Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal

Frikkie Lombard: ’n huldeblyk
2025-04-24"In die vreemde reis wat ons die lewe noem, was dit my voorreg om eers sy leerling te wees, toe saam met hom te werk aan woordeboeke vir OUP en aan die rooi AWS by die Taalkommissie, en in die laaste dae van sy loopbaan sy bestuurder te wees. Met elke stappie was hy my vriend en leermeester, en dis haas ondenkbaar dat ek nooit weer sy wyse woorde of sy stoute grappies om die teetafel sal kan hoor nie."
Persverklaring: Vriend van Nagkantoor-eienaar wen WAT se Borg ’n Woord-Sanlamprys
2025-04-23Christo Els is met ’n gelukkige trekking aangewys as die 2025-wenner van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Borg ’n Woord-Sanlamprys van R25 000. Els het die woord "nagkantoor" gekoop as geskenk aan sy vriend en eienaar van die Nagkantoor Kuierkroeg op Kaapsehoop, oudjoernalis De Wet Potgieter.
In memoriam: Frikkie Lombard
2025-04-23"Ons het net die hoogste waardering vir die 42 jaar waarin Frikkie die Woordeboek van die Afrikaanse Taal met onderskeiding gedien het. Hy was ’n knap leksikograaf wie se woordvaardigheid en toewyding letterlik boekdele spreek. Ons sal sy menslikheid, kollegialiteit en veral sy humorsin baie mis. En die mooi herinneringe herfs ná herfs met deernis koester."
Persverklaring: Swart Vrydag-winskopies by die WAT – alles nou halfprys
2024-11-26Sorteer sommer nou al jou Kersgeskenke uit deur vir elkeen in die gesin sy eie unieke woord te borg vir slegs R50 per woord! Die WAT se 2024 Swart Vrydag-winskopies is tans oop en is geldig tot 5 Desember 2024.
WAT: Die letter U is nou aanlyn beskikbaar
2024-10-24"Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal het onlangs die letter U aanlyn gepubliseer. Hierdie nuutste trajek van die WAT strek vanaf die inskrywing vir die letter U as die 21ste letter van die alfabet tot by die woord Uzzi-masjiengeweer. Dit bevat 2 144 lemmas, 5 351 betekenisonderskeidings, 13 962 voorbeeldsinne, 792 poëme en 252 uitdrukkings."
Toespraak gelewer by die WAT-bekendstelling van U: 14 Oktober 2024
2024-10-24"Die letter U bevat, soos al die vorige dele van die WAT, ’n verskeidenheid inskrywings waarmee die rykdom van Afrikaans geïllustreer word. Vervolgens wil ek graag vir u ’n paar woorde, uitdrukkings of betekenisonderskeidings uit U uitlig om dit te illustreer."
Persverklaring – WAT: Rudie van Rensburg as nuwe beskermpersoon aangewys
2024-10-22Die skrywer Rudie van Rensburg is op 16 Oktober, Internasionale Woordeboekdag, aangekondig as die nuwe beskermpersoon van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Borg ’n Woord-projek. Hy ondersteun reeds vir jare dié fondsinsameling en die WAT deur telkens ’n woord uit elk van sy nuwe boeke se titels te borg.
Persverklaring: Engelssprekende wen WAT se Borg ’n Woord-Sanlamprys van R25 000
2024-04-04Natalie Williams, ’n Engelssprekende van Durbanville, is met ’n gelukkige trekking aangewys as die 2024-wenner van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Borg ’n Woord-Sanlamprys van R25 000.
Kennisgewing: Swart Vrydag-winskopies by die WAT
2023-11-22Hier is jou kans om op Swart Vrydag te belê in iets wat nie na die tyd kan breek nie en waarvoor jy nie in lang winkelrye hoef te gaan staan nie. Dit is weer tyd vir die WAT se Swart Vrydag-winskopies!
Foto’s en video’s: WAT stel T bekend op luisterryke T-partytjie
2023-10-26Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal het op 13 Oktober die amptelike bekendstelling gehou van die T-trajek, wat slegs aanlyn beskikbaar is. Op dié luisterryke T-partytjie is gepraat oor hoe omvattend T bewerk is, hoe variëteite van Afrikaans deur die WAT hanteer word, en wat die toekomsvisie van die WAT is.
Persverklaring: WAT, Frazer Barry as nuwe beskermpersoon aangewys
2023-10-26Die rymkletser, musikant, akteur en televisiepersoonlikheid Frazer Barry is op 16 Oktober, Internasionale Woordeboekdag, aangekondig as die nuwe beskermpersoon van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Borg ’n Woord-projek.
Persverklaring: Die WAT se Nuutskeppingskompetisie 2023 en paneelbespreking by Toyota US Woordfees
2023-09-21Die WAT se jaarlikse Nuutskeppingskompetisie vind vanjaar weer tydens die Toyota US Woordfees in samewerking met Monitor op RSG plaas.
Phillip Louw, hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die WAT: ’n onderhoud
2023-06-05"[D]ie WAT is die plek waar enige mense wat Afrikaans praat of skryf, hulle taalgebruik geboekstaaf moet vind."
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-kennisgewing: Afrikaanse handelsname, Borg ’n Woord en Jak de Priester
2022-04-26Die WAT herinner graag almal wat reeds aangedui het dat hulle die Woordpret met Jak de Priester op 29 April wil bywoon aan hierdie besondere geleentheid. Hier is ook nog inligting van WAT-gebeure vanjaar.
Kennisgewing: WAT-kantoorbestuurderbetrekking
2022-02-16Die suksesvolle Afrikaanssprekende kandidaat moet oor besondere taal- en rekenkundige vaardigheid beskik. Rig aansoeke aan die Hoofredakteur, Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
WAT-persverklaring: Amanda Strydom en Hannes van Wyk as beskermvrou en beskermheer aangewys
2021-10-29Die WAT maak vanjaar geskiedenis met die aankondiging dat Borg ’n Woord vir 2021–2022 beide ’n beskermvrou en beskermheer het! Amanda Strydom en Hannes van Wyk is onderskeidelik beskermvrou en beskermheer.
Persverklaring: WAT se nuutskeppingskompetisie 2021
2021-08-13Die nuutskeppings moet verkieslik woorde wees wat 'n nuwe verskynsel op 'n treffende manier beskryf of 'n alternatief vir ontoereikende bestaande woorde.
WAT 95: Bekendstelling van Deel XVI
2021-05-07Die WAT het pas Deel XVI tydens ’n aanlyn geleentheid bekendgestel, presies 70 jaar nadat die eerste deel op 7 Mei 1951 verskyn het. Tydens dieselfde geleentheid is die 95ste jaar sedert die stigting van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal gevier. Hier is toesprake en foto’s van die geleentheid.
Swart Vrydag- en Kubermaandag-winskopies by die WAT
2020-11-27Borg twee woorde vir die prys van een. Kyk watter winskopies kan jy nog vandag en op Maandag by die WAT raakloop.
Persverklaring: WAT se handelsnaamkompetisie
2020-09-25Die WAT hou ’n kompetisie vir die treffendste Afrikaanse handelsnaam en inskrywings sluit op 30 September. Eienaars van ondernemings of produkte met Afrikaanse name word genooi om in te skryf.