Skole
KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.
Afrikaans Huistaal: Graad 9-vraestelle en memoranda, eerste kwartaal
2026-03-09As jy in graad 9 is, weet jy hoe belangrik jou selfoon vir jou is. LitNet het goeie nuus! Daar is oefenvoorbeelde wat oor selfone handel in hierdie gratis Afrikaans Huistaal-toetse en memoranda deur Eugene van der Westhuizen. Laai die toetse sommer nou af!
Persverklaring: Kunstekaap ’n plek vir almal – begin reeds vroeg
2026-03-04Afrika word beskou as die vasteland met die jongste bevolking ter wêreld. In Suid-Afrika, met ongeveer 12 miljoen kinders van skoolgaande ouderdom, is die holistiese welstand van ons jeug noodsaaklik. Daarom bly Kunstekaap verbind tot die vorming van die toekomstige generasie deur die transformerende krag van teater en die uitvoerende kunste deur middel van ’n weldeurdagte opvoedkundige en jeugprogram.
Wiskunde: Graad 7-vraestel en memorandum, eerste kwartaal
2026-03-04As jy in graad 7 is en vir jou Wiskundetoets moet voorberei, gaan Wilhelm du Toit se gratis oefenvraestel en memorandum jou beslis lekker laat voel. Dit bevat lekkergoed-voorbeeld-oefensomme en as jy jou werk daarmee oefen, gaan jy sommer lekker goeie punte in jou toetsreeks behaal.
Wiskunde: Graad 6-vraestel en memorandum, eerste kwartaal
2026-03-04As jy in graad 6 is en van krieket hou, sal jy dit geniet om Wilhelm du Toit se gratis oefenvraestel met krieketvoorbeeldsomme uit te werk om vir jou eerste Wiskundetoets vanjaar voor te berei. As jy nie van krieket hou nie, sal jy dit ook geniet om die vraestel uit te werk, want daar is baie meer somme as net somme wat krieketvoorbeelde bevat – en die vraestel en memorandum sal jou help om goeie punte te behaal.
Wiskunde: Graad 10-vraestel en memorandum, eerste kwartaal
2026-03-04Is jy in graad 10 en wens jy hier voor jou eerste Wiskundetoets jou lewe was so eenvoudig soos ’n kat s’n? Laai Lee-Ann Langeveld se Wiskundetoets en memorandum gratis in PDF af en leer hoe eenvoudig dit kan wees om algebrasomme te vereenvoudig. Dit sal nie anders kan nie: Jy gaan eenvoudig hierdie kwartaal goeie punte vir Wiskunde behaal!
Persverklaring: Muurskildery laat Afrikaans amptelik 100 voortleef
2026-03-04Afrikaans Amptelik 100 stel nou die muurskildery as ’n gratis aflaaibare PDF-dokument beskikbaar vir belangstellendes. Onderwysers kan dit in die klaskamer gebruik en sodoende gesprekke rondom ons taal se komvandaan stimuleer.
Lewenswetenskappe: Graad 10-vraestel en memorandum, eerste kwartaal
2026-02-25As jy in graad 10 is en binnekort Lewenswetenskappe-toets skryf, sal hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Rouxlyn Botha jou met jou voorbereiding kan help. Volgende keer as jy in die natuur is en ’n blaar so geel sien verkleur soos hierdie een in die foto, sal jy boonop die rede daarvoor verstaan.
Lewenswetenskappe: Graad 12-vraestel en memorandum, eerste kwartaal
2026-02-24Is jy in matriek en raak jy emosioneel as jy aan die eindeksamen dink? Blameer sommer ’n ui as jy in trane wil uitbars! Hierdie gratis oefenvraestel deur Rita Engelbrecht sal jou met jou Lewenswetenskappe-voorbereiding kan help. Hersien die kwartaal se werk en natuurlik is daar ook ’n voorbeeldvraag oor die uieplant in die vraestel. Daar sal sommer trane van blydskap vloei as jy jou punte sien!
Persvrystelling: Registreer nou vir die 2026 Sanlam WOW Spelfees
2026-02-24Die 17de Sanlam WOW Spelfees vind van Julie tot Oktober landwyd plaas, en skole en leerders word hartlik uitgenooi om nou te registreer. Deelname is heeltemal gratis.
Wiskunde: graad 9-vraestel en memorandum, eerste kwartaal
2026-02-19As jy in graad 9 is en binnekort jou eerste Wiskundetoets skryf, het jy rede om breed te glimlag. Hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld gaan jou met jou voorbereiding help. Laai dit sommer nou af en begin oefen.
