Foto: Menán van Heerden |
Sêgoed van Clinton V du Plessis: "Ek wou nog altyd ’n teks skryf wat nie by die lees daarvan die leser laat besef dat hierdie is ’n bruin skrywer nie. Ek wil modern skryf. Net omdat ek bruin is, hoef ek nie noodwendig ’n lotsverbondenheid met Distrik Ses te hê nie. Vir my gaan dit in my skryfwerk oor universele probleme, uitsigloosheid, die leë verbruikerskultuur, ’n besef dat seks een van die mees overrated aktiwiteite is." Oor sy posisie as randfiguur in die Afrikaanse letterkunde: "Dis exciting op die rand. Jy kan van buite die sterkste stellings maak sonder toegewings aan enigiemand. My werk word grootliks geïgnoreer deur die letterkundige establishment. Dit is vir my bewys dat ek my eie ding doen en nie inpas binne ’n bepaalde raamwerk nie." (Beeld, 9 Februarie 2002) "Seks is ’n kommoditeit. Dit word gebruik om enigiets te verkoop. Daar is baie ooreenkomste tussen hoere en skrywers. Skrywers en hoere stel hulself bloot. En soms moet ’n skrywer homself prostitueer." (Beeld, 9 Februarie 2002) "Gelukkig het ek vanaf laerskool goeie Afrikaans-onderwysers gehad. Dit is waar my liefde vir die taal en spesifiek poësie en prosa begin het. Skeppende skryfwerk was die vak waarvan ek die meeste gehou het." In watter medium voel hy die gemaklikste? "Ek het aanvanklik net gedigte geskryf, maar vind dat kort (en dan veral kort-kortverhale) my meer bevrediging gee." (LitNet) Nadat Clinton van Johannesburg terug is Cradock toe, wou Versindaba weet of hy nie die gewoel van Johannesburg nie. Of is dit juis die platteland wat hom maak tik? "Ek dink ek het albei nodig gehad om my te stimuleer, maar uiteindelik het die doellose gejaag van die stad net nie meer sin gemaak nie. Ek ly aan geen onttrekkingsimptome nie. Op die platteland woon ek weer in ’n bruin buurt, met mense vol skete en gebreke, met die reuk van dagga wat soms in die strate hang – dit is meer real as die gewaande goeie lewe in Sandton." (LitNet) My skryfwerk bied vir my ’n manier om uiting te gee aan my woede teen die bestel. Ek is angry teenoor mag en vergrype van mag en arrogansie. Magsbeheptheid en arrogansie is basiese eienskappe wat jy benodig as jy ’n politikus wil wees." (Beeld, 9 Februarie 2002) Oor die literêre beweging van die jare tagtig: "Ons nihilisme was home-bred. Ons het nie ’n dakkamer in Parys gehad nie. Die Sestigers moes land uit, maar ons het sommer oor die teerpad na die lokasie gestap." (Aan Erns Grundling, Rapport, 28 April 2002) Tradisionele uitgewers het allerhande agendas. "Selfpublikasie, ondanks al die gepaardgaande slaggate, is vir my ’n logiese opsie, want as ek Biko mag aanhaal: 'I write what I like.' Selfpublikasie beïnvloed nie die bereikbaarheid van my werk nie. Die digkuns fokus op ’n baie klein mark. Die persoon wat werklik lief is vir die poësie sal wel daarvan bewus word en dit in die hande kry." (Rapport, 5 Oktober 2012) Wat is die moeilikste deel van die digproses vir hom? "Die herhaalde oorskryf – dit voel later die woorde peul by my ore uit; ek kry nagmerries oor voorblaaie wat verkeerd gedruk is, blanko bladsye in die boek. Ek ken later elke dekselse reël uit die hoof – dis uitputtend. In so ’n mate dat jy nie die energie het om die manuskrip, in sy uiteindelike boekvorm, te wil lees nie." (LitNet; aan Naomi Meyer) Hoekom skryf hy? "Daar was ’n tyd toe ek geskryf het omdat ek verveeld was, toe weer omdat ek gatvol was. Nou skryf ek om te probeer onthou." (LitNet; aan Naomi Meyer) As hy omdraai en hy kyk vorentoe, hoe lyk die landskap nou vir hom? "Die eertydse hekwagters sit in hul kamers, en die heining is geknip, die ruite is uitgegooi, en dit is koud daarbinne. Die 'taal' is ’n bewerige ouman, bekommerd of daar iets sal oorbly om in sy testament te bemaak aan die nageslag wat nie kan lees nie." (LitNet; aan Naomi Meyer) "Ek het nie erg aan materialistiese dinge nie. Alles vergaan uiteindelik. Waarom moet jy vasklou aan ’n bundel poësie?" (Beeld, 9 Februarie 2002) "Die lewe is soms ’n kwatryn Oor resensente: "’n Resensent se vernaamste taak is om aan die leser ’n flits te verskaf om lig te maak in ’n teks. Nie alle resensente sien dit egter as hul vernaamste taak ne, veral in die Afrikaanse resensiewêreld is daar soms ’n geniepsige streep waar kleinlike vetes soms ’n resensie oorskadu." (Vrouekeur, 26 Oktober 2018) Oor die stelling dat hy besig is om sy randfiguurstatus te verloor: "Die wegskuif van randfiguurstatus moes seker die een of ander tyd gebeur, veral weens die blootstelling op sosiale media. Tog is ek steeds iemand wat nie graag saam in die koor wil sing nie – ek hou van my ruimte. Buitestanderskap het vir my ’n eie bekoring, maar ek besef dit sal hoe moeiliker raak om dit te behou." (Vrouekeur, 26 Oktober 2018) Sy siening oor die politieke situasie in Suid-Afrika: "Ek het ’n lae dunk van politici – vreet en vergryp is oral die gemene deler. Die digter het nie buitengewone wysheid of direkte toegang tot die oor van magshebbers nie, maar ek dink jy kan probeer om aanhoudend genoeg geraas te maak. Iemand sal uiteindelik hoor. Altans, so hoop ek." (Vrouekeur, 26 Oktober 2018) Watter onregte van die apartheidsera is vir hom die skreiendste? "Die krenk van jou menswees – die feit dat ek byvoorbeeld op Kookhuis nie die openbare biblioteek kon gebruik nie. Daardie deurlopende gevoel van ontmensliking – jy is gemeet en te lig bevind, gegrond op jou velkleur en die tekstuur van jou hare." (Vrouekeur, 26 Oktober 2018) "Mens moet versigtig wees wanneer politici kunste gebruik. Hulle is geneig om dinge te gebruik om voordeel daaruit te trek. In dié geval kan dit wees om ’n idee oor te dra van wydbelesenheid of ’n intellektuele onderbou. In die algemeen word kunstenaars nie ernstig opgeneem nie; veral Suid-Afrikaanse digters." (Aan Jason Lloyd op LitNet) Clinton se raad aan jong digters: "Volg die ou-ou resep. Lees, lees en nogmaals lees – wyd en omvattend. Moet nie gatkruip nie, moet nie tou opgooi nie en glo in jouself." (LitNet) Nie brood nie Baas Mike, het blank, maar ondermynend één man kan ’n verskil maak |
Gebore en getoë
Clinton V du Plessis is op 20 Februarie 1963 op Cookhouse in die Oos-Kaap gebore as een van vyf kinders van Robert (’n spoorwegwerker) en Susan (’n huisvrou). Vanaf 1969 woon hy die UCC Laerskool op Cookhouse by. Sy standerd 6-jaar doen hy by die Rooms-Katolieke Sint Theresa op Somerset-Oos. Hy behaal sy matriek in 1980 aan die Senior Sekondêre Skool Holy Rosary op Cradock.
