Portale
Diana Ferrus (1953–2026)
2026-01-30LitNet verneem met leedwese van die afsterwe van Diana Ferrus. Lees meer oor haar lewe en werk in Erika Terblanche se ATKV|LitNet-Skrywersalbum: "My doel op aarde is om deur middel van die skeppingsproses vrede te bevorder; vir myself en die mense met wie ek te doen kry. Wat saak maak, is respek vir ander mense. Wat nié saak maak nie, is uit watter agtergrond hulle kom."
Tryna du Toit (1910–2005)
2026-01-30"Die genot, die vreugde en die opwinding wat my skryfwerk my deur die jare verskaf het, glo ek, het sy begin in die betowerende ure wat ons om die kaggelvuur na my vader se vertellings geluister het." Lees oor Tryna du Toit se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Persverklaring: Méér wenners, méér prysgeld – RSG en ATKV kondig 30ste radiodramaskryfkompetisie aan
2026-01-21Die wendrama ontvang R50 000, die tweede prys is R25 000 met die derde plek wat R15 000 sal ontvang. Daar is ook R15 000 vir ’n jong skrywer (jonger as dertig jaar) om te wen. En, om die kroon te span, sal drie deelnemers ’n merieteprys ter waarde van R10 000 elk ontvang.
Martjie Bosman (1954–)
2026-01-20"Ek dig oor enigiets wat my aangryp en dig om woorde te kry vir ervarings wat ek nie heeltemal begryp nie." Lees oor Martjie Bosman se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Persverklaring: Oproep om nominasies – SA Akademiepryse 2026
2026-01-16Die SA Akademie wag nominasies in vir die Akademiepryse wat in 2026 vir toekenning oorweeg word.
Persverklaring: Aansoeke ingewag vir PEN dit Neer-residensie
2026-01-14Aansoekers moet motiveer waarom ’n wegbreek en gefokusde skryftyd noodsaaklik is om die voorgestelde projek te kan skryf.
Gesamentlike verklaring deur PEN South Africa en PEN Afrikaans oor die kansellasie van Suid-Afrika se Venesiese Biënnale-inskrywing
2026-01-13"Ons doen ook ’n beroep op die departement van sport, kuns en kultuur om sigself te verbind tot die beskerming van artistieke outonomie en om te verseker dat geen kunstenaar gesensureer word vir die aanroer van menseregtekwessies of globale ongeregtighede nie."
Susan Coetzer (25 Augustus 1957–)
2026-01-13"Ek sal ook graag onthou wou word as iemand wat met my skryfwerk lesers op ’n dieper reis geneem het. Om deur ’n lens vol lig te kyk en in dankbaarheid te leef." Lees oor Susan Coetzer se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Desember 2025
2026-01-12Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Desember 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Persverklaring: Van Japan tot by die Taalmonument, Miku Suzuki se Afrikaanse reis
2025-12-29Aanvanklik was Miku se motivering om Afrikaans te leer prakties van aard; sy wou byvoorbeeld fassinerende plekname rondom Kaapstad, soos Kommetjie, korrek uitspreek. Mettertyd het dié praktiese doel ontwikkel in ’n opregte genot om met Afrikaanses te kommunikeer.
Persverklaring: Taalmonument spog met nuwe groen uitstalling
2025-12-24Dié spesifieke uitstalling wat tot Maart 2026 fisiek besigtig kan word, sluit onder andere werke van Clinton V du Plessis, Elmarie Stofberg, Emmie Bedeker, Jacques Boshoff, Jolyn Phillips, Krige Visser, Linette van der Merwe, Maritha Broschk, Martina Klopper, Natasha Harmse, Nini Bennett, Veronique Jephtas en Vincent Oliphant in.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in November 2025
2025-12-11Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Koos Prinsloo (1957–1994)
2025-12-03"Skrywery is baie intiem. Ek sal dinge op papier doen wat ek nie in die geselskap van ander kan doen nie." Lees oor Koos Prinsloo se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Hettie Smit (1908–1973)
2025-11-26"Stokperdjies is die medisyne vir ’n gebroke hart. Dit is ook die versekering teen die ouderdom." Lees oor Hettie Smit se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Theunis Engelbrecht (1965–)
2025-11-21"Die hoofvereiste is dat die skrywer ten alle tye getrou en eerlik aan homself moet bly." Lees oor die lewe en werk van Theunis Engelbrecht in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Wat vier oom Daantjie daar?
2025-11-18"Maar, soos akademici uitwys, ’n monument vir ’n taal is iets ongewoons. Dis wêreldwyd ’n rariteit, ’n vreemde volstruis van ’n ding, om ’n taal in en deur beton, eerder as in boeke of operas, te vier." Hierdie toespraak is gelewer by die ATM se vyftigste verjaardagdinee.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2025
2025-11-13Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Persverklaring: Kwena Music gee met vennoot- en borgskap groot hupstoot aan Crescendo se gesogte mentorskapprogram
2025-11-13Met net minder as twee maande oor word aspirantliedjieskrywers nou aangemoedig om hul oorspronklike liedjies in te skryf vir oorweging vir deelname aan die ATKV-Crescendo-mentorskapprogram 2026.
Deon Meyer (1958–)
2025-11-13"Leef doelbewus, versamel ervarings en emosies en stories en mense en karakters. Gaan sit dan en skryf. Moenie vir mense vertel jy wil, of sal, of gaan nog eendag skryf nie. Doen dit." Lees meer oor Deon Meyer se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Uitdrukkingsvryheid
2025-11-07"Die inligtingsekosisteem in hierdie tyd van die algoritmes en gekonsentreerde media-eienarskap het verander van ’n passiewe infrastruktuur vir kommunikasie in die laat 1990’s tot ’n aktiewe wapen vir aanvalle op medemense, magsug en disinformasie in die 2000’s."
