Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Die jaar toe dit gemmerbier gereën het deur Philip de Vos, ’n lesersindruk
2025-09-24"Nee, ons boeremeisie heet Katisja, en haar rum punch is gemmerbier. Die enigste ding wat dalk dieselfde is, is die wind van verandering."
Kortliks met Stefaans: Making a killing?
2025-09-24"Verskeie groot kanonne staan in gelid om af te vuur, of het pas begin om hulle stemme te laat hoor."
Fugard se Boesman en Lena terug op die verhoog
2025-09-24"Die stuk is ’n gepaste huldiging aan een van Suid-Afrika se grootste dramaturge wat in Maart in die ouderdom van 92 oorlede is. Dit ontgin temas van onderdrukking, maar ook die mens se vermoë om aan te hou veg vir hul plekkie in die son."
Konteks en proses: Die Afrikaanse vertaling van Max Havelaar of die koffieveilings van die Nederlandse Handelsmaatskappy (Protea Boekhuis, 2025)
2025-09-23"Die roman het in ’n groot mate bygedra tot die maatskaplike en parlementêre debat oor Nederland se koloniale bewind en daartoe gelei dat belangrike aanpassings gemaak is."
Skemerverse: ’n onderhoud met Estelle Kruger
2025-09-23"Die skryf daarvan was vir my ’n geestelike pad, omdat dit my gehelp het om daaroor te mymer en te groei."
Nuut by Best Books: Lees en kyk met begrip: Graad 9 AFR HT, saamgestel deur Marnel Agenbag
2025-09-23Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in Graad 9 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns.
Nuut by Best Books: Lees en kyk met begrip: Graad 8 AFR HT, saamgestel deur Frans Mostert
2025-09-23Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in graad 8 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns.
Uitnodiging na Act, Ek’t, Ekke: Hibriede seminaar oor multi- en transtalige poësie deur Klara du Plessis
2025-09-23Die Departement LanCSAL en die UJ-biblioteek nooi jou vriendelik uit na ’n hibriede seminaar oor multi- en transtalige poësie en performatiewe poësie deur Klara du Plessis. Die geleentheid vind op Maandag 29 September 2025 plaas. Hier is nog inligting.
’n Onderhoud met Santie van der Merwe, skrywer van Weg is nie ’n plek nie
2025-09-23"'Skryf kan ’n eensame proses wees. Dit is jy, jou verbeelding, die woorde en die storie,' vertel Santie. 'Jy moet hou van jou eie geselskap.'"
"Coming home, to an outpost of the Middle World": Remembering Breyten at the Ghent Centre for Afrikaans and the Study of South Africa
2025-09-22"In other words, we are experiencing a new constriction, a new closing down of possibilities, and once again, I believe, younger writers and younger poets and younger troublemakers and younger Middle World-people must rise up and start fighting to open that path."
Boekevat met Deborah: Bonsaimeisies deur Erla Diedericks en Mother Mary comes to me deur Arundhati Roy
2025-09-22"Ek skryf oor twee boeke, ’n boeiende Afrikaanse riller en ’n oorsese juweel."
2025-UJ-prys vir vertaling aan Naòmi Morgan vir Ons wag vir Godot: aanvaardingsrede
2025-09-22"As vertaler soek jy in die eerste plek die onmoontlike goedkeuring van die outeur, wat in die meeste gevalle nie hierdie jong taal, Afrikaans, sou verstaan nie, of nie meer met ons is nie. Kreatiewe skrywers word ná die skryfproses bekroon, maar vertalers meet hulself reeds met die vertaling van die eerste woorde, die titel op die voorblad, aan Nobel- en ander pryswenners."
2025-UJ-prys vir vertaling aan Naòmi Morgan vir Ons wag vir Godot: commendatio
2025-09-22"So ja, jy het Beckett se Godot gelees of gesien, maar wat ’n Godot het jy nie onder oë gehad nie! Dis ’n vertaling wat getrou is aan die oorspronklike teks, maar dis ook ’n vertaling wat die Afrikaanse leser en kyker betrek in die gesprek. En dit is miskien juis in hierdie dualiteit – die getrouheid aan Beckett en ook die waagmoed en die kennis om dit te verryk – dat Naomi se genialiteit as vertaler werklik na vore kom."
2025-UJ-debuutprys vir Afrikaans vir Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks: aanvaardingsrede
2025-09-22"In 2015 sien ek virrie eeste kee Kaaps inne klomp bundels wat ek deelies virrie preparation virre play. Ek frons en sukkel ommit in my kop te formulate, ma verstaan, en kry et late reg na ekkit hardop begin lies. Die joelyt in my ore en my hart embrace ’ie moment met excitement. En ek realise, ek isse Kaapse skrywer. Dai’s my taal. Daisie taal wat ek op my ma se skoot gehoorit en vi ouma in performit as ek haa entertain oppie stoep innie agtemirrags. Om myself oppe stuk papie te gesien gepresent wod, was magical."
2025-UJ-debuutprys vir Afrikaans vir Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks: commendatio
2025-09-22"As djyrie dood ennie dooie met soeveel respek moet handle, dan issit net logical dattie living even more so met dai en beyondit getreat moet wôd. Die tema 'dood' is actually nie ’n ytgesonderde eventie; is life en is in sy essence die living viewpoint van life."
Persverklaring: Boekbekendstelling van Merang, 1 Oktober 2025 by die SA Akademie in Pretoria
2025-09-22Henning Pieterse sal in gesprek tree met die samestellers, Alwyn Roux en Neil Cochrane, terwyl digters van Pretoria van hul gedigte wat in die bundel opgeneem is, sal voorlees.
Wag-’n-bietjie deur Hennie van Deventer: ’n lesersindruk
2025-09-22"Uit sy aantekeninge en verstommende geheue het ’n wesenlike, kenmerkende en onmisbare bydrae gevloei oor die politieke toneel en stryd in Suid-Afrika in soms veelbewoë en onstuimige oorgangstye."
Heil die Leser! Wanneer varke vlieg: Bakeliet deur Anri Botha
2025-09-22"Botha lewer, met ’n chemikus se oog vir besonderhede, met Bakeliet ’n verfrissende bydrae tot hedendaagse Afrikaanse poësie." Lees Nini Bennett-Moll se resensie van Bakeliet en onderhoud met Anri Botha.
2025-UJ-prys vir Afrikaans aan Ingrid Winterbach vir Onrus op Steynshoop: commendatio
2025-09-22"Uiteindelik lê die 'antwoorde' op die eksistensiële vrae wat in die roman gevra word, nie in grootse ekonomiese, politieke of etiese bedrywighede, of in die selfregverdigende projekte van mense wat hulself belangrik ag nie, maar in die klein oomblikke van intimiteit en oplewing wat die karakters onverwags en toevallig raakleef tussen geliefdes, of wat ervaar word by die waarneem, of skep van ’n betekenisvolle kunswerk."