Hy vertel dat hy, toe hy ’n kind was, baie graag Die groen ghoen van PH Nortje wou lees nadat dit oor die radio vertel is en hy dit daar gevolg het. Maar omdat hy bruin was, kon hy nie boeke uit die biblioteek op Cookhouse uitgeneem het nie. Sy pa het toe sy wit baas omgepraat om die boek te gaan uitneem.
"Nie een van my broers of susters het ’n belangstelling in die letterkunde nie. My ma is ongeletterd. Sy kan nie my boeke lees nie," vertel Clinton aan Stephanie Nieuwoudt in Beeld van 9 Februarie 2002.
Op skool doen Clinton sy eie ding. In matriek gee hy, nadat die hoofseun geskors is, sy wapen as onderhoofseun terug en woon uit protes nie die matriekafskeid by nie.
Hy vertel aan Luisa van der Linde (Vrouekeur, 26 Oktober 2018) dat hy as kind nie eintlik aan skryf blootgestel is nie, maar dat hulle in hulle ouerhuis baie radio geluister het. "Radio, anders as TV, het baie met die verbeelding gewerk – intens luister en verbeel. Die bietjie leesstof wat daar was, was daardie Republikeinse Pers-boekies, oftewel fotoverhale.
"Ek het van standerd ses (graad 8) af geesdriftig begin lees. Ek het in die hoërskool toegang tot boeke gehad en met absolute oorgawe begin lees – Keurboslaan, Die Uile, Die Buiter-reeks, Fritz Deelman, al daardie boeke. Daar het ek ook ’n eerste gedig geskryf en ’n ander een – as ek nou terugkyk, uiters sentimentele vers – is ook destyds in Patrys opgeneem. Ek onthou dat ek later op Cradock in standerd nege en matriek soms vir ’n hele klompie skoolvriende Afrikaanse en Engelse opstelle geskryf het. Ek moes dan my skryfstyl verbloem om nie uitgevang te word nie!"
Op hoërskool het Clinton werk van die meer "literêre" outeurs in Afrikaans begin lees – skrywers soos Etienne Leroux, André P Brink, Jan Rabie en Breyten Breytenbach – maar sy lees vir ontspanning het nie vergete geraak nie en hier was Heinz Konsalik een van sy gunstelingskrywers.
Hy vertel verder aan Van der Linde: "As kind het ek nooit dagboek gehou nie, ek steun deurgaans sterk op my geheue. Jy sal sien dat die kwessie van 'vergeet' en 'onthou' sterk temas in veral in my laaste drie bundels is.
"My ma, Susan (91), leef nog. My pa is in 1996 oorlede. Goeie, eenvoudige mense wat altyd, ongeag die omstandighede, die beste vir hul kinders wou gee. Ek was die eerste uit die familie wat matriek geslaag het en hulle was baie trots. Ek onthou toe my pa met sy laaste geld vir my en my jonger broer ’n windbuks gekoop het, en ook ’n eerste fiets toe dit maar broekskeur gegaan het. Ek onthou ook hoe hartseer ek was toe Ma noodgedwonge die grammofoon moes verkoop."
Clinton was nog altyd lief vir die geskrewe woord, en gelukkig was daar goeie Afrikaanse onderwysers in sy lewe wat daardie liefde gevoed het: "Op laerskool was daar die Groepe-broers met hulle keurige idiomatiese Afrikaans en in die hoërskool Maureen Meyers en Abe Smith wat voorgeskrewe werk toeganklik gemaak het."
Verdere studie en werk
Na skool gee Clinton drie maande onderwys as hulponderwyser in Somerset-Oos. Daarna skryf hy hom as ’n klerk by ’n ouditeursfirma op Cradock in en begin met deeltydse studie in ’n handelsrigting aan Unisa, maar hy voltooi nooit sy studies nie.
Sy skrywersloopbaan begin "amptelik" in 1979 toe sy eerste gedig in die Desember-uitgawe van Patrys verskyn. Na ’n lang stilte begin hy eers weer ernstig in 1983 skryf, en van sy poësie word in STET, Tagtiger en Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer. In 1983 word van sy gedigte ook in André Letoit se punkbundel Gedigte vir Afrika saam met dié van 13 ander digters opgeneem. Volgens Clinton self is hy aanvanklik veral beïnvloed deur Johan van Wyk en Wessel Pretorius – "vandaar my voorliefde vir die vrye vers".
In 1984 word sy eerste digbundel, Geloofsbelydenis van ’n kluisenaar, deur Perskor uitgegee – sy enigste bundel wat deur ’n hoofstroomuitgewer gepubliseer word. In ’n resensie van dié bundel beskryf TT Cloete hom as "Opperman in ’n baie meer gederomantiseerde, ontnugterde, saakliker vorm, in ’n moderner idioom".
In 1987 stig Clinton met sy spaargeld sy eie uitgewery en bring ook ’n literêre tydskrif, Akuut, op die been. Vyf-en-twintig digters se gedigte verskyn in die eerste uitgawe van hierdie tydskrif, maar nie een van sy eie nie, omdat hy bang is dat mense sal sê dat hy die tydskrif gestig het om sy eie werk te publiseer. Hy stig die uitgewery omdat hy moeg was vir uitgewers wat hom rondstuur en ook omdat hy jonger digters wil help wat dieselfde probleme ondervind.
In 1985 verskyn van Clinton se gedigte in twee buitelandse publikasies, Tijdschrift voor Nederlands en Afrikaans, wat in Wes-Duitsland uitgegee word, en Skryf asseblief terug, die Belgiese bloemlesing van Suid-Afrikaanse poësie van André Letoit en Jan Deloof.
In 1988, vier jaar na sy eerste bundel, publiseer Clinton sy Curriculum vitae self. George Weideman (Die Burger, 20 April 1989) skryf dat die laaste reëls van die eerste vers die aard van die bundel bepaal: "ek skryf, na die beste van my wete, omdat ek gatvol is".
Agter in die boek is daar biografiese aantekeninge waarin Du Plessis sê dat hierdie bundel aansluiting vind by die hooftemas van "ontmensliking" in Geloofsbelydenis van ’n kluisenaar, maar vir Weideman is dit, hoewel daar gebreke in van die gedigte is, ’n sterker bundel as die eerste. "Dis ’n ongelyke tweede bundel. Treffende seggings staan teenoor lomphede en soms raak Du Plessis die kluts kwyt. Maar hy hanteer die vernufvers goed. (...) Dis net jammer dat die digter nie meer dikwels in eie spieël kyk nie.. Dit sê ek, wel wetende dat die titels van sy eerste twee bundels op ’n mate van self-ironisering dui. Die titel van die gedig 'evangelie volgens cvdp' dui op ’n simptoom van die soort lewensvertolking wat eie is aan Du Plessis, en belig terselfdertyd ’n potensiële gevaar vir sy poësie – ’n voorliefde vir die stellige, vir die stelling, vir die opnoemtegniek, vir die nogal ekkerige betoog."
In Die Burger van 3 Desember 1991 skryf die resensent GP dat Clinton V du Plessis op die "buitekant van die avant-gardistiese randakker van die Afrikaanse poësie" staan. Sy bundel In God's country: no 2–21 noem GP ’n versameling "anti-poems" wat ’n "woeste aanval is op die establishment, sy seksuele mores en politieke geweld. Baie van die tekste bestaan net uit aanhalings en die meeste is op ’n patroon van herhaling en variasie opgebou. Terwyl die vulgariteit en krasheid van die taal ’n soort adolessente rebelsheid sinjaliseer, ontbreek die verrassende vernuwing, intellektuele vernuf of morele uitdaging wat die eksperimentele poësie van die avant-garde kenmerk, geheel en al. Jammer, maar ons het dit al gehoor."
