

Dit is weer tyd vir die WAT se Swart Vrydag-winskopies!
Borg ’n Woord
Borg twee woorde vir die prys van een: R100
Koop twee woorde vir die prys van een: R5 000
WAT-stel
Koop enige WAT-deel teen halfprys:
Leer: R400
Gewoon: R225
Koop ’n leergebonde WAT-stel (16 dele) teen R5 400
Koop ’n gewone WAT-stel (16 dele) teen R2 950
Aanlyn WAT
Teken in op die Aanlyn WAT vir een jaar: R100
Klik hier om ’n bestelvorm in Word-formaat af te laai.
Let wel: Boekaankope vir 2023 sluit op 1 Desember. Indien jy ’n woord wil borg of koop as Kersgeskenk, kan jy dit nog tot 14 Desember doen, daarna is ons kantoor toe tot in die nuwe jaar.

Frazer Barry, beskermpersoon van die WAT se Borg ’n Woord-projek
Die rymkletser, musikant, akteur en televisiepersoonlikheid Frazer Barry is reeds vir meer as 20 jaar op verskillende wyses betrokke in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Hy is die voorsanger van die gewilde groep Tribal Echo en is bekroon met verskeie toekennings vir musiekproduksies. Hy het as akteur in die internasionale verhoogproduksie Krotoa: Eva van de Kaap opgetree en doen klankontwerp vir verskeie projekte. Hy is verder betrokke by die ontwikkeling van jong kunstenaars en help opkomende rymkletsers om hul stem te vind. Frazer is ook ’n bekende gesig op televisie, onder meer as aanbieder van die feesprogram Fiëstaen Ommighellie, ’n storievertelprogram waarin hulle dwarsdeur die land reis om Afrikaanse mense se stories te versamel.
Frazer Barry se liefde vir Afrikaans is aansteeklik. “Afrikaans bars deur my long! Dit dans op my tong! Slaan lettergrepe in my mond voordat dit land op jou oordrom. Hoe lekker is dit nie om die taal te praat en te hoor nie!” Hy beskou dit as ’n wonderlike voorreg om die beskermpersoon van die WAT se Borg ’n Woord-projek te wees, aangesien die WAT Afrikaans in sy wydse omvang dokumenteer. “Alhoewel dit belangrik is om die taal te praat, is dit net so belangrik om die taal te ontwikkel en te dokumenteer. Jy kan ook betrokke raak deur een van jou gunstelingwoorde te borg of te koop.”
Gaan na die webwerf www.wat.co.za en klik op Borg ’n Woord. Deur ’n woord te borg of te koop werk jy mee aan die dokumentering van die Afrikaanse taal in sy wydste omvang in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

