LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt) E-pos: francis@litnet.co.za Bioskets |
Adrianus van Selms (1906–1984) ontsluit die Arabies-Afrikaanse literatuur teen die agtergrond van die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans
2026-04-14"Die vertaalde tekste bied vir Westerlinge ’n toeganklike kennismaking met die Islam. Die rol wat godsdienstige behoefte by die vertaling van oorspronklike tekste speel, word belig."
Tussen twee wêrelde: Verlengde liminaliteit in migranteliteratuur – ’n gevallestudie van Landuit want jy wil mos deur Zirk van den Berg
2026-04-14"Die uitgangspunt is dat migrante dikwels ’n verlengde liminale fase betree wat nie volgens ’n vaste tydraamwerk verloop nie en wat integrasie, identiteit en geborgenheid oor lang tydperke beïnvloed."
Suid-Afrika as ’n misdaadstaat – ’n kritiese beoordeling
2026-04-01"Daar word veral gekonsentreer op die funksionering (aard en werking) van misdaadtendense binne die Suid-Afrikaanse politieke konteks en die implikasies daarvan vir die demokratiese politieke bestel."
’n Ondersoek na die gehalte van tegniese vertaling deur ChatGPT-4o
2026-03-19"Masjienvertaling en tegniese vertaling word onder die loep geneem deur ’n bondige bespreking te bied oor neurale masjienvertaling, KI-vertaling en ChatGPT as tegniese vertaler. Die funksionalistiese benadering as teoretiese uitgangspunt word bespreek, asook die vertaalopdrag, vertaaluitdagings en vertaaloplossings."
Was daar ’n Suid-Afrikaanse musikale avant-garde in die 20ste eeu?
2026-02-16"Deur die werk en proefskrif van Roelof Temmingh as vertrekpunt te neem, word geargumenteer dat die mees eksplisiete selfidentifisering met die avant-garde in Suid-Afrikaanse musiek gepaardgaan met ’n bevestiging van Westerse modernistiese ideologieë, eerder as met institusionele of politieke vernuwing."
Affek, emosie en die postmodernistiese verhaal: ’n ondersoek na Koos Prinsloo se "Die jonkmanskas"
2026-02-10"Dit blyk uit die ondersoek dat die postmodernistiese vorm van die verhaal nie ’n oppervlakkige vervreemding – soos Robinson voorstel – tot gevolg kan hê nie, maar juis ’n verdieping van emosies."
Laatwerk en identiteit in die poësie van Breyten Breytenbach: ’n korpusondersoek
2026-02-02"Hierdie artikel spruit uit die navorsing wat onderneem is vir ’n omvattende ondersoek wat Breyten Breytenbach se volle Afrikaanse poëtiese oeuvre verdeel het in vier tydperke wat met mekaar vergelyk is ten einde vas te stel of tekens van laatwerk opgemerk kan word en, indien wel, as watter soort laatwerk dit getipeer kan word."
Portugese kruisvaarders langs die kus van Afrika
2026-01-29"[Aandag word] gegee aan die aanloop tot die ontdekkingsvaarte, en watter gebeurtenisse en beskouings ten grondslag gelê en aanleiding gegee het tot die opbloei van die 15de-eeuse Portugese seevaartbedryf."
Donald Trump, realisme en die eietydse geopolitiese mimetiese wedywering tussen die VSA en Rusland, asook tussen die VSA en China: ’n ontleding aan die hand van die werk van John Mearsheimer, René Girard en Emmanuel Todd
2026-01-22"[’n Bevinding] is dat die Amerikaansgeleide Westerse benadering tot Oekraïne en Rusland tussen die 1990’s en 2024 neerkom op ’n voorbeeld van wat Mearsheimer 'bal-aangee' (buck-passing) noem, sodat Oekraïne tot offerlam en Rusland tot sondebok van die Weste gemaak word."
Ingrid Winterbach se Buller se plan (1999) en Onrus op Steynshoop (2024) as dorpromans
2026-01-15"In hierdie artikel word Van Coller se werk, asook die enkele ander studies oor Suid-Afrikaanse dorpromans, uiteengesit. Daarna bespreek ek die uitbeelding van die fiktiewe dorp Steynshoop in Ingrid Winterbach se Buller se plan (1999) en Onrus op Steynshoop (2024)."