In 1996 verskyn Clinton se volgende bundel, wat hy weer self uitgee, onder die titel Tussentydse verslag: gatsak-gedigte. Die bundeltjie bevat net tien gedigte en Heindrich Wyngaard (Die Burger, 30 April 1997) het geskryf dat hy met hierdie eksperiment gevoel het dat "íéts aan die gebeur is". In ’n briefie wat Wyngaard saam met sy bundel ontvang het, het Clinton V du Plessis geskryf: "Hiermee wil ek ’n soort literêre Hop begin. Daar word beplan om nog talle sulke sakgrootte digbundels teen bekostigbare pryse uit te gee. Gedigte is verbruikersgoedere. Die leser moet nie die bundel op ’n boekrak bewaar nie, maar soos ’n koerant, kondoom of Coke blikkie ná gebruik in die naaste asblik gooi."
Fanie Olivier (Beeld, 29 Maart 1999) het geskryf dat Clinton V du Plessis met die publikasie van Kort van draad in 1997 gewys het dat dit tog moontlik is vir ’n skrywer om sy eie gedigte uit te gee. Kort van draad bevat agt prosasketse "oor alleenheid, selfstandigheid en seks," skryf Olivier. "Dit herinner nogal aan ’n kinderlegkaart, waar elkeen van die stukke steeds op sigself ’n prentjie is, maar wat dan saam ’n groter 'prent' oplewer. En hierdie prent is een van die verskrikking van menswees, sonder dat die karakters wat die sketse bevolk, werklik daarvan bewus is.
"Du Plessis bereik hierdie effek deurdat hy besonder ekonomies vertel, sonder om sensasioneel te raak en hom weerhou van waardeoordele. (...) Kort van draad is nie ’n teks vir preutse lesers nie, maar is terselfdertyd meer as net ’n toevallige publikasie. In ’n tydperk waarin seks gesensasionaliseer word, of waarin politieke korrektheid en/of beheptheid van een of ander aard voorop kom staan, illustreer Clinton V du Plessis wat die waarde van die onopgesmukte vertelling werklik kan wees. Dit, en die feit dat hy bereid is om die moeite en die geld te spandeer om alternatiewelik te publiseer, behoort rede genoeg te wees om ’n plan te maak om hierdie slapbandboekie met die kelnerin op die voorblad self aan te skaf."
In 1999 neem Du Plessis saam met negentien ander digters van oor die hele wêreld deel aan Poetry Africa ’99 in Durban en in dieselfde jaar is hy ’n gas van die Stichting Poëziefestival Nijmegen in Nederland waar van sy gedigte voorgelees word. Hy neem ook in 1998 deel aan die KKNK.
Luc Renders beskryf Du Plessis in ’n artikel in Tijdschrift voor Nederlands en Afrikaans in 1998 as "’n randfiguur van die Afrikaanse poësie – nie net as gevolg van die min aandag wat aan sy poësie bestee is nie, maar ook vanweë die aard van sy werk self. Sy eerste bundels het ontstaan in ’n periode toe die stryd teen apartheid in alle hewigheid gewoed het. Hulle kan egter nie as polities gekarakteriseer word nie, ondanks die feit dat hyself tot die verontregte, sogenaamde kleurlinggemeenskap behoort … Terwyl die meeste bruin Afrikaanse skrywers in hulle werk ’n belangrike aandeel gehad het in die stryd teen apartheid en in die ontwikkeling van die selftrots van die kleurlinggemeenskap, hou Clinton V du Plessis hom deurgaans afsydig van hierdie problematiek." Sy poësie staan dus buite die tradisionele "bruin" verwysingsveld.
Met die publikasie van Groot verseboek 2000 wat deur André Brink saamgestel is, weier Clinton onomwonde dat van sy gedigte daarin opgeneem word. Sy redes verstrek hy aan Jason Lloyd op LitNet: "Brink het jare gelede in ’n resensie in Rapport gesê geloofsbelydenis van ’n kluisenaar (1984) moes nooit verskyn het nie. Die resensie het absoluut niks met ’n resensie te doen gehad nie. Hy het twee sogenaamde resensies op daardie stadium geskryf. Een oor Theunis Engelbrecht se boek Om ’n Laaitie te maak en een oor my boek. Ek dink dit was binne dieselfde tydperk dat die twee resensies verskyn het. En Brink het absoluut oorboord gegaan. As jy ’n boek resenseer kan jy literêre maatstawwe gebruik, maar die manier waarop die resensie oorgekom het, en ook die forum wat hy gebruik het (Rapport), het jou absoluut gemarginaliseer. Toe word ek genader om gedigte uit daardie einste boek in Groot verseboek te laat opneem. Dit was vir my net lekker om vir Brink nee te sê."
Clinton het verder aan Lloyd te sê dat as gevolg van daardie resensie André P Brink meer daarin geslaag het om hom op die rand te skuif as wat die base van apartheid dit oor ’n lang periode reggekry het.
Heelwat van Clinton se verse is opgeneem in Gerrit Komrij se bloemlesing Die Afrikaanse poësie in duisend en een gedigte: "Brink kom uit ’n sekere letterkundemilieu. Hy is soos Petrus, die hekwagter by die literêre hemel van die Afrikaanse kanon. Ek gaan eerder langsaan na Gerrit Komrij se hel. Dit was John Mellencamp wat gesê het: ‘You gotta stand for something or you’re gonna fall for anything.’"
Lloyd het ook gevra: "En as jy weer die kans sou kry om in ’n ander uitgawe van die Groot verseboek te publiseer?"
Sy reaksie: "Ek wil nooit in die Groot Verseboek publiseer nie. Dis hoe ek voel, ongeag wie dit saamstel. Groot Verseboek gaan altyd daai bagasie dra dat hy geprobeer het om polities korrek te wees op ’n stadium nadat Gerrit Komrij se versamelbundel verskyn het. Toe het die Groot Verseboek ook skielik begin bewus word van die bestaan van hierdie ander digters wat Komrij in sy bundel opgeneem het."
Van sy werk is ook opgeneem in ander Nederlandse bloemlesings, soos Honderd dichters 1, De tweede ronde en O droewe en wye land. Spaanse vertalings is opgeneem in die boek International poetry.
In 2001 publiseer Clinton saam met Peter Snyders ’n bundel kortverhale, Brunch met twee, wat deur contentlot.com uitgegee word. In hierdie verhale gaan dit veral om die seksuele en in hoofsaak oor seks as ’n produk wat verkoop kan word. Hierdie bundel se titel sinspeel op die 1981-bundel Brekfis met vier waaraan Peter Snyders ook deel gehad het.
Snyders lewer sewe kortverhale op wat volgens Philip John (Beeld, 8 April 2002) "almal in die kroegkultuur van skabreuse grappe wortel en veral met verskillende soorte selfingenomenheid die draak steek. (...) Sy verhale is ’n voortsetting van die idioom waarmee hy geassosieer word, naamlik ’n konsekwente gebruik van ’n unieke soort Kaaps. (...) Terwyl die gebruik van hierdie streektaal tot die ontluisterende werking van die stories bydra, is dit ook ’n idioom waarvoor Snyders in die verlede kwalik geneem is omdat dit die 'djollie Hotnot"-stereotiepe [sic] lewend sou hou.
