sône gatekeepers en sône affectations."
SJ du Toit (1847–1911)
2020-07-14"Mogelik sal ’n latere geskiedskrywer, as teenwoordige vooroordele al uitgestorwe en die tyd elke gebeurtenis na waarde sal gerangskik hê, die 14de Augustus 1875 opteken as ’n gedenkwaardige dag."
AHM Scholtz (1923–2004)
2020-07-13"’n Skrywer sonder ondervinding en mensekennis sal ’n swak skepper van lewendagge gedagtes op papier wees." AHM Scholtz se ATKV|LitNet-Skrywersalbum-inskrywing is nou volledig bygewerk.
Berna Ackerman (1935–2015)
2020-07-08"Hoekom word ons tog so ontroer deur die dinge wat ons self skryf? Seker maar omdat ʼn mens moeilik afstand kry van die dinge wat jyself beleef het." Berna Ackerman se LitNet | ATKV-Skrywersalbum-inskrywing is nou volledig met nuwe inligting bygewerk.
Elsa Joubert (1922–2020)
2020-06-23"Die stroom van die lewe gaan so sterk en so vinnig verby. Deur woorde probeer ek ’n klein stroompie afkeer, ’n walletjie gooi, om te kyk hoe lyk dit as die water tot ruste kom." Elsa Joubert se LitNet | ATKV-Skrywersalbum-inskrywing is nou volledig met nuwe inligting bygewerk.
Hein Viljoen (1951–)
2020-06-18"Die digter is inderdaad soos ’n hol trom wat al die klank en gebeure om hom opvolg. Hy vang die groot kabaal van die lewe om hom op en verwoord dit."
Etienne Leroux (1922–1989)
2020-06-04"’n Skrywer is dikwels profeties en skryf oor probleme waarvan die gemeenskap op die oomblik nie bewus is nie – sekere tendense wat hy nou al in die kiem sien. Deur sy sensitiewe waarneming word hy gepla deur dinge wat vir ander onsigbaar is."
Rita (JM) Gilfillan (1941–)
2020-05-21"Ek skryf, want dis op ’n sekere manier ’n bevestiging van ’n eie identiteit."

