Francis Galloway

Francis Galloway behaal haar kwalifikasies aan die Universiteit van die (Oranje) Vrystaat: BA (met Afrikaans-Nederlands en Duits as hoofvakke); BA. Honneurs (cum laude); MA (cum laude) en D.Litt. Sy is sedert 2009 die redakteur van die geesteswetenskappe-afdeling van die geakkrediteerde aanlyn vaktydskrif LitNet AkademiesTans is sy ’n navorsingsgenoot in die Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek van die Universiteit Johannesburg. Sy het haar loopbaan begin as dosent in Afrikaanse letterkunde aan die destydse Universiteit van die Noorde (tans die Universiteit van Limpopo); daarna was sy lid van die navorsingspan van die Sentrum vir Suid-Afrikaanse Letterkundenavorsing (SENSAL) by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN); akademiese uitgewer by Van Schaik Uitgewers; en dosent (en koördineerder van die program) in Uitgewerswese aan die Departement Inligtingkunde van die Universiteit van Pretoria. Sy was die samesteller van ’n jaaroorsigreeks oor die Suid-Afrikaanse letterkundesisteem, SA Literatuur/Literature, en projekleier van verskeie verslae oor die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf. Sy publiseer navorsingsartikels oor die plaaslike boeklandskap en neem deel aan die jaarkongresse van die internasionale Society for the History of Authorship, Reading and Publishing (SHARP) waarvan sy ook ’n bestuurslid was. Sy is die skrywer van die monografie Breyten Breytenbach as openbare figuur asook die redakteur van die Breytenbach-huldigingsbundel, Woordenaar woordnar, en van die versameling liefdesbriewe tussen André P. Brink en Ingrid Jonker, Vlam in die sneeuSaam met M.R. (Rudi) Venter was sy verantwoordelik vir die perspektief “Die Afrikaanse uitgewersbedryf” in H.P. van Coller (red.) se Perspektief & profiel. ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis (deel 3, tweede uitgawe, 2016).

Francis Galloway reageer op The Cambridge History of South African Literature

Francis Galloway 2012-11-05 "Twee uitsprake in The Cambridge History of South African Literature met betrekking tot die oeuvre-ontwikkeling, uitgeegeskiedenis en loopbaan van Breyten Breytenbach verdien kritiese kommentaar." Francis Galloway reageer.

Grepe uit die uitgeegeskiedenis van Breyten Breytenbach

Francis Galloway 2012-07-27 "Wat Breytenbach se uitgeegeskiedenis betref, kan daar óók drie periodes onderskei word, maar hierdie eras word gekonstitueer deur die produksie- en produsentprofiel van sy oeuvre. Hierdie periodes is gekoppel aan die rol wat die uitgewery-institusie in die oeuvre- en reputasie-ontwikkeling van die skrywer speel."

Die boek in krisis: Die onsigbare voet van marksensuur

Francis Galloway, Laurens van Krevelen 2011-01-18 Laurens van Krevelen het op 18 Desember 2010 die jaarlikse Nederlandse PEN-lesing by De Balie in Amsterdam gehou (http://www.debalie.nl). Francis Galloway het die lesing in Afrikaans verwerk. Ons hoop dat die plasing van hierdie lesing ...

YouTube-onderhoud: Francis Galloway gesels oor LitNet Akademies

Francis Galloway, Francis Galloway 2010-11-05 Francis Galloway, mederedakteur van LitNet Akademies, ’n geakkrediteerde Afrikaanse aanlynjoernaal vir die natuur- en geesteswetenskappe, gesels oor verskillende skrywers van artikels in die Geesteswetenskappe-afdeling en die ...
Top