"Dat Snyders dié idioom in Brunch met twee gebruik vir die skryf van kortverhale, kan as ’n implisiete antwoord op die kritiek gelees word. In die verhale word die ligsinnige van die grap vermeng met iets wat mens miskien nie met Kaaps en die grap assosieer nie, naamlik ’n diep spirituele bewussyn."
Oor Clinton V du Plessis se elf verhale in Brunch met twee skryf John verder: "Hierdie verhale bestaan uit tot die essensie beperkte kort flitse, konkrete, ontstellende, eksistensiële leegheid en banaliteit. Die karakters in hierdie verhale is emosielose figurante (eintlik leë tekens) wat in verskillende permutasies met aspekte van die selfkant van die verbruikersmaatskappy dwelms, prostitusie en kuberseks aan mekaar gekoppel word. (...)
"Du Plessis se verhale plaas die leser voor ’n dilemma sonder om ’n antwoord te bied: het die leser hier te make met ’n verlustiging in seksuele banaliteit en perversiteit, of moet die verhale gelees word as ’n onverbiddelike aan die kaak stel van die dekadensie van ons moderne wêreld?
"Anders as Snyders, gebruik Du Plessis standaard-Afrikaans, kort, bondige sinne en ’n traak-my-nie-agtige, onbewoë verteltoon, maar dan om iets soortgelyks te bereik. Snyders se praterige vertellersidioom wys hoe die diepsinnige en spirituele saam met die ligsinnige kan bestaan, terwyl Du Plessis die leser in hierdie grysgebied indwing, waar hy of sy onseker huiwer tussen ’n uitgelewerdheid aan banaliteit enersyds en erns andersyds. En miskien is dit juis dié posisie, eerder as die eksplisiete uitbeeldings van seks, wat die verhale onhoudbaar sal maak vir baie lesers.
"Brunch vir twee is ’n bundel wat nie oorhaastig aangepak moet word nie en wat met herlees en herkou onverwagte dividende kan lewer."
Van sy werk is ook opgeneem in 5 (Botsotso Publishing) saam met dié van vier ander digters, waarin seks ook die deurlopende tema is.
In 2002 verhuis Clinton na Johannesburg om as rekenmeester te werk. Hy is intussen weer terug na Cradock.
’n Volle elf jaar verloop voordat Clinton V du Plessis weer iets sou publiseer. In 2012 publiseer hy weer self sy sesde digbundel, getiteld Flitse. Dit is op die Olive Schreiner Kunstefees op Cradock in September 2012 bekendgestel.
Du Plessis het teenoor Steyn du Toit (Rapport, 5 Oktober 2012) die verse as "Twitter-gedigte" beskryf. Die meeste van die gedigte bestaan net uit vier reëls elk. "As kunstenaar ignoreer jy sosiale netwerke en al die meegaande nuwe tegnologiese uitvindsels slegs tot jou eie nadeel. Facebook en Twitter het ’n baie doeltreffende manier geword om jou werk aan ’n groter leserspubliek ten toon te stel.
"Twiets is die moderne boodskap-in-’n-bottel wat jy die kuber-oseaan instuur. Twitter beperk jou tot slegs 140 karakters – dus moet jy wat jy ook al wil sê bondig, en hopelik sinvol, verwoord. Dit is wat ek met Flitse probeer doen het."
Oor die temas wat in Flitse voorkom en wat vir hom belangrik is, verduidelik hy aan Du Toit dat dit kunstenaarskap en verganklikheid is: "Jy skryf altyd in teen die groot vergeet; jy dig teen die dood. Maar besef helaas dit is vergeefs."
Terwyl hy geskryf het, het Clinton sy Facebook-bladsy gebruik om aan sy gedigte te skaaf: "Elke keer wanneer ek ’n nuwe gedig klaar geskryf het, het ek dit eers op Facebook geplaas. Ek het dan terugvoering ontvang van lesers en ander digters. Daarna het ek verder geskaaf aan die verse. Die keurproses, as ek dit so kan noem, is dus verander. Waar die keurder altyd van bo ’n besluit geneem het, word dit nou meer ’n horisontale proses."
Flitse is nie so besig soos van sy vroeëre bundels nie. "My debuutbundel was erg konvensioneel ten opsigte van die manier waarop dit uitgegee is – destyds nog deur Perskor. "Hardeband, goeie papier, bladontwerp, ensovoorts. Van my latere bundels was avant-garde-publikasies waarin ek die grense van die konsep 'boek' en die konvensies van poësie wou verskuif. Dit het gewissel van gatsakgrootte tot pamflet-publikasies. Flitse, anders as my voriges, sal die leser darem nie sommer in sy of haar koffie aan die inhoud laat stik nie!"
Bernard Odendaal het aan die einde van sy resensie oor Flitse op Versindaba dit betreur dat Du Plessis so sterk daarop staan om sy eie gedigte uit te gee en dat sy gedigte nie in Groot verseboek opgeneem moet word nie, aangesien die "sifting-en-slypingsbystand van keurders en redakteurs by gevestigde uitgewerye ontbeer word, sodat gedigte se volle potensiaal nie altyd verwesenlik word nie (soos Flitse op ’n paar plekke wys). Voorts word die beskikbaarheid van Du Plessis se werk ietwat gekortwiek.
"Slaan ’n mens die vroeër gedigte van Du Plessis na wat wel in bloemlesings (...) opgeneem is, kom ’n mens agter hoeveel Afrikaanse poësieliefhebbers dreig om mis te loop."
Twee bundels is in 2013 en 2014 deur Clinton se uitgewery op Cradock, Ama-coloured Slowguns, gepubliseer, naamlik Rangeer en Woorde roes in die water.
Fanie Olivier het oor Rangeer geskryf: "Oor stoomtreine raak mens passievol en vol roet. Die lokomotief onverbiddelik op sy spoor deur die wêreld, verby vergete sidings en verlore stasies, deur die vlaktes van verlatenheid en bossieveld en langs bedrywige voorstede, nou met die ene stoom en gesuis, dan weer met die vertroude klik-klik; soms ’n ver fluit in die nag. Clinton V du Plessis se stoomtrein loop nou al bykans dertig jaar deur die hartseer landskap van ons samelewing, en lê baie stasies diep. Hierdie is sy sewende bundel en word opgedra aan sy pa.
"Lesers wat by Litnet inloer, sal rubrieke van Clinton in ’n ander gedaante herken, en sy vorige bundel, gedigte, talk show hosts & reality shows (wat in 2009 in beperkte oplaag verskyn het) word hier volledig opgeneem. Sowel die voorkoms en die toonaard van die gedigte bly bekend. En die verskillende landskappe waardeur die gedigte beweeg: of dit nou oor ’n politieke wildernis wil vertel, oor die oppervlakkige moderne stadsbestaan of die leë behoeftes van die vlees. En ook in die saamgesels met die Afrikaanse letterkunde herken jy jouself op ’n Noupoort, ’n Kookhuis, ’n De Aar. Maar bekend maak nie bemind nie, bly blywend ongemaklik. Ons storie is, op stuk van sake, nie ’n aand wat room geword het nie en die digter weier om daaroor bes te gee:
'hoe verset jy jou teen vergeet
hoe kom jy in opstand vir onthou?'
"Ook hierdie bundel is onmiskenbaar Clinton V. du Plessis."
Joan Hambidge (op LitNet) vind die verse in Rangeer "grinterig en rou", dikwels uit die perspektief van iemand wat na die apartheidsonregte terugkyk. Soos Bernard Odendaal met Flitse (op Versindaba) meen Hambidge ook dat van die verse beter en "meer vaartbelyn" sou gewees het as daar meer skaafwerk gedoen is.