Wiskunde: graad 8-vraestel en memorandum, eerste kwartaal
2026-02-19Is jy in graad 8 en skryf jy binnekort jou eerste Wiskundetoets vanjaar? Hierdie gratis oefentoets en memorandum deur Lee-Ann Langeveld gaan jou met jou voorbereiding help. Soos jy kan sien, is daar sekere vrae waarvoor jy nie 'n sakrekenaar mag gebruik nie. Jy hoef egter nie bang te wees nie, want die toets gaan jou so mooi help dat jy gaan weet jy’s slim genoeg om alles uit jou kop te doen!
Wiskunde: Graad 5, oefenvraestel en memorandum, eerste kwartaal
2026-02-18As jy in graad 5 is en voel of jy dubbel sien, is dit ’n goeie ding. Hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit gaan jou help om berekeninge ten opsigte van verdubbeling en halvering te doen. Laai dit in PDF af en begin sommer nou vir jou toetsreeks voorberei.
Wiskunde: Graad 4, oefenvraestel en memorandum, eerste kwartaal
2026-02-12As jy in graad 4 is en graag met albasters speel, gaan hierdie gratis Wiskunde-oefenvraestel deur Wilhelm du Toit vir jou groot pret wees om uit te werk. Hier is voorbeeldsomme wat met speelgoed soos albasters te doen het. Jou ouers sal boonop bly wees oor jou goeie punte!
Afrikaans Huistaal: Graad 6-vraestelle en memoranda, eerste kwartaal
2026-02-06Is jy in graad 6 en sê jou ouers jy moet hard werk om plek in ’n goeie hoërskool te kry? LitNet kan jou help! Laai hierdie gratis Afrikaans Huistaal-vraestelle en memoranda deur Eugene van der Westhuizen af en begin sommer nou al voorberei vir die eerste kwartaal se toetsreeks.
Persverklaring: Eerste WOW-Droomuitstappie by Universiteit Stellenbosch
2026-01-30Woorde Open Wêrelde (WOW) se eerste WOW-Droomuitstappie (Dream Walk) vir graad 12-leerders is op 28 Januarie by die Universiteit Stellenbosch (US) aangebied.
Graad 12: Onderwêreld deur Fanie Viljoen – opsomming en analise
2026-01-21As jy vanjaar in matriek is, is Onderwêreld deur Fanie Viljoen waarskynlik jou voorgeskrewe boek in Afrikaans Huistaal. Lees die boek en laai dan Cecilia Klopper se opsomming en analise gratis hier in PDF hier af om die teks onder die knie te kry!
The poetry whisperer’s workshop, compiled by Elsibe Loubser McGuffog: a reader’s impression
2026-01-21"The poetry whisperer’s workshop is the takeaway from a project inspired by Alison Gwynne Evans, head of the Western Cape Branch of SACEE (the South African Council for English Education). ... Central to the workshop is the idea that the future of poetry should be affirmed, even in times where AI is set to challenge all areas of human endeavour."
Persverklaring: Proscenium-dramakompetisie 2026 (Inskrywings sluit 29 Januarie)
2026-01-20Inskrywings vir die Proscenium-dramakompetisie 2026 sluit op 29 Januarie 2026, en aspirant jong kunstenaars word aangemoedig om dié unieke geleentheid aan te gryp.
Graad 6: Natuurwetenskappe en Tegnologie-vraestel en memorandum, kwartaal 1 & 2
2026-01-15Is jy in graad 6 en sê jou ouers vir jou jy moet vanjaar hard werk om ’n plek in ’n goeie hoërskool te kry? Die goeie nuus is dat Rouxlyn Botha se Natuurwetenskappe- en Tegnologie-vraestel groot pret is om te gebruik as jy jou werk wil oefen. Laai dit sommer hierdie week al af. Dis gratis – en daar’s ’n memo ook!
Graad 10: Afrikaans Huistaal-vraestel en memorandum, vierde kwartaal
2025-11-27Is jy in graad 10 en dink jy aan die natuurreservaat waar julle gesin binnekort gaan vakansie hou? In hierdie gratis Afrikaans Huistaal-oefenvraestel van Cecilia Klopper is daar ’n strookprentoefening wat oor renosterstropery handel, en nog hope ander interessante voorbeelde waarmee jy jou taalvaardighede kan oefen. Voorspoed met die heel laaste eksamen van die jaar!

