Francis Galloway

Francis Galloway behaal haar kwalifikasies aan die Universiteit van die (Oranje) Vrystaat: BA (met Afrikaans-Nederlands en Duits as hoofvakke); BA. Honneurs (cum laude); MA (cum laude) en D.Litt. Sy is sedert 2009 die redakteur van die geesteswetenskappe-afdeling van die geakkrediteerde aanlyn vaktydskrif LitNet Akademies. Tans is sy ’n navorsingsgenoot in die Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek van die Universiteit Johannesburg. Sy het haar loopbaan begin as dosent in Afrikaanse letterkunde aan die destydse Universiteit van die Noorde (tans die Universiteit van Limpopo); daarna was sy lid van die navorsingspan van die Sentrum vir Suid-Afrikaanse Letterkundenavorsing (SENSAL) by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN); akademiese uitgewer by Van Schaik Uitgewers; en dosent (en koördineerder van die program) in Uitgewerswese aan die Departement Inligtingkunde van die Universiteit van Pretoria. Sy was die samesteller van ’n jaaroorsigreeks oor die Suid-Afrikaanse letterkundesisteem, SA Literatuur/Literature, en projekleier van verskeie verslae oor die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf. Sy publiseer navorsingsartikels oor die plaaslike boeklandskap en neem deel aan die jaarkongresse van die internasionale Society for the History of Authorship, Reading and Publishing (SHARP) waarvan sy ook ’n bestuurslid was. Sy is die skrywer van die monografie Breyten Breytenbach as openbare figuur asook die redakteur van die Breytenbach-huldigingsbundel, Woordenaar woordnar, en van die versameling liefdesbriewe tussen André P. Brink en Ingrid Jonker, Vlam in die sneeu. Saam met M.R. (Rudi) Venter was sy verantwoordelik vir die perspektief “Die Afrikaanse uitgewersbedryf” in H.P. van Coller (red.) se Perspektief & profiel. ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis (deel 3, tweede uitgawe, 2016).

Die Buren-periode in Breyten Breytenbach se plaaslike uitgeegeskiedenis, deel 2: Breyten Breytenbach oor samewerking met uitgewers

Francis Galloway Seminare en essays 2026-09-16

Dit sou vandag wyle Breyten Breytenbach se verjaardag gewees het. Lees die finale deel van die Buren-periode in Breyten Breytenbach se plaaslike uitgeegeskiedenis.

Die Buren-periode in Breyten Breytenbach se plaaslike uitgeegeskiedenis, deel 1: Breyten Breytenbach oor samewerking met uitgewers

Francis Galloway Seminare en essays 2026-09-10

"My doktorale navorsing het gefokus op Breytenbach se loopbaan as openbare figuur en skrywer en is later uitgebrei in ’n boekpublikasie. In hierdie monograaf doen ek uitgebreid verslag oor die publikasie en resepsie van sy oeuvre tot aan die einde van die 1980’s. In 2012 verskaf ek op LitNet ’n breë kartering van sy uitgeegeskiedenis tot op daardie stadium. Hierin het ek tussen drie plaaslike fases onderskei en dit oorsigtelik toegelig. Vandag meen ek dat daar ook ’n vierde produksieperiode onderskei kan word, veral na 2019, met publikasies buite die hoofstroom en op aanlyn platforms soos LitNet en Versindaba."

50 jaar gelede: tydlyn van Breyten Breytenbach se traumatiese jaar

Francis Galloway Seminare en essays 2025-12-18

"Vanjaar het bepaalde brokkies oor Breyten in Die Burger se Uittreksels-rubriek '50 jaar gelede' my op ’n klein tydlynreis geneem. Die '50 jaar gelede'-brokkies is kort uittreksels uit prominente voorbladberigte; elders in die koerant kon daar ook aanvullende berigte wees."

Praatjie oor Vlam in die sneeu: U3A Hermanus, 21 Augustus 2017

Francis Galloway Boeke en skrywers 2025-12-04

"Wees goedgesind teenoor Jonker en Brink, die jong geliefdes, en bring hulle so terug in die lewe sonder om hulle in te boks in vooroordele of bespiegeling."

Die lang man met die bril: ’n fotolegkaart van 60 jaar gelede

Francis Galloway Seminare en essays 2025-09-19

"Ek het wyd en syd gesoek na die laaste stukkie van die fotolegkaart, maar tot op datum bly die lang man met die bril onbekend. Die soektog was egter in sigself ’n avontuur en het my op interessante ompaaie geneem na Breyten se wêreld in Parys in die vroeë 1960’s."

My pad met Breyten – op die taalspoor

Francis Galloway Seminare en essays 2025-07-23

"Vir my was 1964, die jaar van Breyten se debuut, die Jaar van die Sneeu." Francis Galloway is vroeër vanjaar deur die Vrystaatse Werkgemeenskap van SAAWK genooi om ’n praatjie oor Breyten Breytenbach te lewer. LitNet is bevoorreg om haar woorde by die geleentheid te mag publiseer.

Breyten’s career as writer and public figure in South Africa: a brief overview

Francis Galloway Books and writers 2025-03-06

On Sunday, 23 February 2025, the life and work of Breyten Breytenbach – who passed away on 24 November 2024 – was celebrated at the Breytenbach Sentrum in Wellington. Herewith the text version of Francis Galloway’s talk as part of the event.

Breyten Breytenbach – aanhou beweeg en geraas maak ...

Francis Galloway In memoriam 2024-11-28

"Na maande se versigtige en eerbiedwaardige bekommernis van vriende kom die boodskap in die 'uur van die idiote' op 24 November 2024: Breyten het rustig oorgestap na die groot anderkant."

Die Sestiger-somerskool, Universiteit van Kaapstad: Die "bont begrafnis"

Francis Galloway Menings 2023-02-13

"Op 12 Februarie 2023 – 50 jaar gelede – was dit die eerste dag van ’n byeenkoms wat ’n onuitwisbare impak op die rol van die Afrikaanse skrywer en die aard van die Afrikaanse letterkunde sou hê." 

’n Onderhoud met bekroonde navorser Cilliers van den Berg

Cilliers van den Berg, Francis Galloway Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2018-04-05

"Ek is eintlik ’n Germanis en is veronderstel om my met die Duitse letterkunde besig te hou, maar Afrikaans sal altyd die taal wees waarin ek my die beste kan uitdruk. Dat goeie navorsing steeds in hierdie taal gegiet kán word, is klinkklaar, en dit is graag hiér waar ek ook ’n bydrae wil lewer."

Omtrent "die aanpraat van die skilderye"

Francis Galloway, Breyten Breytenbach, Laurens van Krevelen Poësie 2015-11-17

"julle wat ouer en meer gekonfyt mag wees 
in die na-aap van Europese tierlantyntjies
moet tog mooi omsien na die nuwelinge
op Afrikaanse bodem
wat nog nie gebloed is
in openbare onsedelikhede nie"

Poolshoogte-afsluiting: Die evolusie van Afrikaanse skrywers- en letterkundebyeenkomste

Francis Galloway Akademies en skole 2015-03-25

"Gemeet aan die gehalte van bydraes tot die kongresse van vakverenigings en die aanlyn berade van LitNet, asook die 'bywoning' daarvan, is daar nog ’n lewendige gesprek oor Afrikaanse skrywers en die letterkunde aan die gang."

Dominique Botha oor die Dansende Digtersfees 2014

Dominique Botha, Francis Galloway 2014-04-23 Francis Galloway stel ’n paar vrae aan Dominique Botha oor die pad van die fees.

Die belang van literêre toekennings binne die Afrikaanse literêre sisteem

Francis Galloway 2014-02-19 Die M-Net Literêre Toekennings is opgeskort. LitNet Akademies se redakteur Geesteswetenskappe, Francis Galloway, lewer kommentaar.
Top