In sy resensie in By van 26 Oktober 2014 het Daniel Hugo Rangeer met sy 142 bladsye as ’n "omvangryke en oorrompelende bundel" bestempel. In hierdie bundel het Du Plessis sy jong dae as spoorwegkind in herinnering geroep en dit ’n "tyd van stoom, steenkool, stasies en stories" genoem.
Clinton vertel aan Luisa van der Linde (Vrouekeur, 26 Oktober 2018) dat van al sy bundels, Rangeer hom die naaste aan die hart lê: "Dit handel oor ’n tyd van stoom en stasies. Die bundel is aan my oorlede pa, ’n spoorwegwerker, maar ’n man met ’n wye belangstellingsveld, opgedra. Hy het elke Sondag sy koerant gelees. Dit was ook my eerste nogal omvangryke bundel ná ’n langerige stilte. Met die bundel het ek gevoel ek gee stem aan my pa, ’n stem wat andersins verlore sou gaan; wat sou verdwyn. Dit is ’n klein woordmonument aan hom."
Du Plessis het op LitNet met Naomi Meyer gesels oor sy Woorde roes in die water. Oor wie of wat sy muse is, het hy gesê: "Die muse is dood. Dit is ’n kwessie van waarneem, aantekeninge maak, dan werk aan ’n moontlike gedig, weggooi, weer begin. Na Rangeer het ek net op ’n dag die nuwe titel in my kop gehad – oor verganklikheid, kortstondigheid. Toe kom die gedigte met nie te veel droogtetyd tussenin nie; ek verloor die bundel, op my hande geskryf … los dit vir ’n maand of twee en begin weer oor, gelukkig van ’n uitgedrukte kopie wat ek gemaak het."
Woorde roes in water se inhoud is volgens Daniel Hugo "liefdesgedigte waarin ouderdom en die dood voortdurend paaiboelie speel, gedigte oor die werkersklas in die trant van die Amerikaanse kultusskrywer Charles Bukowski, 'grepe uit ’n alledaagse bestaan' (bl 169), politieke verse, reisverse, gedigte oor digters en die skryf van gedigte, en vele meer. Du Plessis se verse is intelligent, woordspeling gevat, humoristies, skrynend, satiries, liries en (gelukkig) net soms sentimenteel."
En dan sluit Hugo sy resensie af met dieselfde voorbehoude as ander resensente: "Die enigste ding wat die leser se plesier aan hierdie bundel versteur, is die talle leesteken-, spel- en setfoute. Dit het nou al ’n konstante klagte geword by resensente van privaat gepubliseerde boeke. Of is dit in Clinton du Plessis se geval ’n teken van sy voortdurende verset teen die gevestigde uitgewersnorme? Só beskou, kry die volgende reëls vroeg in die bundel dan ’n tipografies-ikoniese betekenis: 'Ons is nou nietig: / voetnote in fynskrif, / slordige setfoute in die kabaretteks van die lewe' (p 15).
"Desnietemin, koop en geniet hierdie besonderse bundel!"
In Volksblad (10 November 2014) som Rudolf Stehle Woorde roes in die water op as ’n "hutspot" met ’n verskeidenheid van fasette van die moderne Suid-Afrikaanse realiteit: "Soos elders in sy oeuvre belig Du Plessis die lot van randfigure in die samelewing (…) terwyl onlangse nuusberigte ook tot gedigte verwerk is. Die donker keersy van kapitalisme word ook verken. Verder is daar intieme gedigte waarin met verlies in verskeie gedaantes, asook die naderende dood omgegaan word. Du Plessis sluit ook vir die eerste keer liefdesgedigte in dié bundel in. Daar is ook reisgedigte, verse oor die poësie en nog ’n rits gedigte wat na aanleiding van die dood van bekendes geskryf is. (…)
"Woorde roes in die water is, ondanks gebreke, ’n bundel wat verdien om gelees te word en een waarvan die literêre hoofstroom maar kan kennis neem."
Die Orde van die Beiteltjie is in 2015 deur die Cordis Trust* [kyk aantekening oor die trust net na die Erkenning aan die einde van die artikel] aan Clinton toegeken vir sy deurlopende ywer in die bevordering van dele van die Afrikaanse woordkuns. Hieruit het die borgskap van Cordis Trust om sy volgende digbundel, Aantekeninge teen die skemeruur, in 2017 uit te gee, voortgevloei. Hierdie bundel is in 2019 vir ’n ATKV-Veertjie vir poësie benoem.
Dit het Clinton ongeveer twee jaar geneem om Aantekeninge teen die skemeruur te voltooi, vertel hy aan Luisa van der Linde (Vrouekeur, 26 Oktober 2018). So tussen sy werk as rekenkundige deur skryf hy ook verse gedurende die dag direk op sy rekenaar. Hy gebruik die aande om sy werk te redigeer, wat vir hom ook die mees uitmergelende deel van die skryfproses is: "Dit dryf jou teen die mure uit totdat jy later besef, maar dit wat geskryf is, kan maar nou so bly – daar mag miskien beter maniere wees om dit uit te druk, maar basta. Ek skryf af en toe indrukstukke vir LitNet en werk altyd aan twee bundels. Ek is 55, sinies en het besluit om ’n tiende en laaste digbundel die lig te laat sien. Daarna wil ek iets anders skryf."
Jason Lloyd het in ’n onderhoud met Clinton op LitNet gevra of die gedig "Ou digter" op bladsy 13 outobiografies van aard is, waarop hy antwoord: " Nie noodwendig nie."
Volgens hom is die gedigte in Aantekeninge teen die skemeruur geensins laatwerk of laatverse nie. "Iemand het my in 2014 met die verskyning van Woorde roes in die water gevra of een of twee verse in dié bundel nie laatverse is nie. Toe antwoord ek deur te sê ek dink ek is te jonk vir laatverse. Hy het toe geantwoord deur te sê dit is nogal waar. Laatverse word hoofsaaklik gepleeg deur Breyten Breytenbach, TT Cloete en ander ouer digters wat aan die einde van hul lewe staan. Hulle skryf pakketgedigte wat getipeer kan word as laatgedigte."
Du Plessis erken egter aan Lloyd dat baie van die gedigte in die bundel wel as laatgedigte beskryf kan word. "Ek pas nie altyd noodwendig in nie. Miskien is dit gepas dat ek as ’n nie meer so ’n jong digter nie, maar darem ook nog nie so oud nie, laatgedigte op hierdie stadium skryf."
Ilse de Korte skryf in Beeld (29 Januarie 2018) dat by die lees van Aantekeninge teen die skemeruur dit duidelik is dat die verse geskryf is deur ’n persoon wat terugkyk. "Die tema van onthou kom sterk na vore en ’n mens verwag dat dit iemand is wat dalk dink dit gaan hul laaste bundel wees, nie werklik te wagte van Clinton V de Plessis se 54 jaar nie. Dit is die Oos-Kaapse digter se negende bundel.
"Herinnering, ouderdom, dood en die verganklikheid is al bekende temas in Du Plessis se werk (…). In Aantekeninge is daar egter amper iets onheilspellends aan die onthou. So asof iets dalk deur trauma uitgeblok is. Hy begin immers sy bundel met ’n aanhaling van Herbert Marcuse wat die 'gevaarlike insigte' van herinnering uitwys, gevolg deur Stephen King wat beweer al wat ’n mens nodig het om ’n goeie skrywer te wees, is die vermoë om 'elke litteken' te onthou.
