Skole
KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.
Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, tweede kwartaal
2023-06-06As jy in graad 9 is, weet jy seker nou al wat die sinonieme vir "spanning" en "stres" in die eksamentyd is: "Ma" en "Pa". Laat Zelda Mans se gratis Afrikaans Huistaal-oefenvraestel daardie angstigheid laat bedaar, jou help om goeie punte te behaal én weer goeie gesinsverhoudinge te beleef (onthou ook dat "Ma", "Pa", "spanning" en "stres" totaal verskillende soorte selfstandige naamwoorde is, en nie sinonieme nie).
Eksamenwenke aan ouers en leerders: Faeed Amardien, ’n opvoeder, gee raad
2023-06-01"[J]y weet reeds waarom jy elke dag vroeg opstaan en skool toe kom. Hou aan met hierdie narratief. Dit is nie tevergeefs nie. Ignoreer die geraas rondom jou. Jy het die vermoë om sukses te behaal."
Eksamenwenke aan ouers en leerders: Renette Symington, ’n opvoeder, gee raad
2023-06-01"Bêre jou selfoon baie ver weg wanneer jy leer. Sit by 'n werksarea en skryf. Moenie op jou bed lê, na die werk staar en verwag dit gaan self in jou kop klouter nie."
Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar
2023-05-29Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!
Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, tweede kwartaal
2023-05-23As jy in graad 9 is, weet jy seker nou al mense praat Afrikaans van die Bo-Kaap in Suid-Afrika tot by Argentinië in Suid-Amerika. Noudat LitNet jou algemene kennis uitgebrei het, moet jy begin om jou voorbereiding vir die eksamen uit te brei. Laai vier Afrikaans Huistaal-vraestelle van Eugene van der Westhuizen gratis hier af.
Graad 10: Wiskundevraestel 2 en memo, tweede kwartaal
2023-05-23Is jy in graad 10 en een van daardie gelukkige mense wat nog nooit vantevore juis vir jou Wiskunde-eksamens hoef voor te berei het nie? Skielik is dinge moeiliker en sien jy dubbel van al die werk! Lee-Ann West se gratis Wiskundevraestelle kan jou help. (En toemaar, dis regtig twee prentjies van passers wat jy sien. Haal diep asem en klik op die skakels in die artikel om die vraestel af te laai wat jou sal help om jou werk onder die knie te kry.)
Graad 5: NWT-oefentoets, tweede kwartaal
2023-05-15Is jy in graad 5 en hou jy van die prentjies wat jy hier sien? Wanneer jy hierdie gratis oefentoets van Rita Engelbrecht aflaai, kan jy by sommige van die vrae ook lekker prentjies sien – en die goeie nuus is dat dit jou sal help om voor te berei vir jou NWT-eksamen van die tweede kwartaal. (Hoewel die prentjies wat jy hier sien, nie in die vraestel voorkom nie, kan jy wel lekker met jou hondjie gaan speel, ’n blokkie sjokolade en ’n slukkie koeldrank geniet as jy klaar voorberei het.)
Graad 10: Wiskundevraestel en memo, tweede kwartaal
2023-05-12"I am sixteen going on seventeen ..." Nee, dis nie die lirieke van The sound of music wat hier beskikbaar is nie, maar wel ’n Wiskunde-vraestel, toegespits op (sestienjarige) graad 10-leerders wat deur Lee-Ann West opgestel en gratis hier beskikbaar is. Laai dit af en as jy hierdie kwartaal jou eksamenpunte ontvang, sal jy sommer jolig met die musiekblyspel saamsing.
Masithethe! An interview about the second isiXhosa high school oratory competition at PRG
2023-05-10"We need more competitions like this. It was heart-warming seeing learners from all walks of life and different cultures enjoying each other’s company and spending time together. Language can truly unite us all, even though we don’t all speak the same language; it is the differences that make life beautiful and interesting."
Graad 8: Wiskundevraestel en memo, tweede kwartaal
2023-05-04As jy in graad 8 is, weet jy wat ’n identiteitselement, ’n priemgetal en ’n algebraïese uitdrukking is. Maar het jy geweet dat warmbrakbroodrolletjies gewoonlik in groepe van agt verpak word? Berei gerus een voor terwyl jy hierdie gratis vraestel deur Lee-Ann West gebruik om ook vir jou eksamen voor te berei. (As jy nie weet wat 'n warmbrak is nie, kan jy LitNet se Afrikaans-vraestelle aanwend om jou taalkennis vir die eksamen op te skerp; hier onder volg ’n lys van nog vraestelle vir graad 8.)
