LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

Trust vir Afrikaanse Onderwys

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za


LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R9 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2016 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die kontrolevorm wat saam met voorleggings gestuur moet word, hier af.

Geesteswetenskappe-redakteur
Francis Galloway (DLitt)
E-pos: francis@litnet.co.za
Bioskets

Fotografie in Fees van die ongenooides van P.G. du Plessis

Johan Anker LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-09-10

"Die gebruik en beskrywing van die foto’s sluit aan by belangrike motiewe in die roman, soos waarheid en leuen, werklikheid en interpretasie, dood en verlies, gesegde en ongesegde dinge tussen mense."

Kritiese besinnings oor die Israelse eiendomsaansprake op Palestina

Sakkie Spangenberg, Christi van der Westhuizen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-09-05

"Die Bybelse narratief verdoesel die werklike historiese feite en die werklike huidige ontberings wat die Israelse metodes van verowering, onderdrukking en uitdelging teen Palestyne ontketen het."

Die problematiek van die vertaling van aanspreekvorme in Afrikaans aan die hand van Alan Paton se Cry, the beloved country

Anné Engelbrecht LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-08-16

"Kumalo ontmoet verskeie mense tydens sy reis, sommige slegs een keer, en met ander raak hy bevriend. Hoe ’n mens in die Afrikaanse vertaling die oorgang van u na jy (of die keuse tussen u en jy) soos bekendheid tussen die karakters toeneem, bewerkstellig, veral wanneer dié aspek nie in die bronteks of -taal voorkom nie, word in hierdie artikel bespreek."

Assemblage-teorie, affek en witwees. ’n Alternatiewe blik op die werking van witwees

Liezl Dick LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-07-31

"Na die 1994-verkiesing is die netwerk van wette wat mense op grond van ras by wyse van spreke in eerste-, tweede- en derderangse landsburgers verdeel het, opgehef. Dit is 24 jaar later, en rasgedrewe sienings en gewoontes veroorsaak steeds rassespanning en polarisering."

Die modus operandi-profiel van die kontant-in-transito-rower as eksklusiewe misdadiger

Hennie Lochner, Juanida Horne, Mari van Wyk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-07-05

"Omdat modus operandi-inligting oor die beplanning van ’n transitorooftog en die rowers se optrede na afloop van die misdaad moeilik bekombaar is, word aanbeveel dat die SAPD die moontlikheid ondersoek om modus operandi-inligting van gevonniste oortreders, veral van eksklusiewe misdadigers of rowers, te bekom."

Die eenpersoondrama as (steeds ontluikende) subgenre: ’n skets van sy ontwikkelingsgang en kenmerke

Marcel Spaumer, Bernard Odendaal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-06-26

"Die eietydse teaterlandskap, hetsy plaaslik of internasionaal, bevind sig tans in ’n kommerwekkende posisie weens beperkende ekonomiese toestande en mededingende vorme van vermaak (televisie, internet en so meer). Daarom wend baie dramaturge, produksiespanne en akteurs hulle tot ekonomies meer haalbare formate van teaterskepping, byvoorbeeld die eenpersoondrama."

Kreolisering van die wêreldletterkunde by D.J. Opperman

Hein Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-06-06

"Die ontleding toon aan hoe vindingryk Opperman ander tekste gekreoliseer het, maar ook dat hy daardeur, veral in sy later werk, ’n subtiele kritiek teen apartheid en teen kolonialisme vergestalt ten gunste van oopheid en relasionaliteit."

’n Lesing van Michel Houellebecq se poësie tussen die pole van die "abjekte" en die "eteriese"

Henning Pieterse LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-05-31

"Houellebecq is wesenlik ’n liriese digter en die meeste gedigte is deurtrek van melancholie en ’n gevoel van treurigheid oor verlore dinge en tye. Gelees as ’n enkele korpus, loop die verse wel soms die gevaar om in ’n mate van eenselwigheid met betrekking tot veral toonaard en tematiek (en, soms, beelding) te verval."

Die manifestasie van mens-masjien-verhoudinge in die Afrikaanse poësie (1990–2012): ’n kwantitatiewe en teksontledende beskouing

Tanja Botha LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-05-24

"Representasies van 1990 tot 1999 dui op ’n vervaging van grense en onderskeide tussen mens en masjien, maar die totale opheffing van grense is eers in representasies ná 2000 aantoonbaar. In dié opsig word die volledige integrasie tussen mens en masjien nie in alle gevalle positief uitgebeeld nie."

Die grammatikale en leksikale eienskappe van geselekteerde Afrikaanse gedigte

Lezandra Grundlingh LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-05-10

"Die manlike skrywers se poësie word gekenmerk deur leksikale woorde wat handeling en religieuse konsepte aandui, asook leksikale woorde wat met die dood te make het. Die vroulike skrywers se poësie word gekenmerk deur leksikale woorde wat na kognisie verwys, kreatiewe prosesse beskryf, en met voedsel en die konsep van 'tuiste' verband hou."

