Skole

KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.

Wiskunde: Graad 9, kwartaal 2, vraestel en memorandum

LitNet Academic research 2025-06-18

Is jy in graad 9 en het jy onlangs na die Comrades-marathon gekyk? In hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld is daar voorbeeldsomme wat oor marathons handel. As jy die vraestel gebruik om vir jou eksamen voor te berei, kan jy dalk eerste plek met jou uitslae behaal!

Wiskunde: Graad 8, kwartaal 2, toets en memorandum

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-06-11

Is jy in graad 8 en los jy graag twee teelepels suiker in jou tee op? In hierdie gratis oefenvraestel van Lee-Ann Langeveld gaan jy ook leer om Wiskundesomme op te los – maar dis op ’n algebraïese wyse. Oefen die somme, drink ’n lekker koppie tee en behaal boonop hierdie kwartaal goeie punte in jou eksamen!

Afrikaans Huistaal: Graad 11, kwartaal 2, hersieningsvraestel en memo

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-06-09

Is jy in graad 11 en wil jy baie graag nou gedurende die Junie-eksamen by die fliek uitkom? Dis goeie raad om eerder nou vir jou eksamen voor te berei en in die vakansie ’n film te gaan kyk. Hierdie Afrikaans Huistaal-oefenvraestel en memorandum deur Zelda Brits kan gratis afgelaai word. Jy sal die vraestel moet deurwerk om te sien waarom springmielies as toeligtingsprent gekies word!

Wiskunde: Graad 7-vraestel en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-06-03

Dis winter en tyd vir die Junie-eksamen. As jy in graad 7 is, kan hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit jou help om vir jou eksamen voor te berei. Jou beker warm sjokolade sal ekstra soet smaak as jy goeie punte in die eksamen behaal!

Uittreksels en oefenvoorbeelde: Lees en kyk met begrip vir Afrikaans Huistaal-leerders in graad 7 deur Aletha de Klerk

NB-Uitgewers NB-Uitgewersportaal 2025-06-03

Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in graad 7 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, spotprente, plakkate, grafieke en opsommings.

Lees en kyk met begrip vir Afrikaans Huistaal-leerders in graad 7: ’n onderhoud met Aletha de Klerk

Naomi Meyer, Aletha de Klerk Skole 2025-06-03

"Teen eksamentyd voel dit mos of alles gelyk moet gebeur – en eintlik gister al. Die kind se konsentrasie wankel, die rekenaar gee in, en selfs die hond kruip weg. In daardie oomblik is Lees en kyk met begrip Graad 7 Huistaal presies in die kol – soos daardie ekstra stel hande wat jy nie eers geweet het jy nodig het nie."

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-05-31

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde: Graad 12-vraestel 2 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-05-28

Is jy in graad 12? Jy is nie meer so klein soos die kinders op hierdie prent nie. Een van die dae staan jy nie meer in die ry voordat die skooldag begin nie. Hier is wel ’n gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld wat jou sal help om rye en reekse vir jou volgende Wiskundevraestel te bemeerster.

Lewenswetenskappe: Chemiese reaksies in die bombardierkewer

Rouxlyn Botha Skole 2025-05-27

"Chemiese reaksies is oral rondom ons waarneembaar. Ons is net nie altyd daarvan bewus nie. Ook in die natuur gebeur daar gereeld allerhande chemiese reaksies. Kom ons kyk hoe die bombardierkewer van chemiese reaksies gebruik maak."

Wiskunde: Graad 12-vraestel 1 en memo, kwartaal 2

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-05-23

Is jy in graad 12? Dis tyd om voor te berei vir jou Wiskunde-eksamen hierdie kwartaal. Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld wat jou sal help om briljante punte te kan behaal!

Wiskunde: Graad 6-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-05-21

Is jy in graad 6 en bekommer jy jou oor jou Wiskunde-eksamen wat voorlê? Hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit sal jou spanning soos mis voor die son help verdwyn. Laai dit af, oefen jou werk en jy sal sommer met selfvertroue kan gaan skryf.

Graad 6: Afrikaans Huistaal-oefenvraestelle en memoranda, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-05-15

As jy vanjaar in graad 6 is, het jy seker nog nie so baie van hierdie voorwerp in jou lewe gesien nie. As jy egter voorberei vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen, kan jy hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen aflaai en meer lees oor die poskantoor. Dalk pos jou ouers vir jou ’n liefdesbrief as hulle sien watter goeie punte jy as gevolg van jou harde werk behaal.

Lewenswetenskappe: Sure en basisse, miere en termiete – het hulle iets gemeen?

Rouxlyn Botha Skole 2025-05-12

"Behalwe vir selfverdediging, gebruik miere ook mieresuur om hul neste mee te ontsmet. Mieresuur het anti-mikrobiese eienskappe. Dit beteken dat dit die groei van mikrobes wat siektes onder die miere kan veroorsaak, vertraag. Mieresuur is so effektief dat dit gebruik word om veevoer mee te preserveer."

Persverklaring: Vlooi en die speelgoedkis by die Kunstekaap

LitNet Teater 2025-05-12

Opvoeders en leerders, neem kennis! Vlooi besoek binnekort weer die Kunstekaap. Hier is solank inligting sodat julle betyds kan kaartjies koop.

Wiskunde: Graad 5-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-05-07

Is jy in graad 5 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Jy ken seker die bekende sprokie van die twee kinders wat in die woud verdwaal en ’n lekkergoedhuisie ontdek het. Jy hoef nie so verlore soos hulle te voel as jy vir jou Wiskunde-eksamen voorberei nie. In hierdie gratis oefenvraestel van Wilhelm du Toit sal jy in sekere van die voorbeeldsomme huisies van vuurhoutjies kan bou. Wanneer jy goeie punte in die eksamen behaal, kan jy jou met smullekker koekies beloon. 

Wiskunde: Graad 4-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-05-06

Is jy in graad 4 en skryf jy hierdie kwartaal vir die eerste keer eksamen? LitNet kan help! Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit af en laat jou spanning saam met die water van die rivier op die prentjie wegvloei. Jy sal ook voorbeelde van vloeidiagramme in die vraestel aantref en as jy dit geoefen het, sal jy jou werk beter verstaan! 

Wiskunde: Graad 11-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-05-05

Is jy in graad 11 en wonder jy aan die begin van hierdie eerste week in ’n lang tyd waartydens dit nie ’n langnaweek is nie wat die sin van die lewe is? LitNet het die antwoord. Dit is: "Sin, cos, tan!" Laai Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel en memorandum af en berei voor vir jou eksamen aan die einde van die tweede kwartaal. As jy goeie punte in die eksamen behaal, sal dinge sommer meer betekenisvol voel!

Graad 5: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-04-29

Is jy in graad 5 en hou jy hierdie week "skoolvakansie"? As jy lus voel om appeltert te bak, kan jy dit doen – en jy kan dit as beloning eet as jy sommer hierdie gratis oefenvraestelle van Eugene van der Westhuizen afgelaai en dit uitgewerk het om voor te berei vir jou tweede kwartaal se eksamen. Dit sal sommer baie lekker wees om die appeltert te eet en boonop goeie punte vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen te kry! 

Suidoosterfees 2025: Proscenium-jeugteater in die kalklig

Naomi Meyer, Herman van der Westhuizen Suidoosterfees 2025-04-25

"Niks kom ... by ’n lewende opvoering nie, so kom kyk by die Suidoosterfees na die Proscenium Jeugteater in die kykNET Kamer. Toegang is gratis. Daar is vier groepe wat elkeen drie keer optree en die vier stukke saam in elke groep duur nie langer as ’n uur nie."

Wiskunde: Graad 9-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-04-23

Is jy in graad 9 en voel dit vir jou daar is genoeg alfabetletters waarmee jy in Wiskunde te doen het dat dit nou al na Afrikaans voel? Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel kan jou met jou somme help. Werk dit uit en berei voor vir die tweede kwartaal se eksamen. (As jy vir Afrikaans wil voorberei, is daar ook hulpvraestelle daarvoor op LitNet beskikbaar.)

Top