
Lees en kyk met begrip: Graad 7, Afrikaans Huistaal
Aletha de Klerk
Best Books
ISBN: 9781776073757
Oor die boek
Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in graad 7 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, spotprente, plakkate, grafieke en opsommings. ’n Memorandum met antwoorde op die vrae is ná publikasie beskikbaar by bestbooks.co.za.
Oor die skrywer
Aletha de Klerk het ’n graad in Maatskaplike Werk van die Universiteit van die Vrystaat. Sy studeer verder aan die Noordwes-Universiteit en slaag haar Hoër Onderwysdiploma met lof. Sy werk vir sewe jaar as maatskaplike werker aan die Departement van Gesondheid en Welsyn en vir drie jaar by die Departement van Korrektiewe Dienste as hoofmaatskaplikewerker. Sy is as Afrikaans Eerste Addisionele Taal-onderwyseres verbonde aan die General Smuts High School. As onderwyseres en skryfster stel sy belang in die leerder as unieke wese en is altyd op soek na nuwe metodes om die addisionele taal-leerder se woordeskat en taalvaardighede te verbeter. Sy is passievol oor Afrikaans en bied werkswinkels oor Afrikaans addisionele taal-voorgeskrewe gedigte aan. Aletha woon in Vereeniging.
Oefeninge uit die boek

Laai drie oefenvoorbeelde gratis in PDF-formaat af.
Lees ook:
Lees en kyk met begrip vir Afrikaans Huistaal-leerders in graad 7: ’n onderhoud met Aletha de Klerk


Kommentaar
Kan ek oefenvraestelle en memo's van Graad 7 kry, asb?
Goeiedag! Dankie vir jou navraag. Daar is heelwat vraestelle op LitNet beskikbaar en dit kan help met eksamenvoorbereiding. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle waar alles op een plek bymekaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik op die skakels om die vraestelle en memoranda gratis in PDF af te laai. As die vraestel waarna jy op soek is nie beskikbaar is nie, is daar heelwat ander wat met voorbereiding kan help. Sterkte daarmee! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Oefenvraestelle, asb.
Goeiedag! Dankie vir jou navraag. Daar is heelwat vraestelle op LitNet beskikbaar en dit kan help met eksamenvoorbereiding. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle waar alles op een plek bymekaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik op die skakels om die vraestelle en memoranda gratis in PDF af te laai. Sterkte met die voorbereiding! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder