2025-UJ-prys vir Afrikaans aan Ingrid Winterbach vir Onrus op Steynshoop: aanvaardingsrede

“Ek is nie ’n filosoof nie; ek is ’n skrywer. Romans is een van my diepste plesiere en die skryf van romans my grootste commitment. Dit is die aktiwiteit wat my soggens laat opstaan en wat my deur my moeilikste tye dra. Sophia Loren het gesê alles wat sy is, is te danke aan spaghetti. Alles wat ek is, is te danke aan Johannes Gutenberg.”