2025-UJ-debuutprys vir Afrikaans vir Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks: aanvaardingsrede

  • 0

Foto van Gaireyah Fredericks: verskaf

Die wenner van die 2025-UJ-debuutprys is Gaireyah Fredericks vir haar roman Een voet innie kabr (Kwela). Hier is haar aanvaardingsrede by ontvangs van die prys.

Awe, my massekinnes. Hoe salle man kan wysraak? Issie nomme vol?

Slm an een en elk virrie ytkoms vanaand. Allie Boetas ennie Tieties, en especially vi al my sieties wat my kom onnestienit daa, alghamdulillaah. Ek voel groos dat julle gekommit. Ek hoepie Boeja en Oemie byrie hys is oraait inshallah. Ek velang allie baraka en gheir vi hulle en sodra ek kan, kom ziyaarat ek hulle bydie hys mettie koederat van Allah. Maa while ek nog my nieyat stek maak, mag Allah vi hulle dit gemaklik maak, bevry van ienage discomfort en mag hulle complete shifaa gegrant wod inshallah. Ameen

Taal is jou identity!

It shape wie djy is en waa djy vandaan kom. It gie jou place, time en value. Toe ek in 2012 begin skryfit ennit serious begin vattit, wassit my bloed wat my deter et ommit te pursue. Ennit was vriemdelinge wat my gesponsorit of my angeporrit. Wan skryf is mossie vi osie, alhoewel os mette magdom van authentic stories in ose binneste sit. Stories wattie nettie usual convention van butterflies en blommetjies volgie, maa eire focus oppie view vannie butterflies en blommetjies deerie proverbial steel bars wat os daily live. Die journey vanne swat skrywer is baie kee ’n journey van reluctance, acceptance, affirmations en dan authentic colourful creations.

.......
In 2015 sien ek virrie eeste kee Kaaps inne klomp bundels wat ek deelies virrie preparation virre play. Ek frons en sukkel ommit in my kop te formulate, ma verstaan, en kry et late reg na ekkit hardop begin lies. Die joelyt in my ore en my hart embrace ’ie moment met excitement. En ek realise, ek isse Kaapse skrywer. Dai’s my taal. Daisie taal wat ek op my ma se skoot gehoorit en vi ouma in performit as ek haa entertain oppie stoep innie agtemirrags. Om myself oppe stuk papie te gesien gepresent wod, was magical.
........

In 2015 sien ek virrie eeste kee Kaaps inne klomp bundels wat ek deelies virrie preparation virre play. Ek frons en sukkel ommit in my kop te formulate, ma verstaan, en kry et late reg na ekkit hardop begin lies. Die joelyt in my ore en my hart embrace ’ie moment met excitement. En ek realise, ek isse Kaapse skrywer. Dai’s my taal. Daisie taal wat ek op my ma se skoot gehoorit en vi ouma in performit as ek haa entertain oppie stoep innie agtemirrags. Om myself oppe stuk papie te gesien gepresent wod, was magical.

Nourie distance tussenie oor ennie mont is baie kot, maa my geskiedenis het gemanage om vi my, vir my oumagrootjie, my ouma, my ma en selfs myself doef te maak. Op 35+ hoo ek virrie eeste kee die beautiful lyrical quality van Kaaps. Ek hoo generations dee my praat en echo in retrospect. Ek hoo my ancestry en heritage in sound quality eie annie Kaap en ek raak ’n member vanne community wat ’n rich history en culture own. Preserved in iets wat ekkie ees genotice of van note voo dai gevatittie. Ek hoo en lies my komvandaan.

In 2016 self-publish ek Kaaps is Hollands en Mientjies innie selle jaar en alghamdulillaah, shukr-Allah, die weril djoelyt saam met my. It wod accept en gecelebrate. Ek invest even mee in my exploration van moedertong en voel al hoe mee hoe ek ’n stem ontwikkel en foundation bou. Ek voel hoe ek myself begin deel authentically. Asse skrywer voel ek my identity roots skiet en ek continue om te skryf oo my mense ennie themes wat ek nou sien met anneste oe. Oep oe.

But ’n groot pat van wie ek is en wat ek na conform skuil nog altyd agtere veil, unbeknownst to me. Met my M sit ek en Nathan en gesels oore storie wat ek geskryfit en daa sê ekkie wood Taqleed. Maa nie net taqleedie, ge-taqleed. Ek use it soema in past tense en nie ees in general Arabic grammerie. Dai wood wat ek net in madrassa en innie masiet of by familie gatherings ge-use it, brieke weril oep vi my. Briek ’n identity dee en briekie silence vanne wealth of stories en characters, hence Een voet innie kabr.

It het my 12 jaa gevat om myself te ondek en my authentic Cape Muslim vernacular stem en identity asse Muslim skrywer te ontwikkel. It het my 12 jaa gevat om self ytie kas te kom en my identity mettie weril te wil deel. It het my 12 jaa gevat om hie te kan staan voo God en country en met die award gecelebrate te wod. Die issie netta awardtie, disse beacon vi allie anne wat oorie horison loer en hoep probeer somewhere recognise. Isse icon van possibility ennie acceptance vanne vernacular innie beste vorm warrit in kan kom currently, want die acceptance issie nou net van binne myselfie, maa oek nou van byte.

Baie tramakassie en stu krieslaa.

Lees ook:

2025-UJ-debuutprys vir Afrikaans vir Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks: commendatio

2025-UJ-prys vir Afrikaans aan Ingrid Winterbach vir Onrus op Steynshoop: aanvaardingsrede

Lees ook:

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top