Lees en kyk met begrip vir Afrikaans Huistaal-leerders in graad 7: ’n onderhoud met Aletha de Klerk

“Teen eksamentyd voel dit mos of alles gelyk moet gebeur – en eintlik gister al. Die kind se konsentrasie wankel, die rekenaar gee in, en selfs die hond kruip weg. In daardie oomblik is Lees en kyk met begrip Graad 7 Huistaal presies in die kol – soos daardie ekstra stel hande wat jy nie eers geweet het jy nodig het nie.”