Portale
Persverklaring: Neville Alexander-pryse: Húlle wen R90 000 | Neville Alexander awards: They win R90 000
2025-09-23’n Rymkletser, ’n kuberdigter en ’n meester van boekefeeste is vanjaar se waardige wenners van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se sesde Neville Alexander-prestige-eerbewyse ter bevordering van Afrikaans. | A rapper, a cyber poet and a master of book festivals are this year’s worthy winners of the Afrikaans Language Museum and Monument’s sixth Neville Alexander prestige awards for the advancement of Afrikaans.
Persverklaring: Boekbekendstelling van Merang, 1 Oktober 2025 by die SA Akademie in Pretoria
2025-09-22Henning Pieterse sal in gesprek tree met die samestellers, Alwyn Roux en Neil Cochrane, terwyl digters van Pretoria van hul gedigte wat in die bundel opgeneem is, sal voorlees.
Persverklaring: Lof vir woordmeesters
2025-09-19Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Hiermee die pryse vir spanningslektuur, niefiksie en die ATKV-Prosaprys.
Persverklaring: WAT ontvang ATKV-Woordwystoekenning vir U-deel
2025-09-18Die ATKV-Woordwystoekenning is vanjaar toegeken aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal vir die trajek U wat in Oktober 2024 aanlyn verskyn het. Die Woordwystoekenning het ten doel om praktykgerigte naslaanbronne te bekroon vir die bydrae wat daarmee gelewer word tot die ontwikkeling van Afrikaans in die praktyk.
Persverklaring: ATKV vereer woordkunstenaars (poësie, romanse, ’n dramateks en die Woordwystoekenning)
2025-09-18Met die ATKV-Woordveertjies bekroon die ATKV outeurs wat deur hul woordkuns ’n lewende erfenis bou.
Laat die diere praat
2025-09-18"Ek moes my taal begin stroop van al die ou terme en gesegdes wat die dier hopeloos wanskat, kommodifiseer en beperk, die taal wat die dier as ’t ware op hok slaan."
Huldigingswoord: Hertzogprys vir prosa aan Eben Venter
2025-09-18"Decima vertel nie net die verhaal van die niemensdier Decima nie, maar bied ’n deernisvolle blik op die afsterwe van die moederfiguur as mensdier."
Persverklaring: ATKV vier krag van lees en boeke
2025-09-17Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het, te bekroon. Die beoordelaars is jong lesers self, iets wat hierdie toekenning van ander onderskei.
Persverklaring: Simposium wys Afrikaans se krag as wetenskapstaal
2025-09-17Die SA Akademie het op 11 en 12 September 2015 hul jaarlikse algemene simposium met die tema "Afrikaans – 100 jaar amptelik: verlede, hede, toekoms" in Stellenbosch aangebied. Die byeenkoms was ’n kragtige tentoonstelling van die beoefening van Afrikaans as wetenskapstaal en het vooraanstaande akademici, skrywers, opvoedkundiges, regsgeleerdes, filosowe, kunstenaars en natuurwetenskaplikes byeengebring.
Persverklaring: Die SA Akademie se bekroningsplegtigheid 2025
2025-09-16Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se jaarlikse bekroningsplegtigheid het op 12 September 2025 in Stellenbosch plaasgevind. By dié statige geleentheid is die SA Akademie se gesogte pryse aan vooraanstaande skrywers, kunstenaars, natuurwetenskaplikes en akademici toegeken.
Marius Crous (1965–)
2025-09-11"Die vreugde van poësie is juis daarin geleë – die waarneem, die opteken, die vlugtige deel met ander." Lees meer oor die lewe en werk van Marius Crous in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Uitnodiging na die Neville Alexander-gedenklesing op 20 September in die Paarl
2025-09-09Ons nooi jou graag na die luisterryke sesde Neville Alexander-gedenklesing op 20 September waartydens die skrywer Cliffordene Norton die rede sal voer.
Persverklaring: PEN Afrikaans veroordeel die sluipmoord op Bouwer van Niekerk ten sterkste
2025-09-09Hierdie tipe aanvalle op die dapper stemme wat opklink teen korrupsie is afgryslik en onaanvaarbaar. Dit is ’n bron van groot kommer vir almal wat wil woon in ’n land waarin billikheid, geregtigheid, vrede en die handhawing van menseregte die norm is.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2025
2025-09-05Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Madelein Rust (1967–2025)
2025-08-28"Al skryf jy een sin op ’n dag – skryf en moenie ophou nie. Raak ontslae van enige sensitiwiteit. Dit verhoed jou om te leer. Opbouende kritiek help jou groei as skrywer." Lees meer oor die lewe en werk van Madelein Rust in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Henk Rall (1938–2022)
2025-08-21"Ek is doodbang om ’n moralis te wees. Ek wil niks bepleit nie, ek wil eerder aandadig wees om ’n geslotenheid oop te breek – om in eerlike selfbeskouing te staan." Lees meer oor die lewe en werk van Henk Rall in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Foto’s: "Hoe beleef ons taal?" by die Taalmuseum en -monument
2025-08-21Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument het op Saterdag, 16 Augustus 2025 ’n taaldagbespreking aangebied. Hier is foto’s en hoogtepunte van die geleentheid.
Persverklaring: "Hoe beleef ons taal?" vra Taalmuseum en -monument
2025-08-15Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) nooi belangstellendes na die GRATIS en gewilde taaldagbespreking op Saterdag, 16 Augustus 2025 – dit boonop in ’n jaar wat erkenning gee aan drie mylpale vir hierdie jong Afrikataal. Die interaktiewe, lewendige gesprek in die Paarlse middedorp word daarna afgerond met heerlike verversings en informele kuiergesprekke.
Uitnodiging na die simposium: "Afrikaans – 100 jaar amptelik: verlede, hede, toekoms"
2025-08-15Hiermee inligting oor vanjaar se algemene simposium deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat in hibriede formaat aangebied word. Akademielede en ander belangstellendes word hartlik uitgenooi om die simposium by te woon.
Persverklaring: Koop-’n-Afrikaanse-boekdag is mondig
2025-08-14Die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n afdeling van die ATKV, vier op 14 Augustus die Afrikaanse geskrewe woord met sy 21ste Koop-’n-Afrikaanse-boekdag.