"Dit is ’n redelike [sic] lywige bundel met ’n magiese sewe afdelings, almal met titels gesetel in herinnering – prewelings, littekens van landskappe, kiekies, restant, plakboek, wiegeliedjies en nag. (…)
"Dit is egter die gedigte met ’n posthumanistiese inslag wat uitstaan en meer beïndruk. ’n Mens het nie teoretici nodig om ons te sê dat die mens ’n vernietigende uitwerking op die aarde het nie en in die gedig 'Canes Pugnaces' (oorlgoshonde) kom hierdie destruktiewe aard van die mens na vore."
Ilse de Korte kon egter nie eintlik iets nuuts in die bundel vind nie. Sy het gesoek na die "wow-faktor" wat die bundel sou saambind. Sy sou ook graag die laaste weergawe van die bundel onder oë wou gehad het, want met elke herlees het elke gedig haar meer opgewonde gemaak. Vir haar kon die bundel selfs twee bundels gewees het wat die twee temas van menslike verganklikheid en die digter se persoonlike herinnerings teenoor die mens as spesie se verganklikheid apart kon geplaas het.
Louise Viljoen resenseer Aantekeninge op LitNet, en haar gevolgtrekking is: "In sy geheel teken die bundel oor die loop van sy 145 bladsye ’n gevarieerde beeld van die spreker se bemoeienis met die naderende dood en die poging om herinneringe te bewaar deur dit in gedigte op te skryf. Terselfdertyd skep dit ’n skemerbeeld van die land waarin die spreker hom bevind: die land met sy gewelddadige geskiedenis wat op verskillende maniere onthou en vergeet word deur sy inwoners; die land waarin daar argeloos omgegaan word met die lewens van jongmense en kinders; die land wat ten slotte nie soveel verskil van die groter wêreld waarin die 'dogs of war' (vergelyk die gedig ‘Canes pugnaces’) die botoon voer nie.
"Clinton V du Plessis se negende bundel is ’n hoogtepunt in sy oeuvre en is – ten spyte van die verwysings na ’n skemeruur en naderende dood – hopelik nie sy laaste nie. Die bundel is ryk aan beelding, netjies opgebou rondom bepaalde temas, en openbaar ’n besondere klankgevoeligheid. Aantekeninge teen die skemeruur is ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse poësie wat wyd gelees behoort te word."
In 2019 word Du Plessis se tiende bundel, Verslag, by Roepman Uitgewers uitgegee. Die digter skryf op 24 Maart 2019 dat dit sy laaste gepubliseerde bundel gaan wees.
Op LitNet is dit vir Dewald Koen gepas dat hierdie laaste bundel die titel Verslag dra, "aangesien die digter met (volgens hom) die laaste digbundel bestekopname van ’n lewe neem, waarvan die eindproduk dié driedelige 'verslag' beslaan.
"Eerstens moet ek kommentaar lewer op die esteties geslaagde wyse waarop die bundel uitgegee is," gaan Koen voort. "Ek was besonder beïndruk met die hoë kwaliteit van dié selfpublikasie. Die keurige taalversorging asook die insiggewende kunswerke deur Liezél Els komplementeer die gedigte. Die pragtige voorblad is ryk aan simboliek en skep die illusie van ’n kyker wat deur ’n sleutelgat loer. Die simboliek word verder gevoer met die sleutel wat op die agterblad verskyn. Laasgenoemde suggereer dat die gedigte – dus die bundel as geheel – die sleutel tot die spreker se lewe bied en sodoende die intieme wêreld van die spreker vir die leser ontsluit. Deur die sleutelgat bespied die leser die spreekwoordelike kronkelende lewenspad, die amper uitgebrande kers, die spoorlyn, die doringdraad en gebreekte glasbottel. Laasgenoemde beelde sinspeel op belangrike tematiek wat deur die bundel as geheel strek. Daarteenoor simboliseer die verskietende ster ook die meer positiewe en vreugdevolle momente van die spreker se lewe. Die leser hou op stuk van sake ’n spreker se lewensverslag in sy/haar hand.
"Die bundel is in drie afdelings verdeel naamlik 'lewe', 'werk' en 'dood'. Die bundel toon duidelike elemente van ’n sikliese lewensgang. So word dit dan ook in Liezél Els se sketse simbolies verbeeld: die fetus met ’n naelstring verbind aan die kruis, wat die verganklikheid van die mens simboliseer. Onder die titel 'werk' verskyn mynhope, visnette en ’n moeder met haar baba op haar rug vasgebind. Hierdie afdeling fokus op die produktiewe fase van die spreker se lewensiklus terwyl die afdeling getiteld 'dood' op gepaste wyse die laaste fase van die spreker se lewensiklus saamvat deur die gebruik van simbole soos ’n trein (wat vertrek op weg na ’n eindbestemming) en die woord 'vertrek' tesame met die gepaste lewenslyn op die hartmonitor wat enige oomblik uitgedoof kan word. Die sikliese gang en menslike verganklikheid kom dus sterk aan bod.
"Du Plessis haal John Mellencamp in die motto aan: 'And I’m glad to say I’ve enjoyed every day / Of the full catastrophe of life.' Laasgenoemde aanhaling uit The full catastrophe versinnebeeld op humoristiese wyse die meerderheid mense se lewensiklus, maar kan veral op die spreker van toepassing gemaak word aangesien die toon van die bundel as geheel beide die hoogte- sowel as laagtepunte in die spreker se lewe verwoord. (…)
En dan sluit Koen af: "Verslag is ’n weldeurdagte bundel en sluit tematies sterk by Du Plessis se Aantekeninge teen die skemeruur aan. Du Plessis is myns insiens een van Afrikaans se mees onderskatte digters wat gedurende sy skryfloopbaan (tot op hede) nie die nodige erkenning ontvang het wat hom toekom nie. Dit sal ’n jammerte wees indien dit wel Du Plessis se laaste gepubliseerde digbundel is. Met Verslag demonstreer Du Plessis sy fyn aanvoeling vir die menslike psige. Hy is een van die min Afrikaanssprekende digters wat die lot van die gewone man en vrou op toeganklike dog deernisvolle wyse verwoord. Sodoende word ’n spreekwoordelike stem aan die stemloses en randfigure in ons samelewing gegee. Verslag is ’n geslaagde bundel wat ’n digterlike oeuvre wat dekades strek (indien dit die laaste een is) op gepaste wyse afsluit. Die digterlike siklus word hiermee voltooi."
Vir Gisela Ullyatt op Versindaba kyk Du Plessis in Verslag met ’n vergrootglas na ’n verskeidenheid van insigryke onderwerpe: "soms met ironie en parodie en is dit iets wat tot meeste lesers sal spreek. Voorwaar ’n digter wat steeds die hart van die werkersklasmens verstaan en liefhet."
Ook Barend van der Merwe is (in sy lesersindruk oor Verslag op LitNet) baie komplimenterend: "Daar is nie eintlik veel wat ek oor die bundel kan of wil sê nie – die verse spreek vanself. Dit is, soos altyd, poësie wat die hartsnare roer en die aandag gryp en mens meesleur. Verslag is Du Plessis se tiende bundel, en volgens hom ook sy laaste. Dit sal ’n verlies wees vir Afrikaans as dit die geval is dat hy nooit weer gedigte sal publiseer nie."
In 2019 is Clinton se gedig oor sy ma as die algehele wenner van LitNet se Vrouedag-skryfkompetisie aangewys. Hier volg sy gedig:
Ma, imagine net
Sê nou net jy kon lees, ma
dink net,
dan kon jy met my bundels in die
son sit en spog
"dié het my laaitie self geskryf,
ek wonder waar kry hy die talent,
aard seker na sy pa – baie gedink."
