Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Desember 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Desember in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 Desember
Resensie: ’n Annerlike fabel vir moderne tye
Sonja van der Westhuizen resenseer Artifice deur Claire Berest
Resensie: Gedigte soos klein, delikate glasspeelgoed
Joan Hambidge resenseer Die helfte is jou nie vertel nie deur Thérèse Bartman
Resensie: ’nou, Jirre, nou sê ons ma eers wee Amén’
Ilza Roggeband resenseer Innie skylte vannie Jirre deur Hans du Plessis
8 Desember
Resensie: ‘Elders’ ’n boeiende verhoudingsroman
Anschen Conradie resenseer Die man van elders deur Helene de Kock
Resensie: ‘Salt Water’ ’n sterk, oorrompelende debuut
Jonathan Amid resenseer Salt Water Pool Boy deur Peter-Adrian Altini
Uittreksel: ’n Lewe vereis konstante etiese, morele bewustheid
Uit ’n Hart is so groot soos ’n vuis deur PP Fourie
Resensie: Digter se ‘eiesoortige eenderse andersheid’
Johan Myburg resenseer Alles van waarde is weerloos deur Melanie Grobler
15 Desember
Resensie: ‘Aksieheld’ vir jong lesers om te verslind
Ilza Roggeband resenseer Aksieheld Austin deur Fanie Viljoen
Resensie: Los die gif by akkedis se kind
Anschen Conradie resenseer Alten Akkedis se sewe sterte deur Riana Scheepers en Elsabé Ebersöhn
Resensie: Hopkins se memoires: Sonder sensasie, skinder of ego
Francois Bekker resenseer We Did Ok, Kid deur Anthony Hopkins
Resensie: Uitsonderlike bundel vestig beduidende teenwoordigheid in SA
Louise Viljoen resenseer Ek’t Act deur Klara du Plessis
29 Desember
Resensie: ‘The Wake’ helaas meer so-so as sjoe
Sonja van der Westhuizen resenseer The Wake deur Yrsa Sigurdardóttir
Rubriek: ’n Ruimte waar taal self die kunsvorm is
Klara du Plessis skryf oor poësie
Resensie: Foto’s in kleur vra nuwe vrae oor geskiedenis
Gert van der Westhuizen resenseer Die Anglo-Boereoorlog in kleur
Resensie: ‘Baum’ ’n knap stukkie Woody Allen-waansin
Loftus Marais resenseer What’s with Baum? deur Woody Allen

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Desember op LitNet verskyn:
Die gewig van ’n gedig: ’n close reading van Gaireyah Fredericks se gedig "Swaa dra"’
Skrikbeeld staar uit die toekomsspieël: ’n lesersindruk van Water deur Hein Griesel
Bundel wat huiwer tussen drama en poësie: ’n resensie van Klara du Plessis se Ek’t act
My jaar van vrees en vryheid deur Marita van der Vyver: ’n resensie
Die stadsmeisie en die plaasjapie deur Beatrix de Villiers: ’n resensie
Poëme: Op woordreise saam met die digter Wium van Zyl tussen hartland en verre velde
Jan Rabie & Marjorie Wallace-skrywersbeurs 2026: ’n onderhoud met SP Benjamin

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Desember in Rapport verskyn:
7 Desember
Resensie: Philip dink lekker buite die boks met Katisja en Koot
Magdel Vorster resenseer Die jaar toe dit gemmerbier gereën het deur Philip de Vos
Resensie: Dié boek prikkel reguit van jou boude tot jou brein
Deborah Steinmair resenseer What We Can Know deur Ian McEwan
14 Desember
Resensie: As ’n land twee keuses het (en albei is aaklig)
André Stemmet resenseer The Hiroshima Men deur Iain Macgregor
21 Desember
Resensie: Clichés ten spyt – dié stories gee hoop ná ’n tawwe jaar
Riëtte Rust resenseer Stories vir die siel
28 Desember
Resensie: Jeugboek lê die pyn van ’n gay tiener bloot
Magdel Vorster resenseer ’n Jaar in my lewe deur Louis Pretorius