Graad 6: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal
2023-04-24Hulle sê ’n kat het nege lewens, maar sê nou maar daar is ses katte? As jy in graad 6 is, is ek seker jy sal hierdie som kan oplos. Hierdie vraag kom nie in hierdie gratis Wiskundevraestel voor nie, maar daar is baie ander prettige somme wat jy kan oefen as jy hierdie toets en memo deur Lee-Ann West aflaai. Begin sommer nou al voorberei vir jou eksamen aan die einde van die kwartaal en ’n slegte punt het nie ’n kat se kans op jou rapport nie!
Graad 4: Algemene wetenskappe (NWT), tweede kwartaal
2023-04-19Is jy vanjaar in graad 4? Dan is jy nou al slim genoeg om iets te weet van water as vloeistof, vaste stof (ys) en gas (stoom). Jy is ook slim genoeg om hierdie kwartaal eksamen te skryf. In hierdie Natuurwetenskappe-vraestel deur Rita Engelbrecht is daar voorbeelde van die soort vrae wat jy in die eksamen kan verwag. Die goeie nuus is dis gratis beskikbaar en die ander goeie nuus is dat jy goeie punte sal kan kry as jy jou werk hiermee hersien.
Verrykingswiskunde: Hoeveel planete is daar in die Melkweg met lewe soos op die aarde?
2023-04-18Dalk is jy nie meer in die skool nie. Miskien het jy nog nooit passievol oor Wiskunde gevoel nie, wat nog te sê Verrykingswiskunde. Maar wie weet: dit kan wees dat hierdie artikel deur Pieta van Deventer jou sal interesseer. Sê nou maar daar is nog lewe in hierdie einste Melkweg waar ons ons bevind?
Graad 7: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal
2023-04-18Dis ’n nuwe seisoen. As jy in graad 7 is, is daar ook ’n nuwe seisoen wat binnekort vir jou wag: hoërskool. Laai hierdie Wiskundevraestel deur Lee-Ann West gratis hier af om voor te berei vir jou Wiskunde-eksamen hierdie kwartaal. Die herfsblare se kleure sal nog mooier lyk as jy hierdie kwartaal goeie punte behaal.
Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en -memo, tweede kwartaal
2023-04-13Is jy in graad 6 en wil jy eerder sit en skets as om jou werk te leer? Dalk gee Eugene van der Westhuizen se Afrikaans Huistaal-vraestel jou idees vir kinderboeke wat jy kan illustreer. Anders kan jy dit doodgewoon gratis aflaai, die werk oefen en goeie punte behaal.
Hulp vir opvoeders: ’n bespreking van Loftus Marais se "Verkeerswaarneming"
2023-04-13’n Opvoeder vra vir ’n bespreking van Loftus Marais se "Verkeerswaarneming" as ongesiene gedig en Dewald Koen, opvoedkundige, interpreteer die gedig wat oor meer as net algemene wroemwoede handel.
Die transgender kind en skole se grondwetlike verpligting teenoor leerders
2023-04-11"Kundiges is dit eens dat die transgender kind se puberteitsfase vele uitdagings kan bied. Dié kinders voel soms dat hul liggame hulle as’t ware verraai in puberteit wanneer die verskyning van sekondêre seksuele kenmerke lei tot genderdisforie."
Verrykingswiskunde: ewekansigheid
2023-04-11Is jy ’n leerder wat maklik vra: "Wat’s die kans?" Wanneer vind iets lukraak plaas? Dan moet jy hier lees. Pieta van Deventer skryf in hierdie artikel oor ewekansige getalle wat ’n groot rol in navorsing van watter aard ook al, speel.
Graad 5: Wiskunde-vraestel en memo, tweede kwartaal
2023-04-05Is jy in graad 5 en hou jy nog lekker vakansie? Hierdie gratis vraestel en memo deur Lee-Ann West kan jou help om jou werk van verlede kwartaal te hersien of om vroeg volgende kwartaal met vyfsterwiskunde weg te spring.
Onderwyshulp en leesbegripstrategieë 6: Vraagstelling
2023-03-30"Dit is oor en oor bewys dat goeie lesers juis self vrae vra in die leesproses."