Sê nou net jy kon skryf, ma
dink net,
dan kon jy aantekeninge maak van jou eie lewe:
vrugtefabrieke se hande-arbeid
joernale van vloerskrop
en bekhou en aanhou en uithou
’n bestaan met bitter min keuses:
ter wille van oorleef,
ter wille van ons.
Ma, imagine net, hoe wyd en oop jou wêreld sou kon wees
maar, hierdie munt het ook ’n flipside
nou onthou jy disse sonder resepteboek,
oorleef jy, minus handleiding vir begeleiding van bejaardes.
Hier, skuins voor 93
durf jy daagliks die lewe en die dood aan
só sonder pretensie,
sonder pen,
sonder papier.
Die digter Lina Spies moes uitsluitsel gee oor die wenner nadat daar ’n aantal aanspraakmakers was. Op LitNet skryf sy: "Clinton V du Plessis se gedig getuig van ’n digter in beheer van sy instrument waarmee hy die menslike kondisie in sy gedig sober en sterk verwoord in ’n treffende gedig oor ’n ma-seun-verhouding vir Vrouemaand."
Clinton mag dalk gedink het hy is klaar met die skryf en uitgee van sy digwerk, maar dit het gou geblyk dat die lesers en uitgewers, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Nederland, nie bereid is om hom sommer te laat gaan nie.
Clinton is een van vyf digters wat deur Martijn Benders, die Nederlandse digter, uitgewer en grafiese ontwerper (en iemand wat ook van sy werk onder eie beheer, buite die hoofstroom uitgegee het) genader is om deel te wees van die eerste groep van vyf digters wat in 2019 deur ’n nuwe uitgewery in Nederland, De Kaneelfabriek, gepubliseer sou word.
Clinton se verse is onder die titel Het vijfde evangelie volgens Mickey uitgegee. Clinton was glad nie betrokke by die keuse van die gedigte wat opgeneem is nie, vertel hy op LitNet aan Cliffordene Norton. "Die vertaler het gedigte uit drie van my bundels, Rangeer, Woorde roes in die water en Aantekeninge teen die skemeruur gekies. Die vertalings word langs die oorspronklike Afrikaanse teks afgedruk."
In sy voorwoord tot Clinton se bundel skryf Benders: "Maar weet u wat ik denk van mensen die politiek beginnen schrijven omdat het in de mode is? Ik denk dat die mensen helemaal niet oprecht zijn.
"Dat probleem heb ik bij de gedichten van Clinton V du Plessis niet, want die schrijft al zijn hele leven politiek geladen gedichten, oprechte en vaak schrijnende poëzie die me soms diep weet ontroeren. En in dit tijdperk waar iedereen de mond vol heeft over diversiteit is het tussen al die obsessie met de groepsidentiteit bijzonder nuttig gedichten te lezen van iemand die de apartheid aan den lijve heeft meegemaakt. Clinton, zoon van een spoorwegarbeider, verhaalt in veel gedichten over het Zuid Afrika van de jaren zeventig en tachtig, armoede, apartheid, chaos, maar in al die ellende lukt het hem diep menselijke gedichten te schrijven die tot de kern van je wezen gaan.
"Ik ben geen traditioneel vertaler, omdat ik vind dat de boekdrukkunst niet voor niets is uitgevonden, en mij gaat het slechts om het resultaat, een zo goed mogelijk gedicht. Daarom koos ik ervoor in deze bundel ook het origineel af te drukken, zodat de lezer ook de klanken van het Afrikaans kan genieten en kan zien waar mijn vertaling van het origineel afwijkt. Uiteraard poog ik meestal wel dicht bij het origineel te blijven – anders zou ik een frustraat zijn – maar heel soms geef ik een gedicht een ietwat andere wending, een vrijheid die weinig vertalers zich permitteren. Toch meen ik op deze wijze goed het wezen van Clintons gedichten te hebben gevangen, en hoop ik dat u als lezer dezelfde indruk zal hebben. (…)
"Kom los van je identiteit, en lees de gedichten van Clinton du Plessis, die met een diep menselijke stem beelden schetst die tot de kern weten raken, humanistisch-filosofische gedichten die pogen het grotere plaatje te schetsen dat ons allen aangaat. Het leven is te kort om het te verdoen met kleine obsessies. Maar het leven is gelukkig ook lang genoeg om kennis te nemen van deze prachtige poëzie. Met gepaste trots presenteer ik u deze bundel vertalingen, van een van de belangrijkste Zuid-Afrikaanse dichters, al heeft hij dan zijn hele leven in de marge moeten publiceren."
Kamiel Choi skryf in die tydskrif Meander (https://meandermagazine.nl/2020/02/clinton-v-du-plessis-het-vijfde-evangelie-volgens-mickey) dat Het vijfde evangelie volgens Mickey humanisties is met ’n olike botoon: "Veel gedichten gaan over het leven onder Apartheid, zoals het prachtige gedicht over de rassenscheiding in treinwagons. Ook Bijbelse metaforen ontbreken niet, zo is het levensverhaal 'een rots / voor het graf in de grot / dat geen woorden ooit / weg kunnen rollen.' Natuurlijk draait dit evangelie uiteindelijk niet om wederopstanding of verlossing, maar om de omgang met de menselijke eindigheid: 'Hoe passen / we het verleren / van de liefde in?' De prachtige liefdespoëzie kan ook associaties oproepen met het Hooglied, maar wat mij betreft kan dit evangelie prima op zichzelf staan.
"De bundel is thematisch heel afwisselend en nodigt uit tot ronddwalen. Deze manier van lezen werkt goed voor een tweetalige bundel, waarin je heen en weer kunt springen tussen het Nederlands en het Afrikaans. Voor mij voelde het soms alsof het wilde dier van de zo klankrijke Afrikaanse taal in bedwang moest worden gehouden met ons eigen nuchtere Noordzee-dialect.
"Martijn Benders leverde een heldere vertaling af die het Afrikaanse origineel goed toegankelijk maakt. In het voorwoord geeft hij aan dat hij koos voor een tweetalige bundel om de lezer de klanken van het Afrikaans te doen ondergaan. Hij wist op essentiële punten de klankrijkdom van het origineel te behouden en boet toch bijna nergens aan helderheid in. In enkele gedichten wijkt de vertaling sterk af van het origineel, en ook dat is met opzet gedaan. De vertaler doet dit om het wezen van Du Plessis’ gedichten te vangen, zoals in de regels
sy pa het stil die stukkies van sy lewe, soos ’n opgepakte ratkas,
uitmekaar probeer haal.
en vader poogt stilletjes
de opgevoerde versnellingsbak
van zijn leven te demonteren.
"Het Vijfde Evangelie volgens Mickey is een mooi afgewerkte bundel met veelal indrukwekkende, doorleefde poëzie, toegankelijk gemaakt in een heldere, bescheiden vertaling die uitnodigt tot actief en nauwkeurig lezen. Voor mij is de poëzie van Du Plessis een mooie ontdekking. Deze bundel vermag hopelijk een nieuwe naam toe te voegen aan de reeks Afrikaanse dichters die bekendheid genieten in poëzieminnend Nederland.
Je mag niet de bagage van je ouders
in je rugzakje meedragen,
hun half geleefde dromen
hoef je hier niet te leven
moge de littekens van het land
niet aan je blijven vastkleven,
mag je overal nog mensen zien.