Die volgende resensies en onderhoude het in Desember onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.
8 Desember
Boekresensie | ’n Reis na kalmte in ’n onstuimige wêreld
’n Stil boek is dit dié. Versigtig geskryf. Sonder om te veroordeel of te oorreed. En uitermate behaaglik.
Lees die resensie deur Johan Myburg hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-n-reis-na-kalmte-in-n-onstuimige-wereld/
10 Desember
Video | Deon Meyer oor skryf, sukses en ‘Skorpio’
Hoe slaag Deon Meyer daarin om vandag voltyds te skryf, en wat hou die toekoms vir sy ikoniese speurdersduo, Bennie Griessel en Vaughn, in? Kyk ook hier na ’n voorlesing uit “Skorpio”.
Kyk hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/video-deon-meyer-oor-skryf-sukses-en-skorpio/
14 Desember
Luister | Irma Venter verfyn spanning in ‘Die drie weduwees’
Al ooit gewonder oor Irma Venter se skryfwêreld? Hoe sy leidrade plant sonder om die raaisel te bederf of hoe sy met haar eie karakters oor die weg sou kom?
Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-irma-venter-verfyn-spanning-in-die-drie-weduwees/
22 Desember
Pragtige koffietafelboek vier Afrikaans se mense
Hierdie boek span die kroon op ’n buitengewone mylpaaljaar vir Afrikaans.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/pragtige-koffietafelboek-vier-afrikaans-se-mense/

Klyntji.com is ’n voortlewing van Ons Klyntji, die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif. Klyntji.com bestaan van 2014 af en is ’n onafhanklike webjoernaal wat fokus op diverse en progressiewe Suid-Afrikaanse kuns en kultuur.
1 Desember
Resensie: Bloei + Blom: Afrikaans vir die fynproewer verpak
Deur Andréa Müller
Resensie: Is daar ’n uitkoms vir Wit middeljarige punks?
Deur Celeste Theron
12 Desember
Opinie & essays: Voor | ná | intussen: 'n blik oppi vyfde Swart Afrikaanse Skrywersimposium
Deur Paul Kammies

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Desember op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/skrywers-en-boeke/
Woensdag 3 Desember
Marita van der Vyver gesels oor haar reisboek, My jaar van vrees en vryheid. Skrywer en resensent Deborah Steinmair vertel meer oor haar gunsteling Afrikaanse romans en misdaadfiksie vir 2025. In Johan Myburg se internasionale boekenuus vertel hy meer oor die baie vermaaklike roman, The True Story of Raja the Gullible (And His Mother) deur Rabih Alameddine wat onlangs met ’n gesogte Amerikaanse prys bekroon is, asook ’n nuwe roman uit die pen van die bekroonde Maggie O’Farrel, en die langlys vir volgende jaar se Dublin-letterkundeprys.
Woensdag 10 Desember
Irma Venter gesels oor haar jongste misdaadroman, Die drie weduwees. Deborah Steinmair en Ina Strydom, beide groot boekliefhebbers, gesels oor boeke wat hulle onlangs gelees het en kan aanbeveel. Johan Myburg praat oor die lewe en werk van Tom Stoppard, vertel meer van die wenner van die Brics-letterkundeprys, en het nuus oor AudioFile, ’n gedrukte en aanlyn publikasie wat oudioboeke aanbeveel en resenseer.
Woensdag 17 Desember
Anita du Preez vertel meer oor haar sielkundige riller, Die laaste leuen. Chris Karsten vertel van die inspirasie vir sy baie vermaaklike misdaadroman, Al die swendelaars. In sy bydraes uit die internasionale boekewêreld vertel Johan Myburg meer oor die wenner van die Bollingerprys, waar dié beroemde Franse sjampanje die groot prys is, en ’n nuwe bundel briewe deur die skrywer John Updike wat meer lig werp op sy werk en lewe. Jy kan ook meer uitvind oor twee nuwe nie-fiksie boeke: ’n biografie oor die Amerikaanse sanger Lou Read, en die akteur Al Pacino se outobiografie. Johan vertel ook meer oor die Ierse digter se gebruik om elke Kersfees ’n spesiale gedig te skryf, en jy kan na een so gedig luister.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Desember op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/vers-en-klank/
Dinsdag 2 Desember
Dis uiteindelik Desember, en nou begin jy die slapies aftel na die dag wat jou verlof begin. Maar daar is ook mense wie se werk nooit ophou nie: dit is die huisvroue. Hulle moet steeds sorg dat die huis netjies, die wasgoed gedoen en die kos lekker is. Nicole Holm lees gedigte voor oor die irritasies van die arme huisvrou.
Dinsdag 9 Desember
Die digter, Pirow Bekker, is in Julie 2025 oorlede. Hy sou op 9 Desember sy 90ste verjaarsdag gevier het. Ons luister na ’n spesiale program deur Sophia van Taak en De Klerk Oelofse ter herdenking van hierdie geliefde kortverhaalskrywer en digter. Bekker het oor ’n loopbaan van 60 jaar niks minder nie as 12 digbundels die lig laat sien, waarvan die laaste versameling, Die Bloei van Blomme, eers ná sy dood verskyn het.
Dinsdag 16 Desember
Protea Boekhuis het vroeër vanjaar ’n bloemlesing van die gedigte van Marlise Joubert saamgestel. Dié pragtige bundel se naam is Atrium. Joubert is een van die prominente vrouestemme in die Afrikaanse letterkunde, en publiseer die afgelope 55 jaar gereeld. Daar het al elf digbundels uit haar pen verskyn. Susanne Beyers lees van Joubert se werk voor.
Donderdag 25 Desember
Anrich Herbst en Jana Kruger lees gedigte oor die feestyd voor. Daar is die bekende, meer gewyde verse deur van die ou meesters soos NP van Wyk Louw en AG Visser, en ook ’n paar verrassings wat jy dalk nog nooit voorheen gehoor het nie.
Dinsdag 30 Desember
Is jy een van die gelukkiges wat Oujaar iewers by die see vakansie hou? Vir die mense wat ver van ’n strand en brandergedruis is, bring Sophia van Taak die see so ’n bietjie nader met gedigte oor al die wonderlike kreature wat in die see woon, én die eienaardige dinge wat op die strand uitspoel. Julia Marone lees verse voor oor alles van walvisse tot seeperdjies!

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
12 Desember
Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)
Resensent: Nini Bennett-Moll
15 Desember
Resensie: “Stilles Gespräch” (Jan Pretorius, vertaal deur Robert Schall)
Resensent: Marlies Taljard

Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in Desember verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Sophia Kapp oor Sterre is vir altyd
Onderhoud: Jannes Erasmus gesels met Theo Kemp oor Klein konings
Boekenuus: Herman Lensing bekroon met 2 internasionale boekpryse
Boekenuus: Suzette Truter skryf oor die trend van Silent Book Clubs
Resensie: Rolprent en TV-reeks van twee gewilde Britse skrywers se boeke
Sonja van der Westhuizen resenseer Death at the sign of the rook deur Kate Atkinson en Beautiful Ugly deur Alice Feeney
Resensies: Jy plant nie ’n boom vir jouself nie:
Phyllis Green resenseer The African Baobab deur Rupert Watson, The Great Tree Story deur Levison Wood en Jane’s Natural Solutions for Pests and Diseases deur Jane Griffiths
Resensie: Marzanne Schoeman resenseer John Boyne se kwartet, Water, Earth, Air, Fire.
Resensies: Strokiesprente en spotprente vir lui lesers:
- Karien Labuschagne resenseer Hondman Wild en Woes en Kaptein Onderbroek en die wraak van Professor Pooepenpoeldeur Dav Pilkey
- Phyllis Green resenseer Meet the Mubbles deur Liz Pichon, Boykie vir Afrika deur Pieter de Poortere, What else could go wrong? deur Zapiro en Madam Impossible 2025 deur Stephen Francis & Rico
Resensie: Phyllis Green en Danica Gouws skryf oor Richard Osman se The impossible fortune
Resensie: Antoinique van Staden resenseer What we can know deur Ian McEwan
Resensies: Vakansie beteken dis tyd om te lees:
- Olga Krügel resenseer Annabel and her sisters deur Catherine Alliot ten Thursday at Orange Blossom House deur Sophie Green
- Nadia de Jongh resenseer Khaki Fever deur Lindsay Norman
- Tina Swiegers resenseer Storybook Ending deur Moira Macdonald
- Alida Vos resenseer The guesthouse by the sea deur Faith Hogan
- Danica Gouws resenseer The Sweet Spot deur Amy Poeppel
- Antoinique van Staden resenseer The Promise deur Lucy Diamond
- Carmen Defty resenseer The memoty of us deur Dani Atkins
Resensies: Menslike drama in romans deur vier groot skrywers:
- Phyllis Green resenseer My name is Emilia del Valle deur Isabel Allende
- Sonja van der Westhuizen resenseer Twist deur Colum McCann
- Danica Gouws resenseer The Winners deur Fredrik Backman
- Antoinique van Staden resenseer The last chair lift deur John Irving

