LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

Trust vir Afrikaanse Onderwys

E-pos: akademies@litnet.co.za

 


LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Geesteswetenskappe-redakteur
Francis Galloway (DLitt)
E-pos: francis@litnet.co.za
Bioskets

’n Ondersoek na sekere ruimtelike elemente in die "Ierse dagboeke" van Karel Schoeman, met die boek Reise met Schoeman deur Ria Winters as agtergrond

Mercia Coetzee, Henning Pieterse LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-03-01

"Schoeman se ervaring van Killarney, die geboue en die omgewing is moontlik beïnvloed deur sy geestelike reis as leerling-monnik en sy ontdekking van die geskiedenis van Ierland. Winters se soeke was na Schoeman en nie na die land en sy geskiedenis nie."

’n Deleuze-Guattariaanse ondersoek na territoriumskepping en taalstottering in Gilbert Gibson se Vry– (2015)

Natasha Harmse LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-02-07

"In hierdie artikel is daar gefokus op die wyse waarop Gilbert Gibson se vyfde digbundel, Vry– (2015), aansluit by Deleuze en Guattari se poststrukturalistiese benadering tot taal."

MK as kultuurverskynsel: ’n Dokumentering en tematiese ontleding van die kanaal se opkoms en invloed op die ontwikkeling van marginale Afrikaner-identiteite, 2005–2013

Magdalize Carstens, Martina Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-01-31

"Ons literatuur, onderhoude, asook argiefondersoek het die lied/video 'De la Rey' en Die Antwoord as sosiale verskynsel as twee van die mees invloedryke identiteite wat met MK vereenselwig is, na vore gebring. Deur MK se bemiddeling het beide verskynsels kultusstatus bereik."

Die gebruik van mise-en-abyme as refleksiewe element in die migranteliteratuurroman Die mooiste meisie van Genua (2019) deur Ilja Leonard Pfeijffer

Marietjie Lambrechts LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-01-04

"In mise-en-abyme, soos in die geval van ’n dubbele spieël, word dié wat waarneem uiteindelik die waargeneemde, die indraai van die teks op homself as’t ware."

Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer

Jaco Prins LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-22

"Die speaker laat gereeld ministers wegkom met onvolledige en ontwykende antwoorde op vrae en die ontduiking of ignorering van vrae, en beskerm ministers wat die proses ondermyn of totaal sinnelose antwoorde gee. Daar is ook geen geleentheid om vrae gedurende reses of kiesafdelingtyd in te handig nie."

Impliseer die wettiging van beëindiging van swangerskap op aanvraag dat voorgeboortelike menslike lewe geen waarde het nie?

Malcolm de Roubaix LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-20

"En om die vraag, wat in die opskrif van hierdie artikel gevra word, te beantwoord: nee, die wettiging van BVS op aanvraag impliseer nie dat voorgeboortelike lewe geen morele waarde inhou nie. Wat wel waar is, is dat hierdie waarde nie noodwendig ’n 'reg op lewe' regverdig nie ..."

Die toekoms van Taiwan: strategiese realiteite en die kernwapenopsie

Eben Coetzee LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-19

"Teen die agtergrond van ’n uiters benarde buitelandse omgewing, en om die redes breedvoerig hier aangevoer, sal dit ’n omsigtige Taiwan baat om die kernwapenpad te oorweeg."

Verskeie Afrikaanse taalgedenkstrukture en een Afrikaanse Taalmuseum

Jannie Rossouw LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-14

"Terwyl die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl wyd bekend is, het ander Afrikaanse taalgedenkstrukture in Suid-Afrika vergete geraak. Sekere van hierdie taalgedenkstrukture het in verwaarlosing verval."

Wat ons van fok weet (en nie weet nie)

Gerhard van Huyssteen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-13

"Die oorhoofse doel van hierdie artikel is om ’n opsomming te gee van die bestaande taalkundige beskrywings en leksikografiese bewerkings van hedendaagse fok en ander vormlik verwante woorde (soos befok, fokken, fokkol en opfok)."

Sosiofonetiese aspekte van die Afrikaans van bruin Suider-Afrikaanse sprekers

Daan Wissing LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-05

"Bruinafrikaans is dus kennelik ’n baie stabiele variant, waarin min verskille gevind word in vokaalkwaliteit betreffende die sosiolinguistiese faktore geografiese ligging, ouderdom en geslag in die ander genoemde faktor etnisiteit."