Mag je hart zo wijd en open blijven
als dat hazenbekkie daar,
je gemoed zo onbevangen
als alleen een kind kan wezen.
Mag jy nie die bagasie van jou ouers
in jou rugsakkie saam hoef te dra nie,
of hul halfgeleefde drome
uit hoef te leef nie;
mag die letsels van die land
nie aan jou vas kom sit nie,
mag jy net nog mense sien.
Mag jou hart so wyd en so oop bly
soos daardie haasbekkie,
jou gemoed so onbevange
soos net ’n kind s’n kan wees."
Jason Lloyd skryf op LitNet (http://www.oulitnet.co.za/mond/clintonv.asp): "Clinton V du Plessis (of dalk Clinton du Plessis), evangelis van die nihilisme soos bestempel deur die Vlaamse letterkundige Luc Renders, is g’n ordinary mens nie. Hy het twee siele in die nie baie kort, nie baie lank, nie baie vet en nie baie maer liggaam van hom. En Renders gaan selfs verder: 'Die beeld wat Clinton V du Plessis van die mens en die lewe skep is uiters negatief. Veral die banaliteit en die uitsigloosheid van die lewe gekoppel aan die wreedheid en verdorwenheid van die mens word met onbarmhartigheid oopgevlek. Terselfdertyd versterk die besef dat daar nie ’n uitkomkans is nie in ’n groot mate die gevoel van totale onmag. Met volgehoue gedetermineerdheid en volstrekte oortuiging bely en versprei die skrywer die kultus van die nihilisme. Clinton V du Plessis is ’n siniese nihilis wat in niks glo nie. Hierdie bewussyn van die absolute sinloosheid van die lewe en van die volslae boosheid van die menslike natuur maak van die digter ’n ontheemde. Hy is nêrens tuis nie want nêrens kan hy aan die beklemmende ervaring van vervreemding ontkom nie.'"
Van Clinton se ander belangstellings is die letterkunde, ekonomie, politiek en musiek.
Publikasies
Publikasie |
Geloofsbelydenis van ’n kluisenaar |
Publikasiedatum |
1984 |
ISBN |
0628028628 (hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Perskor |
Literêre vorm |
Poësie |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Curriculum vitae |
Publikasiedatum |
1988 |
ISBN |
Geen (sb) |
Uitgewer |
Cradock: Clinton du Plessis |
Literêre vorm |
Poësie |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Publikasie |
In God’s country: no. 2–21 |
Publikasiedatum |
1991 |
ISBN |
0620156813 (sb) |
Uitgewer |
Cradock: Clinton du Plessis |
Literêre vorm |
Poësie |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Publikasie |
Tussentydse verslag: gatsak-gedigte |
Publikasiedatum |
1996 |
ISBN |
0620208465 (sb) |
Uitgewer |
Cradock: Gatsak-gedigte |
Literêre vorm |
Poësie |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Publikasie |
Kort van draad |
Publikasiedatum |
1997 |
ISBN |
0620216220 (sb) |
Uitgewer |
Cradock: Gatsak-gedigte |
Literêre vorm |
Kortverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Publikasie |
Brunch met twee. Saam met Peter Snyders |
Publikasiedatum |
2001 |
ISBN |
191989098X (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: contentlot.com |
Literêre vorm |
Kortverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Publikasie |
Flitse |
Publikasiedatum |
2012 |
ISBN |
9780620532310 (sb) |
Uitgewer |
Cradock: Ama-coloured Slowguns |
Literêre vorm |
Poësie |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Publikasie |
Rangeer |
Publikasiedatum |
2013 |
ISBN |
9780620556040 (sb) |
Uitgewer |
Cradock: Ama-coloured Slowguns |
Literêre vorm |
Poësie |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Publikasie |
Woorde roes in die water |
Publikasiedatum |
2014 |
ISBN |
9780620618922 (sb) |
Uitgewer |
Cradock: Ama-coloured Slowguns |
Literêre vorm |
Poësie |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Publikasie |
Aantekeninge teen die skemeruur |
Publikasiedatum |
2017 |
ISBN |
97780994691354 (sb) |
Uitgewer |
Lynnwoodrif: Cordis Trust |
Literêre vorm |
Poësie |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Verslag |
Publikasiedatum |
2019 |
ISBN |
9780620835404 (sb) |
Uitgewer |
Roepman Uitgewers |
Literêre vorm |
Poësie |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Het Vijfde Evangelie volgens Mickey |
Publikasiedatum |
2020 |
ISBN |
9789083011912 (sb) |
Uitgewer |
De Kaneelfabriek |
Literêre vorm |
2020 |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Nederlands deur Martijn Benders |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Biografiese artikels oor en deur Clinton V du Plessis beskikbaar op die internet
- Clinton du Plessis
- Clinton V du Plessis
- Clinton V du Plessis: Skryf is die groot verset teen vergeet [onderhoud Versindaba]
- Du Plessis, Clinton V:
- Breyten Breytenbach Boekefees 2013: Vier seisoene in die paradys
- Bruce Springsteen, Bellville, rede om te glo
- Gedigte
- Gedigte
- Geloofsbriewe (the true confessions of a reluctant Afrikaner)
- Haar Nigeriër
- Hoe lyk jou stad-kompetisie: Kookhuis
- Losing my religion
- Michausdal deur die oë van die digter Clinton V du Plessis
- Die oerknal van die liefde [gedig]
- Oestyd-skryfuitdaging: "Kaapstad" deur Clinton V du Plessis
- Richmond – Boekbedonnerd V
- Richmond – ’n woordlandskap tussen vergeet en onthou
- Verjaarsdagvers vir Breyten
- Verplaas [gedig]
- Grundling, Erns: Evangelis van die nihilisme
- John, Philip: Clinton V du Plessis gesels met Philip John
- Jong digter begin blad vir poësie
- Kaalvoet oor die highway: Alfred Schaffer en Clinton V du Plessis gesels
- Lloyd, Jason: Clinton V du Plessis is g’n ordinary person nie
- Malan, Marlene: Digter in opstand
- Nieuwoudt, Stephanie: Poësie vergaan ook
- Van der Linde, Luisa: Rekenmeesterdigter se woorde
Clinton du Plessis se ATKV LitNet-Skrywersalbum is oorspronklik op 2015-02-18 gepubliseer en is nou volledig bygewerk.
Bron:
- Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.
Die opsteller vra om verskoning dat van die skakels nie tans kan oopmaak nie, maar Media24 se koerantargief is op die oomblik nie toeganklik nie.
"Cordis Trust is in 2000 opgerig en befonds deur dr Fanie Marais as ’n gedenktrust vir Mardene Marais (28/08/1968–18/10/1989). Sy was ’n student aan RAU (nou UJ) van 1987–1989. Van 1990 af het die Marais-gesin die Mardene Marais-gedenkbeurse vir Afrikaans voorgraads ingestel en dit in 1999 ook na Honneursstudie uitgebrei. In 1992 met aanmoediging van Johann Johl sien ’n privaat-publikasie, Woordpalet, van die skryfwerk van Mardene die lig. "Die doelwitte van Cordis Trust (Uit die hart) is deernisprojekte (teater van die lewe); skeppende Afrikaanse woordkuns (dig-, skryf-, drama- en liriekekuns en kultuurhistories) bedryf as die Afrikaanse woordkunsakademie; en die bevordering van geestelike werk (boodskap van hoop). Jeugstemme word binne die onderskeie doelwitte beklemtoon." (http://www.cordistrust.co.za)
Kommentaar
https://www.litnet.co.za/ek-haat-die-kollig-se-clinton-v-du-plessis-aan-jo-els/