Calvyn, die sublieme en moderne estetiese ervaring
2025-12-15"Die algemene opvatting dat Johannes Calvyn negatief ingestel was teenoor gewyde kuns en estetiese ervaring word hier bevraagteken. Sy eie skrywes oor gewyde kuns en die teologiese doel van estetiese ervaring, asook die kommentaar van kenners in hierdie opsigte word gebruik om dié kwessie te ondersoek."
Musiek en dans in Rumi (1207–73) se werk en lewe
2025-11-21"Die doel van hierdie artikel is dan om te fokus op musiek en dans soos Rumi dit beleef het, die funksie daarvan in die Soefi-ritueel – die samā’-byeenkoms, asook uitgesoekte gedigte met toeligtende aantekeninge wat aantoon hoe Rumi musiek en dans benut ten einde geestelike vervoering uit te druk."
Is daar ’n verband tussen die begrip en stel van w-vrae en die sosioëkonomiese status van moedertaalsprekers van Afrikaans in die Grondslagfase?
2025-11-18"In hierdie artikel lewer ons verslag oor ’n studie oor moedertaalsprekers van Afrikaans in die Grondslagfase se verwerwing van die begrip en stel van w-vrae (d.i. vraagkonstruksies wat byvoorbeeld wie of waarom as vraagwoord bevat)."
Mensveragtend, afstootlik en omstrede: ’n verkenning van Afrikaanse swartmetaal
2025-11-07"Die ontwikkeling van swartmetaal vanaf die ontstaan van swaarmetaal in die laat 1960’s tot die volwassewording van swartmetaal in die 1990’s en daarna word nagegaan, met spesifieke verwysing na die pioniers en sleutelfigure in die genre."
Treurige wysies: Eugène N. Marais se "Winternag" as vers en lied (1908–2024)
2025-11-04"Die voorneme om die samewerking tussen vers en lied, as liedgenres, histories te kan begryp, gaan gepaard met bondige definisies van voorvereistes en werkwyses, wat ook ’n mate van musiekteoretiese kenmerke soos metrum en ritme insluit."
’n Verkennende studie van kodewisselingspatrone in die uitings van voorskoolse, Afrikaans-Nederlandse kinders
2025-10-23"Aangesien Afrikaans en Nederlands nouverwante tale is, is kongruente leksikalisering dikwels teenwoordig, wat tot ’n samevloeiing van grammatikale strukture tussen die tale lei."
As die bene net wou praat – temas uit die Homo naledi-grafdiskoers
2025-10-21"Die diskoers wentel om die vraag of Homo naledi, ’n hominien met ’n klein brein, sy afgestorwenes doelbewus begrawe het – gedrag wat as uitsluitlik menslik beskou word."
’n Bibliografiese bestekopname van Afrikaanse misdaadfiksie wat in die tydperk 2013–2022 uitgegee is
2025-10-09"Genre kom ter sprake, aangesien daar noodwendig ’n terminologiese keuse uitgeoefen moes word – in hierdie geval word misdaadfiksie as oorkoepelende superordinaat beskou met inbegrip van speur- en spanningsfiksie."
China se nastrewing van ’n normatiewe vrede-en-veiligheidsagenda in Afrika: ’n kontekstuele ondersoek in die lig van globale magsuitbreiding
2025-09-22"Die hoofbevinding is dat China se normatiewe waardes deur middel van forumdiplomasie in die organisasie uitgedra word. Afrikalande aanvaar ook in beginsel die instelling van Chinese waardes en norme om verhoudinge te versterk en ’n veilige en stabiele omgewing te skep."
’n Woke perspektief op seksuele geweld en #MeToo in Zelda Bezuidenhout se Quinn se jaar van kwik (2024)
2025-08-04“Vanuit die tematiese ontleding beskou ons Quinn se jaar van kwik as woke. Met die ontleding het ons bevind dat die drie hooftemas ook met mekaar in verband gebring kan word en só bied die verhaal ’n genuanseerde blik op seksuele geweld.”






