2025-UJ-prys vir Afrikaans aan Ingrid Winterbach vir Onrus op Steynshoop: commendatio

“Uiteindelik lê die ‘antwoorde’ op die eksistensiële vrae wat in die roman gevra word, nie in grootse ekonomiese, politieke of etiese bedrywighede, of in die selfregverdigende projekte van mense wat hulself belangrik ag nie, maar in die klein oomblikke van intimiteit en oplewing wat die karakters onverwags en toevallig raakleef tussen geliefdes, of wat ervaar word by die waarneem, of skep van ’n betekenisvolle kunswerk.”