Enkele onderskeidende stylkenmerke van, en die totstandkoming van sosiale betekenis in, Generasie X se SMS-Afrikaans

Johan Ferreira, Elvis Saal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-11-29

"Daar is gevolglik betreklik min oor die taalgebruik van ’n generasie bekend wat oënskynlik gedy as die skeppers, ontwikkelaars en gebruikers van al die inligting- en kommunikasietegnologie waarmee 'digitale aangeborenes' grootword."

’n Bespreking van sekere teïsties-mistieke kenmerke na aanleiding van uitgesoekte gedigte uit Jerusalem tot Johannesburg deur I.L. de Villiers

Elizabeth van der Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-11-24

"Daar word tot die slotsom gekom dat De Villiers ’n onprotestantse aanvoeling vir die mistieke gehad het, en eie aan mistici ’n afkeer van dogma ervaar het."

Verset teen ’n fallosentriese wêreld: ’n psigokritiese interpretasie van P.P. Fourie se ’n Hart is so groot soos ’n vuis as bildungsroman

Gerda Taljaard-Gilson LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-11-23

"Deur ’n Hart is so groot soos ’n vuis psigokrities te ontleed, is die waarde van die literatuurpsigologie as ’n sleutel tot teksinterpretasie (her)bevestig, veral wat die psigoanalitiese ontleding van bildungsromans betref."

Martin Versfeld (1909–1995) se interpretasie en toepassing van Middeleeuse filosofie aan die Universiteit van Kaapstad (1937–1972) – Deel 2

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-10-27

"Hoewel hy wel enkele Middeleeuse spesialisbydraes gelewer het, oorwegend ten opsigte van Augustinus, sou tot die saaklike gevolgtrekking gekom kon word dat Versfeld se forté ten opsigte van die studie van die intellektuele Middeleeue nie gespesialiseerde navorsing was nie, maar sy belese kommentaar daarop en toegewyde onderrig daarvan."

Martin Versfeld (1909–1995) se interpretasie en toepassing van Middeleeuse filosofie aan die Universiteit van Kaapstad (1937–1972) – Deel 1

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-10-27

"Deel 1 van hierdie artikel bied ’n navorsingsmotivering vir en inleiding tot ’n eietydse bestekopname van Martin Versfeld se interpretasie en toepassing van Middeleeuse filosofie aan."

Persiese poësie en politiek in Iran: Die denke van opperleier Ali Hosseini Khamenei

Heinrich Matthee LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-10-24

"Khamenei en die regime se hulde aan die klassieke Persiese digkuns en die vernuwing uit die klassieke erfenis verbind vorige en hedendaagse geslagte en faksies. Dit vorm ten minste potensieel ’n losser en diverse gemeenskap wat binne en buite die regime se reëls oop staan vir simbole, wyshede en emosionele vorming vanuit daardie erfenis."

Die koppeling tussen die Gordel-en-pad-inisiatief (GPI) en die Afrika-vryehandelsone (AVHS): ’n Teoretiese ontleding uit die politieke ekonomie van handel en streeksintegrasie

Fanie Herman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-10-19

"’n Aanbeveling is die belangrikheid van gesprek tussen China en Afrika om areas en roetes vir streeksintegrasie te identifiseer. China se finansiële hulpverlening en ervaring in die bou van infrastruktuur kan meehelp om streke te integreer en mededingende markte te skep."

Ruite in ’n raam: Die aanvang en slot van Marlise Joubert se bundel grondwater as tekstuele raam met ’n kodifiserende en mitologiese funksie

Marlies Taljard LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-10-19

"Die doel van die artikel was om vas te stel in welke mate Marlise Joubert se bundel grondwater ’n egte sikliese struktuur vertoon met ’n kodifiserende aanvang en ’n mitologiese slot, én of bepaalde simbole wat in die teks voorkom, merkers is wat inspeel op die interpretasie van die hele bundel."

’n Oorsigtelike verkenning van die omvang en fokus van inligting-en-kommunikasie-tegnologie-verwante navorsing in Afrikaans vir die tydperk 2011–2021

Hugo Lotriet LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-10-04

"[V]ir die wetenskapskultuur rondom IKT in Afrikaans om te gedy is dit nodig dat publikasie van artikels in Afrikaans binne ’n gesonde groter ekosisteem plaasvind."

’n Oorsig oor enkele digitiseringsprojekte in Afrikaans: ’n Vertrekpunt vir Afrikaans se digitale toekoms

Roné Wierenga, Wannie Carstens LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-09-26

"Digitisering behoort weens die koste, tyd en energie wat daaraan gekoppel is eerder ’n gesamentlike (dus instansiegedrewe) projekgeleentheid te wees as ’n individuele een."

Top