Verantwoordelike rolprentvervaardiging: etiek en toeskouerskap deur die lens van Michael Haneke se Amour

Dian Weys LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-05-02

"Aangesien ons moderne samelewing deur die media oorweldig word, stel Michael Haneke voor dat filmmakers ’n verantwoordelikheid het om gehore aan te moedig om aan ’n film se betekenisskeppingproses deel te neem, veral wanneer dit kom by die uitbeelding van geweld."

Die ontleding van wetgewing en bestaande programme en dienste vir straatkinders in Suid-Afrika

Elzahne Simeon, Alida Herbst, Herman Strydom LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-04-12

"As daar in die beste belang van straatkinders opgetree moet word, sal al die uitdagings op die beste wyse aangepak moet word, ten spyte van nasionale en internasionale finansiële tekorte."

Die toepas van ’n kommunikatiewe model vir teksontleding ten einde ’n estetiese vertaling van Sint Jan van die Kruis se gedig "Noche oscura" te skep

Dietloff van der Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-03-28

"’n Teoretiese grondslag is wesentlik noodsaaklik vir enige gesprek rondom vertaling om op rasionele wyse te kan plaasvind en om vir die vertaler te laat besluit waarom ’n sekere keuse ’n beter oplossing as ’n ander moontlikheid is."

Letterkunde en die reg in die Middeleeuse epos Vanden vos Reynaerde met spesifieke verwysing na die Suid-Afrikaanse regstelsel

Jan Stander, Nerina Bosman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-03-22

"Die sentrale gebeurtenis in die Middeleeuse literêre werk Vanden vos Reynaerde is die verhoor van die vos voor koning Nobel die leeu. Die epos bied om hierdie rede ’n insiggewende blik op die regsprosedure van sy tyd (die 13de eeu) – spesifiek die regsprosedure soos toegepas in die feodale Vlaandere."

Albert Camus: Eksistensialisme, die Afrikaanse wêreld en die taak van die verbonde intellektueel

Pieter Duvenage LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-02-27

"Albert Camus (1913–1960) was ’n denker wie se denke steeds van belang is. In hierdie bydrae word daar nie net op sy internasionale loopbaan gefokus nie, maar word sy denke ook in terme van die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse wêreld gekontekstualiseer."

Die Lacaniaanse Reële en grufilms: Die kommodifisering van die Reële? Enkele opmerkings oor die “martelporno”-genre

Cilliers van den Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-02-22

"Ná ’n bespreking van martelporno as genre en die vernaamste kritiese perspektiewe hierop, sal die reële Reële, die imaginêre Reële en die simboliese Reële as kapstokke gebruik word om die bespreking van die Reële in die Saw-filmreeks te belyn."

Die Lacaniaanse Reële en grufilms: Jennifer Kent se The Babadook (2014)

Cilliers van den Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-02-22

"Teen die agtergrond van hoofstroomontwikkelinge binne die grufilmtradisie oor die afgelope dekade of twee verteenwoordig The Babadook ’n veel ingewikkelder en meer genuanseerde omgaan met universele temas as waarop byvoorbeeld die martelpornogenre, wat tot redelik onlangs by die loket hoogty gevier het, kan aanspraak maak."

Van “housecoat” tot sekuriteitsuniform: die voorstelling van ’n aantal kledingstukke in Marlene van Niekerk se prosa

Marius Crous LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-01-24

"Die onderskeie kledingstukke (en hul assosiasies met spesifieke karakters) toon aan die leser dat klere meer is as net die snit, materiaal of kleur daarvan. Uit die ontleding van die tekste blyk dit ook dat klere ten nouste gekoppel word aan identiteit en dat klere selfs simbolies kan wees van ’n omruil en uitruil van identiteite."

Plekgehegtheid binne stadsbeplanning: ’n literatuurstudie en voorstelle vir Afrikaanse terminologie

Tarina Jordaan LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-12-21

"Gesien binne die konteks van die multikulturele karakter van Suid-Afrika se dorpe en stede, kan navorsing oor plekgehegtheid positief bydra tot stadsbeplanners se kennis van plek, konflik rondom plek en hoe om plekbetekenisse en plekbande te gebruik om nuwe ontwikkeling kontekstueel te rig."

’n Klassikus se ontleding van N.P. Van Wyk Louw se Germanicus as ’n beeld van mag en onmag

Jo-Marie Claassen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-12-20

"Hierdie artikel ondersoek die mate waarin N.P. Van Wyk Louw se Germanicus (1956) sy hoofbron, ’n werk van die Romeinse geskiedskrywer Tacitus, vernuwend aanwend, met klem op sy uitbeelding van mag en onmag."

Top