Skole

KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.

Graad 8: Wiskundevraestel 2 en memorandum, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-02-18

Is jy in graad 8 en skryf jy binnekort nog ’n Wiskundetoets in die eerste kwartaal? As jy warm kry, is dit maar net omdat dit somer is. Geen ander rede om van angs te oorverhit nie! Jy kan hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld aflaai om jou te help voorberei. Jou punte sal sommer kook!

Gratis hulp vir leerders, onderwysers en ouers!

LitNet Skole 2025-02-14

Klik hier vir gratis vraestelle en antwoordstelle, van graad 1 tot graad 12, plus nog skakels vir onderwysers, leerders, ouers, navorsers en akademici.

Wiskunde: Graad 8-vraestel 1 en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-02-11

Is jy vanjaar in die hoërskool en is dit amper tyd vir jou eerste Wiskundetoets? As jy hierdie gratis oefenvraestel en memorandum wat Lee-Ann Langeveld spesiaal vir LitNet opgestel het, aflaai, gaan jy die toets net so baie soos al jou nuwe vriende geniet en boonop goeie punte behaal! 

Lewenswetenskappe: Predator of prooi? Die mierleeu se plek in die ekosisteem

Rouxlyn Botha Skole 2025-02-10

Rouxlyn Botha het ’n meestersgraad in Omgewingswetenskap cum laude behaal. Sy is passievol oor die natuur. Sy het al vir LitNet ’n paar Lewenswetenskappe-artikels geskryf. Hierdie artikel is spesifiek toegespits op die werk wat graad 8’s wat die KABV volg in die skool behandel.

Lewenswetenskappe: Chlorofil, fotosintese en blaarmyners – hoe om groen te bly

Rouxlyn Botha Skole 2025-01-17

"Terwyl plante fotosinteer, skakel hulle koolstofdioksied, water en ligenergie om in suurstof, water en koolhidrate. Die chemiese vergelyking lyk soos volg: 6 CO2 + 12 H2O + ligenergie → C6H12O6 + 6 O2 + 6 H2O."

Persverklaring: Onderwyskommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns oor die 2024-matriekuitslae

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2025-01-15

Die Onderwyskommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap wens die 2024-matrikulante, onderwysers en almal wat ’n bydrae gelewer het tot hierdie noemenswaardige prestasie, geluk met die 2024-matriekuitslae. Die opwaartse kurwe in die nasionale slaagsyfer dui op verbeterings in sekere aspekte van die onderwysstelsel en word verwelkom.

Kuberklas Kreatief: Herontmoeting

Pippa du Toit Kuberklas Kreatief 2024-12-20

"Hoorie, wil jy môre saam met my gaan snorkel? Ek het hierdie oulike plekkie aan die ander kant van die dorp gevind waarvan ek dink jy sal hou."

Lewenswetenskappe: Gee paddas vratte?

Rouxlyn Botha Skole 2024-12-09

"As jy na hierdie foto kyk, sal jy sien dat die padda se vel nogal hobbelrig lyk, so asof hy vratte het. Dit is natuurlik waar die storie dat jy gaan vratte kry as jy aan paddas vat, vandaan kom. Dit is egter nie die waarheid nie. Die hobbels op die padda se vel is vir kamoeflering."

Graad 10: Afrikaans Huistaal, drie vraestelle en memo’s, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-11-22

Is jy in graad 10 en baie ongelukkig omdat jy nog vir jou eksamen moet voorberei? Moenie toelaat dat die werk jou boelie of onderkry nie! In hierdie gratis oefenvraestelle deur Eugene van der Westhuizen is daar onder andere stories wat oor boeliegedrag handel. Dit sal jou egter opbeur, want as jy dit aflaai, gaan jy sommer die werk vir jou allerlaaste Afrikaans Huistaal-vraestelle van die jaar op die punte van jou vingers ken. Sê nee vir boelies en bewapen jou teen enige bullebakvraestelle wat volgende week op jou kan wag!

Graad 11: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-11-22

Is jy in graad 11 en wil jy eerder op jou selfoon rondblaai as om vir die eksamen voor te berei? Moenie soos hierdie bobbejaan wees wat jou foon vasklou nie. Sit dit eenkant en laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Cecilia Klopper af. Daar is hoeka ’n visuele teks met ’n bobbejaan en ’n selfoon in hierdie vraestel.

Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memoranda, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-11-18

Is jy in graad 6 en wil jy baie graag met jou vriende kuier? In Eugene van der Westhuizen se gratis Afrikaans Huistaal-vraestelle is daar stories wat oor vriendskappe handel. Dis ’n goeie plan om dit eers af te laai en vir die eksamen voor te berei – en daarna na hartelus met jou maats te speel.

Graad 7: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel 1 en memorandum

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-11-15

Is jy in graad 7 en verstaan jy nie die verskil tussen algebra en die alfabet nie? Albei het dan so baie a’s, b’s, x’e en y’e! LitNet kan jou help. Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af en jy sal gou genoeg die verskil tussen die twee kan sien. Boonop sal jy goed vaar in hierdie kwartaal se Wiskunde-eksamen!

Graad 6: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel en memorandum

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-11-15

Is jy in graad 6 en los jy eerder raaisels op as om voor te berei vir jou eksamen? In hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld gaan jy raaisels kan oplos én kan voorberei vir jou Wiskunde-eksamen. Gebruik die vraestel om jou met Wiskunde te help en los enige raaiselagtighede op sodat jy hierdie kwartaal uitstekend sal vaar!

Graad 7: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel 2 en memorandum

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-11-15

Is jy in graad 7 en wil jy net gaan fietsry? Jou ouers sal dit verstaan, want hulle weet dis baie lekkerder om ander dinge in die eksamentyd te doen as om vir jou eksamen voor te berei. Voorstel: Laai hierdie gratis Wiskunde-oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af en werk eers uit wat die hoeke tussen die verskillende fietsspeke in die betrokke oefensom is. Daarna kan jy vir bietjie afwisseling op jou fiets gaan rondry. Jy sal sommer op koers wees na goeie punte ook!

Graad 11: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel 1 en memorandum

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-11-14

Is jy in graad 11 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Met hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld kan jy daarvoor voorberei. In hierdie vraestel sal jy onder andere leer om somme sonder ’n sakrekenaar te vereenvoudig. Met behulp van hierdie vraestel, sal Wiskunde so eenvoudig en ongekompliseerd wees soos ’n eilandvakansie!

Graad 5: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel en memorandum

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-11-14

Is jy in graad 5 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? In hierdie gratis vraestel deur Lee-Ann Langeveld kan jy baie oefensomme doen om jou hiervoor voor te berei. Jy kan onder andere somme doen oor syfers se waarde. Hoe meer voorbeelde jy uitwerk, hoe meer selfvertroue sal jy ontwikkel. Onthou dat dit nie net syfers is wat waarde het nie. Jy is meer werd as goud! 

Lewenswetenskappe: Blou pajamas en muskiete

Rouxlyn Botha Skole 2024-11-12

"Muskiete kan nie so baie kleure soos mense sien nie. Blou is een van die kleure wat hulle nie kan sien nie, tesame met wit, groen en pers. Deur blou pajamas aan te trek, raak jy dus onsigbaar vir muskiete."

Onderwyskommissie van die SAAWK-persverklaring: beroep op regering oor Bela-taal- en toelatingsklousules

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-11-05

In hierdie lig beskou, doen die SAAWK ’n beroep op die regering om beginsels van samewerkende regering toe te pas deur die vennootskap tussen staat en skool te versterk en gemeenskappe se demokratiese reg op inspraak in hulle skole te beskerm.

Graad 10: Lewenswetenskappe, vraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-11-01

Is jy in graad 10 en het jy onverwags gedurende die eksamen die behoefte om baie tyd by die gimnasium te spandeer? Laai hierdie gratis Lewenswetenskappe-vraestel deur Rita Engelbrecht af met voorbeelde van vrae wat juis uitwys hoe belangrik dit is om oefening te doen. Onthou: Dis ’n goeie plan om eers vir jou eksamen voor te berei en daarna oefening te gaan doen.

Graad 10: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel 2 en memorandum

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-10-31

Dis nie moeilik om te skat hoeveel leerders in hierdie prent is nie. As jy in graad 10 is en jy laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af om jou Wiskunde vir die eksamen te oefen, gaan dit ook maklik wees om berekeninge te doen waarin jy deur middel van ’n frekwensietabel die gemiddelde aantal leerders in die Overberg moet skat en uitwerk. As jy hierdie vraestel uitgewerk het, hoef jy nie te skat of jy sal goed doen nie, jy sal sommer wéét jy gaan sukses behaal!

Top