LitNet is in Januarie 2024 ’n kwarteeu oud. Ek het dit in 1998 bedink in die internet se bronstydperk en ons is sedert 11 Januarie 1999 aanlyn.
Sedertdien het dit kwaai gegroei. 1999 is nogal lank gelede. Die ou Afrikaanse woord leeftog kom by my op. Dankie aan almal wat hierdie miershoop help bou het. Hoe vier ’n mens so iets? Wel, ek wil graag Afrikaanse talent gedenk met Die Groot LitNet25 aanlyn Skrywersberaad. Die beraad se logo gaan so lyk:
Maar so iets kos ’n geldjie, en ek sal eers ’n borg moet vind. Ons vorige drie skrywersberade was die Briewe deur die lug-beraad, die Young Voices Conference, en Poolshoogte.
So het die Briewe deur die lug-beraad (2000) verloop:
Openingsrede
“Erfgoed”
“Die vaders, die moeders”
“Hibriditeit”
|
“Afrikaans wees in Afrika en die wêreld”
“Hef-aan”
“‘Disgrace’ oftewel Renaissance: bly of gly?”
|
Die Briewe deur die lug-beraad het uitgeloop op ’n mooi boek met dieselfde titel, uitgegee deur Tafelberg.
Die Young Voices Conference (2004) is deur Nelson Mandela geopen.
Die derde skrywersberaad wat LitNet aangebied het, was Poolshoogte (2014). Poolshoogte wou die denkklimaat van sy tyd meet, en noudat die Tyd ’n belangrike bladsy omgeblaai het, sal ek graag ’n skrywersberaad wil aanbied wat Afrikaans, sy produksie- en lesersprosesse, die temas wat sy mense lewe, die nuwe tydsgees, uitdagings, ensovoorts, ensovoorts meet en boekstaaf. Dalk word dit weer ’n mooi bundel essays, nes Briewe deur die lug destyds. Baie dankie vir almal se medewerking en ondersteuning sedert die laat jare negentig.
Etienne van Heerden
11 Januarie 2024
Die LitNet-TV-advertensie van 2015, vervaardig deur The Suits
Kommentaar
Beste Etienne, van harte geluk met die viering van LitNet se 25ste bestaansjaar. LitNet is 'n ligtoring vir Afrikaans in al sy gestaltes. En dit is alles te danke aan jou kreatiwiteit en inisiatiewe. Jy, met gebeente en al, is 'n voortreflike bestuurder. Jy wys die weg aan en jou uiters bekwame span volg in jou voetspore. Mag daar nog talle hoogtepunte in die toekoms, wat met donker beskadu word, wag. Nogmaals geluk, Etienne. Vriendelike en dankbare groete.
Baie geluk met jou inisiatief. Altyd 'n fees van leesgenot. Groete.
Hi.
My naam is Zelcke Pieters.
Ek is in graad vyf en wil graag 'n Afrkaans-vraestel hê, asb.
Hallo! Dankie vir jou navraag. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by die lys. Sterkte met die voorbereiding! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Goeiemôre. Wil net graag weet of julle enige materiaal ivm GR10/11 Besigheidstudies, Toerisme En Verbruikers het? Toetse. Vraestelle En memo's.
Hallo! Dankie vir jou navraag. Hier is die indeks van vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied. Klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Sterkte met die voorbereiding! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder