
https://clarkesbooks.co.za/products/ons-kom-van-hier
Salaam readers
........
Gaireyah Fredericks wennie 2024-Diana Ferrus-literatuurprys vi ha gedig “Swaa dra”. Die bekroonde gedig is earlier die jaa gepublish innie anthology Ons kom van hier. In 29 lyne van vrye vers, nooi Fredericks die lieser in op ’n gesprek tussen ’n dogter en ha ooliede moeder. “Swaa dra” doen mee as nettie expression vannie gevoel van rou. Dit is ’n indiepte exploration van rou self.
........
Gaireyah Fredericks wennie 2024-Diana Ferrus-literatuurprys vi ha gedig “Swaa dra”. Die bekroonde gedig is earlier die jaa gepublish innie anthology Ons kom van hier. In 29 lyne van vrye vers, nooi Fredericks die lieser in op ’n gesprek tussen ’n dogter en ha ooliede moeder. “Swaa dra” doen mee as nettie expression vannie gevoel van rou. Dit is ’n indiepte exploration van rou self.
Die spreker begin die gedig met mooi maniere. Sy groet ees ha ma: “Salaam Mammie” (r 1). Die addressee, “Mammie”, ko voo assie spreker se ienagste gehoo. En die privacy biet steierwerk annie intimacy en eensaammyt van rou. Maa die privaattyt wat die briefagtagge incipit imply, maakkie die toegang tottie spreker se rou vi’bode nie. Fredericks se gebruik van ’n moeder assie apostrophe – die afgestorwene wat direk aangespreek wôt – evoke ’n universal en oeroue moeder-kint-band.
Die moeder-en-kint-verhouding, wat allie liesers gemeen het, is presies hoekommie daa’opvolgende lyn van “Swaa dra” soe seer slaan: “ek het die koue handles van jou kis geklou [...]” (r 2). Hie wôttie spreker beken’gestel in pallbearer aksie. Soes ’n soot chorus, herhaal Fredericks die dra van ’n kis wee in lyn 9 en lyn 22. Met elke vi’skyning vannie “koue handles” se “geklou” skillie gedig nogge laag van rou af. Lyn 9 se slippedraer chorus ontbloot by die spreker ’n oepenbaring, tewyllie spreker in lyn 22 oo’skakel narie laaste revelation van Fredericks se metafoo. Maarie bespreking van resolution hou ek vi late.
Die digter se keuse vannie woot “geklou” doen klompie heavy lifting in lyn twie. ʼn Sinoniem soes vasgeklem, of mee eenvoudagger, vasgehou sou nog steeds voldoene informasie oorie begrafnistoneel oo’dra. Dit is natuu’lik doelbewus gedoen. Daa is geweldadagge en dieragtagge assosiasies wat exist in ʼn woot soes klou. Fredericks vi’annerrie spreker, as slippedraer, se hanne na die hoewe of skêp naels van ʼn roofdie. En soedoende hettie digter ʼn suksesvolle pitch oorie doot, oftewel rou se gevoel van nie-menslikkyt. Dattie doot wilt en nie-mak is. Ennat rou van ôs diere maak. Óf, sêmaa, die rou herinner ôs dat nes diere, en nes boeme, en bêge, issie doot oek natuu’lik.
Die woot geklou het oek ʼn inherent gebaar van desperaattyt. Soe ampe asoffie spreker refuse om te lat gan vannie dootkis se handles. Dit laat my dink an ’n kint wat yt vrees vasklou an ha ma se hant. Ek dink an prooi wat klou annie laaste bietjie liewe binne die grasp van ʼn karnivoor se kloue.
Die eeste slippedraer scene, lyn 2, lei die gedig se metafoo van rou in: “ek het die koue handles van jou kis geklou en / die gewig van jou begrafnis gevoel” (r 3). Dis hie waa Fredericks yttie eensame gesprek van apostrophe begin elegy maak. Goeie elegiac ventures vereis mee as nettie spreker, ennie digter, se ytdrukking vannie gevoel van loss. Dit begeer baie kee ’n oep grawe vannie wont self. Elegy vereis vannie digter om rou ampe tasbaar te maak.
In “Swaa dra” vi’anne rou en loss vanaf ’n emosie na ’n metafoo. Mary Ruefle skryf in Madness, rack, and honey dat ’n metafoo is nie “a mere literary term” nie. “It is an event. A poem must rival a physical experience and metaphor is, simply, an exchange of energy between two things.” In “Swaa dra” wôttie mietbare gewig, kom ôs sê energie, vannie spreker se ooliede ma se kis ytgeruil met, of gelyk gemaak annie emosionele druk vannie begrafnis – die ritueel van rou wat dien as ligging virrie metafoo.
........
Alhoewel die begrafnis funksioneer assie ontvanger vannie gewig, issit nie die gebeurtenis of fisiese ervaring wat Fredericks rival in ha gediggie. Die fisiese ervaring is rou. Die vi’ruiling van energie is tussen rou en gewig. Begrafnis as gelyke fisiese gebeurtenis vi rou is te tydelik vi hoe rou innie regte liewe wêk. Fredericks daag die tydelikkyt yt deu te vi’klaar dat ha metafoo van rou ooleef die kis se toegooi. Rou is nog steeds tienwoorrag narrie vi’pligte begranistente afgekap is.
........
Alhoewel die begrafnis funksioneer assie ontvanger vannie gewig, issit nie die gebeurtenis of fisiese ervaring wat Fredericks rival in ha gediggie. Die fisiese ervaring is rou. Die vi’ruiling van energie is tussen rou en gewig. Begrafnis as gelyke fisiese gebeurtenis vi rou is te tydelik vi hoe rou innie regte liewe wêk. Fredericks daag die tydelikkyt yt deu te vi’klaar dat ha metafoo van rou ooleef die kis se toegooi. Rou is nog steeds tienwoorrag narrie vi’pligte begranistente afgekap is.
Innie vierde lyn van “Swaa dra” skryf Fredericks: “’n swaate wat lank by my sal bly”. Dit issie twiede exchange vannie gewig: vanaf ritueel narie liggaam as houer. Soe raak Fredericks se gedig ’n studie van rou se onuitputlikkyt, rou se alomwiesaggyt, en hoe rou transform oo tyt. Hierie drie eienskappe, duur, anwiesaggyt en transformasie, suggest ’n vorm van energie wat nooit ytdoeffie.
Die digter gebruik die woot lank ommie “swaate” se duration te beskryf. Die opsetlike employment van lank, in plaas van ’n mee haunting en eindelose beskrywing soes altyd, getyg vannie spreker se bewusttyt van ha eie mortalilty. Sy is hie vi lank, nie vi iewag nie. Alhoewel ekkie lyn gebruik ommie vootbestaan van rou helder te maak, lies ek oek rou se eventual vi’stryking raak. Fredericks investigate dit late in strofe twie.
Lyn 4 se “swaate” issie ienangste voorie hant liggende reference narie gedig se titel. Wat ytstaan issie net “swaa” of “swaate” as beriekening vannie gewig nie. Die titel dra oek swaa an dubbelsinnaggyt. Die letterlike betiekenis van “Swaa dra” is om iets moeilik of gewigtag te dra. Dit wil sê die fisiese kis in lyn 2, maa oekkie emosies van rou en loss. Die figuu’like betiekenis van “Swaa dra” is idiomaties: Dit betieken iemant is swanger. Die gedig se naam hou tegelyk die gewig van loss ennie gewig van vootbring, nes die titel van Fredericks se UJ-debuutprys- en Eugene Marais-prosaprys-bekroonde kortverhaalbundel een voet innie kabr.
Kabr betieken graf. Op bladsy 26 vannie bundel mourn ’n moeder ’n stilgeboorte as sy noem: “Asse vrou geboorte gie [...] [staan] sy met een voet innie kabr”. Klara du Plessis vi’dydelik in ha review van een voet innie kabr dat “die geweld van geboorte hou die latente moontlikheid van die dood in, vir beide die moeder en die kind”.
Die gewig in dié stukkie yt Fredericks se prosa plaassie idiomatiese ytdrukking van vootbring in “Swaa dra” in skielike risiko. Die dubbelsinnaggyt kom met moelaggyt. Dit gan my oekie vi’by dat ten einde virrie spreker om liewe te gie annie rou, vi die metafoo om te ontstaan en te groei tot moontlike oplossing, vi’eis interaction met ha ma se doot.
Maa die vi’houding, die betrokkennyt tussennie doot ennie liewe in Fredericks se oeuvre van elegy, issie in toxic interaktiwiteit nie. Klara du Plessis noem dat Fredericks se joining vannie twie constitute tot ’n “positiewe verwerking van die dood” en dat rou hie’deu “nuwe betekenis” geniet.
Fredericks se idea, dattie liewe ennie doot vi’weef is, wôt vê’de ytgebrei innie twiede strofe van “Swaa dra”. Die intieme ek-stem vi’anne hie na ’n inclusive ôs-stem: “stappie-ve-stappie vorentoe / volg os amal die selle direction / amal anne kant, dra os die gewig / innie liewe tesame” (r 5–8). Die sorgvuldagge beweging lat dink annie veerstappies van pallbearers. Wat oek mean dattie “ôs” dalk nettie begrafnisbywones kan wies. Maa ek hou daa’van om te dink dat Fredericks hie ruimte maak vi ammal se rou; ôs ammal as ’n mass procession van pallbearers; hanne wat klou annie gewig.
Die gewig, die metafoo van rou, is wee eens in transaksie. Dit beweeg vanaffie individuele liggaam – die spreker se private gewig van emosies – na ’n swaate wat gedeel wôt deu ammal. Fredericks se spreker raakkie die embodiment van “ôs” nie, sy is in individuele samewerking, nes elkeen van ôs, wat betieken dat ha ooliede ma represent oekkie ammal se dooies nie. Innie Pinkster-kerkdenominasie het ek grootgeraak mettie gesegde, moontlik afgelei yt die Bybel se teologie, dat “man-man dra sy eie pakkie narie mark”. Fredericks se poetic ministry issie much different van dié anhalingie, maa vi my is daa ’n oomblik van katarsis innie community van “ôs” as voonaamwoot in strofe twie.
........
Die bootskap wat ek hie ytvat issie gemeenskap se supportive function innie dra van pyn – die samewêking tussennie pallbearers by ha ma se begrafnis, die familie en vrinne wat die seer help dra, maa oekkie wiete dat ôs almal die tipe loss ken en mee saamleef. Ocean Vuong noem op ’n geleenttyt dat “grief is our last act of love”. Vi my is daa ’n samesmelting vannie digter se lyn 4 utilisation van “lank” – ommie gewig se voortbestaan te beskryf – met die “selle direction” waa’heen die gewig gedra wôt: die graf. Albei verse probe die inevitable vi’stryking van rou.
........
Die bootskap wat ek hie ytvat issie gemeenskap se supportive function innie dra van pyn – die samewêking tussennie pallbearers by ha ma se begrafnis, die familie en vrinne wat die seer help dra, maa oekkie wiete dat ôs almal die tipe loss ken en mee saamleef. Ocean Vuong noem op ’n geleenttyt dat “grief is our last act of love”. Vi my is daa ’n samesmelting vannie digter se lyn 4 utilisation van “lank” – ommie gewig se voortbestaan te beskryf – met die “selle direction” waa’heen die gewig gedra wôt: die graf. Albei verse probe die inevitable vi’stryking van rou. Die fokus vi my issie die einde vannie gewig nie, maa liewes dat dit slegs gedra kan wôt deu ôs “anne kant” innie “liewe”.
Fredericks se spreker se rou, as deel van ’n kollektiewe gewig, bring refrain en nuwe oepenbaring: “klou ôs die koue handles en / besef os die ernstagheig vannie gewig wat / sal getuig tot innie hiernamaals” (r 9–11). Die nuwe energie deudrenk innie metafoor issie fisiese druk nie, maa belangrikkyt en erge gevolge. In lyn 11 is daa ’n verdydeliking vannie stakes: die gewig is beide ’n record en ’n stem wat getyenis aflê. Getyg as wêkwoot argumenteer onmiddellik in favour vannie godsdienstagge gelykenisse vannie after life as ’n courtroom. En dit is Fredericks se intensie om innie lieser se vi’beelding die imagery van skale en witnessing op te bring, ten einde ha studie van rou te vi’diep.
Colloquially, vi’al innie Paarl waa Fredericks grootgeraakkit, funksionee getuig oek as ’n selfstandage naamwoot wat a relation denote. Dit is ’n vrin, ’n woot wat net bestaan innie konteks van vrientskap. Is interessant om annie gewig te dink in dié terme. As ’n chommie wat an jou kant is, selfs innie “hiernamaals”. Dit verlaag die stakes vannie gewig vi my soe bietjie. Die metafoo se vi’houding mettie liewe wôt oek vê’de ytgebrei met musikale lettegreepritme: “die gewig van alles wat dié liewe ingepakket, / ingelaai et, opgegaar et, / bymekaa geskraap et / ingelaat et [...]” (r 12–5). Dit is in strofe drie wannee Fredericks opbou oppie interaction tussennie gewig ennie liewe.
Soes innie eeste kwatryn, beweeg strofe drie trug narie apostrophe: “Mammie, jy’t ôs vedag laat stil sit, stil staan” (r 16). Die spreker vi’wys wee na ha ooliede moeder in lyn 21: “Joh! Mammie [...]”; soewel as innie closed couplet wattie gedig sluit: “Shukran Mammie, soes altyd, / tot in jou laaste oomblikke het jy my nog altyd ietsie niets vanie liewe ko lee”. Die eeste twie herhalings vannie addressee plaas die lieser wee byrie begrafnis vannie spreker se moeder. Die vocatives kom oek met ’n vi’skuiwing van voo’naamwoorre. Lyn 16 het nog steeds ’n kollektiewe stem, maa die “ôs” se nabygyt an “Mammie” maakkit mee intiem en introspective. Amper asof die gewig beperk is tot nettie persone wat tienwoodag is byrie ligging vannie gedig. Waa die gemeenskaplike oeg vroeër lei tot nuwe oepenbaring oorie gewig, beweeg die nuwe perspektief na binne en raakkie liewe oek quantifiable: “[...] besin oo ôs liewens in kilograms, / kilogramme wattie Man-van-boe sal wiêg” (r 17).
In lyn 21 tot 23 issie transaksie – die vi’skuiwing vannie energy of gewig – tussen die kis se swaate ennie gewig vannie spreker se eie liewe. Fredericks se onnesoek is nou die liewe se kilograms: “Joh! Mammie, / vedag het ekkie koue handles van jóú kis geklou, / maa die gewig van mý liewe oek gevoel”. Die agtegeblewene gebruik wee ’n kwesbare ek-stem. My interest is Fredericks se gebruik vannie woot oek. Sy delay die tienwoodaggyt daa’van tot annie einde vannie sin. En, soedoende, hou sy vi ees die fokus oppie shift van energie tussen die ou en nuwe houer. Die insluiting van oek betieken dat besides die actual gewig, of bieter gestel, besides die rou, voel sy te’selletyt die druk vannie liewe. Sêmaa, soes die couplet voo’stel, issit die gewig vannie rou, die saamleef met doot en loss wattie beriekening van jou eie bestaan teweeg bring.
Die spreker se metafoor van rou het beweeg vanaf die tasbare kis narie begrafnisritueel. Dit het traverse vanaf die individu na kollektiewe slippedraers. Innie laaste laag waa rou ennie liewe gewig deel, vint die spreker ha’self assie apostrophe. Strofe drie van Fredericks se gedig eindag met die spreker wat narrate van yttie “hiernamaals”: “ek het my kop laat sak en my skaal geface / en nie die weight vannit allow, om my te deceive ie / want innie dood kan onne-gewig mee substance weigh as oorgewig – / innie dood tel ie gewig van elke oomblik voo dai: as weight!”
Die digter se couplet suggest dattie spreker ’n les gelee het annie einde vannie gedig. Ek hou van die moral gesture wattie digter hie plant. Dit kan dalk gelies wôt as didakties, maa dit het my as lieser lat stilstaan en wonne wattie spreker se rou vi ha gelee het, en wat dit vi my gelee het. Die agtegeblewene se les onne die skaduwee vannie skaal is ’n wyssyt wat ôs ammal wiet, maa tog neglect om te employ. Die bootskap of caution wat ek kry yt Fredericks se elegiac skaal scene, is ’n weighing van my bestaan. Daa is ’n vraag dat ôs, as lieser en liewendagges, “elke oomblik” van jou liewe tel as “weight”.
Shukran, lieser, soes altyd, asseblief, koep poetry, en skryf daa’oo!
Lees ook:
2025-UJ-debuutprys vir Afrikaans vir Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks: aanvaardingsrede
Persverklaring: Die wenners van die Diana Ferrus-prys 2024 aangekondig

